Ferdi Kilian ontvang die toekenning as een van die gasheertakke gedurende die jaarlikse kongres vir die nasionale MDS kampioenskappe wat plaas gevind het 18 tot 21 Oktober 2023. Besoek gerus SA Jagters Facebook-blad vir al die foto’s https://web.facebook.com/SAJagtersHunters/
Centuriontak se skietjaar strek oor die tydperk, 1 Okt 2023 tot 20 Sep 2024 en bied maandeliks twee skietgeleenthede aan. By Eeufees skietbaan word daar op die 1ste Saterdag geskiet en by Welgegund Skietbaan, NECSA op die 3de Saterdag. Registrasie en baanvoorbereiding begin reeds om 06:45 en die formele opening vind altyd om 07:45 plaas. Afhangend van die aantal skuts wat by enige takskiet opdaag, word beplan om die formele skietprogram teen 13:30 af te handel. MDS word op PMPSC en Eeufees baan 1 aangebied, soos aangedui. Koswa is beskikbaar by elke skiet op Eeufees baan.