| Capacity | Name | E-mail address |
| Chairperson | Riaan Bronkhorst | riaanbronkhorst0@gmail.com 082 555 2687 |
| Communications Officer | Johan Van Niekerk | johan@vniek.co.za |
| Conservation Coordinator | Danie Smit | dwjsmit58@gmail.com |
| Hunting Coordinator | Rodney Hall | rodney.hall@bmw.co.za |
| IT/Website Coordinator | Hansie Lerm | hansielerm@gmail.com |
| Junior Trainer | Danie Nieuwoudt | danienwdt@gmail.com |
| Membership Administration | Hansie Lerm | hansielerm@gmail.com |
| Secretary | Hansie Lerm | hansielerm@gmail.com |
| Senior Trainer | Schalk Du Plessis | wbkrsm@gmail.com |
| Treasurer | Hansie Lerm | hansielerm@gmail.com |
| Trophy Coordinator | Danie Nieuwoudt | danienwdt@gmail.com |
| 01 Feb 2025 07:00 – 15:00 | Shooting | Skietdag | NECSA |
| 07 Feb 2025 15:00 – 22:00 | Training | Opleiding – Toegewyde Jagter | Inyathi Park |
| 08 Feb 2025 08:00 – 15:00 | Training | Opleiding – Toegewyde Jagter | Inyathi Park |
| 08 Feb 2025 08:00 – 15:00 | Training | Opleiding – Toegewyde Jagter | Inyathi Park |
| 10 Feb 2025 18:00 – 22:00 | Meeting (Committee) | Kommitee vergadering | Inyathi Park |
| 12 Feb 2025 19:00 – 22:00 | Meeting (General) | Lede-aand | Inyathi Park |
| 28 Feb 2025 16:00 – 23:30 | Training | Junior Kamp |
| Date | Type | Event | Location |
| 01 Mar 2025 All day | Training | Junior Kamp | |
| 01 Mar 2025 07:00 – 15:00 | Shooting | Skietdag | NECSA |
| 02 Mar 2025 00:00 – 14:00 | Training | Junior Kamp | |
| 07 Mar 2025 15:00 – 22:00 | Training | Opleiding – Toegewyde Jagter | Inyathi Park |
| 10 Mar 2025 18:00 – 22:00 | Meeting (Committee) | Kommitee vergadering | Inyathi Park |
| 12 Mar 2025 19:00 – 22:00 | Meeting (General) | Lede-aand | Inyathi Park |
| 15 Mar 2025 07:00 – 15:00 | Shooting | Streekskiet (Centurion) | NECSA |
| Date | Type | Event | Location |
| 05 Apr 2025 07:00 – 15:00 | Shooting | Skietdag | NECSA |
| 07 Apr 2025 18:00 – 22:00 | Meeting (Committee) | Kommitee vergadering | Inyathi Park |
| 09 Apr 2025 19:00 – 22:00 | Meeting (General) | Lede-aand | Inyathi Park |
| Date | Type | Event | Location |
| 03 May 2025 08:00 – 15:00 | Shooting | Skietdag | NECSA |
| 12 May 2025 18:00 – 22:00 | Meeting (Committee) | Kommitee vergadering | Inyathi Park |
| 14 May 2025 19:00 – 22:00 | Meeting (General) | Lede-aand | Inyathi Park |
| 31 May 2025 08:00 – 15:00 | Shooting | Streekskiet : Baviaanspoort | NECSA |
| Date | Type | Event | Location |
| 07 Jun 2025 08:00 – 15:00 | Shooting | Skietdag | NECSA |
| 09 Jun 2025 18:00 – 22:00 | Meeting (Committee) | Kommitee vergadering | Inyathi Park |
| 11 Jun 2025 19:00 – 22:00 | Meeting (General) | Lede-aand | Inyathi Park |
| Date | Type | Event | Location |
| 05 Jul 2025 08:00 – 15:00 | Shooting | Skietdag | NECSA |
| 07 Jul 2025 18:00 – 22:00 | Meeting (Committee) | Kommitee vergadering | Inyathi Park |
| 09 Jul 2025 19:00 – 22:00 | Meeting (General) | Lede-aand | Inyathi Park |
| Date | Type | Event | Location |
| 02 Aug 2025 08:00 – 15:00 | Shooting | Skietdag | NECSA |
| 11 Aug 2025 18:00 – 22:00 | Meeting (Committee) | Kommitee vergadering | Inyathi Park |
| 29 Aug 2025 16:00 – 23:30 | Training | Junior Kamp | |
| 30 Aug 2025 00:00 – 23:30 | Training | Junior Kamp | |
| 31 Aug 2025 00:00 – 14:00 | Training | Junior Kamp |
| Date | Type | Event | Location |
| 06 Sep 2025 07:00 – 15:00 | Shooting | Skietdag | NECSA |
| 08 Sep 2025 18:00 – 22:00 | Meeting (Committee) | Kommitee vergadering | Inyathi Park |
| 10 Sep 2025 19:00 – 22:00 | Meeting (General) | Lede-aand | Inyathi Park |
