| Capacity | Name | E-mail address |
| Chairperson | Johan van der Walt | johan@lwt.co.za 082 571 6414 |
| Communications Officer | Johan van der Walt | johan@lwt.co.za |
| Deputy Chairperson | Corne Jordaan | cornejordaan770@gmail.com |
| General Support Staff | Christiaan Mauritz Bester | bester.christi@gmail.com |
| IT/Website Coordinator | Christiaan Mauritz Bester | bester.christi@gmail.com |
| Junior Trainer | Maurice Booyens | maurice.booyens@gmail.com |
| Membership Administration | Johan van der Walt | johan@lwt.co.za |
| Secretary | Eben Grobbelaar | groe2396@mweb.co.za |
| Senior Trainer | Jan de Kock | jan.dekock@nwu.ac.za |
| Shooting Coordinator | Cecil Rutherford | cecilr@iafrica.com |
| Shooting Coordinator | Johan van der Walt | johan@lwt.co.za |
| Shooting Coordinator | Joggie Swanepoel | mywereld@gmail.com |
| Treasurer | Christiaan Mauritz Bester | bester.christi@gmail.com |
| Trophy Coordinator | Johan van der Walt | johan@lwt.co.za |
Augustus en sy winde is in volle gang en van ons lede is nog in die jagveld.
SA Jagter/Hunter
Die SA Jagter/Hunter tydskrifte sal voortaan slegs digitaal aan lede versprei word maar gedrukte eksemplare sal wel in winkels te koop wees.
Kommunikasie
Hartbees-tak stuur inligtingoor vergaderings en skietdae uit met WhatsApp. Lede wat hierdie inligting wil ontvang, moet seker maak dat hulle deel is van hierdie groep. Tree in verbinding met enige bestuurslid vir hulp.
Die Syferfonteinskietbaan is gesluit weens bek-en-klou seer wat in ons omgewing uitgebreek het. Ons hou lede op die hoogte van verdere verwikkelinge.
Hartbees-tak het vergunning vanaf plaaseienaars ontvang om die skietbaan te gebruik, alhoewel die siektes onder pluimvee nog in die lug hang. Hierdie reëls rondom die gebruik van die baan is baie belangrik:
Kontak Johan Oelofse vir meer inligting oor opleidingsgeleenthede.
Bel prof. Jan de Kock by 082 888 2003 vir inligting oor opleiding vir toegewyde jagter- en sportskutstatus en baanoffisiere.
Ons herinner lede daaraan dat 31 Oktober die sperdatum is vir die indiening van verslae om toegewyde status te behou. Aangesien die skietbaan gesluit is weens die uitbreek van bek-en-klouseer, sal lede wat nog nie voldoende aktiwiteite aangeteken het nie, ander aktiwiteite moet aanmeld om aan die vereistes te voldoen. Woon die takvergaderings by vir meer inligting. Baanoffisiere wie se dienste nie op datum is nie sal binnekort hulle status verloor. Maak seker dat jy jou diens doen.
Baie geluk aan die MDS-span met die suksesvolle streek MDS-byeenkoms wat hulle aangebied het. Dankie aan ons buurtak, Frontier, vir hulle baan, hulp en medaljes wat aan ons geskenk was.
Die takbestuur benodig ‘n hoof-baanoffisier wat die skietdae kan bestuur en baanbeamptes kan organiseer. Belangstellendes kan enige bestuurslid kontak vir inligting.
Lapua Challenge 1 Maart:
Kliek hier vir die uitslae.