INYATHIPARK NUUS

about

(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)

Nuus Junie 2024

3 Julie 2024

Geagte kollega

Die winter het ons vanjaar effe laat bekruip en nou is dit sommer ordentlik koud snags en heel dikwels ook bedags. Gelukkig is dit heerlike weer om te jag en met vleis te werk.

Werf van ʼn uitvoerende hoof

Ons het lede die afgelope twee maande ingelig dat die HUB teen die einde van 2024 sal uittree. Die Raad van SA Jagters het by die vergadering teen einde Junie 2024 besluit om die proses om ‘n plaasvervanger te werf vir die oomblik uit te stel tot aan die einde van 2024. Soos die proses ontvou sal die Raad lede ingelig hou.

Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

SA Jagters 75-jaar oud

In Oktober 2024 sal SA Jagters 75 jaar oud wees. Die vereniging is op 1 Oktober 1949 in die koffiehuis van die Nasionale Dieretuin in Pretoria gestig. Om hierdie geleentheid te herdenk het die Raad van SA Jagters besluit om die volgende te doen:

Kongres 2024

Die program vir SA Jagters se kongres 2024 by die WNNR se konferensiesentrum sal voorsiening maak vir:

  • Die NTVF op Vrydag 1 November 2024.
  • ‘n Dinee met ʼn gasspreker, ook by die WNNR-konferensiesentrum op Vrydagaand.
  • Die kongres op Saterdagoggend 2 November 2024.

Takke sal vanjaar gaste kan nooi om die dinee by te woon. Die koste vir gaste wat Takke na die dinee wil nooi, is R1 500 per persoon. Hierdie beloof om ‘n besondere geleentheid te wees.

SA Jagters sal die koste dra van afgevaardigdes wat vooraf bespreek om die kongres by te woon. Beplan asseblief vroegtydig vir hierdie geleentheid.

Gedenkgewere

Om die 75-jarige bestaan van SA Jagters te herdenk het die Raad besluit om twee gewere te laat bou om aan lede uit te loot. Daar is besluit om gewere in klassieke styl en kalibers te laat vervaardig, nl. ’n .275 Rigby (7X57) en .416 Rigby.

Die gewere word in klassieke Rigby-styl gemaak met buitengewoon mooi Turkse okkerneuthout vir die kolwe. Kyk hier vir meer detail oor die twee gewere.

SA Jagters 75-jaar Gedenkitems

Die winkel het verskeie 75 jaar gedenk items beskikbaar wat lede kan bestel:

Kwaliteit blikbeker R90, porselein koffiebeker R80, gholf/skietbaan handdoekie swart R90, geborduurde pet in grys, ligblou en ligkaki R110, gedrukte pet vloot blou R60, yskasmagneet R35, aluminium waterbottel R240.

Bestel hier in die aanlyn winkel.

SA Jagters 75-jaar Herdenking Sporthemp

Om die Vereniging se 75ste bestaansjaar te vier het ons ‘n poliëster sporthemp ontwerp wat elke tak, elke lid verteenwoordig.

Die hemde is soortgelyk aan die hemde wat die personeel by HuntEx gedra het, en is net op bestelling beskikbaar. Die hemde kos R400 elk.

Kliek hier om na die opsies en grootes te kyk en bestellings te plaas.

Presidente-reeks messe

Kliek om te vergroot

Ons herinner lede aan die Raad se besluit om ʼn beperkte reeks messe te laat maak om die lewende oud-presidente van SA Jagters te gedenk.

Oom Nic van der Merwe se 25 messe is reeds uitverkoop. Baie dankie aan al die lede vir julle ondersteuning.

In die tweede reeks messe van Oom Peet van Zyl is daar slegs ses messe oor. Enigeen wat nog een van hierdie messe soek, moet so gou moontlik bestel om teleurstelling te voorkom. Daar is ’n keuse tussen ʼn hef van ivoor of kameeldoringhout.

Plaas ʼn bestelling deur middel van ʼn elektroniese bankoorplasing van R2 500 in SA Jagters se bankrekening by Absa. Die rekeningnommer is 01443990077. Gebruik jou lidnommer en Peetmes as verwysing.

Die volgende mes in die reeks is die keuse van Remy Mulder waarvan produksie binnekort begin.

Volg dieselfde bestelprosedure as hierbo. Gebruik Remymes en jou lidnommer as die verwysing wanneer die bedrag van R2 500 oorgeplaas word in SA Jagters se bankrekening by Absa.

Foto’s van die messe kan hier gesien word.

