• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

GAME MEAT RECIPES

RESEPTE VIR WILDSVLEIS

hunting jagsake

Your Hunting Heritage - Our Focus

Welcome to the Game Meat Recipes page

If you would like to be a contributor, send your recipes with pictures and short story with a photo about your hunting/cooking journey, to boetiek@sahunt.co.za or marette@sahunt.co.za

Lipleklekker Wildsvleis Braaiwors en Droëwors

Fred en Carien Camphor

Wors, hetsy boerewors of droëwors, is ʼn gunsteling gereg of versnapering onder Suid-Afrikaners. Deesdae verkoop die meeste slaghuise en supermarkte allerhande gegeurde wors om elke smaak te bevredig. Maar niks is so lekker as jou eie boerewors of droëwors nie, gemaak met vleis van die wild wat jy self gejag het nie. Fred Camphor deel sy gunsteling resep vir tuisgemaakte braaiwors en droëwors. Die resepte is byna dieselfde met net klein variasies in die bestanddele en metode. Volg Fred se waardevolle wenke vir die beste braaiwors en droëwors en jy koop nooit weer wors by die slaghuis nie!

Liplek-lekker Wildsvleis Braaiwors

 

  • 20 kg wildsvleis
  • 10 kg vet
  • 750 ml asyn
  • 500 ml Worcestersous
  • 1 Pak Freddy Hirsch Kameelhout Boerewors Speserye
  • 2 Bondels 22-24 grootte worsderms
  • Sny die vleis in blokkies van naastenby 2,5 cm X 2,5 cm. Sny alle bloederigheid, vliese en senings uit. Ons gebruik die beste kwaliteit vleis hiervoor
  • Gebruik sagte beesvet of skaapvet. Persievet is lekker maar kan ook baie ryk wees. Moenie hardevet gebruik nie. Sny die vet ook in blokkies van naastenby 2,5 cm X 2,5 cm.
  • Meng die blokkies vleis en vet baie goed en sprei bietjie oop
  • Gooi dan die inhoud van 1 pak Freddy Hirsch Kameelhout Boerewors speserye oor die vleis en vet mengsel
  • Voeg die Asyn en Worcestersous by en meng deeglik sodat alle vleis en vet behoorlik bedek is met die mengsel van speserye en vloeistof
  • Die resep op die speseryepakkie stel voor dat jy yswater byvoeg – moenie dit doen nie, die mengsel raak te veel van ‘n pappery.
  • Maal dan die mengsel met ‘n fynerige (4 tot 6 mm) siffie in die meule
  • Stop die gemaalde mengsel dadelik, moenie oornag laat oorbly nie. Die vog sak af en die vleismengsel raak droog
  • Gebruik 22 tot 24 grootte skaapderms hiervoor. Dit is ‘n lekker dikte om mee te werk. Jy kan uiteraard ook dikker worsderms gebruik vir braaiwors soos jy verkies.
  • Verpak en vries vir gebruik soos jy goed dink

Wildsvleis Droëwors

 

24 kg wildsvleis

6 kg vet

750 ml asyn

500 ml Worcestersous

1 Pak Freddy Hirsch Kameelhout Droëwors Speserye

2 Bondels 18 grootte worsderms

 

