Om ʼn staalplaat oor ʼn afstand raak te skiet hou ʼn spesiale tipe bekoring in. Die onmiddellike oudiovisuele terugvoer van ʼn raak skoot maak dat die gewildheid van staalplaatskietoefeninge geweldig toegeneem het. Die formaat van staalplaatskiet kompetisies hou ook bepaalde ander voordele in. Die regte tipe staalplaat het byna ʼn onbeperkte leeftyd as dit met standaard tipe senterslag gewere geskiet word. Telling administrasie is onmiddellik en kan op die skietpunt afgehandel word. Die feit dat dieselfde plate vir al die deelnemers gebruik word maak dit koste elektief. Die skietformaat gee ook toeskouerswaarde aan die skietaktiwiteite.
Om gestalte aan die pret van die tipe skietaktiwiteit te gee het SAJWV en verskeie borge die volgende staalskiet uitdaagskiet aktiwiteite ontwikkel.
Die gestandaardiseerde aanbiedings formaat maak dit moontlik vir elke skut om deur middel van die Ranglyste sy eie vaardigheid teen mede deelnemers te meet.
Baie dankie vir u belangstelling in die 2026 Staaluitdaag-skietkompetsie, kontak asb vir Nic Roets by 082 809 9018 vir enige inligting wat u verlang.