| Capacity | Name | E-mail address |
| Chairperson | Ettiene Botha | eb.sajagvaal@gmail.com 076 426 1432 |
| Hunting Coordinator | Charlotte Fourie | Sekr.vaaldriehoek@gmail.com |
| Marketing Coordinator | Charlotte Fourie | Sekr.vaaldriehoek@gmail.com |
| Membership Administration | Charlotte Fourie | Sekr.vaaldriehoek@gmail.com |
| Secretary | Charlotte Fourie | Sekr.vaaldriehoek@gmail.com |
| Senior Trainer | Charl White | charlwhite91@gmail.com |
| Shooting Coordinator | Danie Jacobs | danie.jacobs.cj2@gmail.com |
| Shooting Coordinator | Christa Heymans | christa.heymans@sasol.com |
| Shooting Coordinator | Hendrik Reynders | hrbinstallations29@gmail.com |
| Shooting Coordinator | Gert Nel | Gertnel@rocketmail.com |
| Treasurer | Christiaan Cloete | cccloete@hotmail.com |
Vroue Kry Hul Krag Terug deur Presisie en Passie
SAJWV-vroueskuts wys hulle staal in Sasolburg
Lente in die Vaaldriehoek is vanjaar ingelei met bloeisels, sonskyn en die klap van skote! Op Saterdag, 6 September 2025 het vroueskuts van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Vaaldriehoek-tak gewys hoe vroue met selfvertroue en pret nuwe vaardighede kan aanleer en toepas. Die geleentheid, Girls with Guns , was ʼn skietdag  deur vroue, vir vroue – en ʼn dag om te onthou.
Dit was meer as net teikenskiet. Dit was ’n viering van vaardigheid, verbondenheid en selfvertroue. Of jy nou ’n beginner of ’n ervare skut is, die dag het ’n veilige en ʼn ondersteunende omgewing gebied waar vroue die skietsport onder kundige leiding kon verken en verbeter.
Aktiwiteite en indeling
Vyftig vroue het in vyf spanne tussen vyf verskillende skietbane geroteer en meegeding met 9mm-handwapens, haelgewere, langgewere, .22 en selfs ketties. Deelnemers is in twee kategorieë: verdeel: een vir ervare skuts en een vir beginners of diegene wat nog nooit nie of selde geskiet het. Vriendelike baanoffisiere het een-tot-een praktiese opleiding verskaf. Die puntetelling het gewys hoe hulle vordering gemaak het.
Met hulle helderpienk hemde en hoedjies was die atmosfeer gesellig en vol gees wat vir ʼn onvergeetlike herinnering gesorg het.
Waarom dit saak maak
In ’n sport wat dikwels deur mans oorheers word, het hierdie geleentheid ’n belangrike bydrae gelewer om grense te verskuif en selfvertroue te bou. “Ons wil ’n ruimte skep waar vroue bemagtig voel om iets nuuts te probeer, vriendskapsbande te smee en hul eie ervarings en herinneringe te skep,” sê die geleentheidskoördineerder van SAJWV.
Borge en pryse
SA Jagters se Vaaldriehoek-tak spreek sy opregte waardering uit teenoor al die borge en vennote wat bygedra het tot die sukses van die dag. Wildman Vaal was die hoofborg terwyl verskeie ander ondersteuners waardevolle pryse aan die wenners in beide kategorieë geskenk het.
Wenners
Na afloop van die dag is daar heerlik gelag en stories uitgeruil. Die volgende skuts is vir hul uitstekende prestasies beloon:
Ervare skuts:
Elquanita de Swardt
Marelize Hugo
Elandri Visser
Beginners:
Mine Beytell
Ilanga Carver
Sane de Jager
Â
Die terugvoer van die vroue was oorweldigend positief en almal sien reeds uit na die volgende geleentheid.
Hierdie geleentheid het sy merk gelaat. Ons doen dit beslis weer!