  • Sny die vleis in blokkies van naastenby 2,5 cm X 2,5 cm. Sny alle bloederigheid, vliese en meeste senings uit. Vir droëwors kan jy steeds net goeie kwaliteit vleis gebruik maar dit kan dikwels ook maar bietjie meer senings in hë
  • Gebruik sagte beesvet of skaapvet. Persievet is lekker maar kan ook baie ryk wees. Bees brisketvet werk goed. Moenie hardevet gebruik nie. Sny die vet ook in blokkies van naastenby 2,5 cm X 2,5 cm.
  • Meng die blokkies vleis en vet baie goed en sprei bietjie oop
  • Gooi dan die inhoud van 1 pak Freddy Hirsch Droëwors speserye oor die vleis en vet mengsel
  • Voeg die Asyn en Worcestersous by en meng deeglik sodat alle vleis en vet behoorlik bedek is met die mengsel van speserye en vloeistof
  • Die resep op die speseryepakkie stel voor dat jy yswater byvoeg – moenie dit doen nie, die mengsel raak te veel van ‘n pappery.
  • Maal dan die mengsel met ‘n fynerige (4 tot 6 mm) siffie in die meule
  • Stop die gemaalde mengsel dadelik, moenie oornag laat oorbly nie. Die vog sak af en die vleismengsel raak droog
  • Gebruik 18 grootte skaapderms hiervoor. Die dun dermpies werk moeilik maar droog lekker vinnig. Jy kan uiteraard bietjie dikker worsderms gebruik sou jy verkies.
  • Hang op om te droog. Sorg dat die stringe wors nie aan mekaar raak nie en dat daar goeie lugvloei is. Na 3 dae behoort die wors breekdroog te wees en kan jy begin gebruik. Moenie langer as 5 dar droog nie, dan raak die wors te hard.
  • Verpak en vries vir gebruik soos jy goed dink

Fred en Karien se Wildsvleispatties

Fred en Carien Camphor

Hierdie is ʼn eenvoudige resep vir wildsvleispatties waarvoor niemand moeg raak nie. Ons maak genoeg hiervan om bykans elke oggend van die jaar ʼn pattie vir ontbyt te eet. Vries dit in 500g pakkies en jy het voorraad vir ʼn lang tyd.

 

  • 6 kg wildsvleis
  • 3 kg vet
  • 1 Pak Freddy Hirsch Chargrill Patty Speserymengsel
  • 250 ml Worcestersous
  • 500 ml Asyn
  • Sny die vleis in blokkies naastenby 2,5 X 2,5 cm. Verwyder al die senings en kliere. (Ons gebruik goeie vleissnitte soos die blad, boud en rugstringe want dit het min senings. )
  • Vir vet gebruik ons sagte beesvet (soos brisketvet) of sagte skaapvet. Persie-vet is lekker maar dis baie ryk. Sny die vet ook in blokkies van 2,5 X 2,5 cm.
  • Meng die blokkies vleis en vet deeglik.
  • Strooi die Freddy Hirsch speserymengsel oor die vleis en vet.
  • Voeg die asyn en Worcestersous by.
  • Meng baie deeglik sodat die kruiemengsel goed deur al die vet en vleis versprei is.
  • Maal die mengsel.
  • Maak lekker groot patties van so tussen 200 g en 250 g. Ons gebruik ʼn 130 mm pattie pers. Hierdie mengsel lewer ongeveer 50 patties, afhangende van die dikte van die pattie.
  • Braai en geniet dit soos jy daarvan hou. Dit is heerlik vir ʼn burger of sommer ʼn pattie vir ontbyt saam met twee eiers of ʼn omelet.

Let Wel: Die aanwysings op Freddy Hirsch se pak speserymengsel gee ander hoeveelhede vleis as hierdie resep. Ignoreer dit net. Die resep op die pak vra ook dat jy water by die mengsel voeg. Moenie dit doen nie, want dit maak die mengsel taai en moeilik om mee te werk.

Winter Koedoekerrie

Dorothy Ras

Die hoeveelhede vir hierdie koedoekerrie geskik vir ʼn 6-liter elektriese stoompot. Pas die hoeveelheid bestanddele en gaarmaaktyd aan indien ʼn kleiner stoompot, prutpot of gietyster pot gebruik word. Die goue reël vir sappige wildsvleis is om nie te haastig te wees met die gaarmaaktyd nie. Gee dit maar kans!

