| Capacity | E-mail address | |
| Chairperson | Trevor Van Vuuren | trevor@btsteel.co.za 082 881 4544 |
| Communications Officer | Deon Neü | deon@n3solutions.co.za |
| Conservation Coordinator | Anton Schoultz | antonschoultz22@gmail.com |
| Deputy Chairperson | Deon Neü | deon@n3solutions.co.za |
| General Support Staff | Danie Momberg | danie@hkinvestments.co.za |
| General Support Staff | Chris Van Zyl | mariaanvz@uj.ac.za |
| Hunting Coordinator | Anton Schoultz | antonschoultz22@gmail.com |
| IT/Website Coordinator | Anita Stegmann | anitastegmann1@gmail.com |
| Junior Trainer | Deon Neü | deon@n3solutions.co.za |
| Junior Trainer | Tanya Coetzee | tanyacoetzee0312@gmail.com |
| Junior Trainer | Riaan Coetzee | cityofgeorge@telkomsa.net |
| Marketing Coordinator | Rozani Potgieter | projectadmin@btsteel.co.za |
| Membership Administration | Trevor Van Vuuren | trevor@btsteel.co.za |
| Secretary | Anita Stegmann | anitastegmann1@gmail.com |
| Senior Trainer | Theodore Boonzaaier | octavo@vodamail.co.za |
| Shooting Coordinator | Anton Schoultz | antonschoultz22@gmail.com |
| Shooting Coordinator | Leonard de Wet Fritz | len@lfplumbing.co.za |
| Shooting Coordinator | Jacques Pitout | jacquespitout21@gmail.com |
| Shooting Coordinator | Mannetjie Engelbrecht | markusengelbrecht68@gmail.com |
| Shooting Coordinator | Warren Smit | wgsmit@mccain.co.za |
| Shooting Coordinator | Armand Alberts | armand@maximumweld.co.za |
| Treasurer | Annelia van Vuuren | annelia@btsteel.co.za |
| Trophy Coordinator | Trevor Van Vuuren | trevor@btsteel.co.za |
| 04 Dec 2025 19:00 – 20:00 | Meeting (General) | Ledevergadering | Moth Club, Cosy Corner, Brakpan |
Toekenningsaand:
Springbok-tak hou op 11 Augustus on 18:30 vir 19:00 ‘n prysuitdelingsaand by die Moth-klub, Cozy Corner om lede se prestasies te vier en te beloon. Bywoning is slegs op uitnodiging.
Ons het uitsonderlike jagfoto’s ontvang wat lede die afgelope jagseisoen geneem het. Jagfoto’s is waardevolle aandenkings van ons jagerfenis. Deel dit gerus.
Die tak het heelwat foto’s ontvang van jagters se aktiwiteite gedurende hierdie jagseisoen. Stuur gerus vir ons foto’s.
Jagters kan in verbinding tree met Anton Schoultz vir inligting en aankondigings op sosiale media dophou.
’n Damesjaggeleentheid word beplan. Meer inligting volg eersdaags.
Anton Schoultz, ’n uiters bekwame beroepsjagter, omgewingsdeskundige en jagmeester by Springbok-tak beantwoord vrae oor jagverwante kwessies. Benut die geleentheid om uit sy kundigheid te leer. (Sien takbestuur)
Die volgende ledevergadering vind plaas op Donderdag 3 September 2026 om 18:30 vir 19:00 by die Cosy Corner in Brakpan. Dit is ook die tak se algemene jaarvergadering en ons nooi alle lede uit om hierdie belangrike byeenkoms by te woon. Aki Ververis is die gasspreker by hierdie geleentheid. Hy kom met ons gesels oor sy hoogs opgeleide GSP-honde. Lede sal ook kan kennis maak van sy honde.
Verder kan lede ook luister na interessante en insiggewende nuusbrokkies oor jagsake saam met Anton, jag, sportskiet en veel meer.
Sop en brood word bedien.
