| Capacity | Name | E-mail address |
| Chairperson | Ferdi Kilian | voorsitter.jagters@gmail.com 082 357 4755 |
| Conservation Coordinator | Fanie Van Wyngaard | vanwyngaardf@gmail.com |
| Deputy Chairperson | Jannie Oberholzer | vivaobie@gmail.com |
| General Support Staff | Hennie de Lange | henniedelange50@gmail.com |
| Junior Trainer | Carel Viljoen | viljoen.carel@gmail.com |
| Junior Trainer | Willie Jordaan | Jordaanwj@gmail.com |
| Membership Administration | Ferdi Kilian | voorsitter.jagters@gmail.com |
| Secretary | Sanet Kilian | sanet@ckjbuilding.co.za |
| Senior Trainer | Charl Naudé | charl.naude3@gmail.com |
| Shooting Coordinator | Dewald Dooge | d.dooge@gmail.com |
| Shooting Support Staff | Karen Nienaber | karenn@midstream.co.za |
| Shooting Support Staff | Wynandt Van Wyk | wvanwyk1313@gmail.com |
| Shooting Support Staff | Jannie Oberholzer | vivaobie@gmail.com |
| Treasurer | Jacobus Erasmus | 27728200530@vodamail.co.za |
Hou in gedagte dat die datums van aktiwiteite of byeenkomste kan verander weens ongunstige weerstoestande of ander onvoorsiene omstandighede.
Lede-aande word by die Polsslag Voortrekkersaal in Gloverlaan 264, Lyttelton, Centurion gehou. Datums van die vergaderings is op die tak se kalender.
Centurion-tak nuusflitse – Augustus 2026
Die Centurion-tak het op 1 Augustus 2026 weer ʼn suksesvolle Streek-sportskietbyeenkoms by die Eeufees-skietbaan aangebied. Baie geluk aan al die skuts wat so uitstekend geskiet het.
Results
Junior Springer Air Rifle Under 13:
Junior PCP Air Rifle Under 13:
Junior Rimfire Under 13:
Junior Springer Air Rifle Under 16:
PCP Air Rifle Under 16:
Junior Rimfire Under 16:
Junior Springer Air Rifle Under 18:
Junior PCP Air Rifle Under 18:
Junior Rimfire Under 18:
Handgun 20 m Centrefire Pistol:
Handgun 20 m Centrefire Revolver:
Handgun 20 m Rimfire Pistol:
Handgun 20 m Rimfire Revolver:
Handgun 20 m Air Pistol:
25 m Precision Small Bore:
Alpha Pro Handgun Pistol:
Alpha Pro Handgun Revolver:
Alpha Pro Handgun Pistol:
Alpha Pro Handgun Open:
Centurion-Tak Julie 2026
Sake van Wyk, opleier by die African Snakebite Institute was die gasspreker tydens Centurion-tak se lede-aand op 16 Julie 2026 wat deur 62 lede bygewoon was. Baie dankie vir almal se ondersteuning.
Sake het in die algemeen oor akkedisse en geitjies gesels en die verskillende groepe wat ons aantref. Hy het ’n kort oorsig van elkeen gegee en ook die minder bekende soorte akkedisse, byvoorbeeld die pootlose akkedisse en die wurmakkedisse aan lede bekendgestel.
www.AFRICANSNAKEBITEINSTITUTE.com
Johann Yssel het ’n Platinum-sertifikaat en -balkie vir sy deelname aan die President Streekskietbyeenkoms ontvang.
Centurion-Tak Junie 2026
Jeanette Selier van SANBI was onlangs die gasspreker by Centurion-tak se lede-aand op 18 Junie 2026. Dit was beslis vir die tak ’n groot voorreg om haar te verwelkom. Jeanette het ʼn oorsig gegee oor die impak van olifante, asook moontlike oplossings vir die doeltreffende bestuur van olifante oor ’n kontinuum van klein tot groot bevolkings. Sy het ook verwys na die rol van trofeejag in die bestuur van olifante.
Ons deel graag ʼn opsomming van haar aanbieding.
Southern Africa currently conserves more than two-thirds of the African savanna elephant population, but receives the least support (financially and otherwise) for its efforts. Conserving the largest elephant populations on the continent is something SADC countries can be very proud of, but it also comes at a cost to governments, communities and biodiversity. In South Africa, elephants occur across a continuum of reserve sizes, with management intensity varying with property size and objectives. Elephants are considered ecosystem engineers and can have both a positive and negative impact on the habitats in which they occur. Recently, across southern Africa, concerns have been raised about a growing elephant population and increased negative impacts in certain areas. Calls to reduce the elephant population have been made. But would the culling of elephants have the desired effect? Managing elephants is complex, with simple solutions seldom leading to desirable outcomes.
Sertifikate is aan die lede oorhandig wat onlangs op die skietbaan uitgeblink het. Baie geluk aan:
Centurion-tak lede-aand op 14 Mei
Sarel Venter van Custom Knives was die gasspreker by Centurion-tak die lede-aand op 14 Mei. Sarel het verskillende style en tipes messe uitgestal. Hy het die proses verduidelik hoe om ʼn mes te maak, o.a. die ontwerp, vorming (smee of slyp), hittebehandeling, afwerking en die handvatsel.
Baie dankie Sarel, vir jou tyd en besoek.
16 April 2026 lede-aand:
Dit was baie aangenaam om Jan Nel van Labora Yard by Centurion-tak se ledevergadering op 16 April 2026 te verwelkom. Die ervaring en atmosfeer het regtig iets besonders bygedra tot die aand. Hy het ons meer vertel oor die brouproses van bier en die distillering van jenewer (gin). Natuurlik het ook iets saamgebring om die vrug van sy werk te proe.
J Narsi het sertifikaat ontvang vir die 50 m Bankrus Randslag Sporter.
19 Maart 2026 lede-aand:
Danie Smit was die gasspreker by Centurion-tak se lede-aand op 19 Maart waar hy gepraat oor Antarktika – ʼn plek wat ons almal op ʼn wereldkaart kan uitwys, maar waarvan ons bitter min weet.
Hy het kortliks vertel oor die ontdekking van Antarktika; die Antarktiese Verdrag; en die teenwoordigheid van verskillende lande in Antarktika. Danie het ook gepraat oor hoe ‘n mens daar kom, hoe dit lyk, die lewenswyse, werk en navorsing van die mense wat daar bly. Dit was ʼn nuwe en onbekende onderwerp vir die meeste lede wat ook baie vrae oor Antarktika gehad het.
Die volgende lede het sertifikate ontvang vir deelname aan die verskeie aktiwiteite:
19 Februarie lede-aand en sertifikaat-oorhandiging
Baie dankie aan almal wat die lede-aand op 19 Februarie
bygewoon het. Die gasspreker, Sake van Wyk, het sy kennis oor slange en
slangbyt gedeel waarna lede vleis gebraai en lekker gekuier het.
Die volgende lede het sertifikate ontvang:
H Harding: haelgeweer streekskiet
Carel Viloen: trofeemeter
Cliffie Holmes: trofeemeet en bekwame jagter
Fanie Schoeman: trofeemeter
CB Smith: toegewyder sportskut
Waldo Celliers: trofeemeter,
FJ Jansen: senterslag pistool (brons)
Wynandt van Wyk: trofeemeter
MD Schoeman: MDS NSO
MD Schoeman Jnr. MDS NSO
WG Venter: nasionale kleure in sportskiet handwapen
C Jordan: NSO MDS en toegewyde sportskut
J Wilken: NSO MDS
T Gagiano: NSO MDS
Hano Viljoen: nasionale kleure in junior sportskiet
Heila Viljoen: nasionale kleure in junior sportskiet
WL van der Spek: toegewyde sportskut
‘n Paar lede van SA Jagters se Centurion-tak en twee gaste het ingeskryf vir ʼn opleidingskursus in veerwildjag wat op 5 -6 Junie 2026 aangebied is. Gerard Harding het die kursus aangebied.
Die lede was Cliffie Holmes, Francois Steyn, Fanie Schoeman, Jaco Kruger (almal lede) en Gideon van der Merwe en Nico Botha – beide gaste – het die geleentheid gebruik om meer oor die jag van veerwild te leef.
Die kursus het die volgende aspekte gedek:
Francois Steyn het gewys hoe om gansborsies te verwyder. Daar was genoeg karkasse om op te demonstreer. Die voëls het besonder goed gevlieg te oordeel aan die groot hoeveelheid haelgeweerdoppe in verhouding tot die aantal voëls op die grond.
Kom ons noem dit maar ‘n skietles in gans- en eendejag teenoor kleiskiet.
Die jagters was teen kort ná 05:00 op hul pos tussen die ryp wat wit gelê het en ʼn temperatuur van minus 3 °C. Die oggend se tarentaalskiet was nie baie suksesvol nie. ‘n Welverdiende laatontbyt en rustyd is daarna geniet.