  • 2kg koedoeboud (of snitte soos chuck of goulash wat langer neem om sag te kook) opgesny in blokkies. *Skenkelvleis is ook ideaal maar word gouer gaan. Pas dus die gaarmaaktyd aan.
  • Olyfolie om die vleis in te braai
  • 25 ml sout
  • 2 blokkies beesvleisekstrak opgelos in 500 ml water
  • 2 blokkies groente-ekstrak opgelos in 500ml water
  • 50 ml Bisto of meelblom (Maizena)
  • 50 ml Rajah Mild and Spicy kerrie of na smaak
  • 20 ml Worchestershire sous of na smaak
  • Een groot knoffel of 10 knoffelhuisies, geskil en in skyfies gesny
  • 5 cm vars gemmer geskil en in skyfies gesny – opsioneel
  • 30 ml gedroogde, gemengde kruie
  • 3 heel gedroogte lourierblare of vars suurlemoenblare – opsioneel
  • 1 kg aartappels in kwarte of agstes gesny
  • 1kg wortels in 3 cm skywe gesny
  • 500 g groenbone gehalveer
  • 3 groot uie grof gekap
  • 3 groot groen/rooi/geel soetrissies in groot blokkie gesny
  • ‘n handjievol sultanas of gesnipperde droe perskes -opsioneel
  • Stel die stoompot op braai.
  • Braai die vleis in die olyfolie tot mooi bruin.
  • Meng die beesvleisekstrak, water en sout en voeg in die pot en roer goed.
  • Stel die stoompot vir 90 min op hoog (sommige potte 45 min plus 45 min) en laat die stoom uit na die gaarmaaktyd.
  • Toets die vleis se tekstuur. As dit nog nie sag genoeg is om met ʼn houtleel plat te druk nie, stel die stoompot vir nog 30 min en laat die stoom uit.
  • Pak die groente in lae bo-op die vleis in hierdie volgorde: aartappels, wortels, boontjies, uie, soetrissie en lourierblare of vars suurlemoenblare
  • (opsioneel) Vir afwisseling, kan ‘n handjievol sultanas of gesnipperde gedroogte perskes ook saam met die vleis gevoeg word.
  • Moenie die bestanddele in die pot roer of meng nie.
  • Meng die groente-ekstra wat in 500 ml water opgelos is met die Bisto of Maizena, Rajah kerriepoeier, Worchestershire sous, knoffel, gemmer, gedroogte kruie en voeg by die vleis en groente.
  • Moenie roer nie.
  • Stel die pot vir 25 min op hoog en laat dan die stoom uit.
  • Bedien op Basmati rys.

Die koedoevleis sal smelt in jou mond maar die groente sal nog ferm, maar gaar wees. Dit mag nodig wees om die gaarmaaktyd van hierdie resep aan te pas vir ʼn prutpot (slow cooker) of ʼn gietyster pot. Dit sal heelwat langer neem as in ʼn stoompot.

Geurige Wildsmaalvleis vir Kitsgeregte

Cliff Bennett

Hierdie is ʼn kitsresep vir geurige wildsvleis wat min vet bevat, maar wat beslis nie droog is nie. Blouwildebeesmaalvleis is beslis my gunsteling om te gebruik. Voordat ons vertrek op ʼn sloertoer of wildtuin toe gaan, maak ek sowat 3 kg maalvleis gaar en vries dit in 500g pakkies. Dit is ideaal vir boeppensbroodjies (jaffles), bo-op mieliepap vir ontbyt en vulsel vir tortillas met ʼn vars slaai.

  • 1kg wildsmaalvleis
  • 2 tot 3 uie fyngekap
  • 4 eetlepels olyfolie
  • 2 teelepels sout
  • 4 fyngemaakte vars knoffelhuisies (sit deur knoffelpars)
  • 3 eetlepels blatjang
  • 3 eetlepels tamatie sous
  • 2 teelepel Worcestershire sous
  • 1 teelepel droë gemengde kruie
  • 1 teelepel braaivleisspeserye
  • 1 teelepel koljander (coriander)
  • Gebruik ‘n groot dikbodempan of gietysterpot. Ek gebruik sommer die 6-liter elektriese stoompot soos ʼn pan (sonder die deksel) omdat dit maklik is om te was. (Natuurlik sal dit nooit stoom nie, want ek plaas nooit die deksel op nie)
  • Op hoë hitte braai die fyn gesnyde uie in die olyfolie tot deursigtig.
  • Voeg die maalvleis by die uie en roer en braai tot lig bruin.
  • Voeg die sout, knoffel, blatjang, tamatiesous en Worcestershire sous by. Roer tot goed gemeng.
  • Voeg die gemengde kruie, braaivleisspeserye en koljander by en roer tot goed gemeng.
  • Stel stoofplaat op lae hitte en laat prut/braai tot donkerbruin terwyl jy dit gereeld roer.

