INYATHIPARK NUUS

about

(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)

Nuusbrief Oktober/November 2024

13 November 2024

Geagte kollega

Verlede maand het ek geskryf dat lente in die lug is, maar die Kaap bly nat en koud en die reën is skaars in die sentrale, noordelike en oostelike provinsies. Gelukkig lyk dit of November 2024 ander weerpatrone kan bring.

NTVF en Kongres

Ons het op 1 November die NTVF en Kongresdinee gehou met die kongres op Saterdag 2 November. Al hierdie verrigtinge het suksesvol en glad afgeloop.

Dave Hayter is tot VP Jagsake verkies vir ʼn termyn van twee jaar. Baie geluk Dave, ons wens jou ook sterkte toe met die werk vir die termyn wat voorlê.

Ek het verneem dat sommige gaste nie ʼn hoofgereg en/of nagereg bedien is tydens die dinee nie. Ek bied baie groot verskoning aan hiervoor. Ek en Dorothy het dit met die WNNR-konferensiesentrum se bestuur bespreek en ons onderneem dat dit nie weer sal gebeur nie.

Volg die skakel na die toekennings oorhandig tydens die Kongressdinee:
Toekennings Kongresdinee

Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

Wenners van die gedenkgewere

Click to enlarge

Ralph Badenhorst (Sr. and Jr.) presented the two commemorative rifles, made specifically to celebrate SA Hunters’ 75th anniversary, to Basie Berg, president of SA Hunters, during the association’s congress dinner on 1 November.

Die trekking vir die twee pragtige gedenkgewere – ’n .275 Rigby (7X57) en .416 Rigby wat deur Ralph Badenhorst gebou is om die 75ste bestaansjaar van SA Jagters te herdenk, is by die Kongres gedoen.

Die .275 Rigby is gewen deur Rudi Campbell, lidnommer 060293 van Centurion-tak.

Die .416 Rigby is gewen deur Hannes Wagner, lidnommer 051705 van Pretoria-oos-tak.

Rudi en Hannes, geniet die twee spesiale gewere! Baie dankie aan alle lede wat die projek ondersteun en kaartjies gekoop het.

Gelukkige Trekking Buffeljag 2025

Kliek om te vergroot

SA Jagters se Buffeljagkompetisie vir 2025 is by die Kongres op 2 November 2024 bekendgestel. Hierdie buffeljag sal van 9 tot 18 April 2025 langs die Kavangorivier plaasvind.

  • Retoervlugte van OR Tambo tot Kasane in Botswa
  • Padvervoer van Kasane na die jaggebied
  • Jag van buffelbul, blouwildebeesbul en Chapman se Sebra in Bolerwa gemeenskapsbewarea aangebied deur Ndumo Safari’s
  • Alle verblyf, etes en verversings vir 7 jagdae
  • Twee nagte verblyf in Caprivi River Lodge (etes en drinkgoed uitgesluit)
  • Een dag voëlkyk of visvang op die Kavangorivier
  • Dip en verpak van trofeë en vervoer na Windhoek deur Erongo Taksidermie
  • Versending van trofeë na RSA deur Yellow Shark Logistics
  • Skouermontering van buffel deur Custos Taksidermie
  • Sluitingsdatum: 28 Maart 2025
  • Trekkingdatum: 1 April 2025
  • Jag vind plaas: 8 tot 17 April 2025

Koop kaartjies hier op Quicket

of

Betaal veelvoude van R100 in SA Jagters se bankrekening by:

  • Absa (632005) Rekeningnr: 01443990077 of 1443990077 (sommige banke gebruik nie die ‘0’ nie)
  • Verwysing: Buffel en selfoonnommer
  1. Die beoordelaars se beslissing is finaal, en geen briefwisseling sal gevoer word nie.
  2. Die prys of enige deel daarvan mag nie vir kontant omgeruil word nie.
  3. Die prys of enige deel daarvan is nie oordraagbaar na ‘n ander persoon nie.
  4. Die pryswenner en sy/haar metgesel moet voldoen aan alle toepaslike gesondheidsprotokolle vir die bestemming.
  5. Indien gesondheidsregulasies of enige ander rede die wennerse reis na die land van bestemming verhoed, mag die beoordelaars besluit om dit na die volgende jaar oor te dra.
  6. Die pryswenner en sy/haar metgesel moet kwalifiseer vir en in staat wees om visums te bekom om na die land waar die jagbestemming is te reis.
  7. Die pryswenner en sy/haar metgesel is verplig om vrywaringsvorms te onderteken voordat hulle die prys opeis.
  8. ʼn Beroepsjagter of jagoperateur sal die diere wat gejag mag word identifiseer en uitwys. Geen ander diere mag gejag word nie. Jagbare diere van die betrokke spesies sal hoofsaaklik ouer diere wees wat nie meer reproduseer nie. Daar is geen waarborg van die grootte van trofeediere wat gejag word nie.
  9. Deelnemers moet geldige paspoorte hê met voldoende oop bladsye teen die datum wanneer die trekking vir die prys plaasvind. Die paspoort moet minstens nog ses maande geldig wees ná die laaste datum van die jag. Paspoorte moet geldig wees tot einde Oktober 2025.
  10. Slegs persone 16 jaar en ouer mag aan die kompetisie deelneem.
  11. Deelnemers aan hierdie kompetisie gee outomaties toestemming om in die toekoms bemarkingsmateriaal van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, SA Jagter/Hunter-tydskrif via SMS en/of e-pos en/of WhatsApp te ontvang.
  12. Indien daar teen die sluitingsdatum nie genoeg kaartjies verkoop word nie, mag die organiseerders die prys vervang.
  13. Die wenner en sy/haar metgesel verleen toestemming dat SA Jagter/Hunter-tydskrif en die SAJWV-nuusbrief hul name publiseer en dat die organiseerders foto’s, video’s en inligting oor die jag na hul diskresie mag gebruik.
  14. Die wenner en sy/haar metgesel moet bereid wees om hulle jagervaring te deel vir ʼn artikel wat SA Jagters na goeddunke mag publiseer, versprei of verkoop.
  15. Die wenner en metgesel is verantwoordelik om die korrekte reisdokumente gereed te hê, en toe te sien dat mediese sertifikate, paspoorte, visums en volledige geboortesertifikate geldig is en voldoen aan die vereistes van die land waarheen hulle reis.
  16. Weens gereelde veranderinge in die vereistes by grensposte word reisigers aangeraai om die toepaslike ambassade kontak vir die jongste akkurate inligting.
  17. Deelnemers en hul metgeselle moet voorsiening maak vir omvattende reisversekering om enige onvoorsiene omstandighede te dek.
  18. Sodra vlugte bespreek is, word geen naamsveranderinge toegelaat nie.
  19. Ingeboekte bagasie op ALLE roetes is beperk tot 21 kg.
  20. Vlugte moet bevestig word.
  21. Verblyf: Sobbe Community Conservancy. Besoek https://huntingsafaris.net/sobbe-conservancy/ vir meer inligting.

Hierdie lotery is by die Nasionale Loterykommissie geregistreer: NLC NO: 00303/11

Presidente-reeks messe

Kliek om te vergroot

Enkele messe oor van Oom Peet en Oom Remy

Lede kan nog steeds van die tweede en derde reeks messe bestel om die lewende oud-presidente van SA Jagters te gedenk.

In die tweede reeks messe van Oom Peet van Zyl is daar slegs twee messe met ‘n ivoorhef oor. Enigeen wat nog een van hierdie messe soek, kan vir Genelle kontak.

In die derde reeks messe van Oom Meny Mulder is daar slegs vyf messe. Enigeen wat nog een van hierdie messe soek, kan ook vir Genelle kontak.

Foto’s van die messe kan hier gesien word.

SA Jagters 75-jaar Gedenkitems

Die winkel het verskeie 75 jaar gedenk items beskikbaar wat lede kan bestel:

Porselein koffiebeker R80, gholf/skietbaan handdoekie swart R90, geborduurde pet in grys, ligblou en lig khaki R110, gedrukte pet vloot blou R60, yskasmagneet R35, aluminium waterbottel R240.

Bestel hier in die aanlyn winkel.

Toegewyde Status 2024

Kliek om te vergroot

Lede met toegewyde jagter- en toegewyde sportskutstatus het kans gehad tot 31 Oktober 2024 om aktiwiteite op die lede-administrasiestelsel van SA Jagters te registreer om hul toegewyde status te behou.

Daar is egter na einde Oktober 2024 steeds 2 599 toegewyde jagters en 2 669 toegewyde sportskuts wat nog nie genoegsame aktiwiteite registreer het om hul status te behou nie.

Hierdie lede gaan eersdaags briewe ontvang met die versoek dat hulle die laaste kans benut om die nodige aktiwiteite te registreer om hulle toegewyde status te behou. Gee asseblief dringend aandag daaraan indien u een van daardie lede is.

Vir verdere hulp of meer inligting, skakel Petrus, Hilona of Angelique by 012-808-9300 of stuur ‘n e-pos na dedicated@sahunt.co.za of firearmsupport@sahunt.co.za of na die personeel Petrus Swart, Hilona, Angelique.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af
  • bywoning van amptelike aktiwiteite van SA Jagters
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister teken
  • voltooide jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan HuntEx-skou
  • amptelike skietgeleentheid van SA Jagters
  • skietgeleentheid by ‘n ander geakkrediteerde sportskietvereniging
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan teken
  • private skietoefening of sosiale skietgeleentheid waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan voltooi
  • diensbeurt as baanoffisier
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan die HuntEx-skou

Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.

Vuurwapenlisensie-hulplyn

Die wettige besit van vuurwapens is een van SA Jagters se hoof fokus areas. Die Vereniging bied ‘n omvattende ondersteuningsdiens aan sy lede om te verseker dat hulle altyd binne die beperkinge van die vuurwapenwet optree, het sy hulle jagters of sportskuts is. SA Jagters het ‘n toegewyde vuurwapenhulplyn om lede se vrae te beantwoord en te help met opleidingsvereistes; aansoeke vir bevoegdheidsertifikate, vuurwapenlisensies, hernuwings en endossemente; bergingspermitte; en tydelike invoer-/uitvoerpermitte.

Besoek die Aansoekproses vir Vuurwapenlisensies vir al die inligting wat jy mag nodig kry oor wettige vuurwapeneienaarskap.

Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.

Vir navrae oor opleiding, sportskiet en bevoegdheid kontak Liesel.

Limited Bolt Action Kampioenskap

Die Limited Bolt Action kampioenskap was op 12 Oktober 2024 met die Riemland-tak as gasheer op die Riemland-skietbaan te Bethlehem in die Vrystaat aangebied en 48 skuts het deelgeneem met gewere in die volgende vier klasse: standaard, ope, semi-outomaties en .223/.222.

Artikel en die resultate hier.

Multidissipline Sportskietkampioenskap (MDS)

Die Multidissipline Sportskietkampioenskap (MDS) is op 18 en 19 Oktober 2024 deur die Suikerbosrand-, Marico Bosveld- en Frontier-takke op die Sure Focus skietbaan by Meyerton, Gauteng aangebied. 128 skuts het oor twee dae met handwapens deelgeneem aan hierdie dinamiese skietdissipline op 12 verskillende bane wat die skuts se vaardighede deeglik getoets het.

Artikel en die resultate hier.

Sportskietkampioenskap

Die 2024 Sportskietkampioenskap het vanjaar ʼn nuwe era ingelei met die aanbied van ʼn suidelike en ʼn noordelike kampioenskap wat voortaan meer lede sal aanmoedig om aan hierdie dissipline deel te neem. 

Die Sportskietkampioenskap is vanjaar vir die eerste keer in ʼn noordelike (aangebied deur Sandrivier-58-tak) en suidelike byeenkoms (aangebied deur Tafelberg-tak) verdeel om lede aan te moedig om landwyd op streek- en nasionale vlak aan skietaktiwiteite deel te neem.

Artikel en die resultate hier.

International Gallery Rifle (IGRF) Kampioenskap

Die International Gallery Rifle (IGRF) kampioenskap het ook op 26 Oktober 2024 saam met die noordelike sportskietkampioenskap by die Excalibur-skietbaan op Welkom plaasgevind, aangebied deur Sandrivier-58-tak.

Artikel en die resultate hier.

Nasionale opname oor swartwitpense en bastergemsbokke

Lede van die wildbedryf word genooi om deel te neem aan die opname oor swartwitpense en bastergemsbokke om die status van hierdie spesies vir die nuwe rooidatalys vir soogdiere te bepaal.

Lees die artikel hier

Lees in die Oktober/November uitgawe:

  • Afrika-lande bespreek die voordele en uitdagings van jag
  • Toekennings: Orde van die Buffel Goud en taktoekenning
  • Nasionale opname oor Swartwitpense en bastergemsbokke
  • Noordwes lei gespreking oor die groei vir die biodiversiteitsekonomie

 

SA Jagters-winkel

Ons strewe daarna om deurgaans uitstekende diens te lewer. Ons gereelde klante weet dat die SA Jagters-winkel ʼn groot verskeidenheid produkte in voorraad het, maar ons probeer ons bes om aan spesiale versoeke vir ander items te voldoen.

Lede kan ook wapenaankope oor 6 maande afbetaal sonder rente met gratis berging terwyl hulle vir vuurwapenlisensies aansoek doen.

Maak gerus ʼn draai by die SA Jagters-winkel by Inyathipark in Derdepoort, Pretoria. Ons winkel is weekdae oop tussen 08:00 en 16:30.

SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL

Tel: 012-808-9300/9340/9399

Sel/Cell: 066-032-5533

E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za

Onthou ons geskenkbewyse is die perfekte verrassing hierdie Kersfees!

Spesiale Aanbiedinge November

Kliek om te vergroot

Spaar R6 300 op ’n Sako 90 Hunter .375 vir R51 999 (voorheen R58 300). Die Sako 90 Hunter het wêreldklas Sako-kenmerke, insluitend legendariese Sako-akkuraatheid, gladde slotaksie en perfekte balans – ‘n formidabele geweer om te besit en mee te skiet. Kliek hier

Slagdoppies: Beperkte voorraad White River Large Rifle Primers (100) teen R346. Kliek hier Lede kry 10% afslag.

Somchem S121 in voorraad teen R649. Kliek hier Lede kry 10% afslag.

Besoek ons webwerf vir  ’n verskeidenheid produkte van Ruger, Sako, Tikka, Sauer & Sohn.

Spesiale afslag op alle Canik-vuurwapens in November. Vra ons vir meer inligting oor afbetaalopsies.

SA Jagters se takke kan pette en hemde met hulle takke se logo bestel. Navrae: shop@sahunt.co.za

Wildsvleisresepte

Beproefde wildsvleis en kampvuurdisse

Bederf jouself of ʼn vriend met Leoné de Lange se bygewerkte resepteboek, Wildsvleis en Kampvuurdisse 2, en verfyn jou kookvernuf vir watertandwildsvleisgeregte. ʼn Spesiale prys van tot 40% afslag net vir lede is van toepassing tot 31 Desember.

Bestellings kan hier geplaas word.

Amateur Fotografiekompetisie

Kliek om te vergroot

Die 2024 Fotografiekompetisie is goed op dreef. Lede vind die nuwe inskrywingsmetode baie gerieflik. Al die wysigings tot die 2024 Fotografie-kompetisie is vervat in die inligting en reëls.

Kyk gerus na die foto’s in verskillende kategorieë wat reeds in 2024 toekennings ontvang het.

Kontak Marette vir enige navrae.

Fotografieklub op Facebook

Kliek om te vergroot

Nooi gerus die lede in jou tak, vriende en familie uit om by die groep aan te sluit. Dit is ’n gesellige interaktiewe groep waar lede voorstelle en kommentaar kan instuur.

Kontak Marette vir enige navrae.

Jonsson Workwear-aanbod

Kliek om te vergroot

Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.

Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.

  • Hierdie aanbod is slegs van toepassing vir persoonlike gebruik. ʼn Onderneming se besonderhede mag nie op die faktuur verskyn nie, slegs dié van SA Jagters. Die rekeningnommer vir hierdie aanbod is: SAHU004
  • Lede mag nie hulle ledekaart vir vriende of familie leen om van hierdie aanbod gebruik te maak nie. Bewys van lidmaatskap en ID moet met elk aankoop getoon word.
  • Lede kan hulle ledekaartjies op die SA Jagter App kry.

Vind ‘n winkel naby jou hier.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Magnum Safes bied 5% aflag vir lede

Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters

Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.

Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

ASI bied 10% afslag aan lede

Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag

Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Kommersiële aanbiedings vir lede

Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks ​​in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.

Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.

Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.

Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.

Kontak Marette Bennett

sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Craftbraai bied lede 10%-afslag

The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

StediLens bied lede 10%-afslag

A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Peter’s Guide Books bied lede 10%-afslag

  • Detailed maps and GPS co-ordinates of all points of interest.
  • English, Afrikaans, German and Latin names of trees, animals and birds.
  • Meaning of place names.
  • Instant identification of trees, geological formations and historical connections.
  • Interesting facts and photos of animals and common birds.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

A Line Tours Pty Ltd bied lede 10%-afslag

A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.

Kontak:

Francois Annandale by 071 932 6125

vir ‘n kwotasie

(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Tyremart Hatfield bied lede 'n ekstra 3%-afslag

Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield

Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets

Om ‘n afspraak te maak, kontak:

Johan by 082 564 8222

of Lourens by 072 591 0926

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

error: Content is protected !!