Klik hier vir die aanwysings.
Die tak samel steeds nie-bederfbare kosprodukte in om aan die personeel by SA Wildlife Crisis Center te skenk.
‘n Baie gesellige en leersame ledevergadering het op 3 April 2025 plaasgevind. Baie dankie aan Boetie Kirchner, Bestuurder Jagsake, vir sy insiggewende praatjie oor die voorbereiding vir die jagseisoen.
Seniors
Die nuwe baanoffisiersopleiding sal eersdaags beskikbaar wees as ook ʼn opknappingskursus vir bestaande offisiere.
Opleiding vir toegewyde Sportskutstatus is elektronies op die SA Jagters webwerf beskikbaar.
Maak gerus kontak met Theo, Anton, Len of enige van ons bestuurslede.
Juniors
Junior opleiding sal voortgaan met inligtingsessies oor bewaring by alle junior skietgeleenthede sowel as junior skoolbesoeke. Besoek gerus ons Facebook-blad vir meer inligting.
Hou die nuwe Whats App-groep dop vir inligting oor bewaring en vir mooi natuurfoto’s.
Juniors wat nog nie deel is van die WhatsApp-groepe vir junior skuts of die skoleprogram nie, kan et Deon, Tanya of Trevor kontak te maak.
Dames
Geskeduleerde opleiding in selfverdediging en skietkuns vir vroue sal binnekort beskikbaar wees.
Besoek ons Facebook-blad vir die jongste inligting, en ondersteun ons lede wat adverteer op hierdie platform.
“Raak betrokke en maak vandag ’n verskil “
Springbok-tak bedank Anton en sy span vir die wonderlike bewaringswerk wat hulle doen. Kos en benodighede word steeds maandeliks aand beide die beseerde diere en personeel by die SA Wildlife Crisis Centre geskenk.
Ons nooi lede uit om by hierdie besondere en belangrike projek betrokke te raak. Maak gerus kontak met Anton, Trevor, Deon of Anita of enige van ons bestuurslede. Volg ons gerus op Facebook vir meer inligting.
Springbok-tak se toegewyde bewaringsprojek is Projek Grootoog. Die projek bou en rig uilbokse op in toepaslike plekke ter ondersteuning van uilbewaring. Hierdie inisiatief dra by tot bewustheid oor die voordelige rol van uile in ons gemeenskappe, beskerm, karteer en monitor uilbroeiplekke, en help met rehabilitasie en vrylating van beseerde en siek uile.
Uile gaan dikwels ongesiens verby omdat hulle nagdiere is, goed gekamoefleer is en geneig is om te rus in gebiede waar hulle moeilik raakgesien kan word. Uile is belangrike roofdiere in die ekologie en help met die biologiese beheer van insek- en knaagdiergetalle, wat risiko’s en koste verbonde aan plaagdoders verminder.
Kontak Lionel as u wil betrokke raak en lees gerus meer oor Projek Grootoog.
Klik hier vir aanwysings na Blue Gum Skietbaan.
Ons het groot waardering vir die wonderlike diens wat ons baanoffisiere doen. Raak ook gerus hier betrokke.
Springbok-tak se ledeskietdag vind op 4 Julie op Blue Gum Valley-skietbaan plaas. Bring jou gesin en ontspan saam met ons terwyl ons ons passie vir skiet uitleef.
Dit is met groot teleurstelling dat ons aankondig dat Springbok-tak nie die Lapua-skietkompetisie sal aanbied soos geadverteer nie.
Baanoffisiere sal eersdaags nuwe baanoffisiersdrag ontvang. Die tak het groot waardering vir die werk wat hulle doen om veiligheid op die skietbaan te verseker.
Springbok-tak se ledeskietdag vind op 6e Junie by Blue Gum Valley-skietbaan plaas.
