Oktober 2023
Baie welkom aan die nuwe lede wat by ons tak aangesluit het.
Geluk aan die lede wat in Oktober verjaar het.
Lede van Mopani-tak in samewerking met die PNHF het in Oktober ses strikverwyderingsaksies gehad en 170 strikke verwyder.
Sien die jaarprogram vir opleiding. Belangstellendes kan navrae rig aan Sakkie van Wyk by sakkie.vanwyk@palabora.co.za.
ʼn Juniorvergadering is op 2 Oktober gehou en die juniorskietdag was op 14 Oktober.
Nasionale Junior Skietkampioenskappe
Walt van der Star, Nichardt Blignaut-Kellermann en Dariin Kellermann het op 6 en 7 Oktober aan die nasionale Junior Skietkampioenskap by die Excalibur-skietbaan op Welkom in die Vrystaat deelgeneem. Beide Nichardt en Dariin het tydens hierdie byeenkoms nasionale kleure verwerf.
Platium Toekennings
SAJWV President, mnr. Basie Bergh het die Mopani-tak op 25 Oktober 2023 besoek en aan Jaco Swart en Thinus Jansen van Vuuren hul platinum-toekennings oorhandig.
Paul Cronje (jnr.) het op 27 en 28 Oktober deel geneem aan die Nasionale Sportskietkampioenskap in Welkom. Paul het 2de gekom in die senterslag rewolwer. Baie geluk, Mopanitak is trots op jou.
Takskiet
Die tak het twee skietdae in Oktober aangebied.