(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)
4 Maart 2024
Geagte kollega
Na ʼn baie warm Februarie 2024, kry SA Jagters se aktiwiteite nou momentum. Die jaar het afgeskop met 14 streekskietbyeenkomste op die eerste beskikbare Saterdag. Skielik is die vereniging in rep en roer.
Ongelukkig neem ons weer afskeid van een van die groot geeste in ons jag-, skiet-, landbou- en geweerwêreld. Oom Thomas Bredenkamp, eienaar van Promark wat bekend was vir die Stevenson Hamilton-klerereeks, is op 7 Februarie 2024 oorlede nadat kanker by hom gediagnoseer is. Lees ons gedagtenis aan Oom Thomas hier.
Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB
Gedurende die afgelope maand het ’n gerug die rondte gedoen dat die Sentrale Vuurwapenregister ’n moratorium geplaas het op die tydelike uitvoer van vuurwapens na Mosambiek, Lesotho en Eswatini (voorheen Swaziland).
Verskeie organisasies het kennisgewings daaroor uitgestuur. SA Jagters het nie op die daarop gereageer nie aangesien daar geen waarheid in hierdie gerug was nie. Aansoeke vir tydelike uitvoerpermitte word op die normale wyse verwerk en uitgereik.
ʼn Internasionale groothandelaar het SA Jagters genader vir inligting oor die beskikbaarheid van hulle ammunisie en herlaaikomponente en die bekendheid van hulle produkte in Suid-Afrika.
Die handelaar het ’n vraelys aan ons gestuur en versoek dat skuts en jagters dit voltooi. Lede kan die vraelys anoniem voltooi, maar daar is wel pryse vir aansporing om aan die opname deel te neem, in welke geval lede wel hulle name en kontakbesonderhede moet verskaf.
Ons versoek lede om ʼn paar minute af te staan om hierdie vraelys te voltooi.
Gedurende die afgelope maand is ’n artikel gepubliseer wat beweer dat die VN se hoë kommissaris vir menseregte in ’n verklaring sou gesê het dat Suid-Afrika moet toesien dat kinders nie diere mag doodmaak vir trofeë nie. Volgens dié berig mag kinders nie geleer of toegelaat word om te jag nie.
Hierdie berig is totale snert en die outeur weet nie waarvan hy praat nie. Ignoreer eenvoudig hierdie berig as dit ooit by u sou uitkom. Dit is ’n leuen wat diereregtegroepe versprei.
Die alombekende herpetoloog, Johan Marais van die African Snakebite Institute, bied op 16 Maart ʼn Vlak 1 slangkursus by Inyathipark aan. Die kursus dek die identifisering van slange, noodhulp vir slangbyte en die hantering van slange met toerusting. Kyk hier vir meer inligting oor die kursus en die koste. Lede van SA Jagters kwalifiseer vir ʼn 10%-afslag.
Op 17 Maart word ʼn gevorderde kursus in slanghantering aangebied. Kyk hier vir meer inligting oor die kursus en die kostes. SA Jagters-lede kry hier ook 10%-afslag op die prys.
Daar is nog ʼn paar plekke beskikbaar in beide kursusse. Bespreek jou plek by Michelle Pretorius.
HuntEx vind vanjaar van 26 – 28 April by die Gallagher Uitstalsentrum in Midrand plaas. Dit is steeds
die grootste vertoonvenster en bymekaarkomplek vir jagters, wapenliefhebbers en
buitelugentoesiaste in die suidelike halfrond. Dricus du Plessis het gedink HuntEx2023 was die beste
ooit. Kyk wat sê Dricus oor HuntEx .
Soos gewoonlik, sal SA Jagters ‘n sterk teenwoordigheid by die skou hê waar lede hulle lidmaatskap
kan hernu, aktiwiteite kan aanteken of sommer net kom kennis maak met die personeel. Teken
hierdie datums aan en koop jou kaartjies aanlyn. Moenie dit misloop nie!
