INYATHIPARK NUUS

about

(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)

Nuusbrief September 2024

8 Oktober 2024

Geagte kollega

Lente is in die lug en die kompetisieskuts spring weg met die nasionale kompetisies wat van nou af weekliks plaasvind. Verder begin ons regmaak vir die NTVF en Kongres op 1 en 2 November.

Lede met toegewyde jagter- en toegewyde sportskutstatus het kans tot die einde van Oktober om aktiwiteite op die lede-administrasiestelsel van SA Jagters te registreer om hul toegewyde status te behou.

Die twee gedenkgewere wat gebou word vir die 75ste bestaansjaar van SA Jagters vorder mooi. Hierdie gewere kan gewen word deur 2 gelukkige lede, gaan kyk gerus na die video hier.

Aanstel van Uitvoerende Hoof
Die Raad van SA Jagters het besluit om eers vroeg in 2025 aandag te gee aan die aanstel van ʼn nuwe uitvoerende hoof vir die Vereniging. Die President Basie Bergh sal aanvanklik aan die begin van 2025 ʼn meer direkte rol speel met leiding aan die kantoor totdat die nuwe persoon aangestel is en begin werk het.

Jagters Lede-administrasiestelsel
SA Jagters se lede-administrasiestelsel is opgradeer en maak nou voorsiening vir:

  • Endossemente vir vuurwapenkomponente soos ʼn loop of ʼn aksie
  • Registrasie van en deelname aan pretskietgeleenthede, en om rekord te hou van die tellings by sodanige geleentheid.

Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

SA Jagters vier 75 jaar

1 Oktober 2024 het SA Jagters 75 jaar oud geword. Die vereniging is op 1 Oktober 1949 in die koffiehuis van die Nasionale Dieretuin in Pretoria gestig. Om hierdie geleentheid te herdenk het die Raad van SA Jagters besluit om die volgende te doen:

Kongres 2024

Die program vir SA Jagters se kongres 2024 by die WNNR se konferensiesentrum sal voorsiening maak vir:

  • Die NTVF op Vrydag 1 November 2024.
  • ‘n Dinee met ʼn gasspreker, ook by die WNNR-konferensiesentrum op Vrydagaand.
  • Die kongres op Saterdagoggend 2 November 2024.

Takke sal vanjaar gaste kan nooi om die dinee by te woon. Die koste vir gaste wat Takke na die dinee wil nooi, is R1 500 per persoon. Hierdie beloof om ‘n besondere geleentheid te wees.

Takke sal vanjaar gaste kan nooi om die dinee by te woon. Takke het geleentheid tot 12 Oktober 2024 om plekke vir gaste te bespreek by Dorothy Els. Hierdie gaan ʼn besonderse geleentheid wees omdat SA Jagters vanjaar 75 jaar oud is. U kan gerus die geleentheid bywoon.

Die dokumentasie vir afgevaardigdes na die Kongres is reeds op 2 Oktober 2024 uitgestuur, soos die Grondwet en Interne Reëls bepaal. Dit is beskikbaar by Takvoorsitters. As u enige navrae daaroor het bel gerus.

Gelukkige trekking vir gedenkgewere

Daar is min dinge wat jagters en skuts se harte vinniger laat klop as ʼn mooi geweer. Om SA Jagters se 75ste bestaansjaar te vier, laat die Vereniging twee gewere vervaardig in die klassieke Rigby-styl in kalibers .275 en .416 met kolwe van Turkse okkerneuthout

Twee lede staan ʼn kans om hierdie gewere in ʼn gelukkige trekking te wen. Gooi jou kaartjie in die hoed vir slegs R50 ʼn kaartjie.

Die gewere word gebou in die klassieke Rigby-styl en kalibers – ’n .275 Rigby (7X57) met ʼn minimum waarde van sowat R80 000, en ʼn .416 Rigby wat minimum sowat R180 000 werd is.

Jy hoef nie teenwoordig te wees met die trekking om te wen nie. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.

Lees meer hier oor die gewere.