Savoury Game Mince for Quick Meals

Cliff Bennett

This quick recipe for tasty game mince contains very little fat but is not dry. Blue wildebeest mince is by far my favourite for this recipe. Before we depart on a road trip or a visit to the game reserve, I prepare about 3 kg mince and freeze it in batches of 500g. It is ideal for jaffles, on top of Mieliepap for breakfast or as fillings for wraps with fresh salad.

  • 1kg game mince
  • 2 to 3 onions finely chopped
  • 4 tablespoons olive oil
  • 2 teaspoons salt
  • 4 cloves fresh garlic (put through a garlic press)
  • 3 tablespoons chutney
  • 3 tablespoons tomato sauce
  • 2 tablespoon Worcestershire sauce
  • 1 teaspoon dry mixed herbs
  • 1 teaspoon BBQ spice
  • 1 teaspoon corian
  • Use a large pan with a thick base or a cast iron pot. I use a 6-litre electric steam pot because it is easy to clean. (The food will not steam because I use it without the lid.)
  • On high heat, fry the onion in olive oil until the onions are transparent.
  • Add the mince and stir fry with the onions to a golden brown.
  • Add the salt, garlic, chutney, tomato sauce and Worcestershire sauce. Stir until well mixed.
  • Add the mixed herbs, BBQ spice and coriander and stir well until mixed.
  • Reduce the heat and let it simmer until dark brown. Stir frequently.

Swartwitpensfilet

Janie Thienpont

Mathieu en Janie Thienpont woon op die plaas Luiperdskloof vanwaar hul Luiperdskloof Safari’s bedryf. Dié pragplaas is in die Modimolle-omgewing bo-op die Waterberge geleë. Janie is ’n bobaas chef en maak die heerlikste geregte wat haar binne- en buitelandse hulle lippe laat aflek. Probeer gerus haar resep vir swartwitpensfilet.

  • Gesoute botter
  • Vars roosmaryn
  • Knoffel
  • Olyfolie
  • 6 guns speserye
  • Swartwitpensfilet (of enige wildsfilet) moet kamertemperatuur wees

  • Gietyster pan
  • Smeer filet met olyfolie en 6 guns speserye.
    Kry pan baie warm.
  • Seël filet tot mooi bruin aan beide kante in warm pan en haal af.
  • Smelt die botter in die pan saam met ʼn halwe knoffelhuisie en roosmaryn vir geur.
  • Plaas filet weer terug in die pan en bedek dit met die bottersous.
  • Medium rare is die beste manier om hierdie heerlike gereg te eet.

Skilpad(jie)resep vir die jagkamp of by die huis

Jan de Man

  • Wildslewer in klein blokkies gesny
  • Uie fyn gesny
  • Asyn
  • Braaisout
  • 1 Blikkie gesnipperde sampioene (opsioneel)
  • Lamsnetvet en sosatiestokkies. Dikwels is lammers ook beskikbaar in die jagomgewing. Indien nie, koop netvet by jou slagter en neem dit saam.
  • Benat die lewerblokkies met asyn.
  • Meng die lewer, uie en sampioene goed.
  • Gooi braaisout na smaak en roer die mengsel goed deur.
  • Sny die vel netvet in groot vierkante of reghoeke van sowat 20 cm x 20 cm.  Verwyder die dikker en harder dele.
  • Skep die skilpadmengsel op die netvetblokke en versprei dit net oor een helfte van die netvet.
  • Vou die netvet toe en steek die oop kante met sosatiestokkies toe.
  • Wenk: Braai in ’n toeknyprooster oor matige kole. Wees versigtig want dit kan vlamme maak. Sny in blokkies en bedien.

