| Capacity | Name | |
| Chairperson | Willie Joubert | williejoubert31@gmail.com |
| Deputy Chairperson | Johan Jansen | johanjansen25@gmail.com |
| Secretary | Charl Annandale | charl.annandale.rsa@gmail.com |
| Membership Administration | Charl Annandale | charl.annandale.rsa@gmail.com |
| Communications Officer | Charl Annandale | charl.annandale.rsa@gmail.com |
| Treasurer | Stefan De Klerk | stefandeklerk60x@gmail.com |
| Senior Trainer | Hendrik De Beer | hendrik.debeer@implats.co.za |
| Junior Trainer | Karien Oosthuizen | wilka@mweb.co.za |
| Shooting Coordinator | Toni Da Matta | zs6gf@hotmail.co.za |
| Conservation Coordinator | Yvonne Sonja Lewthwaite | yvonne@lewthwaite.co.za |
| Date | Type | Event | Location |
| 01 Feb 2025 All day | Shooting | Hunting bases shooting Exercises Junior Shooting | Rooikraal Shooting Range |
| 06 Feb 2025 19:00 – 22:00 | Meeting | Member Meeting | Bowling Club Kempton Park |
| 15 Feb 2025 All day | Shooting | Sport Shooting Exercises | Rooikraal Shooting Range |
| Date | Type | Event | Location |
| 01 Mar 2025 All day | Shooting | Hunting bases shooting Exercises Junior Shooting | Rooikraal Shooting Range |
| 06 Mar 2025 19:00 – 22:00 | Meeting | Member Meeting | Bowling Club Kempton Park |
| 15 Mar 2025 All day | Shooting | Sport Shooting Exercises | Rooikraal Shooting Range |
| Date | Type | Event | Location |
| 03 Apr 2025 19:00 – 22:00 | Meeting | Member Meeting | Bowling Club Kempton Park |
| 05 Apr 2025 All day | Shooting | Hunting bases shooting Exercises Junior Shooting | Rooikraal Shooting Range |
| 19 Apr 2025 All day | Shooting | Sport Shooting Exercises | Rooikraal Shooting Range |
| Date | Type | Event | Location |
| 01 May 2025 19:00 – 22:00 | Meeting | Member Meeting | Bowling Club Kempton Park |
| 03 May 2025 All day | Shooting | Hunting bases shooting Exercises Junior Shooting | Rooikraal Shooting Range |
| 17 May 2025 All day | Shooting | Sport Shooting Exercises | Rooikraal Shooting Range |
| Date | Type | Event | Location |
| 05 Jun 2025 19:00 – 22:00 | Meeting | Member Meeting | Bowling Club Kempton Park |
| 07 Jun 2025 All day | Shooting | Hunting bases shooting Exercises Junior Shooting | Rooikraal Shooting Range |
| 21 Jun 2025 All day | Shooting | Sport Shooting Exercises | Rooikraal Shooting Range |
| 28 Jun 2025 All day | Shooting | President Shooting Competition East Rand/Edenvale | Rooikraal Shooting Range |
| Date | Type | Event | Location |
| 03 Jul 2025 19:00 – 22:00 | Meeting | Member Meeting | Bowling Club Kempton Park |
| 05 Jul 2025 All day | Shooting | Hunting bases shooting Exercises Junior Shooting | Rooikraal Shooting Range |
| 19 Jul 2025 All day | Shooting | Sport Shooting Exercises | Rooikraal Shooting Range |
sal volg
sal volg
sal volg
sal volg
sal volg
Ons vergader elke eerste Donderdagaand van die maand by die Kemptonpark Rolbalklub in Zuurfontein (-26.106298, 28.211421) wanneer ons die jongste nuus en inligting deel. Gewoonlik is daar ook ʼn gasspreker by hierdie geleenthede. In Augustus het ons juis ʼn gasspreker wat met ons oor die Kaapse wildehonde sal gesels.
