26 April 2024
Geagte Kollega,
Ek en Karien beplan om uit te tree teen die einde van 2024. Ek het die Raad ruim vooraf in kennis gestel van hierdie planne, trouens ons gesels al die afgelope jaar lank met mekaar oor die pad vorentoe vir SA Jagters.
Die Raad wil betyds vooraf die proses begin om ‘n moontlike opvolger te identifiseer en aan te stel. Die Raad het daarom besluit om die meegaande advertensie vir die pos van Uitvoerende Hoof van SA Jagters onder lede te versprei. Die doel hiervan is om te sien of daar onder lede dalk enige belangstellendes mag wees, voordat die proses verder geneem word.
Die advertensie wat hier beskikbaar is spel die vereistes waaraan voldoen moet word uit.
Vriendelike groete
Fred Camphor
HUB: SA Jagters