Aanwysings na Blue Gum Skietbaan https://maps.app.goo.gl/VisqK1phc5WPSEpy9 –
Springbok-tak bied op 6 Junie die eerste streekskietbyeenkoms in die Alfa-Pro-handwapen- en haelgeweerspoedskiet aan.
Bring jou gesin en ontspan saam met ons terwyl ons ons passie vir skiet uitleef.
MDS: Lede word genooi om aan kompetisies deel te neem of net saam te skiet. MDS bied ’n geleentheid vir vuurwapeneienaars om hulle wapens te leer ken en te gebruik. Vroue word ook veral genooi om by ons aan te sluit.
Springbok-tak se skietspan het besonder goed gevaar in die onlangse President-streekskiet wat Impala-tak by Blue Gum Valley-skietbaan aangebied het. Welgedaan, skuts! Springbok-tak het weer eens ons suster-tak, Impala, bygestaan met hierdie kompetisie.
MDS-oriëntering word op 6 Junie by die ledeskietdag aangebied. Bel enige bestuurslid vir meer inligting.
Besoek gerus gereeld op Facebook-blad vir interessante natuur- en bewaringsverwante inligting. Ondersteun gerus ons lede wat adverteer op hierdie platform.
https://maps.app.goo.gl/VisqK1phc5WPSEpy9 – Aanwysings na Blue Gum Valley-skietbaan
Met groot waardering vir die wonderlike diens wat ons baanoffisiere doen, sal hulle kortliks nuwe baanoffisiersdrag ontvang. Raak ook gerus hier betrokke.
Springbok-tak se ledeskietdag vind op 2 Mei by die Blue Gum Valley-skietbaan plaas.
Bring jou gesin en ontspan saam met ons terwyl ons ons passie vir skiet uitleef.
MDS: – Kom neem deel, ding mee of skiet net lekker saam. Hierdie bied vir almal ’n ideale platform om hul wapens te leer ken en te geniet. Vroue is veral welkom om by ons aan te sluit.
Springbok-tak gaan ongelukkig nie die Lapua Skietkompetisie aanbied soos geadverteer nie. Benut gerus ons ander skietdae en byeenkomste om jou passie vir skiet uit te leef. Gesinne is welkom.
Ledevergadering en -aktiwiteite
Maandelikse ledevergadering word op Donderdag 1 Oktober 2026 om 18:30 vir 19:00 by die Cosy Corner in Brakpan gehou. Lede word hartlik uitgenooi. Lekker vleissop en broodjies word aan elkeen bedien wat teenwoordig is.
https://maps.app.goo.gl/nMYoCcQ6nTWcoBRU8
Ons versoek lede om nie-bederfbare kosprodukte saam te bring wat die tak aan die personeel by die SA Wildlife Crisis Center sal skenk.
Verder kan lede ook luister na interessante en insiggewende nuusbrokkies oor jagsake saam met Anton, jag, wildsake en verwikkelinge in junior skietsport. Ons gasspreker is Nico Roets wat met ons oor langafstandskiet sal gesels.
Sop en brood word bedien.
Jeugaktiwiteite
Die Springbok-tak/ATI Junior Skietkompetisie (jaar 3) sal nie beskikbaar wees nie aangesien ons juniors vergesel en ondersteun by die nasionale finale byeenkoms in Welkom.
Ons nooi juniors uit om betrokke te raak by al ons junior programaktiwiteite.
Maak gerus kontak met Deon, Trevor, Riaan, Tanya Coetzee of enige van ons bestuurslede.
Bewaringsaktiwiteite
Springbok-tak bedank Anton en sy span vir die wonderlike bewaringswerk wat hulle verrig. Die tak skenk elke maand groot hoeveelhede vars vleis en ander noodsaaklikhede aan Judy van die Wildlife Crisis Center wat personeel kan benut en waarvan spesifieke produkte vir die versorging van beseerde diere by die sentrum is.
Ons doen ’n beroep op lede om by hierdie besondere en belangrike projek betrokke te raak. Maak gerus kontak met Anton, Trevor, Deon, Anita of enige van ons bestuurslede. Volg ons gerus op Facebook vir meer inligting.