Gestopte Elandfilet

Jan de Man

  • 2 elandfilette wat ʼn paar dae in koelkamer of yskas rypgemaak is)
  • 1 pakkie olywe
  • 200 g feta- of cheddarkaas volgens smaak
  • 2 blikkies gerookte mossels
  • 1 blikkie gesnipperde sampioene
  • 2 uie
  • Sout
  • Peper
  • Suurlemoensap/asyn
  • Naald en garing
  • Vlek die filette met ʼn skerp mes oop tot ongeveer 1cm dik.
  • Druk suurlemoensap aan beide kante oor die vleis uit.
  • Strooi sout en peper oor na smaak.
  • Vul elke filet met die helfte van die pakkie olywe, 1 skyf fetakaas (in blokkies gesny), 1 blikkie gedreineerde mossels, ½ blikkie gedreineerde sampioene en 1 ui (fyn gekap).
  • Versprei die vulsel oor die helfte van die filet.
  • Vou die filette toe en werk die oop kante toe met groot steke met die naald en garing.
  • Rooster op redelike warm kole of op ʼn biefstukplaat aan beide kante volgens voorkeur.
  • Verwyder die garing.
  • Sny in skywe en bedien warm saam met slaai en ’n styselgereg.

Die resep is genoeg vir ongeveer 10 persone.

Wildslewerkoekies

Jan de Man

Wildslewerkoekies is ʼn ou gunstelingresep van my ma wat ek steeds ʼn paar keer per jaar maak wanneer ek vars wildslewer het. Dit is ʼn maklike en geurige gereg om saam met kapokaartappels en tamatiesous te bedien. ʼn Glas goeie rooiwyn komplementeer hierdie eenvoudige gereg.

  • Maal lewer (± 1kg) en uie voor die tyd
  • 2 geklitste eiers
  • ¾ koppie koekmeel
  • Sout/ en peper na smaak
  • 2 eetlepels blatjang
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 1 koppie broodkrummels
  • Roer alle die bestanddele in by die gemaalde lewer. Vorm koekies en bak in pan met vlak olie.

Lekker Wildswors (of maak Boerewors)

Danie Momberg

  • 4 kg vleis
  • 1 kg spek met baie vet
  • 50 ml (4 opgehoopte eetlepels) koljander
  • 36 ml sout
  • 7 ml fyn swart peper
  • 3 ml All spice
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 5 ml neutmuskaat
  • 5ml gemaalde naeltjies
  • 25 ml asyn
  • 50 ml Worcestersous
  • 250 ml yswater
  • Sny vleis en spek in klein blokkies.
  • Meng speserye en sout en strooi eweredig oor die vleis.
  • Meng vleis en speserye goed.
  • Maal die vleis en speserymengsel.
  • Meng yswater, asyn en Worcestersous en gooi oor vleis.
  • Meng die vloeistof goed deur die gemaalde vleis.
  • Stop die wors gelyktydig, maar nie te styf nie.
  • Laat staan oornag en bere in vrieskas.

 

Nota: Indien vet beesvleis gebruik word om die wors te maak, gebruik minder spek of laat dit weg.

Maklike Smaaklike Hamburgers

Killian Kirchner

Ek is 15 jaar oud en in die Hoërskool Wagpos op Brits. Ek is al lid van SA Jagters vandat ek 3 jaar oud is. My Pa is my jagmentor en ek het al reeds van jongs af saam met hom gaan jag. Ons verwerk ook al ons wildvleis self. Een van gunsteling resepte is die hamburger patties wat ek gereld maak. Hier is die resep:

  • Verwyder alle senings van die wildsvleis
  • Sny die wildsvleis in kleiner blokkies van ongeveer 30 mm x 30 mm.
  • Meng 7.5kg van die wildsvleis met 2.5kg repies varkspek (75/25% verhouding)
  • Gebruik Crown National se Ouma se wors speserye (Volg die instruksies op die pakkie vir hoeveelheid speserye teenoor vleis) en sprinkel oor vleis en meng deeglik.
  • Maal die vleis en spek saam in die vleismeul met ʼn 6 mm siffie.
  • Verkoel die mengsel vir ʼn uur in die koelkamer.
  • Weeg 100 g bolletjies uit en druk in die pattie drukker (Onthou om die plastiek velletjies in te sit).
  • Verkoel en verpak.
  • Ek verkies die groot rolletjies met sesamsaad op. Sny middeldeur en smeer met botter (nie margarien nie).
  • Sny een groot ui in blokkies en braai in olyfolie in ’n pan tot die uie deursigtig is. Voeg een eetlepel bruin asyn en een teelepel suiker by en braai vir nog twee minute totdat die suiker karameliseer. Verwyder uit pan en plaas eenkant.
  • Sit blaarslaai en kaas op die broodjies. Ek hou nie van tamaties nie.
  • Braai nou die patties in dieselfde pan waarin die uie gebraai is teen medium hitte tot goudbruin. Draai om en braai die anderkant tot goudbruin. Ek verkies my patties mediumgaar (nog pienk in die middel).
  • Sit die warm pattie op die broodjie, daarna die kaas, die gebraaide uie bo-op en bedek met ander helfte van die rolletjie.
  • Laat staan vir ongeveer 4 minute sodat die kaas kan smelt.
  • Bedien saam met skyfies.

Watertandlekker Springbokboud

Hugo Meyer

Steek gaatjies in die boud en sit knoffel in. Plaas die boud in ʼn plastieksak saam met 500 ml karringmelk, bind die sak toe en laat twee dae in die karringmelk lê. Draai elke dag om.

Bestanddele

  • 250 ml Chutney
  • 125 ml Worcestersous
  • 2,5 ml roosmaryn
  • 5 ml fyn gemmer
  • 15 ml bruin suiker
  • 80 ml olie
  • 5 ml varsgemaalde swart peper
  • Sout na smaak
  • Haal boud uit die sak.
  • Sny nog kepe in die vleis en vul met blokkies spek, rooi kersies, rosyne en gesnyde olywe.
  • Sny twee uie in dik skywe en plaas dit onder in die bak. Sit die gestopte boud bo-op die uie en gooi die mengsel bo-oor.
  • Bedek en bak ongeveer vir 3 ure teen 160˚C.
  • Voeg baba-aartappels by en bak vir nog 2 ure.

 

Geniet dit!

Supersag Roerbraai

Johann Ungerer

Nou moet ek eers bieg. Ek is baie lief vir lekker eet, maar is lui gebore. So wanneer ek kosmaak, moet dit gou gaan. Ek het nie die geduld om ure voor die stoof te staan nie.

Hoewel ek elke jaar bevoorreg is om te kan jag, maak ek selde biltong en droëwors van die wildsvleis – dit is in my oë ‘n vermorsing van goeie vleis.

Bestanddele

  • 500g wildschnitzel of -minute steaks, sowat ‘n 5 mm dik. Sny die steak in happiegrootte stukkies, so groot soos ‘n R5-munt
  • 2 eetlepels kookolie
  • 3 knoffelhuisies, grof gekap
  • 1 medium ui, dun skywe gesny
  • 2 medium groenrissies (green peppers), skoongemaak en in happiegrootte stukkies gesny
  • Paar stukkies broccoli
  • Repies gesnyde wortel
  • 2 sprietuie

 

 

Marinade

  • 1 eetlepel sojasous
  • 1 eetlepel Sjinese kookwyn (kan ook witasyn gebruik, maar die kookwyn is beter)
  • ½ teelepel bakpoeier
  • 3 teelepels Maizena

 

 

Roerbraaisous

  • 3 eetlepels oestersous
  • 3 eetlepels kookwyn
  • 2 eetlepels sojasous
  • ½ teelepel donker sojasous
  • 2 teelepels suiker
  • 1 teelepel gemaalde swartpeper
  • 2 teelepels witasyn

 

 

Metode

  • Stap 1
    • Roer die marinade se bestanddele goed saam, en voeg dan die vleis by. Meng die vleis goed om te verseker dat die marinade elke stukkie vleis bedek.
    • Laat rus vir 10 minute – nie langer nie!
  • Stap 2
    • Roer die roerbraaisous se bestanddele saam
  • Stap 3
    • Verhit die kookolie in ‘n wok totdat dit rookwarm is. Voeg die uie en knoffel by. Roerbraai vir 30 sekondes, en skuif eenkant toe in die wok.
    • Voeg die vleis by en versprei eweredig in die wok. Laat die vleis mooi seël vir 90 sekondes – MOENIE DAARAAN TORRING NIE !
    • Meng nou die vleis, uie en knoffel saam vir 60 sekondes.
    • Voeg die groenrissie, broccoli en wortel by en roerbraai vir 60 sekondes.
    • Voeg die roerbraaisous by en roerbraai vir 10 sekondes
    • Verwyder die wok van die hitte en strooi die gekerfde sprietuie oor.
    • Bedien met rys of dun noedels

Nota:  Niemand gaan jou glo dat dit wildvleis is nie, dat dit so smaaklik kan wees nie, en dat dit glad nie taai is nie!

