Oktober/November 2023
Baie dankie aan die Takbestuur vir hulle dienste gelewer gedurende 2023. Die Algemene Jaarvergadering is afgehandel en ons wens die nuwe komitee (onder op bladsy) sterkte toe met hulle taak vir die 2024 jaar. Ons bedank in die besonder vir Kobus Nel (sekretaris) wat nou aftree en langs die Weskus gaan ontspan. Dankie Kobus, dit was ’n plesier om saam met jou te werk!
Namakwa-tak se verteenwoordigers het die SA Jagters se jaarlikse kongres en die takvoorsittersforum in Pretoria bygewoon. Namakwa-tak is as die Groot Kampioentak vir 2023 aangewys en ook die wenner in die Top 400-kategorie. Die vier fokusareas waarin ons uitgeblink het, was bewaring, skietsake, junior bywoning, dames bywoning.
Die Namakwa-tak het onlangs kontak gemaak met drie hondehanteerders wie se honde spesiaal opgelei is om plante uit te snuffel. Verskeie nagoperasies word beplan saam met SAPD en ons hoop vir sukses. Ons het ook kontak gemaak met Johan Marais, ‘n bekende herpetoloog en skrywer van verskeie boeke oor reptiele. Daar word beplan om ʼn navorsingstasie in ons omgewing te vestig en ons gaan beslis betrokke raak met die monitering en bewaring van ons reptiele.
Ons is reeds besig met die motiverings vir ons 2024-projekte. Die grootste gedeelte van die geld sal waarskynlik gebruik word om ons kamera-netwerk te verbeter sodat ons meer oë op die plantstropers se smokkelroetes het. Meer hieroor in die nuwe jaar!
Opleiding van sportskuts gaan voort op ’n ad-hoc basis en op aanvraag aangebied! Persone wat belangstel in MDS kan ons ook kontak.
Die nuwe stoep by die klubhuis is nou voltooi en ons het ook ’n baie mooi granietblad by die braaitoonbank ingesit ter voorbereiding van ons Top Gun skiet waar almal die nuwe fasiliteite kan geniet. Verskeie projekte is ook voorgestel en bespreek tydens die AJV en ons sal binnekort hieroor terugvoering gee.
Die Tak beplan ‘n afskeid pretskiet en ʼn lekker kuier en dans waar ons weer ons Tak-kampioene vereer en wisseltrofees uitdeel.
28 Oktober Top Gun 2023
Die Namakwa Top Gun Ghongskietkompetisie met sowat 130 deelnemers was weereens ʼn reuse sukses. Ons het op dieselfde dag ook drie lede met die Orde van die Buffel – Brons vereer! Kobus Nel (bydrae tot bestuur die laaste 5 jaar), Frikkie (Jnr.) Hanekom en Willie Hanekom (bydrae en hulp op die skietbaan die laaste 3 jaar) het hierdie toekenning verwerf. Baie geluk! Daar is heerlik gekuier terwyl die skuts alles in hulle vermoë probeer het om as die Top Gun van die Jaar weg te stap.
Die uitslae was soos volg:
Mans
1ste – P.D. Jacobs
2de – H.J. Liebenbergh
3de – Simon van Wyk
Dames
1ste – Nelicia Jacobs
2de – Mieke Dippenaar
3de – Frederique de Waal
Juniors
1ste – Eben van Wyk
2de – Anke Greyling
3de – Tinus Viljoen
Die TOP GUN 2023 wenner is P.D. Jacobs met 83,18% (5617 uit 6753). Baie geluk!
Die aand was daar dan ook ‘n lekker dans en kuier by die ABCO-hangar. Die feit dat die Springbokke ook daardie aand die wêreldbeker gewen het, het gesorg vir ‘n lekker dag wat op ʼn hoë noot geeindig het. Baie dankie aan al ons borge vir die dag en die twee manne wat alle reëlings getref het, Louw Nel en Kallie Oberholzer.
Ons eie Springbok
Een van ons Tak se lede, PD Jacobs, het ook onlangs vir die Protea-skietspan in Namibië deelgeneem. Hy het verskeie aflosse gewen en dan ook met die titel, “Beste Skut van Kompetisie” weggeloop! Baie geluk aan PD, ons eie Springbok van Springbok!
18 November Klub-skietdag
Die Tak skiet elke derde en vierde Saterdag van elke maand op die Witklip-skietbaan! Detail word per Whats App aan lede gestuur sodat hulle betyds kan voor berei. Woensdagmiddae is die Tak se klubhuis ook oop vir meestal MDS-handwapen, PCP en .22 skietoefeninge. Gewoonlik braai ons vleis ná die tyd en gesels oor skiet, herlaai en jag. Dit versterk ook die samehorigheid onder lede. Alle skietaktiwiteite of veranderings sal betyds per Whats App gekommunikeer word.
2023
14 Desember – Tak Jaareindfunksie, dans en kuier
16 Desember – Tak Pretskiet en ledevergadering
2024
17 Januarie 2024 – MDS-handwapen
20 Januarie 2024 – Tak Presisieskiet (Gebaseer op Lapua-skietoefening)
24 Januarie 2024 – AR/AK semi-outo MDS skietoefeninge
27 Januarie 2024 – SG04/SG03 SG01 Randslag PCP en handwapen
Voorsitter | Carel Oberholzer | |
Ondervoorsitter | Kosie Greyling | |
Sekretaris | Eugene Viljoen | |
Tesourier | Henrikus Roesch | |
Kommunikasie beampte | Carel Oberholzer | |
Skietkoördineerder | Frikkie Hanekom | |
Opleiding & Ontwikkeling | Kosie Greyling | |
Skietkoördineerder | Wollie Wolmarans | |
Assistent Skiet koördineer | Jimmy Dippenaar | |
MDS Skietkoördineerder | Kallie Oberholzer | |
Bewaringskoördineerder | Karel du Toit | |
Senior Opleiding | Carel Oberholzer | |
Trofeekoördineerder | Carel Oberholzer | |
Logistieke koördineerder | Ronel Groenewald |