Die Kalahari is geseën met goeie reën. Die boere het laat weet die veld is groen en die bokke vreet vir ʼn vale! Jagters het net twee maande oor om in te skryf vir die SA Jagters-Kalahari-jagkompetisie ter waarde van R100 000 wat aan vier jagters ʼn gulde geleentheid bied om van 22 – 26 Mei elkeen ʼn gemsbokbul en vier springbokramme te gaan jag.
Dink net aan die watertand vleissnitte en stewige biltong wat hierdie diere sal oplewer!
Dit is verspot maklik om in te skryf. Koop ʼn kaartjie teen R100 vir een kans om die gelukkige trekking te wen. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings nie. Hoe meer kaartjies jy koop, hoe groter is jou kans om te wen.
Die prys sluit verblyf, brandstof, kos en drank, asook die dag-, bakkie- en slagtariewe in. Elke jagter kry ook ʼn geskenkpak.
Gebruik KAL en jou selfoonnommer as verwysing.
Sluitingsdatum: 3 Mei 2024
Trekkingdatum: 8 Mei 2024
Jagdatum: 22-26 Mei 2024
Koop soveel kaartjies as wat jy wil! Jy hoef nie by die trekking te wees nie. Ons bel jou as jy wen!
Die aktiwiteitsjaar loop vanaf 1 November tot 31 Oktober van die volgende jaar. Lede word aangemoedig om hulle aktiwiteitsverslae op datum te hou.
Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.
Die 2024 reëls vir streek- en nasionale skietkompetisies is beskikbaar op die SA Jagters webwerf. Daar is ’n afsonderlike afdeling met die spesifieke reëls vir elke skietdissipline. Vir maklike verwysing is die wysiging van reëls van 2023 na 2024 in geel gemerk. Lekker skiet.
SA Jagters en SATRA het as verenigings ook hande gevat en staan mekaar by deur inligting uit te ruil en deelname aan aktiwiteite aan te moedig.
SATRA se nasionale kampioenskap vind van 21 tot 24 Maart by die Bloemfontein Skietsentrum plaas. Sien die program hier. Skuts wat wil deelneem, kan die inskrywingsvorm hier kry.
Daar is ʼn aantal nuwe klasse vir haelgeweerskuts geskep sodat meer vroue, juniors en ouer skuts in afsonderlike klasse op ʼn meer gelyke voet kan deelneem. Dit sluit in junior dames, veterane dames, super veterane dames, meester mans en meester dames. Lees die volledige reëls vir haelgeweerskiet hier.
Die formaat van SA Jagters se streek haelgeweerskietgeleenthede vir die doel van die kompetisies is gestandaardiseer. Vir meer inligting lees gerus die dokument Streek en Nasionale Skietkompetisies hier. Takke wat byeenkomste vir haelgeweerstreekskiet gaan aanbied moet asb. kennis neem van die veranderde formaat.
Afrika-varkpes het vroeg in Februarie in die George-omgewing uitgebreek. Ons herinner jagters en grondeienaars wat wildevarkkarkasse (vlakvarke en bosvarke) wil vervoer, dat sekere provinsies vervoerpermitte vereis. Volledige inligting hier.
Die Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing se Direktoraat Dieregesondheid het SA Jagters se magtiging verleng om vervoerpermitte vir verwerkte wildevarkkarkasse en vleis uit te reik. Die vergunning is toegestaan ingevolge Regulasie 20 van die Wet op Dieresiektes No 35 van 1984. Lees meer hier.
SA Jagters-lede wat grondeienaars is en die vervoerpermitte wil uitreik, moet eers hulle plase op hulle persoonlike profiele op SA Jagters se aanlyn lede-administrasiestelsel registreer. Volg die stap-vir-stap proses hier. Of of klik hier vir ʼn kort video oor die proses.