Met die hulp van die son en ʼn knertsie OBS -voorsien deur die vooruitdenkende Gerard – het ons eers teen 08:30 begin ontdooi. Teen 15:00 was ons terug in die saal vir die beplanning van ‘n besoek aan ‘n naburige plaas.
Die eerste strategiese beplanning vir die tarentale het weereens niks opgelewer nie. Getrou aan die jagtradisie het die manne egter vasgebyt en die volgende twee veldslae het beter verloop. Weereens was die manne nie heeltemal gereed tydens die eerste verbyvlug van die tarentale nie. Hulle het egter gou gesnap dat tarentale vaste weiplekke, drinkplekke en vlugroetes na skuilings het en dit was nie lank nie, toe val die tarentale.
Almal was dit eens dat hulle nou verstaan hoe tegnies tarentaalskiet met ‘n klein groepie manne is. Dit geld veral wanneer dit eties en te voet doen soos wat ons dit beoefen. Ook die honde, en veral Stoffel, het gewys hoe om verlore tarentale in die lang gras op te spoor.
Die geselskap om die vuur Saterdagaand was uitstekend, die bier koud en die whisky glad. Weereens is bewys dat daar manne is wat swak skiet, maar geen swak manne wat skiet nie!
Hulle vaardighede hert aansienlik verbeter soos die naweek gevorder het.
Hulle sal beslis weer genooi word.
Van ‘n gelukkige gids
Gerard Harding
+27 82-449-1614 / vivaobie@gmail.com
+27 83 538 1940 / charl.naude3@gmail.com
+27 83 538 1940 / viljoen.carel@gmail.com
Centurion-tak MDS Streekskietbyeenkoms 20 Junie 2026
Centurion-tak het op 2O Junie 2026 die MDS-streekskietbyeenkoms by die PMPSC-skietbaan aangebied. 72 skuts van verskeie takke het ingeskryf.
Baie dankie aan die organiseerders wat ʼn suksesvolle MDS-streekskietbyeenkoms aangebied het en aan die baanoffisiere vir hulle tyd en harde werk.
Baie geluk aan die volgende skuts van die Centurion-tak met hul prestasies:
Top Skuts Vroue
Minette Griesel: derde plek
18 (16 tot 18 jaar)
Johandre Wilken, eerste plek
Wian Bierbaum, tweede plek
Mauritz Schoeman (jnr.), derde plek
19 tot 49 jaar Ope-afdeling
Jean du Preez, derde plek
50 tot 60 jaar -Senior afdeling
Ferdi Killian, tweede plek
65 plus – Super veterane
JJ van der Watt: derde plek
Top Shot
Jean du Preez, derde plek
Die Centurion-tak het op 9 Mei 2026 ’n LAPUA-streekskietbyeenkoms by die Eeufees-skietbaan aangebied. Sestig skuts het deelgeneem en goeie tellings aangeteken.
Baie dankie aan die organiseerders van die dag en ons baanoffisiere wat soos altyd bereid was om hul tyd op te offer.
Baie geluk aan die wenners in die volgende afdelings:
Mans
1ste: R. Bronkhorst
2de: MD. Harding
3de: C. Viljoen
Vroue
1ste: M. van der Merwe
2de: MM. Viljoen
3de: E. de Swardt
Veterane
1ste: D. van der Merwe
2de: H. Botha
3de: O. Knoesen
Juniors
1ste: Alex Oosthuizen
2de: H. Viljoen
3de: Aiden Oosthuizen
Baie geluk aan ons skuts wat op 11 April 2026 aan die streekskietbyeenkoms by Waterhaven deelgeneem het.
Senior dames
Eerste: Yolandi Kotze
Tweede: Kalinka Kilian
Meesterskuts
Eerste: Cliffie Holmes
Super veterane
Eerste: Gerard Harding
Juniors
Derde: Brendan Brink
Spanne
Eerste: Waterbok-span
Sesde: Kuru-span
Streek Haelgeweerskietbyeenkoms 14 Maart 2026
Lede van die Centurion-tak het op 14 Maart 2026 aan die streek-haelgeweerskietbyeenkoms deelgeneem. Baie geluk aan ons skuts wat sulke goeie tellings behaal het.
Onder die senior vroue het Kalinka Kilian en Carmie Griesel onderskeidelik eerste en derde plekke behaal.
Johan Griesel was derde in die senior mans-afdeling, terwyl Cliffie Holmes met sy eerste plek in meestersafdeling met die louere weggestap het.
