• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Navorsing op Afrikaanse Varkpes – deur Anthony F Craig

NAVORSING OP AFRIKAANSE VARKPES

Indien vlakvarke en/of bosvarke op u eiendom gejag word, word u samewerking verlang in ‘n navorsing projek deur die Fakulteit Veeartsenykunde by die Universiteit van Pretoria.

 WAT IS AFRIKAANSE VARKPES?

Afrikaanse varkpes (AVP) is ‘n dodelike siekte van varke, wat deur ‘n virus wat tussen tampan bosluise en vlakvarke sirkuleer, veroorsaak word. Vlakvarke word nie siek van die virus nie.

Tampans heg nie vas soos gewone bosluise nie maar voed vinnig wanneer die vlakvarke in hulle gate verkeer. Hulle kan egter vir kort afstande op die vlakvarke gedra word en sodoende in kontak kom met varke wat dan met die virus besmet kan word.

Vlakvarke sal self nie die infeksie aan varke oordra nie, behalwe as hulle van kant gemaak word en hulle vleis en organe in afval aan varke gevoer word. Bosvarke word ook nie deur die virus aangetas nie, maar hulle rol as bron van besmetting vir varke is tans onseker.

HOE WORD DIE SIEKTE BEHEER?

‘n AVP beheer-sone was in 1935 verklaar en sluit so te sê die hele Limpopo provinsie asook aangrensende dele van Mpumalanga, Noordwes en noordelike Kwazulu-Natal in, waar die voorkoms van vlakvarke destyds bekend was.

Regulasies vereis dat varke in ‘n kommersiële varkboerdery in die beheer-sone agter dubbel omheinings aangehou moet word om sodoende kontak met vlakvarke te beperk. Hierdie varke mag ook slegs by aangewese abattoirs geslag word.

Vlakvarke en bosvarke mag slegs onder veterinêre permit van enige eiendom in Suid-Afrika verwyder word en die vel, pote, kop, binnegoed met limfknope moet ook van alle karkasse verwyder word.

Die beheermaatreëls was vir baie jare effektief met slegs enkele uitbrekings wat buite die beheer-sone, as gevolg van die onwettige vervoer van besmette varke vanuit Limpopo, voorgekom het.

WAAROM IS NUWE NAVORSING OP AVP NODIG?

In onlangse uitbrekings van AVP in varke in Noordwes, Vrystaat en Noordkaap gedurende 2016-2018 kon geen oortuigende bewyse van die bron van besmetting gevind word nie.

Daar het grootskaalse verskuiwing van vlakvarke gedurende die afgelope 50 jaar plaasgevind en vlakvarke kom nou baie meer wyd verspreid in die Land voor as toe die beheer-sone in 1935 verklaar was.

Die klassifikasie van tampan bosluise is onlangs hersien en nuwe spesies is beskryf, derhalwe bestaan daar onsekerheid oor die huidige verspreiding en vermoë van die verskillende spesies om AVP oor te dra.

Aangesien die siekte ‘n vernietigende effek op die vark industrie kan hê, is die doel van die projek om vas te stel of daar bewyse is dat die AVP virus buite die beheer-sone sirkuleer. Die bestaande regulasies is al reeds landswyd op vlakvarke en bosvarke van toepassing, en die inligting word dus benodig vir beter insae in die beskermende maatreëls vir die vark boerderynyweheid.

WAT BEHELS DIE NAVORSING?

Die doel is ‘n opname vir bewyse van AVP virus in droë bloedmonsters wat op filtreerpapier gekollekteer word van vlakvarke en bosvarke op plase wat bereid is om deel te neem. Toestemming sal daaropvolgend van uitgesoekte plase verkry word vir die navorsers om tampan bosluise van vlakvark gate te versamel. Laboratorium toetse sal by die ARC-Onderstepoort Veterinary Research Transboundary Animal Disease Laboratory gedoen word. Bevindings sal volgens streek, met geen verwysing na eienaars of eiendom, in ‘n nagraadse tesis en wetenskaplike publikasies weergegee word.

Anthony F Craig PhD Candidate Department of Veterinary Tropical Diseases Paraclinical Building 2-28

Private Bag X04 Onderstepoort 0110

Cell: +27 (0) 72 641 7148

Email: af.craig83@gmail.com

Read more about African Swine Fever

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!