Die jag van veerwild (voëls) en haarwild (diere) word in elkeen van die nege provinsies in Suid-Afrika gereguleer deur ʼn stel jagregulasies wat jaarliks teen die begin van die jagseisoen in die amptelike provinsiale koerant gepubliseer word. Die doelwit van die jagregulasies is om uiteindelik die benutting op só ʼn wyse te reguleer dat die bron van wild beskerm word vir voortgesette gebruik oor verloop van tyd.
Aangesien elke provinsie sy eie regulasies saamstel, is dit vir jagters moeilik om op die hoogte te bly van watter regulasies op ʼn gegewe tyd en in ʼn spesifieke provinsie van toepassing is. Soms verskil regulasies ook van streek tot streek in dieselfde provinsie.
Klik hier vir ’n opsomming van die regulasies of op die onderskeie provinsie hieronder vir die jongste proklamasies per provinsie.
SA Jagters se geakkrediteerde jagpakkette wat lede vir lede aanbied, is nou al redelik bekend. Bedrog met jagbesprekings kom algemeen voor. Talle voornemende jagters het verlede jaar onder slenters deurgeloop soos wat berigte op sosialemediaplatforms kan getuig.
Daarom het SA Jagters besluit om die geakkrediteerde jagbestemmingsprojek te loods om beide die belange van die jagter en die eienaars van jagbestemmings te beskerm.
Opbetaalde lede wat eienaars is van jagbestemmings met beskikbare en jagbare wild, kan met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za in verbinding tree vir meer inligting oor ons jagbestemmingsprojek. SA Jagters bemark hierdie jaggeleenthede aan ons lede met groot sukses.
SA Jagters-lede word versoek om deel te neem aan ʼn opname oor die verspreiding van bobbejane en blouape wat SANBI in opdrag van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing onderneem. Die doel van die opname is om te bepaal of uitvoer van die diere nadele vir die spesies inhou.
Die SA Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) doen ’n opname oor die verspreiding van bobbejane en blouape in opdrag van die Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing. Hierdie opname is uiters belangrik.
CITES het beide spesies identifiseer vir ʼn non-detriment finding (NDF). ʼn NDF is ’n wetenskaplik-gefundeerde risikobepaling om vas te stel of uitvoere ‘n nadelige impak op die voortbestaan van die spesie in die natuur sal hê. Dit sluit die uitvoer van jagtrofeë in.
Die proses wat Suid-Afrika gebruik om ’n NDF te doen, behels ‘n vraelys van 26 vrae, waarvan nege fokus op die biologie, verspreiding, status, bevolkingstendense en grootste potensiële bedreigings wat die spesie in die gesig staar. Die res van die vrae fokus op die bestuur en aansporings vir bewarings- en beskermingsmaatreëls.
Dit is baie belangrik dat grondeienaars of wildlewebestuurders aan hierdie opname deelneem om te verseker dat die beoordeling op voldoende inligting gebaseer word. In die meeste provinsies is bobbejane en blouape as probleemdiere verklaar. Onvoldoende inligting uit die opname kan beteken dat die maatreëls vir bestuur en benutting van die spesies verander word. Dit neem ongeveer 7 minute om die vraelys te voltooi en dit word anoniem gedoen.
Ons versoek lede om asseblief hierdie vraelys te voltooi.
Ietermagogs is uitsonderlike diere waarvan die voortbestaan in die natuur ernstig bedreig word weens onwettige handel en habitatverlies. Dit is ook op die IUCN se rooilys van ernstig bedreigde spesies.
Danksy die toewyding van individue soos Francois Meyer, ’n SA Jagters-lid (Hardekool-tak), in samewerking met bewaringsowerhede, is daar hoop dat die Suider-Afrikaanse ietermagog kan oorleef en floreer. Lees verder hoe jy kan help om die ietermagog te beskerm hier.
Die 2024 Fotografiekompetisie is goed op dreef. Ons het ’n hele paar buffelfoto’s vir dié nuwe kategorie ontvang. Lede vind die nuwe inskrywingsmetode baie gerieflik. Al die wysigings tot die 2024 Fotografie-kompetisie is vervat in die inligting en reëls.