Na afloop van die vergadering kan lede en gaste saam vleis braai. Vure, pap en sous, slaai en eetgerei word voorsien. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar.
Oosrand-tak bied verskeie opleidingskursusse aan, waaronder die toegewyde jagter- of Sportskietkursusse. Die spoorsnykursus word sterk aanbeveel! Kontak Hendrik de Beer.
Oosrand-tak en Edenvale-tak het op 29 Junie gesamentlik ʼn President-skietbyeenkoms by aangebied. Die takbesture bedank die volgende borge vir hulle bydraes wat tot die sukses van hierdie dag bygedra het:
Crown National het twee geskenkpakke met ʼn verskeidenheid produkte en speserye geborg en het ook die burgers gebraai vir die broodjies wat Pick ʼn Pay Lambton geskenk het.
Die baanoffisiere en ons administratiewe personeel het gesorg dat al die reëlings glad en veilig verloop met die opstel van die baan, teikens ruil, punte berekening en die opruim na afloop van die skietdag. Ons het ook groot waardering vir die belangrike werk van die hoofbaanoffisier wat sy taak kalm en regverdig uitvoer.
Baie geluk aan die presteerders in die verskillende kategorieë. Dit was ʼn strawwe kompetisie en die skuts het hul goed van hul taak gekwyt. Baie geluk met julle puik prestasies!
Ons takskietdae vind op elke eerste en derde Saterdag van die maand (van Januarie tot November) by die Rooikraal-skietbaan op pad na Heidelberg plaas. (-26.381280, 28.252193)
Skietdag op die eerste Saterdag van die maand:
Skietdag op die derde Saterdag van die maand:
Die koste is R110.00 per skut vir die hele dag se skiet op beide bane en sluit die teikens in. Let wel: moet NIE by die hek inteken en betaal nie. Betaal die baanfooi direk aan Oosrand-tak se baanoffisier op die baan. Sê vir die hekwag dat jy saam met SA Jagters skiet en vra vir aanwysings na die 300m of die pistoolskietbaan.
Alle vuurwapens moet beveilig word en elk in sy eie sak of kas op die baan vervoer word. Vuurwapens mag nie “oop” op die baan gedra word nie. Handwapens mag nie aan jou persoon op die 300m-baan gedra word nie. Oog- en oorbeskerming is verpligtend. Dit is raadsaam om ‘n skietmat te bring aangesien die bane kaal, klipperige grond is. Ander toerusting soos ‘n skietkussing of ʼn geweerrus kan gebruik word om in te skiet. Skietstokke met bepaalde beperkings mag ook met sekere oefeninge gebruik word. Dra gemaklike skoene aangesien daar baie geloop word op die 300m baan. Sonbrandmiddel en ‘n hoed is ook raadsaam. Bring die regte ammunisie vir jou geweer, anders sal jy ‘n rooi buffel ontvang!
Die snoepie by die baan is gewoonlik oop vir kos en koeldrank, maar jy is welkom om jou eie eet- en drinkgoed te bring. Vanselfsprekend is alkohol ten alle tye streng verbode op alle bane.
Vir navrae, kontak:
As jy trofees het wat jy graag in ons register wil laat opskryf, bring dit saam na die vergadering waar Werner dit sal meet en inskryf vir R65. Ons druk ʼn nuwe uitgawe elke 3 jaar.
Ons reël gewoonlik ʼn fondsinsameling by die Barnyard by Emperors Palace. Kom geniet ʼn gesellige aand en luister saam na goeie musiek uit die 80’s-90’s.
Oosrand-tak se jagmeester help ons om jagplek te kry. Ons bied gewoonlik drie takjaggeleenthede aan waarvan een ʼn lootjiejag is en lede ʼn kans bied om drie-dag jagpakket van twee bokke te wen, verblyf ingesluit.
Die volgende borge maak dit moontlik vir die Oosrand-tak aktiwiteite aan te bied: