SA Hunters is a voluntary membership organisation that represents the interests of citizen hunters, wildlife custodians, firearm owners and sport shottists. It was established in 1949 to promote conservation of game species and wildlife habitats, and responsible hunting.
To reduce incidents and impacts of wildlife poaching on wildlife custodians, wildlife populations, and the environment.
This is done through:
The reasons for poaching differ for different species and areas. In some cases, poverty and lack of legal access to resources drive poaching. In other cases, it is greed. However, the illegal wildlife trade is profitable and as long as the reward remains bigger than the risk, it will continue, and wildlife will suffer. In the case of animals, the methods used in poaching are often horrific, such as snaring and poisoning where animals suffer a slow death.
Many of the members of SA Hunters are active wildlife custodians, whether or not they are wildlife ranchers, wildlife managers, or conservationist. They care for wildlife. With poaching rife and resources and capacity of law enforcement limited, members choose to dedicate time and resources towards anti-poaching. Hence the establishment of the anti-poaching programme.
Where meaningful, SA Hunters collaborates with government and other relevant role-players. The focus is on supporting landowners, host communities and wildlife custodians in their fight against poaching.
Anyone can get involved in the anti-poaching programme
For more information contact the SA Hunters’ conservation manager
February 2024
November 2023
Ons bewaringsbestuurder, Lizanne Nel en lede van ons SOS projek, het deelgeneem aan ‘n ondersoek na die onwettige mark vir Suid-Afrikaanse vetplantflora uit die Sukkulente-Karoo-streek, en die impak van hierdie mark op mense en ekosisteme in die streek. Die finale verslag van hierdie uitstekende studie is nou beskikbaar en verskaf belangrike insigte.
Die bewaringskantoor van SA Jagters en Wildbewaringsvereniging vorm ook deel van die forum vir die ontwikkeling en implementering van die Nasionale Reaksiestrategie om die krisis aan te spreek in Suid-Afrika. Baie van die plante in die area is uniek aan ons land en kom nêrens anders op aarde voor nie. Van die spesies is egter besig om te verdwyn as gevolg van ‘n vinnig toenemende aanslag deur kriminele netwerke wat die versameling en handel van skaars en bedreigde spesies orkestreer om die internasionale vraag na sierplante te voed.
Namakwa-tak dra by tot die bewaring van die Gannabos Kokerboomwoud in die Noord-Kaap. In samewerking met die grondeienaars is die kokerboomwoud nou toegespan om onwettige betreding en versameling van plante te bestry. Die bedoeling is egter nie dat toeriste weggewys word nie, maar toegang word beheer waarvan ʼn gedeelte van die inkomste aangewend sal word vir bewaring van dié unieke area. Hierdie bewaringsvennootskap is tot voordeel van die natuur en ons nageslag. Toekomsplanne sluit in die oprigting van inligtingsborde om toeriste in te lig oor die gebied en die unieke plante.
Die tak het ook twee inligtingsessies aangebied vir leerders van Okiep Hoërskool en die personeel van Goegap-natuurreservaat. Verskeie rolspelers het die leerders toegespreek om bewustheid te skep van die belangrikheid van bewaring van ons unieke omgewing en die negatiewe impak van stroping van wilde plante en reptiele op die natuur en op die mens.
Namakwa-tak se Save our Succulents bewaringsinisiatief het 100 saailinghouers aan Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin geskenk vir beskermde vetplante uit die Namakwaland wat by stropers afgeneem is. Volgens Adam Harrower, senior botanis van Xerophytic plantversamelings by Kirstenbosch Botaniese Tuin, het die skerp toename in die stroop van bedreigde plante sekere Namakwaland-spesies wat wild voorkom, uitgewis. Die saailinghouers is van kritieke belang om die gekonfiskeerde plante lewendig te hou en hul voortbestaan te verseker.