Die Jaareindfunksie en Prysuitdeling vind op 11 November 2023 by Inyathipark plaas.
Dit kos R150 vir volwassenes en R75 vir laerskool- en jonger kinders (sonder geskenk). Daar is ’n keuse tussen ’n Baviaanspoort-tak-voorskoot en ʼn sout & peper-stel.
Verdere besonderhede sal binnekort bekend gemaak word.
Lede-aande vind gewoonlik plaas om 19:00 op die tweede Woensdag van elke maand by die Inyathipark-lapa. Bring asseblief eie vleis, stoele, eetgerei en drinkgoed saam. Pap, sous en vure word voorsien. Kom kuier lekker saam met ander mense wat dieselfde belangstelling as jy deel.
Daniel (Francois) van Tonder wen 4 van die handwapenklasse plus ‘n 3de plek in die randslag pistool tydens die nasionale Sportskietkampioenskappe wat in Welkom plaasgevind het. Daniel dra die goud weg in senterslag revolwer, senterslag pistool, handwapen opeklas en aggregaat ope. Baie geluk Daniel, volgende jaar goud vir randslag pistool?
Kliek op foto om te vergroot
Die maandelikse takskiedag vind plaas by die NECSA baan op die eerste Saterdag van elke maand. Ons stuur `n skakel uit per WhatsApp groep om vir die skietdag te registreer. Lede wat nie die boodskap ontvang het nie maar graag wil deelneem, kan Philip skakel by 083 277 8772.
Sportskietoefeninge word ook elke eerste Saterdag van die maand by die Eeufees-skietbaan (naby Voortrekkermonument) aangebied saam met Centurion tak.
Kontak Philip (083 277 8772) vir meer besonderhede.
Senior Opleiding
Kontak vir Schalk vir inligting oor kursusse en ander navrae aangaande senior opleiding.
083 238 9117 of wbkrsm@gmail.com
Junior Opleiding
Kontak vir Danie Nieuwoudt vir inligting oor die kampe en ander navrae aangaande junior opleiding.
083 268 7294 of danienwdt@gmail.com
Lede kan self hul aktiwiteite om toegewyde status te behou op die lede-administrasiestelsel op die webwerf aanbring. Aktiwiteite wat kwalifiseer sluit in: Jagte, herlaai-aktiwiteite en skietaktiwiteite by ‘n baan waar lede ʼn baanregister voltooi, bv, by Krokodilspruit, Pretoria Arms se binnenshuise baan, SWAT ens.
Die tak is voortdurend op soek na nuwe geleenthede waarin ons, ons passie vir wild en die natuur kan uitlewe in die vorm van bewaringsprojekte of ondersteuning aan bewaringsinstansies.