INYATHIPARK NUUS

about

Geseënde Kersfees van SA Jagters se Personeel

SA Jagters Nasionale Kantoor

Geagte lid

Teen die einde van nog ‘n jaar, wens SA Jagters al sy lede en hulle families ‘n geseënde kerstyd en voorspoedige 2026. 

SA Jagters se nasionale kantoor en winkel sluit op Vrydag, 19 Desember 2025 om 12:00 vir die Desembervakansie.  Inyathipark se personeel keer op 7 Januarie 2026 terug om weer sy lede met raad en daad by te staan.

Kongres 2025

Kongres 2025 is afgehandel.  Springbok-tak is aangewys as die kampioen-tak van 2025.  Daar is 63 Brons Buffeltoekennings aan lede toegeken terwyl Danie Momberg en Callie Masson elk ‘n Buffeltoekenning (Goud) ontvang het. Francois Meyer het die gesogte Orde van die Berghaan ontvang ir sy bydrae tot bewaring.  SAJWV se nuwe raad is ook verkies met Gerhan Archer as die nuwe president.

Skietvaardigheid en herlaaikursus

VERBETER GROEPERINGS EN HERLAAI

Modules 1 tot 3 is noodsaaklik omdat dit alle aspekte hanteer wat nodig is om goeie groeperings te skiet. Hierdie 3 modules oorvleuel en ondersteun mekaar. Ons beveel sterk aan dat lede al drie modules doen.

Die vierde module is meer gevorderd en geskik vir diegene met meer ervaring van herlaai en ladingontwikkeling.

Module 1: Diensbaarheid van ʼn geweer om goeie werkverrigting en akkuraatheid te verseker.

Module 2: Die volledige herlaaiproses word bespreek.

Module 3: Ladingontwikkeling met Gordons Reloading Tool (GRT), ʼn gratis rekenaarprogram.

Module 4: Gevorderde ladingontwikkeling met GRT.

 Aanbiedingsformaat: Fisiese bywoning OF Aanlyn

Sien die aangehegte skakels vir vraelys, en volledige kursus beskrywing.

Klik hier vir die vraelys

Klik hier om na die video te kyk.

Klik hier vir die omvattende kursus beskrywing

Toegewyde Status 2025

Kliek om te vergroot

2264 toegewyde jagters en 2345 toegewyde sportskuts het versuim om voldoende aktiwiteite teen die 31 Oktober-sperdatum aan te meld om hulle statusse te behou.

Die verantwoordelikheid rus op lede om jaarliks aan die vereistes vir toegewyde status te voldoen indien hulle al hul vuurwapens wettiglik wil behou. Lede kan hulle aktiwiteite op hulle eie profiel op die lede-administrasiestelsel invoer, of die SA Jagters selfoontoepassing gebruik om aktiwiteite te registreer.

Kliek hier vir toegang tot die lede-administrasiestelsel om inligting op jou profiel op datum te hou 2025-aktiwiteite te rapporteer. Lede kan nou reeds aktiwiteite rapporteer vir jag- en skietaktiwiteite vir 2026.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Vuurwapenlisensie-hulplyn

Die wettige besit van vuurwapens is een van SA Jagters se hoof fokus areas. Die Vereniging bied ‘n omvattende ondersteuningsdiens aan sy lede om te verseker dat hulle altyd binne die beperkinge van die vuurwapenwet optree, het sy hulle jagters of sportskuts is. SA Jagters het ‘n toegewyde vuurwapenhulplyn om lede se vrae te beantwoord en te help met opleidingsvereistes; aansoeke vir bevoegdheidsertifikate, vuurwapenlisensies, hernuwings en endossemente; bergingspermitte; en tydelike invoer-/uitvoerpermitte.

Besoek die Aansoekproses vir Vuurwapenlisensies vir al die inligting wat jy mag nodig kry oor wettige vuurwapeneienaarskap.

Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.

Toegewyde status vereistes

Vereistes vir toegewyde jagter- en toegewyde sportskutstatus

Lede met toegewyde jagterstatus moet minstens twee jagverwante aktiwiteite tussen 1 November van die vorige jaar en voor 31 Oktober van die huidige jaar rapporteer.

SA Jagters aanvaar enige twee van die volgende aktiwiteite om toegewyde jagterstatus te behou.

