Die bou van ons skietbaan vorder goed. Ons hoop om in volgende jaar die baan te kan inwy.
Die takskietdag is op 16 September aangebied. Die koel oggendlug het gou in ʼn heerlike lentedag verander en ons kom die baadjies uitgetrek. Ons het 3 jagskietoefeninge geskiet en daarna die 50 m .22 presisie aangedurf, ten spyte van ‘n wind wat gewissel het tussen 22 en 28km/uur. Na afloop van die dag se skietoefeninge het lede gesellig om die braaivleisvure ontspan en gekuier.
Ons het nog nie ‘n projek nie maar kyk na verskeie opsies.
Tydens die bestuursvergadering is verskeie aktiwiteite vir volgende jaar bespreek, en beplanning is reeds aan die gang om ‘n interessante jaar aan te bied. Die pretskiet wat gewoonlik in Oktober plaasvind, word na November verskuif. Dit gee die lede, wie se se statusse nog nie in plek is nie, vir oulaas die geleentheid om tydens die Oktober skietdag nog ‘n skietaktiwiteit in te pas om te registreer. Hierdie jaar wil ons met die pretskiet nie net die skuts betrek nie maar die hele gesin om deel te neem.
Ons beplan weer ‘n jeugkamp vir 2024. Meer inligting hieroor volg.
21 Oktober – Takskiet
November – Pretskiet – Datum sal bevestig word