Opleiding
Seniors: Die nuwe baanoffisiersopleiding sal eersdaags beskikbaar wees as ook ʼn opknappingskursus vir bestaande offisiere.
Opleiding vir toegewyde sportskutstatus is elektronies op die SA Jagters webwerf beskikbaar. Maak gerus kontak met Theo, Anton, Len of enige van ons bestuurslede.
Juniors: Junior opleiding sal voortgaan met inligtingsessies oor bewaring by alle junior skietgeleenthede sowel as junior skoolbesoeke. Besoek gerus ons Facebook-blad vir meer inligting.
Kyk gerus uit vir nuwe whats app groepe waar inligting aangaande die natuur in geheel, bewaring in en om ons omgewing en mooi fotos geplaas sal word. Juniors wat nog nie deel is van die WhatsApp-groepe vir junior skuts of die skoleprogram nie, maar wat graag meer wil uitvind, kan Deon, Tanya of Trevor skakel.
Dames: Geskeduleerde opleiding in selfverdediging en skietkuns vir vroue sal binnekort beskikbaar wees.
Skietsake
https://maps.app.goo.gl/VisqK1phc5WPSEpy9 – Aanwysings na Blue Gum-skietbaan
Die tak het groot waardering vir die diens wat baanoffisiere lewer. Hulle sal eersdaags nuwe baanoffisiersdrag ontvang. Raak ook gerus hier betrokke.
Die Nasionale Junior Skietbyeenkoms word op 3 en 4 Oktober op Welkom gehou. Sterkte aan deelnemers. Ondersteun gerus hierdie jong skuts.
Die Nasionale MDS-byeenkoms vind op 9 en 10 Oktober in Pretoria plaas.
Springbok-tak se MDS-takbyeenkoms is op 3 Oktober by die Wattle Creek-skietbaan. Op dieselfde dag word die lede-skietdag oudergewoonte op die Blue Gum Valley- kietbaan aangebied.
Bring jou gesin en ontspan saam met ons terwyl ons ons passie vir skiet uitleef. Ons het
Besoek gerus gereeld on Facebook blad vir interessante inligting en gebeure in die natuur.
Raak betrokke en maak vandag ’n verskil
Springbok-tak verleen voortgesette hulp aan die SA Wildlife Crisis Centre waar Judy wonderlike diens aan beseerde wilde diere verskaf.
Springbok-tak bied geleentheid aan vrouelede om hulle vuurwapenvaardighede en skietvernuf op te knap. Hou ons sosialemediaplatform dop vir meer inligting, of bel Anita Stegmann.
Die finale byeenkoms van die Springbok-tak/ATI Juniorskietkompetisie vir die 2025/2026 seisoen word op 1 Augustus aangebied. Groot pryse is op die spel vir ons jong skuts. Dit is ook die ideale geleentheid om voor te berei vir die SAJWV junior nasionale kampioenskap wat in Oktober plaasvind.
Ons nooi elke junior uit om betrokke te raak by al ons jeugprogramme.
Rig navrae aan Deon, Trevor, Riaan en Tanya Coetzee of enige van ons bestuurslede.
Gebruik die “QR” kode om vir hierdie byeenkoms in te skryf.
Die eerste rondte van Springbok-tak/ATI se Junior vind op 5 September 2026 by die Blue Gum Valley-skietbaan plaas. Groot kontantpryse is op die stel. Ons bedank ook ons hoofborg, ATI Systems vir hul toegewyde en lojale borgskap. Jul betrokkenheid maak ’n verskil.
Ons nooi junior skuts uit om by al ons junioraktiwiteite betrokke te raak.
Maak gerus kontak met Deon, Trevor of Riaan en Tanya Coetzee of enige van ons bestuurslede.
Gebruik gerus die “QR” kode om in te skryf vir hierdie opwindende geleentheid.