| 12 Sep 2025 16:00 – 22:00 | Training | Opleiding – Toegewyde Jagter | Inyathi Park |
| 13 Sep 2025 08:00 – 15:00 | Training | Opleiding – Toegewyde Jagter | Inyathi Park |
| Date | Type | Event | Location |
| 04 Oct 2025 07:00 – 15:00 | Shooting | Skietdag | NECSA |
| 06 Oct 2025 18:00 – 22:00 | Meeting (Committee) | Kommitee vergadering | Inyathi Park |
| 08 Oct 2025 19:00 – 22:00 | Meeting (General) | Lede-aand | Inyathi Park |
| 10 Oct 2025 16:00 – 22:00 | Training | Opleiding – Toegewyde Jagter | Inyathi Park |
| 11 Oct 2025 08:00 – 15:00 | Training | Opleiding – Toegewyde Jagter | Inyathi Park |
| Date | Type | Event | Location |
| 01 Nov 2025 07:00 – 15:00 | Shooting | Skietdag | NECSA |
| 10 Nov 2025 18:00 – 22:00 | Meeting (Committee) | Kommitee vergadering | Inyathi Park |
| 12 Nov 2025 19:00 – 22:00 | Meeting (General) | Lede-aand | Inyathi Park |
| 15 Nov 2025 15:00 – 22:00 | Meeting (General) | Jaareindfunksie / Prysuitdeling | Inyathi Park |
| Date | Type | Event | Location |
| 06 Dec 2025 07:00 – 15:00 | Shooting | Skietdag / Pretskiet | NECSA |
Lede-aande vind gewoonlik plaas om 19:00 op die tweede Woensdag van elke maand by die Inyathipark-lapa. Bring asseblief eie vleis, stoele, eetgerei en drinkgoed saam. Pap, sous en vure word voorsien. Kom kuier lekker saam met ander mense wat dieselfde belangstelling as jy deel.
Die tak bied jaarliks twee jeugkampe aan (van ʼn Vrydagmiddag tot die Sondag) met verskillende modules. Die kinders geniet hierdie kampe terdeë. Die aanbiedinge is prakties en toegespits op hierdie ouderdomsgroep. Kontak Danie Nieuwoudt vir meer besonderhede.
Rodney Hall hou ʼn databasis in stand van jagplase en -geleenthede. Kontak Rodney Hall vir besonderhede.
Die tak is betokke by die beskerming van die Kremetartbome in Mpungupwe. Lees die artikel hier.
Die tak is voortdurend op soek na nuwe geleenthede waarin ons, ons passie vir wild en die natuur kan uitlewe in die vorm van bewaringsprojekte of ondersteuning aan bewaringsinstansies.
Senior Opleiding
Kontak vir Schalk du Plessis vir inligting oor kursusse en ander navrae aangaande senior opleiding.
Junior Opleiding
Kontak vir Danie Nieuwoudt vir inligting oor die kampe en ander navrae aangaande junior opleiding.
Die maandelikse takskiedag vind plaas by die NECSA skietbaan op die eerste Saterdag van elke maand. Ons stuur `n skakel uit per WhatsApp groep om vir die skietdag te registreer. Lede wat nie die boodskap ontvang het nie maar graag wil deelneem, kan vir Phillip Marais kontak.
Sportskietoefeninge word ook elke eerste Saterdag van die maand by die Eeufees-skietbaan (naby Voortrekkermonument) aangebied saam met Centurion tak.
Kontak Philip Marais vir alle skiet inligting en besonderhede
Die Baviaanspoort-tak het twee spanne ingeskryf vir die streek-haelgeweerskietbyeenkoms wat Centurion tak op 8 Februarie aangebied het.
Die Fisante-span (Riaan Bronkhorst, Nico Roets, Andries de Beer en Jan Taljaard) het derde geëindig. Sebastian Roets in graad 1 was derde onder die juniors. Sebastian skiet met ʼn enkelskoot .410 haelgeweer.
Die tweede span bestaande uit Philip Marais, Richard Low, Johan van Niekerk en Thys Fourie het saam met Vaaldriehoek-tak se span (Philip Oosthuyzen en sy familie) geskiet en het gou-gou lekker saam gekuier.
By die individuele skietitems het Richard Louw algeheel tweede gekom. Baie geluk Richard.
Die dag was goed georganiseer en Baviaanspoort-tak bedank Centurion-tak vir ʼn puik aanbieding. Ons sien reeds uit na die volgende byeenkoms.