  • Sluitingsdatum: 31 Oktober 2024
  • Trekkingdatum: 2 November 2024

Betaal veelvoude van R50 in SA Jagters se bankrekening by:

  • Absa (632005) Rekeningnr: 01443990077 of 1443990077 (sommige banke gebruik nie die ‘0’ nie)
  • Verwysing: 275Rigby en jou lidnommer
  • of verwysing: 416Rigby en jou lidnommer
  1. Hierdie gedenkgewere gelukkige trekking is uitsluitlik vir opbetaalde lede van SA Jagters.
  2. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gewissel word nie.
  3. Die prys, of enige deel daarvan, mag nie vir kontant verruil word nie.
  4. Die prys, of ʼn deel daarvan, is oordraagbaar na ʼn ander individu volgens die diskresie van die organiseerders.
  5. Die wenner moet ʼn bevoegdheidsertifikaat hê om vuurwapen te besit of aansoek doen vir een.
  6. Die wenner moet ʼn vuurwapenlisensie besit voordat die geweer oorhandig word.
  7. Deelnemers moet 16 jaar en ouer wees om aan hierdie kompetisie te kan deelneem.
  8. Diegene wat vir hierdie kompetisie inskryf, gee toestemming om bemarkingsmateriaal van SA Jagters via SMS en/of e-pos en/of WhatsApp te ontvang, en hulle inligting sal by kontaklyste gevoeg word.
  9. Indien onvoldoende aantal kaartjies teen die sluitingdatum verkoop is, mag die organiseerders die prys vervang.
  10. Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee die wenner die organiseerder toestemming om sy/haar naam, foto’s, videomateriaal en inligting na goeddunke te gebruik.
  11. SA Jagters aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van die gewere wat as pryse in hierdie kompetisie aangebied word nie.

Hierdie lotery is by die Nasionale Loterykommissie (NLC-nommer) geregistreer: Skema No: 00303/12

Wenner van die Tiervishengelekspedisie

Kliek om te vergroot

SA Jagters se Tiervisvangkompetisie is afgehandel. Willie Fourie en sy gaste het so pas teruggekeer van hulle ekspedisie op die Choberivier. Hierdie span is uiters beïndruk met die professionele wyse waarop die reëlings getref is en hulle het dit baie geniet. Kyk gerus hier na ʼn paar foto’s van die manne se ekspedisie.

Kliek om te vergroot

Wenner van die Buffeljag 2022

Kliek om te vergroot

Lawrence Meintjes, die wenner van die Buffeljag in 2022 het in November 2022 sy buffel in Mosambiek gaan jag. Sy trofeë is uiteindelik voltooi en dit is by die kantoor van SA Jagters aan hom oorhandig. Die taksidermie is uitstekend gedoen deur Pieter Swart van Afrikantrader.

Kliek om te vergroot

Presidente-reeks messe

Kliek om te vergroot

Ons herinner lede aan die Raad se besluit om ʼn beperkte reeks messe te laat maak om die lewende oud-presidente van SA Jagters te gedenk.

Oom Nic van der Merwe se 25 messe is reeds uitverkoop. Baie dankie aan al die lede vir julle ondersteuning.

In die tweede reeks messe van Oom Peet van Zyl is daar slegs drie messe met ‘n ivoorhef oor. Enigeen wat nog een van hierdie messe soek, kan vir Genelle kontak.

Plaas ʼn bestelling deur middel van ʼn elektroniese bankoorplasing van R2 500 in SA Jagters se bankrekening by Absa. Die rekeningnommer is 01443990077. Gebruik jou lidnommer en Peetmes as verwysing.

Die volgende mes in die reeks is die keuse van Remy Mulder waarvan produksie binnekort begin.

Volg dieselfde bestelprosedure as hierbo. Gebruik Remymes en jou lidnommer as die verwysing wanneer die bedrag van R2 500 oorgeplaas word in SA Jagters se bankrekening by Absa.

Foto’s van die messe kan hier gesien word.