Kyk gerus na die eerste foto’s in verskillende kategorieë wat in 2024 toekennings ontvang het.
Kontak Marette vir enige navrae.
Die tema vir die Februarie/Maart/April foto-uitdaging is #warm #water #hot wat ’n wye interpretasie van foto’s gebied het. Die reëls hoe om deel te neem aan hierdie foto-uitdaging op is Facebook en hier.
Nooi gerus die lede in jou tak, vriende en familie uit om by die groep aan te sluit. Dit is ’n gesellige interaktiewe groep waar lede voorstelle en kommentaar kan instuur.
Kontak Marette vir enige navrae.
Hierdie maand deel Danie Momberg sy beroemde resep vir bees-/wildsvleis boerewors met ons.
Gaan na die wildsvleisresepte vir hierdie resep en meer
Indien jy jag of die gesinslid is van iemand wat jag, het jy verseker ‘n gunstelingresep waarvoor jy bekend kan word. Jy kan die eerste SA Jagters wildsvleis-sjef wees. Hierdie is ‘n langtermyn projek met die doel om ons lede as ‘n gemeenskap betrokke te kry.
Ons beplan ‘n toegewyde afdeling op die webwerf en op Facebook om lede se talent in die bos of kombuis te deel. Stuur jou resep saam met ‘n kort agtergrondstorie (bv. was dit jou ouma se resep), foto van jou en jou gereg, die bestanddele en voorbereidingsmetode in. Enige resep is welkom, solank dit wildsvleis bevat. Stuur dit na boetiek@sahunt.co.za of marette@sahunt.co.za
Die Freddy Hirsch Group het vir ons ‘n paar geskenkpakke/hampers geborg om uit te deel aan ons lede. As jy eerder gouer as later jou resep inskryf, staan jy ‘n kans om een van hierdie pakke te wen.
Die Freddy Hirsch Group is trotse ondersteuner van SA Jagters. Besoek gerus hulle webwerf.
Wenners van die Freddy Hirsch geskenkpakke
Het jy geweet ? Die SA Jagters-winkel het net meer as ’n jaar gelede ’n nuwe baadjie aangetrek. Ons verkoop nou ook wapens, ammunisie, herlaaitoerusting, skoonmaakgereedskap, punte, doppe, dryfmiddel, boeke, teikens en ʼn verskeidenheid ander bykomstighede vir jagters en skuts.
Lede kwalifiseer vir 10%-afslag.
Al ons spesiale aanbiedinge is beskikbaar in die SA Jagters-winkel by Inyathipark, Derdepoort, Pretoria. Ons sien uit daarna om lede in ons winkel te verwelkom.
SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL
Tel: 012-808-9300/9340/9399
Sel/Cell: 066-032-5533
E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za
Ons is opgewonde om te bevestig dat ons deelneem aan die volgende twee geleenthede:
26-28 April 2024. Ons is vanjaar in Saal 5. Besoek gerus ons stalletjie vir uitstekende aanbiedinge. Opbetaalde lede van SA Jagters kwalifiseer vir 10% korting op alle aankope. Bepalings en voorwaardes is van toepassing. SA Jagters vier vanjaar 75 jaar sedert die vereniging in 1949 gestig is. Wees op die uitkyk vir spesiale aanbiedings en pryse ter viering van SA Jagters se 75ste bestaansjaar.
14-17 Mei 2024. Ons keer terug na Nampo in ʼn groter en beter formaat. Besoek ons by stalletjie 7 en 8 in die Midas-saal waar besoekers pryse kan wen en meer oor ons spesiale aanbiedinge kan uitvind.
Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.
Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.
Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.
Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.
Kontak Marette Bennett
sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Kontak:
Francois Annandale by 071 932 6125
vir ‘n kwotasie
(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)
Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield
Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets
Om ‘n afspraak te maak, kontak:
Johan by 082 564 8222
of Lourens by 072 591 0926
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier