• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Navorsing op Afrikaanse Varkpes – deur Anthony F Craig

NAVORSING OP AFRIKAANSE VARKPES

Indien vlakvarke en/of bosvarke op u eiendom gejag word, word u samewerking verlang in ‘n navorsing projek deur die Fakulteit Veeartsenykunde by die Universiteit van Pretoria.

 WAT IS AFRIKAANSE VARKPES?

Afrikaanse varkpes (AVP) is ‘n dodelike siekte van varke, wat deur ‘n virus wat tussen tampan bosluise en vlakvarke sirkuleer, veroorsaak word. Vlakvarke word nie siek van die virus nie.

Tampans heg nie vas soos gewone bosluise nie maar voed vinnig wanneer die vlakvarke in hulle gate verkeer. Hulle kan egter vir kort afstande op die vlakvarke gedra word en sodoende in kontak kom met varke wat dan met die virus besmet kan word.

Vlakvarke sal self nie die infeksie aan varke oordra nie, behalwe as hulle van kant gemaak word en hulle vleis en organe in afval aan varke gevoer word. Bosvarke word ook nie deur die virus aangetas nie, maar hulle rol as bron van besmetting vir varke is tans onseker.

HOE WORD DIE SIEKTE BEHEER?

‘n AVP beheer-sone was in 1935 verklaar en sluit so te sê die hele Limpopo provinsie asook aangrensende dele van Mpumalanga, Noordwes en noordelike Kwazulu-Natal in, waar die voorkoms van vlakvarke destyds bekend was.

Regulasies vereis dat varke in ‘n kommersiële varkboerdery in die beheer-sone agter dubbel omheinings aangehou moet word om sodoende kontak met vlakvarke te beperk. Hierdie varke mag ook slegs by aangewese abattoirs geslag word.

Vlakvarke en bosvarke mag slegs onder veterinêre permit van enige eiendom in Suid-Afrika verwyder word en die vel, pote, kop, binnegoed met limfknope moet ook van alle karkasse verwyder word.

Die beheermaatreëls was vir baie jare effektief met slegs enkele uitbrekings wat buite die beheer-sone, as gevolg van die onwettige vervoer van besmette varke vanuit Limpopo, voorgekom het.

WAAROM IS NUWE NAVORSING OP AVP NODIG?

In onlangse uitbrekings van AVP in varke in Noordwes, Vrystaat en Noordkaap gedurende 2016-2018 kon geen oortuigende bewyse van die bron van besmetting gevind word nie.

Daar het grootskaalse verskuiwing van vlakvarke gedurende die afgelope 50 jaar plaasgevind en vlakvarke kom nou baie meer wyd verspreid in die Land voor as toe die beheer-sone in 1935 verklaar was.

Die klassifikasie van tampan bosluise is onlangs hersien en nuwe spesies is beskryf, derhalwe bestaan daar onsekerheid oor die huidige verspreiding en vermoë van die verskillende spesies om AVP oor te dra.

Aangesien die siekte ‘n vernietigende effek op die vark industrie kan hê, is die doel van die projek om vas te stel of daar bewyse is dat die AVP virus buite die beheer-sone sirkuleer. Die bestaande regulasies is al reeds landswyd op vlakvarke en bosvarke van toepassing, en die inligting word dus benodig vir beter insae in die beskermende maatreëls vir die vark boerderynyweheid.

WAT BEHELS DIE NAVORSING?

Die doel is ‘n opname vir bewyse van AVP virus in droë bloedmonsters wat op filtreerpapier gekollekteer word van vlakvarke en bosvarke op plase wat bereid is om deel te neem. Toestemming sal daaropvolgend van uitgesoekte plase verkry word vir die navorsers om tampan bosluise van vlakvark gate te versamel. Laboratorium toetse sal by die ARC-Onderstepoort Veterinary Research Transboundary Animal Disease Laboratory gedoen word. Bevindings sal volgens streek, met geen verwysing na eienaars of eiendom, in ‘n nagraadse tesis en wetenskaplike publikasies weergegee word.

Anthony F Craig PhD Candidate Department of Veterinary Tropical Diseases Paraclinical Building 2-28

Private Bag X04 Onderstepoort 0110

Cell: +27 (0) 72 641 7148

Email: af.craig83@gmail.com

Read more about African Swine Fever

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!