SA Jagters 75-jaar Gedenkitems

Die winkel het verskeie 75 jaar gedenk items beskikbaar wat lede kan bestel:

Porselein koffiebeker R80, gholf/skietbaan handdoekie swart R90, geborduurde pet in grys, ligblou en lig khaki R110, gedrukte pet vloot blou R60, yskasmagneet R35, aluminium waterbottel R240.

Bestel hier in die aanlyn winkel.

SA Jagters 75-jaar Herdenking Sporthemp

Om die Vereniging se 75ste bestaansjaar te vier het ons ‘n poliëster sporthemp ontwerp wat elke tak, elke lid verteenwoordig.

Die hemde is soortgelyk aan die hemde wat die personeel by HuntEx gedra het, en is net op bestelling beskikbaar. Die hemde kos R400 elk.

Kliek hier om na die opsies en grootes te kyk en bestellings te plaas.

Toegewyde Status 2024

Kliek om te vergroot

Lede met toegewyde jagter- en toegewyde sportskutstatus het kans tot die einde van Oktober om aktiwiteite op die lede-administrasiestelsel van SA Jagters te registreer om hul toegewyde status te behou.

Ons het bykans 4 000 toegewyde jagters wat nog nie genoegsame aktiwiteite registreer het om hul status te behou nie. Dan is daar 4 500 toegewyde sportskuts wat nog nie genoeg aktiwiteite registreer het om hul status te behou nie.

Gaan kyk asseblief na u status op die lede-administrasiestelsel en maak seker dat u genoeg aktiwiteite registreer om die toegewyde status te behou. SA Jagters se App maak hierdie proses baie maklik en gerieflik om aktiwiteite te registreer.

Voltooi die vorm vir hulp met jou toegewyde status

Vir verdere hulp of meer inligting, skakel Petrus, Hilona of Angelique by 012-808-9300 of stuur ‘n e-pos na dedicated@sahunt.co.za of firearmsupport@sahunt.co.za of na die personeel Petrus Swart, Hilona, Angelique.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af
  • bywoning van amptelike aktiwiteite van SA Jagters
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister teken
  • voltooide jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan HuntEx-skou
  • amptelike skietgeleentheid van SA Jagters
  • skietgeleentheid by ‘n ander geakkrediteerde sportskietvereniging
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan teken
  • private skietoefening of sosiale skietgeleentheid waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan voltooi
  • diensbeurt as baanoffisier
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan die HuntEx-skou

Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.

Vuurwapenlisensie-hulplyn

Die wettige besit van vuurwapens is een van SA Jagters se hoof fokus areas. Die Vereniging bied ‘n omvattende ondersteuningsdiens aan sy lede om te verseker dat hulle altyd binne die beperkinge van die vuurwapenwet optree, het sy hulle jagters of sportskuts is. SA Jagters het ‘n toegewyde vuurwapenhulplyn om lede se vrae te beantwoord en te help met opleidingsvereistes; aansoeke vir bevoegdheidsertifikate, vuurwapenlisensies, hernuwings en endossemente; bergingspermitte; en tydelike invoer-/uitvoerpermitte.

Besoek die Aansoekproses vir Vuurwapenlisensies vir al die inligting wat jy mag nodig kry oor wettige vuurwapeneienaarskap.

Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.

Vir navrae oor opleiding, sportskiet en bevoegdheid kontak Liesel.

Nasionale Skietkampioenskappe 2024

Die volgende nasionale kampioenskappe plaas vind plaas gedurende Oktober:

  • by die Riemland-skietbaan, Bethlehem, aangebied deur die Riemland-tak.
  • by die Sure Focus skietbaan, Midvaal, aangebied deur die Suikerbosrand-, Marico Bosveld- en Frontier takke.
  • by die Excalibur-skietbaan, Welkom, aangebied deur Sandrivier-58-tak.

by die Excalibur-skietbaan, Welkom, aangebied deur Sandrivier-58-tak.

