| Capacity | Preferred name | |
| Chairperson | Gert Labuschagne | labuschagnegj@gmail.com Sel: 082 881 5500 |
| Deputy Chairperson | Cobus Van Deventer | cobusvdev@gmail.com |
| Secretary | Estelle Van Deventer | balele.estelle@gmail.com |
| Membership Administration | Gert Labuschagne | labuschagnegj@gmail.com |
| Communications Officer | Willem Smuts | willemjsmuts@gmail.com |
| Treasurer | Piet van Deventer | pietvdeventer@gmail.com |
| Senior Trainer | Hannes Pienaar | rianapienaar1@outlook.com |
| Junior Trainer | James Connan | jmsconnan@gmail.com |
| Shooting Coordinator | Martin Muller | martinhendrikmuller@gmail.com |
| Conservation Coordinator | Corné Smit | smitc737@gmail.com |
| IT/Website Coordinator | Willem Smuts | willemjsmuts@gmail.com |
| Shooting Support Staff | David Wentzel | wentzels1@outlook.com |
Takaktiwiteite vind gewoonlik plaas by die Boknes Voortrekkersaal en tak-skietdae by ons eie Stroop-skietbaan tussen Boknes en Alexandria, tensy dit anders vermeld word.
Indien jy nuus het wat jy graag dringend met taklede wil deel, kontak Dr Willem Smuts.
Skuts wat tak-skietdae wil bywoon, moet tussen 08:00 en 08:50 deur die hek wees sodat ons die hek kan sluit om aan die heersende maatreëls teen bek-en-klouseer te voldoen. Amptelike opening is om 09:00. Toepaslike oog- en oorbeskerming is verpligtend by alle SA Jagters skietgeleenthede. Daarsonder word geen skut op die baan toegelaat nie. Dit val nie binne die diskresie van die baanoffisiere om enige skut sonder beskerming toe te laat nie.
Handwapenskietoefeninge word by elke skietdag aangebied. Haelgeweerskietoefeninge is elke tweede Saterdag van elke maand beskikbaar by Port Alfred Sport Shooting Club wat by SA Jagters geakkrediteer is.
Trofeemeet is by elke skietoefening beskikbaar mits lede vooraf met die bestuur bevestig om sodat ʼn trofeemeetbeampte teenwoordig kan wees.
Vir bespreking of inligting rakende opleiding vir toegewyde jagter- of toegewyde sportskutstatus, tree in verbinding met Hannes Pienaar
Dias-tak se bestuur het in Julie skietopleiding in handwapens by die Stroop-skietbaan aangebied wat gewone lede van die publiek kom bywoon.
Baie dankie aan Buco Kenton vir die gebruik van hulle gazebos en aan Pieter van Deventer, Cobus en Estelle van Deventer, Gert Labuschagne en Hannes Pienaar vir hulle werk om hierdie dag ʼn groot sukses te maak. Dit was die begin van meer sulke byeenkomste.
Vir jagaangeleenthede kontak Charles Steyn per e-pos. Indien jy weet van jagplekke, kontak ook vir Charles. Besoek ook die SAJWV se webwerf vir jaggeleenthede en hou ons nuusbriewe dop!
As een van die jongste takke van SA Jagters, skaaf Dias-tak nog aan sy bewaringsplan. Etlike van ons taklede is reeds betrokke by SANCCOB se versorging en redding van seevoëls, seeskilpaaie en mariene soogdiere in die Dias-tak gebied. Corné Smit, ons bewaringskoördineerder, het meer inligting. Corné werk aan planne om drie uilkaste op Boknes by te voeg by die kaste wat reeds in Canon Rocks en Boknes in gebruik is.
Gedurende Augustus het lede van Dias-tak aan die Port Alfred Shooting Club (PASC) se maandelikse haelgeweerskiet op hul skietbaan deelgeneem. Die PASC-skietbaan voldoen aan die nodige vereistes en is behoorlik goedgekeur. Lede van SA Jagters mag dus daar gaan skiet en hulle tellings instuur as ’n amptelike skietaktiwiteit vir erkenning van die handhawing van toegewyde status
Dit is 13:30 en die bakkies staan reg dat die Tobie-span hulle kampgoedjies kan laai vir die uitstappie na die Stroop-skietbaan. Die kinders is baie opgewonde asook die Voortrekkeroffisiere en mense wat hulle aanry skietbaan toe! Die spannetjie is ongelukkig kleiner as verlede jaar se groep. Daar is vier penkoprammetjies, en een ooitjie! Die meisietjie word sommer gou Doringrosie gedoop omdat sy die enigste rosie tussen die dorings is.
By die skietbaan aangekom, kry almal gou hul tente staangemaak. Daarna gaan bestudeer hulle die waterlewe in die waterstroompie. Tannie Madeleen deel kosbare kennis met die kinders! Hulle is opgewonde oor hul ontdekkings en is ene ore wanneer tannie Madeleen haar kennis met hul deel.
Haastig word hout bymekaargemaak, want ’n koue nag word verwag! Die vuurtjie word aangeslaan voor die laaste sonstrale agter die weste horison verdwyn. In ’n kringetjie sit almal om die vuurt om warm te word. Die heerlikste gebakte vis en skyfies word afgelewer van die hoofkamp af, en almal smul te lekker. Tannie Coelette staan bont om seker te maak dat almal genoeg geëet het.
Tannie Madeleen begin die inleidingseremonie. Eers moet die kinders die rietrotsop drink! Daarna lê hulle hul eed af om getrou te wees aan die tradisie van die Tobie-span. Elke Tobie ontvang ʼn sakwapen van die Dias-tak aangesien die Tobie ook ons tak se embleem is. Tannie Coelette maak vir ons lekker warm sjokolade. Na stiltetyd kan die kinders wat wil gaan slaap, gaan inkruip terwyl dié wat nog by die vuur wil sit, buite kan vertoef. Eugene, ’n klein mannetjie met baie woema bly saam met oom Johannes by die vuur agter.
Ek verkyk my aan hoe gemaklik klein Gustav daar langs die vuur aan die slaapgeraak het! (Sien foto)
Vroegoggend kry ek oom Johannes by die vuur wat deurnag gebrand het. Die koffieketel staan reg vir die oggendkoffie.
Tannie Madeleen hou vroegoggend ’n kort lesing oor die rol wat keuses in ’n mens se lewe speel. Daarna hou die kinders bewuswording (stiltetyd) en skryf hulle bekommernisse neer om met ons Skepper te deel. Die briefies is die aand op ’n klein bamboesvlot op die strandmeer in Boknes te water gelaat en aan die brand gesteek. Dit simboliseer dat hulle daardie bekommernisse vir Jesus gegee het en dat dit nie meer op hul skouers rus nie! Wat ’n wonderlike gewyde atmosfeer was dit nou! Ons het almal in stilte dopgehou hoe die brandende vlotjie wegdryf van ons af. Oud en jonk was diep geraak na die seremonie.
Na die bewuswording daag die bakkie op om almal terug te neem kamp toe nadat hulle eers ʼn aantal foto’s geneem het.
Dit was ’n wonderlike voorreg om saam met die Tobies uit te slaap!
Dias-tak werk aan planne om die Stroop-skietbaan verder uit te brei en verbeter. Verbeteringe soos ʼn rubbervoerband by die teikenpunt waarteen die teikens vasgeheg word, het reeds voorbereiding vergemaklik en spaar baie tyd.
Ander verbeteringe waaraan ons aandag gee, sluit in verbetering en vergroting van ablusiegeriewe en installering van ʼn watertenk.
Dias-tak het ook vanjaar begin met ʼn uitreikprogram vir die Voortrekkers wat Boknes gereeld besoek. Dit sluit etlike bewaringskomponente en blootstelling aan die natuur in.
Een van ons lede, James Connan van Rhodes Universiteit het ook begin met opleiding vir toegewyde Jagterstatus vir senior leerders by ʼn skool in Grahamstad.