Waag ʼn kans en wen ʼn tiervis hengelekspedisie op die Chobe-rivier

Kliek om te vergroot

Wen die ervaring van ‘n leeftyd! Koop ʼn kaartjie vir R100 en staan ʼn kans om ‘n tiervis hengelekspedisie ter waarde van R135 000 vir vier persone op die Chobe-rivier in noordelike Namibië te wen waar Namibië, Zambië, Zimbabwe en Botswana bymekaarkom. Die ligging is idillies met boottoegang tot meer as 100 km se vaarwater en kanale op die Chobe- en Zambezi-riviere.

Kyk na foto’s van die lodge en rivier hier.

Kaartjies kos R100 elk en daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie.

  • Retoervlugte vanaf OR Tambo-lughawe in Johannesburg
  • Vervoer na lodges per boot en voertuig
  • 3 dae van begeleide tiervis-hengel
  • Eksklusiewe verblyf in lugversorgde safari-tente by die afgeleë Ichingo Chobe River Lodge op Impalila-eiland aan die Namibiese kant van die Chobe-rivier
  • Maaltye, plaaslike bier en wyn, koeldrank en water by Ichingo Chobe River Lodge
  • Die gebruik van hengeltoerusting vir die ekspedisie
  • Begeleide ekskursies per boot om wild en voëls te besigtig
  • Begeleide (nie-professionele) fotografie-safari op die water.
  • Begeleide kultuurtoere na ‘n plaaslike dorp
  • Sluitingsdatum: 31 Augustus 2024.
  • Trekkingdatum: 2 September 2024.
  • Ekspedisiedatums: 26 tot 30 September 2024
  • Gaan na Quicket hier
  • of betaal veelvoude van R100 in die SAJWV se bankrekening by:
    • Absa (632005) Rekeningnr: 01443990077 of 1443990077 (sommige banke gebruik nie die ‘0’ nie)
    • Verwysing: TIG en jou selfoonnommer.

Hierdie lotery is by die Nasionale Loterykommissie (NLC-nommer 00303/10) geregistreer.

Jy hoef nie teenwoordig te wees met die trekking om te wen nie. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word. Maak net seker jou paspoort is geldig.

Lees die bepalings en voorwaardes by www.manmagnum.com

Ledegeld

Ons is reeds weer aan die einde van nog ’n finansiële jaar. Ongelukkig raak alles duurder en is ons verplig om ook die koste van ledegeld te verhoog. Ons vertrou dat SA Jagters ʼn bevredigende diens aan lede en takke landwyd lewer. Die Raad van SA Jagters het die aangepasde ledegeld goedgekeur wat op 1 Julie 2024 in werking tree.

Gaan hier na die Ledegeld bladsy.

Vrouedag 9 Augustus 2024

Nasionale Vrouedag (9 Augustus) is om die draai en soos in die verlede vier SA Jagters en die takke hierdie dag met groot geesdrif. Gaan kyk gerus hier vir spesiale skietdae vir die vroue wat van ons takke gedurende daardie naweek aanbied.

Takke kan inligting oor hulle Vrouedagaktiwiteite stuur na marette@sahunt.co.za

Die nasionale kantoor het ‘n paar SA Jagters geskenkpakkies om weg te gee. Vir ʼn kans om een van hierdie geskenkpakkies te wen, stuur ’n foto van jouself (of ʼn selfie) waar jy in die natuur, in die jagveld, by die skietbaan (of agter die kamera) is. Ons wil ’n collage maak van al hierdie spesiale foto’s.

Stuur jou foto na dorothy@sahunt.co.za of na marette@sahunt.co.za en plaas dit op jou tak se Facebook-bladsy met die hashmerk #SAJagtersvrouedag. Merk ook vir Dorothy of vir Marette.

Vuurwapenlisensie-hulplyn

Die wettige besit van vuurwapens is een van SA Jagters se hoof fokusareas. Die Vereniging bied ‘n omvattende ondersteuningsdiens aan sy lede om te verseker dat hulle altyd binne die beperkinge van die vuurwapenwet optree, hetsy hulle jagters of sportskuts is. SA Jagters het ‘n toegewyde vuurwapenhulplyn om lede se vrae te beantwoord en te help met opleidingsvereistes; aansoeke vir bevoegdheidsertifikate, vuurwapenlisensies, hernuwings en endossemente; bergingspermitte; en tydelike invoer-/uitvoerpermitte.

Besoek die Aansoekproses vir Vuurwapenlisensies vir al die inligting wat jy mag nodig kry oor wettige vuurwapeneienaarskap.

Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.

Vir navrae oor opleiding, sportskiet en bevoegdheid kontak Liesel.

Toegewyde Status 2024

Kliek om te vergroot

SA Jagters het tans 12 869 toegewyde jagters waarvan slegs 6 910 reeds die twee aktiwiteite in 2024 geregistreer het om toegewyde status vir 2024 te behou.

Verder is daar 11 218 toegewyde sportskuts waarvan slegs 4 635 reeds die drie aktiwiteite geregistreer het om hul toegewyde status vir 2024 te behou.

Ons herinner lede om die nodige aktiwiteite te registreer om toegewyde status te behou. Die SA Jagters App maak hierdie proses baie maklik en gerieflik.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.

  • bywoning van amptelike aktiwiteite van SA Jagters
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister teken
  • voltooide jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan HuntEx-skou
  • amptelike skietgeleentheid van SA Jagters
  • skietgeleentheid by ‘n ander geakkrediteerde sportskietvereniging
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan teken
  • private skietoefening of sosiale skietgeleentheid waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan voltooi
  • diensbeurt as baanoffisier
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan die HuntEx-skou

Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.

IGRF-bekendstelling

SA Jagters se Impala-tak bied op Saterdag 27 Julie 2024 en op Saterdag 3 Augustus twee bekendstellings skietgeleenthede by die Bluegum Valley-skietbaan aan vir persone wat meer wil weet oor die skietdissiplines van die International Gallery Rifle Federation. Hierdie skietgeleenthede word tradisioneel met semi-outomatiese .22 randslaggewere en hefboomaksie (lever action) gewere en pistoolkaliberkarabyne geskiet. Vir meer inligting bel William Chandler by 083 302 4758. 

10 m Junior lugpistool skietoefening

Die 10 m Junior lugpistool skietoefening is nou gereed vir gebruik op takvlak. Die skietoefening is ingedeel in o. 9, o. 13, o. 16 en o. 18 ouderdomsgroepe. Die reёls verskyn op die webwerf hier. Die puntetelling is beskikbaar op die taktablette.

Borge ondersteun sportskiet

Borge vir nasionale skietkompetisies

SA Jagters het daarin geslaag om vroeg in 2024 reeds borge te bevestig vir twee van die grootste nasionale skietkompetisies nl. die nasionale Intertak Spanskiet- en die Presidentskietbyeenkomste. Suikerbosrand-tak bied vanjaar beide kompetisies aan.

Safari Outdoor borg die Intertak Spanskiet en Eksekuteurs vir Boedels en Testamente borg die Presidentskiet.

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente bied ‘n unieke diens aan lede van SA Jagters bo en behalwe die borgskap van die Nasionale Presidentskiet. Kyk gerus hier na hulle aanbod.

Normark borg Lapua-byeenkoms

SA Jagters en Normark het so pas ‘n ooreenkoms gesluit dat Normark vir die volgende drie jaar die nuwe Lapua skietkompetisie sal borg, met groot pryse vir die finale ronde. Hou gerus hierdie spasie dop vir meer nuus van die kompetisie wat gedurende Julie bekendgestel sal word. 

Satra/SA Jagters/SANSSU Jeug-skietdag

Kliek om te vergroot

Die South African Target Rifle Association, SA Jagters, en die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie het op Saterdag 15 Junie die eerste gesamentlike skietgeleentheid by Eeufees skietbaan in Voortrekkerhoogte aangebied. Die skietgeleentheid is gekenmerk deur herontmoetings tussen ou kennisse wat mekaar vir die eerste keer in jare weer op die baan raakgeloop het. Nuwe skuts so jonk as 7 jaar het vir die eerste keer aan ’n georganiseerde skietkompetisie deelgeneem. Altesaam 88 skuts het op die dag deelgeneem aan hierdie unieke pretskiet. Almal was dit eens dat hierdie skiet beslis herhaal moet word. Die foto’s kan hier besigtig word.

Hou gerus volgende jaar se Jeugdag-naweek op jou kalender oop om deel te wees van hierdie besonderse skietgeleentheid.

Beroepsjagters het nou meer tyd om te registreer

Klliek om te vergroot

SA Jagters het beroepsjagters verlede maand in kennis gestel dat die SAQA-eenheidstandaard vir beroepsjagters op 30 Junie 2024 verval. Die datum vir registrasie vir die erkenning van vorige leerervaring is intussen uitgestel na 30 Junie 2025. Neem asseblief kennis van die feit dat daar nou meer tyd is om te registreer.

Lees meer hier en hoe die proses werk.

Jag- en hengellisensies vir die Noord-Kaap per e-pos beskikbaar

Ons het verlede maand berig dat die Noord-Kaap se jaglisensies nou per e-pos beskikbaar is. Ongelukkig het verskeie lede die aansoekvorm aan meer as een beampte gestuur wat verwarring veroorsaak het oor wie die permit moet uitreik. Lede moet hulle aansoekvorm vir ʼn jagpermit aan slegs een van die beskikbare beamptes stuur wat die naaste is aan waar hulle woon of gaan jag.

Die aansoekvorm en meer inligting is hier beskikbaar.

Geakkrediteerde Jagpakkette 2024

Beide die voëljagpakkette bied lede ‘n verdere afslag van R750-00 per persoon.

SA Jagters se geakkrediteerde jagpakkette wat lede vir lede aanbied, is nou al redelik bekend. Bedrog met jagbesprekings kom algemeen voor. Talle voornemende jagters het verlede jaar onder slenters deurgeloop soos wat berigte op sosialemediaplatforms kan getuig.

Daarom het SA Jagters besluit om die geakkrediteerde jagbestemmingsprojek te loods om beide die belange van die jagter en die eienaars van jagbestemmings te beskerm.

Opbetaalde lede wat eienaars is van jagbestemmings met beskikbare en jagbare wild, kan met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za in verbinding tree vir meer inligting oor ons jagbestemmingsprojek. SA Jagters bemark hierdie jaggeleenthede aan ons lede met groot sukses.

Sommige pakette is uitverkoop en nuwe pakette is bygevoeg. Hou hierdie bladsy dop vir voortdurende opdaterings.

Bestuursplan vir Renosters

Die hersiene Biodiversiteitsbestuursplan (BBP) vir swart- en witrenosters in Suid-Afrika wat op 18 Junie vir kommentaar gepubliseer is, verskaf ‘n raamwerk vir die bewaring van renosters wat die spesie, die private sektor, en plaaslike gemeenskappe sal bevoordeel. Stropery van renosters vir hul horings bly die grootste bedreiging vir hul oorlewing in Suid-Afrika. Lees die BBP en dien jou kommentaar in oor hierdie belangrike stap om renosters te bewaar.

Lees verder hier.

Waarneem van Skaars en Bedreigde Spesies

Kliek om te vergroot

Heelparty van ons lede bestee nou tyd in die jagveld en is bevoorreg om soms skaars en bedreigde spesies raak te sien. Meld asseblief jou waarnemings aan op SA Jagters se Sightings App. Hierdie inligting verskaf belangrike data vir navorsers.

Gaan na die Wildlife Sigthings bladsy hier.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

SA Jagters-winkel

Ons strewe daarna om deurgaans uitstekende diens te lewer. Ons gereelde klante weet dat die SA Jagters-winkel ʼn groot verskeidenheid produkte in voorraad het, maar ons probeer ons bes om aan spesiale versoeke vir ander items te voldoen.

Lede kan ook wapenaankope oor 6 maande afbetaal sonder rente met gratis berging terwyl hulle vir vuurwapenlisensies aansoek doen.

Die WhatsApp-kanaal is beskikbaar hier.

SA Jagters 75-jaar Gedenkitems

Die winkel het verskeie 75 jaar gedenk items beskikbaar wat lede kan bestel:

Kwaliteit blikbeker R90, porselein koffiebeker R80, gholf/skietbaan handdoekie swart R90, geborduurde pet in grys, ligblou en lig kaki R110, gedrukte pet vlootnavy blou R60, yskasmagneet R35, alluminium waterbottel R240.

Bestel hier in die aanlyn winkel.

Julie se Spesiale Aanbiedinge

Klliek om te vergroot

Die SA Jagters-winkel fokus hierdie maand op ons reeks optiese toerusting wat gewilde handelsmerke soos Vector Optics, Hawke, Leupold, Lynx, Schmidt & Bender, Zeiss en ZeroTech insluit. Lede kwalifiseer vir 10%-afslag. Besoek ons aanlyn winkel hier.

Handwapenskuts kan gerus hier gaan kyk na bekostigbare keuses van goeie gehalte handwapens in die Stoeger- en KOR-reekse.

Vanjaar se jagseisoen is reeds in volle swang, maar dit is nog nie te laat om ʼn nuwe jaggeweer aan te skaf nie. Gaan loer hier om te sien wat Remington, Zastava, Sako, Tikka, Sabatti, Howa en Zoli bied.

Maak gerus ʼn draai by die SA Jagters-winkel by Inyathipark in Derdepoort, Pretoria. Ons winkel is weekdae oop tussen 08:00 en 16:00.

Tweedehandse Jaggewere

Die SA Jagters-winkel het tweedehandse jaggewere ontvang wat baie goed opgepas is en teen baie billike pryse te koop is. Kyk gerus hier wat beskikbaar is.

SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL

Tel: 012-808-9300/9340/9399

Sel/Cell: 066-032-5533

E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za

Wildsvleisresepte

Beplan vooruit vir geurige kitskos vir jou volgende sloertoer of kampeervakansie. Met ʼn bietjie moeite voor die tyd, het jy meer tyd om jou vakansie te geniet en die dinge te doen waarvan jy die meeste hou. Voordat jy weer in die pad val, probeer Cliff Bennett se gesonde wildmaalvleis wat ideaal is vir ontbyt, middagete of aandete.

Gaan na die wildsvleisreseptebladsy vir hierdie resep en meer.

Indien jy jag of die gesinslid is van iemand wat jag, het jy verseker ‘n gunstelingresep waarvoor jy bekend kan word. Jy kan die eerste SA Jagters wildsvleis-sjef wees. Hierdie is ‘n langtermyn projek met die doel om ons lede as ‘n gemeenskap betrokke te kry.

Ons beplan ‘n toegewyde afdeling op die webwerf en op Facebook om lede se talent in die bos of kombuis te deel. Stuur jou resep saam met ‘n kort agtergrondstorie (bv. was dit jou ouma se resep), foto van jou en jou gereg, die bestanddele en voorbereidingsmetode in. Enige resep is welkom, solank dit wildsvleis bevat. Stuur dit na boetiek@sahunt.co.za of marette@sahunt.co.za

Freddy Hirsch

Freddy Hirsch se produkte wat speserye vir biltong, boerewors, droëwors en burgers insluit, kan nou direk aanlyn van die SA Jagters-winkel bestel word. Lede kwalifiseer vir afslag op al die Freddy Hirsch-produkte. Bestel hier.

Die Freddy Hirsch Group het vir ons ‘n paar geskenkpakke/hampers geborg om uit te deel aan ons lede. As jy eerder gouer as later jou resep inskryf, staan jy ‘n kans om een van hierdie pakke te wen.

Amateur Fotografiekompetisie

Kliek om te vergroot

Die 2024 Fotografiekompetisie is goed op dreef. Lede vind die nuwe inskrywingsmetode baie gerieflik. Al die wysigings tot die 2024 Fotografie-kompetisie is vervat in die inligting en reëls.

Kyk gerus na die foto’s in verskillende kategorieë wat reeds in 2024 toekennings ontvang het.

Kontak Marette vir enige navrae.

Fotografieklub op Facebook

Kliek om te vergroot
Die tema van ons volgende opwindende uitdaging is kamoefleer. Deel jou beste kamoefleerfoto’s met ons. Enigiets van ’n luiperd wat in die gras wegkruip, ’n voëltjie in ’n nes, tot ’n jagter in kamoefleerdrag in die veld. NB: die foto’s mag glad nie vuurwapens insluit nie. Dit is teenstrydig met Facebook-beleid. Lees die reëls in die skakel hier onder.

Nooi gerus die lede in jou tak, vriende en familie uit om by die groep aan te sluit. Dit is ’n gesellige interaktiewe groep waar lede voorstelle en kommentaar kan instuur.

Kontak Marette vir enige navrae.

Magnum Safes bied 5% aflag vir lede

Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters

Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.

Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

ASI bied 10% afslag aan lede

Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag

Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Kommersiële aanbiedings vir lede

Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks ​​in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.

Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.

Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.

Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.

Kontak Marette Bennett

sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Craftbraai bied lede 10%-afslag

The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

StediLens bied lede 10%-afslag

A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Peter’s Guide Books bied lede 10%-afslag

  • Detailed maps and GPS co-ordinates of all points of interest.
  • English, Afrikaans, German and Latin names of trees, animals and birds.
  • Meaning of place names.
  • Instant identification of trees, geological formations and historical connections.
  • Interesting facts and photos of animals and common birds.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

A Line Tours Pty Ltd bied lede 10%-afslag

A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.

Kontak:

Francois Annandale by 071 932 6125

vir ‘n kwotasie

(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Tyremart Hatfield bied lede 'n ekstra 3%-afslag

Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield

Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets

Om ‘n afspraak te maak, kontak:

Johan by 082 564 8222

of Lourens by 072 591 0926

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

Kliek om te vergroot
error: Content is protected !!