Die 2024 SA Jagters Nasionale Intertak-spanskietkampioenskap en die Nasionale Presidentskiet kampioenskap (individueel) is onderskeidelik op 16 en 17 Augustus op die CMH-skietbaan naby Vereeniging gehou.
Baviaanspoort-tak se Buffelspan het die spanskietkompetisie gewen.
Lees die artikel hier
Baviaanspoort-tak se lede het ‘n heerlike dag se Pretskiet @Necsa geniet. Dankie aan al die skuts en ondersteuners wat dit bygewoon het.
Die wenners was soos volg:
Dames wenner: Lizaan van der Merwe
Senior wenner: Darryl van Smalen
Algehele wenner: Philip Marais
Na die afloop van die eerste Gauteng-Noord Streekskietbyeenkoms was dit gou duidelik watter skuts gedurende die vakansie geoefen het. Dit was egter ‘n baie aangename dag met puik weer. Baie dankie aan Danie Niewoudt wat as die hoof baanoffisier die dag se skiet puik gehanteer het.
Baie geluk aan die skuts wat voltalle geskiet het. Wel gedaan! Laastens dankie aan Philip Marais wat die dag gereël het. Dit het seepglad verloop.
Philip Marais, ons hoof Skietpiet, het die lede touwys gemaak met fynere detail en taktiek rondom SA Jagters se skietoefeninge. Hy het onder andere aandag gegee aan skietposisies met stokke, asemhaling en ander praktiese wenke. Lede het bevestig dat hulle baie geleer het en sou graag ʼn opvolgsessie wou bywoon. Op die manier sal ons tak se skuts net al hoe beter skiet! Teen die einde van dag kon die skuts ‘n droë skoot aftrek sonder dat ʼn wasser van die loop afval.
Prysuitdeling en Afsluiting 2024
Hansie Lerm, voorsitter van die Baviaanspoort-tak, het onlangs die Wisseltrofee vir Verdienstelikheid van die tak ontvang vir sy voortgesette toewyding en dienslewering aan die tak.
Hansie het in Desember 2006 by SA Jagters se Baviaanspoort-tak aangesluit waar hy onder andere as sekretaris gedien het en in 2015 tot voorsitter verkies is, ʼn posisie wat hy steeds beklee.
Hy is veral bekend vir sy aktiewe rol tydens skietdae waar hy as baanoffisier die skuts en besoekers se veiligheid as ʼn prioriteit hanteer en toesien die korrekte prosedures gevolg word met die inlees van punte en ander administratiewe verpligtinge.
In die bykans 20 jaar was Hansie se betrokkenheid by Baviaanspoort-tak gekenmerk deur ongeëwenaarde toewyding, lojaliteit, dienslewering en ondersteuning. Sy leierskap as voorsitter en in ander portefeuljes op die bestuurskomitee verseker dat die tak deurgaans sy lede en SA Jagters met waardigheid dien. Hy het reeds verskeie toekennings op sy kerfstok, waaronder die gesogte Orde van die Buffel (goud, silwer en brons).
Prysuitdeling en Afsluiting 2024
Baviaanspoort-tak het op 16 November 2024 hulle jaarlikse prysuitdeling en jaareindfunksie by Inyathipark gehou. Die geleentheid is goed bygewoon en lede het baie lekker gekuier tot laataand.
Talle toekennings is gemaak aan ons lede wat op nasionale-, streek- en takvlak presteer het. Die volgende toekennings verdien vermelding:
Philip Marais het toekenning vir die Skut van die Jaar ontvang. Baie geluk aan ons Buffelspan wat die nasionale Spanskietkampioenskap gewen het.
Baviaanspoort-tak is trots op al ons lede wat vanjaar presteer het. Dit is weereens ’n bewys dat ons ’n kampioentak in eie reg is.
Baie dankie aan almal wat die funksie bygewoon het en ook ’n spesiale woord van dank aan die span wat die funksie ’n sukses gemaak het.
Baviaanspoort-tak het op 11 November 2023 sy jaareindfunksie en prysuitdeling by Inyathipark in Pretoria gehou. Die funksie is goed bygewoon en lede het baie lekker gekuier in kenmerkende Baviaanspoort-styl.
Talle toekennings is oorhandig vir lede wat besondere skiet- en ander prestasies behaal het. Baie geluk aan al die uitblinkers! Jan Taljaard stap weer weg met die louere as Baviaanspoort-tak se Skut van die Jaar. Die tak is voorwaar trots op elke lid wat op nasionale en takvlak presteer, of selfs by ander geleenthede waarvan ons onbewus is.
Baie dankie ook aan die span wat die reëlings getref het vir ’n geleentheid wat seepglad verloop het. Die kos was heerlik en die kuier was besonder gesellig.