Nasionale Haelgeweerkampioenskap

Wenners Topskut - Kliek om te vergroot

Die kleie het gespat by die Browing/SA Jagters Nasionale Haelgeweerkampioenskap by die Wattlesprings Sportklub in September. Volgens die puntetelling was die kompetisie straf, maar daar kan net een wenner wees! Jacques van Rooy het met die louere weggestap. Maar wen is nie alles nie en al die deelnemers het hulle goed van hulle taak gekwyt.

Die volledige artikel en foto’s is hier beskikbaar.

Junior Shooting Championship 2024 the largest to date!

Wenners 25m Presisie Klein Kaliber - Kliek om te vergroot

SA Jagters se beste junior skuts het op 27 en 28 September 2024 meegeding aan die National Cartridge/SA Jagters Nasionale Junior Skietkampioenskap by die Excalibur-skietbaan op Welkom in die Vrystaat. Dit was SA Jagters se grootste juniorbyeenkoms tot dusver. Die reëlings was puik en die ondersteuning van ons borge het hierdie geleentheid ʼn reuse sukses gemaak.

Die volledige artikel en podium wenners se foto’s is hier beskikbaar.

Noord-Kaap Jaglisensies

Kliek om te vergroot

Die Departement van Landbou, Landelike ontwikkeling en Grondhervorming in die Noord-Kaap het die tariewe vir die jaglisensies verhoog na R200 per aansoek.

Kliek hier vir die nuwe tariewe en aansoekvorm vir jaglisensies in die Noord-Kaap

Lede se skerp oë dra by tot bewaring van spesies

Die Sightings App is ʼn handige toepassing waarmee lede hulle waarnemings van skaars en skugter spesies kan aanteken. Die data word gebruik in gesprekke oor bewaring en help ook om internasionale inligting soos die Rooidatalys by te werk. Lees die volledige artikel hier oor data wat oor die afgelope jaar op die Sightings App aangeteken is.

Gaan na die Wildlife Sightings bladsy.

Laai SA Jagters App af
Laai SA Jagters App af

SA Jagters-winkel

Ons strewe daarna om deurgaans uitstekende diens te lewer. Ons gereelde klante weet dat die SA Jagters-winkel ʼn groot verskeidenheid produkte in voorraad het, maar ons probeer ons bes om aan spesiale versoeke vir ander items te voldoen.

Lede kan ook wapenaankope oor 6 maande afbetaal sonder rente met gratis berging terwyl hulle vir vuurwapenlisensies aansoek doen.

Maak gerus ʼn draai by die SA Jagters-winkel by Inyathipark in Derdepoort, Pretoria. Ons winkel is weekdae oop tussen 08:00 en 16:30.

SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL

Tel: 012-808-9300/9340/9399

Sel/Cell: 066-032-5533

E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za

Oktober se Spesiale Aanbiedinge

Kliek om te vergroot

SA Jagters-winkel bied in Oktober spesiale afslag op Starline doppe en Fiocchi .223 Win ammunisie.

Daar is ook ʼn .30-06 Musgrave wat as goed opgepaste tweedehandse jaggeweer beskikbaar is teen ʼn baie billike prys, sowel as ʼn Barnett Raptor kruisboog.

Wildsvleisresepte

Wors, hetsy boerewors of droëwors, is ʼn gunsteling gereg of versnapering onder Suid-Afrikaners. Deesdae verkoop die meeste slaghuise en supermarkte allerhande gegeurde wors om elke smaak te bevredig. Maar niks is so lekker as jou eie boerewors of droëwors nie, gemaak met vleis van die wild wat jy self gejag het nie. Fred Camphor deel sy gunsteling resep vir tuisgemaakte braaiwors en droëwors. Die resepte is byna dieselfde met net klein variasies in die bestanddele en metode. Volg Fred se waardevolle wenke vir die beste wors en jy koop nooit weer wors by die slaghuis nie!

Indien jy jag of die gesinslid is van iemand wat jag, het jy verseker ‘n gunstelingresep waarvoor jy bekend kan word. Jy kan die eerste SA Jagters wildsvleis-sjef wees. Hierdie is ‘n langtermyn projek met die doel om ons lede as ‘n gemeenskap betrokke te kry.

Ons beplan ‘n toegewyde afdeling op die webwerf en op Facebook om lede se talent in die bos of kombuis te deel. Stuur jou resep saam met ‘n kort agtergrondstorie (bv. was dit jou ouma se resep), foto van jou en jou gereg, die bestanddele en voorbereidingsmetode in. Enige resep is welkom, solank dit wildsvleis bevat. Stuur dit na Marette.

Freddy Hirsch

Freddy Hirsch se produkte wat speserye vir biltong, boerewors, droëwors en burgers insluit, kan nou direk aanlyn van die SA Jagters-winkel bestel word. Lede kwalifiseer vir afslag op al die Freddy Hirsch-produkte. Bestel hier.

Die Freddy Hirsch Group het vir ons ‘n paar geskenkpakke/hampers geborg om uit te deel aan ons lede. As jy eerder gouer as later jou resep inskryf, staan jy ‘n kans om een van hierdie pakke te wen.

Amateur Fotografiekompetisie

Foto©Dirk Swanepoel - Kliek om te vergroot

Die 2024 Fotografiekompetisie is goed op dreef. Lede vind die nuwe inskrywingsmetode baie gerieflik. Al die wysigings tot die 2024 Fotografie-kompetisie is vervat in die inligting en reëls.

Kyk gerus na die foto’s in verskillende kategorieë wat reeds in 2024 toekennings ontvang het.

Kontak Marette vir enige navrae.

Fotografieklub op Facebook

Foto©Rachelle van Niekerk - Kliek om te vergroot
Die tema van ons volgende opwindende uitdaging is aksie en beweging. Dit sluit in mense, diere, voëls, reptiele en insekte in die natuur in Suider-Afrika. Die aksie/beweging kan gevries wees, of vervaag (blurred) wees, solank die kyker die gevoel van beweging kry. Hierdie uitdaging sal lede uitdaag om tegniek toe te pas.

Nooi gerus die lede in jou tak, vriende en familie uit om by die groep aan te sluit. Dit is ’n gesellige interaktiewe groep waar lede voorstelle en kommentaar kan instuur.

Kontak Marette vir enige navrae.

Jonsson Workwear-aanbod

Kliek om te vergroot

Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.

Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.

  • Hierdie aanbod is slegs van toepassing vir persoonlike gebruik. ʼn Onderneming se besonderhede mag nie op die faktuur verskyn nie, slegs dié van SA Jagters. Die rekeningnommer vir hierdie aanbod is: SAHU004
  • Lede mag nie hulle ledekaart vir vriende of familie leen om van hierdie aanbod gebruik te maak nie. Bewys van lidmaatskap en ID moet met elk aankoop getoon word.
  • Lede kan hulle ledekaartjies op die SA Jagter App kry.

Vind ‘n winkel naby jou hier.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Magnum Safes bied 5% aflag vir lede

Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters

Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.

Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

ASI bied 10% afslag aan lede

Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag

Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Kommersiële aanbiedings vir lede

Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks ​​in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.

Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.

Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.

Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.

Kontak Marette Bennett

sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Craftbraai bied lede 10%-afslag

The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

StediLens bied lede 10%-afslag

A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Peter’s Guide Books bied lede 10%-afslag

  • Detailed maps and GPS co-ordinates of all points of interest.
  • English, Afrikaans, German and Latin names of trees, animals and birds.
  • Meaning of place names.
  • Instant identification of trees, geological formations and historical connections.
  • Interesting facts and photos of animals and common birds.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

A Line Tours Pty Ltd bied lede 10%-afslag

A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.

Kontak:

Francois Annandale by 071 932 6125

vir ‘n kwotasie

(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Tyremart Hatfield bied lede 'n ekstra 3%-afslag

Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield

Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets

Om ‘n afspraak te maak, kontak:

Johan by 082 564 8222

of Lourens by 072 591 0926

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

error: Content is protected !!