  • enige jagtog
  • bywoning van enige amptelike aktiwiteite van SA Jagters bv. takvergaderings, tak-skietdae of enige ander amptelike skietaktiwiteit wat SA Jagters aanbied (bywoning van amptelike SA Jagters aktiwiteite word deur middel van die takke se tablet vir jou op rekord geplaas. Jy moet net jou lidnommer intik.)
  • Enige ander georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn baanregister teken. Dit sluit enige private skietoefening of sosiale skietgeleentheid by enige nie-geakkrediteerde vereniging, skietklub, skietbaan of enige ander skietgeleentheid waar skuts ʼn skietbaanregister voltooi (shooting event, range register completed)
  • Enige ander private of nie-amptelike skietoefening op ʼn skietbaan waar daar nie ʼn skietbaanregister is nie bv. ʼn vriend se plaas (shooting event, informal)
  • Voltooiing van ʼn jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • Een herlaai-aktiwiteit vir skuts wat self ammunisie herlaai
  • ʼn Besoek aan die jaarlikse HuntEx

Toegewyde sportskut

Lede met toegewyde sportskutstatus moet minstens drie aktiwiteite tussen 1 November van die vorige jaar en voor 31 Oktober van die huidige jaar rapporteer.

SA Jagters aanvaar enige drie van die volgende georganiseerde skietgeleenthede om sportskutstatus op datum te hou.

  • Enige amptelike skietgeleentheid van SA Jagters by enige tak (lid se eie tak of as besoeker by ʼn ander tak), enige streek of nasionale skietbyeenkoms (bywoning word deur middel van die takke se tablet op rekord geplaas word)
  • Enige skietgeleentheid by enige ander geakkrediteerde sportskietvereniging bv. SAPSA, Clay Target, SAPRF, Bisley.
  • Enige ander georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn baanregister teken. Dit sluit enige private skietoefening of sosiale skietgeleentheid by enige nie-geakkrediteerde vereniging, skietklub, skietbaan of enige ander skietgeleentheid waar skuts ʼn skietbaanregister voltooi shooting event, range register completed
  • Enige ander private of nie-amptelike skietoefening op ʼn skietbaan waar daar nie ʼn register is nie bv. ʼn vriend se plaas, kies shooting event, informal
  • Een diensbeurt as baanoffisier
  • Een herlaai-aktiwiteit vir skuts wat self ammunisie herlaai
  • ʼn Besoek aan die jaarlikse HuntEx

Lede wat vir enige rede nie aktiwiteite vir die jaar kan rapporteer nie, kan die nasionale kantoor skakel vir hulp.

Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.

Limited Bolt Action Kampioenskap

SA Jagters het vanjaar vir die eerste keer die Limited Bolt Action (LBA) kampioenskap verdeel in noordelike en suidelike kompetisies. 

Klik hier vir die resultate.

Multidissipline Sportskietkampioenskap (MDS)

Die Multidissipline Sportskietkampioenskap (MDS) is op 3 en 4 Oktober 2025 deur die Suikerbosrand- en Frontier-takke op die Sure Focus skietbaan by Meyerton, Gauteng aangebied. Geluk aan die skuts met julle prestasies.

Artikel en die resultate hier.

Sportskietkampioenskap

Die Sportskietkampioenskap is vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar die nasionale sportskietkampioenskap in ‘n noordelike en suidelike afdeling verdeel. 

Artikel en die resultate hier.

Nasionale Junior Kampioenskap

Die SA Jagters Nasionale Junior Kampioenskap is op 10 en 11 Oktober 2025 op die Excalibur-skietbaan by Welkom aangebied, met Sandrivier-58-tak as die gasheer.

Artikel en die resultate hier.

SA Jagters bied geakkrediteerde jagpakkette aan

SA Jagters herinner lede aan ons geakkrediteerde jagpakkette deur lede en vir lede onder toesig van die vereniging. Bedrog kom algemeen voor, selfs met die aanbied van jagpakkette. Talle voornemende jagters loop jaarliks deur onder slenterstreke wat veral op sosialemediaplatforms floreer. Juis daarom het SAJWV die SA Jagters geakkrediteerde jagbestemmingsprojek geloods om beide die belange van die jagter en eienaars van jagbestemmings te beskerm.

Indien jy ʼn opbetaalde lid is van SA Jagters en ook die eienaar is van ʼn jagbestemming met beskikbare wild vir jagters, kontak Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za vir meer inligting.

 

SA Jagters woon IUCN-wêreldkongres by

Ons bewaringbestuurder, Lizanne Nel, het in Oktober 2025 die Wêreldbewaringskongres (WCG) van die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUCN) in Abu Dhabi bygewoon as een van vele geborgde afgevaardigdes van Afrika.  Lees meer hier.

Memorandum van samewerking met SNAG geteken

Die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging het ’n samewerkingsooreenkoms gesluit met SNAG, ’n forum wat strikstropery van wild in Suid-Afrika wil uitwis. Met SNAG se eerste vergadering in November is die impak van die Snare Buster-projek bespreek, met die klem dat strikke dikwels ’n opportunistiese inkomstestrategie is met ernstige ekologiese gevolge, en dat ’n gekoördineerde, geïntegreerde benadering tussen rolspelers nodig is om die probleem aan te pak. Lees meer hier.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Bewaringstoekennings by Kongres oorhandig

Die Mahem-tak is met die takbewaringstoekenning bekroon vir hul werk in die Sneeuberg-bewaringsgebied, wat ’n habitat is wat ryk is aan fauna en flora, en veral vir bedreigde voëlspesies. Die individuele bewaringstoekenning is aan Francois Meyer toegeken vir sy uitstekende werk in die bewaring van die ikoniese ietermagog. Lees meer hier.

Bewaringspret by Inyathipark

SA Jagters neem deel aan Afrika Wildlewe Konsultasieforum

Die Visepresident vir Jagsake van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging, Dave Hayter, en die bewaringbestuurder, Lizanne Nel, het in September die jaarlikse wildlewe konsultasieforum WCF bygewoon.  Lees meer hier.

Jagverenigings in Afrika bevorder bewaring

Oos-Kaapse boere praat bewaring

Boere in die Oos-Kaap het erosiestrukture opgerig wat die  watertafel laat styg en oewerplante kans gee om te vestig. Hulle doen ook moeite om wildlewe teen loodvergiftiging te beskerm. Lees meer hier.

SA Jagters-winkel

Ons strewe daarna om deurgaans uitstekende diens te lewer. Ons gereelde klante weet dat die SA Jagters-winkel ʼn groot verskeidenheid produkte in voorraad het, maar ons probeer ons bes om aan spesiale versoeke vir ander items te voldoen.

Lede kan ook wapenaankope oor 6 maande afbetaal sonder rente met gratis berging terwyl hulle vir vuurwapenlisensies aansoek doen.

Maak gerus ʼn draai by die SA Jagters-winkel by Inyathipark in Derdepoort, Pretoria. Ons winkel is weekdae oop tussen 08:00 en 16:30.

SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL

Tel: 012-808-9300/9340/9399

Sel/Cell: 066-032-5533

E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za

Onthou ons geskenkbewyse is die perfekte verrassing hierdie Kersfees!

Jonsson Workwear-aanbod

Kliek om te vergroot

Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.

Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.

  • Hierdie aanbod is slegs van toepassing vir persoonlike gebruik. ʼn Onderneming se besonderhede mag nie op die faktuur verskyn nie, slegs dié van SA Jagters. Die rekeningnommer vir hierdie aanbod is: SAHU004
  • Lede mag nie hulle ledekaart vir vriende of familie leen om van hierdie aanbod gebruik te maak nie. Bewys van lidmaatskap en ID moet met elk aankoop getoon word.
  • Lede kan hulle ledekaartjies op die SA Jagter App kry.

Vind ‘n winkel naby jou hier.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Magnum Safes bied 5% aflag vir lede

Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters

Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.

Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

ASI bied 10% afslag aan lede

Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag

Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Kommersiële aanbiedings vir lede

Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks ​​in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.

Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.

Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.

Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.

Kontak Marette Bennett

sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Craftbraai bied lede 10%-afslag

The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

StediLens bied lede 10%-afslag

A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Peter’s Guide Books bied lede 10%-afslag

  • Detailed maps and GPS co-ordinates of all points of interest.
  • English, Afrikaans, German and Latin names of trees, animals and birds.
  • Meaning of place names.
  • Instant identification of trees, geological formations and historical connections.
  • Interesting facts and photos of animals and common birds.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

A Line Tours Pty Ltd bied lede 10%-afslag

A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.

Kontak:

Francois Annandale by 071 932 6125

vir ‘n kwotasie

(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Tyremart Hatfield bied lede 'n ekstra 3%-afslag

Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield

Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets

Om ‘n afspraak te maak, kontak:

Johan by 082 564 8222

of Lourens by 072 591 0926

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

error: Content is protected !!