Die skietspanne het ook goed gevaar met Kuru tweede en Waterbokke in die derde plek
Streek Haelgeweerskietbyeenkoms 14 Februarie 2026
Centurion-tak het op 14 Februarie 2026 die haelgeweerstreekskietbyeenkoms by Waterhaven, Vereeniging aangebied. Dit was die grootste streekskietbyeenkoms wat nóg in die omgewing aangebied is. Altesaam 104 skuts het ingeskryf waaronder 23 spanne van 12 takke, 10 vroue en 9 juniors. Centurion tak het agt spanne ingeskryf wat 18 medaljes ingepalm het.
Dankie aan die haelgeweerkoördineerder, Karen Nienaber, haar span en die baanoffisiere wat hard gewerk het en ‘n besondere suksesvolle streekskietbyeenkoms aangebied het.
Junior Takskietdag 7 Februarie 2026
Gedurende Centurion-tak se juniorskietdag op 7 Februarie 2026 by die Eeufees Militêre skietbaan, het Carel Viljoen en Willie Jordaan ʼn ope dag aangebied om SA Jagters sportskiet aan skole bekend te stel. Dit was ʼn groot sukses met tussen 30 en 40 juniors wat die byeenkoms bygewoon het om meer oor sportskiet te leer.
Daar is ʼn behoefte geïdentifiseer om MDS vir juniors te ontwikkel, veral as Airsoft-pistole gebruik kan word. Corne Wilken het ʼn baan opgestel om juniors se belangstelling in MDS te prikkel en aan te moedig.
Corne Wilken en sy seun Leandre, het op 14 Februarie aan die MDS-streekskietbyeenkoms deelgeneem.
Lede het op Saterdag 7 Maart 2026 kransduiwe naby Fochville gaan skiet. Gerard Harding het opleiding in veiligheid en skietmetodes aangebied en ook etiket vir jag met honde bespreek. Teen 11:00 was dit tyd vir kuier en braai tot 15:00 waarna almal huiswaarts gekeer het.
Dit is nou tyd vir veerwildjag. Belangstellendes kan met Gerard Harding in verbinding tree vir meer inligting en die volgende jaggeleentheid.
The Southern African Wildlife College has developed a series of dangerous game hunting courses for amateur and professional hunters. Species covered in these courses are elephant, buffalo, lion, leopard, hippo and crocodile. The course consists of a 3- to 4-hour theory presentation on each species, covering habitat and habits, biology, ageing, ethical hunting techniques, trophy assessment, shot placement, and suitable rifles and calibres.
Jannie Oberholzer, Carel Viljoen, Wynandt van Wyk, Cliffie Holmes, Otto Knoesen en Jaco Kruger het van 25 tot 28 Februarie 2026 so ʼn kursus bygewoon.
Die ervaring en kennis wat tydens die kursus gedeel is, was van onskatbare waarde. Die lede het die geleentheid waardeer om saam met ‘n toegewyde en kundige span te werk. Hulle was baie tevrede met die gehalte van die onderrig, die praktiese leerervarings en die blootstelling aan die natuurlike omgewing waarin die program geskep is.
Baie dankie aan Pieter Nel se gasvryheid en sy passie om wildervarings te deel.
Lede van Centurion- en Baviaanspoort-tak het op 30 en 31 Januarie 2026 ’n trofeemeetkursus by die CKJ Building Construction se kantore aangebied. Boetie Kirchner, bestuurder Jagsake by die nasionale kantoor, het die kursus aangebied volgens SA Jagters se gevestigde meetstelsel.
Die opleiding van meer trofeemeters maak die desentralisering van die meet van trofeë op takvlak moontlik. Dit sluit in:
Lede wat belangstel om ook die kursus te doen kan hul tak kontak of vir Boetie by boetiek@sahunt.co.za
Centurion-tak se jaarlikse prysuitdeling op 13 November 2025 was ‘n spesiale geleentheid wat ook deur André van der Merwe, Hansie Lerm, Riaan Bronkhorst, Jacques van Eck en Isak Burger bygewoon is. Die tak het die gaste, ondernemings en individue bedank vir hulle ondersteuning en borgskappe wat dit moontlik maak om goeie diens te lewer en ’n verskeidenheid aktiwiteite vir lede aan te bied. Waardering is ook uitgespreek aan skuts, ondersteuners en juniors wat saam die geleentheid gevier het.
Baie geluk aan lede wat trofeë en ander pryse vir goeie prestasie ontvang het.
Centurion-tak is vanjaar 25 jaar oud. Jan Kruger was die sameroeper toe die tak in Maart 2000 gestig is.