Lewerkoekies

Johann Ungerer

So in my soeke na iets om te doen gedurende 2020 grendeltyd, kom ek af op ‘n gevriesde blesboklewer, en net daar oorval die GROOT lus my.

Bestanddele

  • 1kg lewer, skoongemaak en opgekerf
  • 1 groot uie of 2 medium, fyn gekerf
  • 2 Snye brood
  • 1 Groterige aartappel, gerasper
  • Sout en peper na smaak
  • 1 Pakkie kaas-en-uie skyfies (kaas-en-uie raak deesdae skaars, gebruik dus wat jy kan kry)
  • Koekmeel, na gelang van tekstuur van beslag
  • 2 eiers
  • ʼn Klein handjievol pietersielie, of vars koljander vir garnering (as myne gedaan is pluk ek ‘n paar basilieblare)

 

 

Metode

  • Laat lê die lewer in soutwater om bloed uit te trek. Sny die lewer in repe en verwyder soveel moontlik van die pypies. Kerf die lewer so fyn as moontlik. (Ek maal nie die lewer nie, maar kerf dit.)
  • Maak skyfies fyn. Vermorsel dit sommer in die pakkie.
  • Voeg die uie, brood, aartappel, sout, peper, skyfies, bestanddele by lewer en meng goed.
  • Meng nou eiers en koekmeel by om die beslag styf te kry.
  • Neem ‘n groot skep van die mengsel met ‘n eetlepel en bak in vlak olie. Druk dit effens plat om ‘n koekie te vorm.
  • Plaas op kombuispapier om te dreineer
  • Garneer met die koljander/pietersielie, basilie

Nota:  Bedien op kapokaartappels, of saam krulnoedels, of met ‘n dik sny vars brood en botter, of eet dit sommer net so!

Wildvleis Carpaccio

Johann Ungerer

Al die bokke wat ek skiet het mos twee filette. Die een word in mote gesny, speserye gesmeer, en dan in botter in ‘n warm pan gebraai. Die ander filet gebruik ek om carpaccio te maak.

Bestanddele

  • 1 heel wildsfilet, verkieslik van een van die groter bokke, bv. waterbok, koedoe, wildebees of eland. Verwyder die silwer vlies.
  • ½ teelepel gemaalde koljander
  • ½ teelepel gedroogde tiemie
  • ½ teelepel gedroogde Italian Herb
  • Growwe sout en gemaalde swartpeper na smaak
  • 1 eetlepel olyfolie
  • Parmesaankaas skaafsels
  • Balsamiese asyn reduksie
  • Vars kekerertjies, roket- en basilieblare

 

 

Metode

  • Stap 1 – was jou hande ! (het my moeder altyd gesê)
  • Smeer nou die olyfolie oral oor die vleis. Smeer jy al die speserye in (koljander, tiemie, Italian Herb, sout en peper) Laat dit rus vir 15 minute.
  • Skroei nou die vleis oor hoë hitte (rooster of pan – ek verkies pan) vir nie meer as 2 minute per kant nie.
  • Verwyder van die hitte, draai styf toe in kleefplastiek en plaas in die vrieskas vir sowat 20 minute.
  • Verwyder die plastiek en sny dan die vleis met jou skerpste mes in super dun skyfies.
  • Laat jou vrou jou help om dit uit te pak in ‘n groot plat bord. Sprinkel die Parmesaankaas, roket en basiliekruid oor. Bedruip met olyfolie en Balsamiese asyn, en sprinkel growwe sout en swart peper oor.

About our Contributors

Johann Ungerer
Hugo Meyer
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Send us comments, questions or suggestions

error: Content is protected !!