INYATHIPARK NUUS

about

(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)

Nuus Julie 2024

6 Augustus 2024

Geagte kollega

Julie het ons goed laat verstaan dat ons nou in die middel van die winter is.

Ek het die voorreg gehad om die afgelope naweek by ʼn ou vriend in De Aar se omgewing te gaan springbok jag. Nooit gedink aan buffel nie, totdat twee befoeterde buffelbulle drie manne, wat eintlik net na trofeespringbokramme gesoek het, in oop Karooveld onder die stof geloop het. Ek het weer eens geleer dat jy, waar ook al in die veld, behoorlik op jou hoede moet wees, maar dan gebeur die onverwagte steeds. Gelukkig net een man se knie wat sleg seergekry het en reggemaak moet word. Daarvoor is ons dankbaar. Die res wys blou kolle en kla oor seer lywe maar het oorleef om die storie te vertel.

Lees in die Julie-nuusbrief meer oor twee nuwe  aanbiedinge met Jonsson Workwear en Dorper VOSP Kaapse Brandewyn en al die kompetisies wat SA Jagters vir lede beding het. Augustus is Vrouemaand en SA Jagters doen moeite om ons vrouelede te bederf. Gaan kyk gerus na die sportskietkalender vir Augustus tot Oktober wanneer ons beste skuts sal meeding vir die kampioenskaptitels.

Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

SA Jagters 75-jaar oud

Dae
Ure
Minute

In Oktober 2024 sal SA Jagters 75 jaar oud wees. Die vereniging is op 1 Oktober 1949 in die koffiehuis van die Nasionale Dieretuin in Pretoria gestig. Om hierdie geleentheid te herdenk het die Raad van SA Jagters besluit om die volgende te doen:

Kongres 2024

Die program vir SA Jagters se kongres 2024 by die WNNR se konferensiesentrum sal voorsiening maak vir:

  • Die NTVF op Vrydag 1 November 2024.
  • ‘n Dinee met ʼn gasspreker, ook by die WNNR-konferensiesentrum op Vrydagaand.
  • Die kongres op Saterdagoggend 2 November 2024.

Takke sal vanjaar gaste kan nooi om die dinee by te woon. Die koste vir gaste wat Takke na die dinee wil nooi, is R1 500 per persoon. Hierdie beloof om ‘n besondere geleentheid te wees.

SA Jagters sal die koste dra van afgevaardigdes wat vooraf bespreek om die kongres by te woon. Beplan asseblief vroegtydig vir hierdie geleentheid.

Nominasies

Die eerste kennisgewing vir die kongres wat ook die uitnodiging na nominasies vir toekennings en nominasies vir die pos van VP Jagsake insluit, is reeds na Takvoorsitters gestuur.

Gedenkgewere Gelukkige Trekking

SA Jagters vier die Vereniging se 75ste herdenking met twee spesiale gewere wat lede in ‘n gelukkige trekking kan wen. Die gewere word gebou in die klassieke Rigby-styl en kalibers – ’n .275 Rigby (7X57) met ʼn minimum waarde van sowat R80 000, en ʼn .416 Rigby wat minimum sowat R180 000 werd is. Beide gewere se kolwe is van gehalte Turkse okkerneuthout.

Lees meer hier oor die gewere.

Kaartjies kos R50 elk en daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie.

Jy hoef nie teenwoordig te wees met die trekking om te wen nie. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.

  • Sluitingsdatum: 31 Oktober 2024
  • Trekkingdatum: 2 November 2024

Betaal veelvoude van R50 in SA Jagters se bankrekening by:

  • Absa (632005) Rekeningnr: 01443990077 of 1443990077 (sommige banke gebruik nie die ‘0’ nie)
  • Verwysing: 275Rigby en jou lidnommer
  • of verwysing: 416Rigby en jou lidnommer
  1. Hierdie gedenkgewere gelukkige trekking is uitsluitlik vir opbetaalde lede van SA Jagters.
  2. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gewissel word nie.
  3. Die prys, of enige deel daarvan, mag nie vir kontant verruil word nie.
  4. Die prys, of ʼn deel daarvan, is oordraagbaar na ʼn ander individu volgens die diskresie van die organiseerders.
  5. Die wenner moet ʼn bevoegdheidsertifikaat hê om vuurwapen te besit of aansoek doen vir een.
  6. Die wenner moet ʼn vuurwapenlisensie besit voordat die geweer oorhandig word.
  7. Deelnemers moet 16 jaar en ouer wees om aan hierdie kompetisie te kan deelneem.
  8. Diegene wat vir hierdie kompetisie inskryf, gee toestemming om bemarkingsmateriaal van SA Jagters via SMS en/of e-pos en/of WhatsApp te ontvang, en hulle inligting sal by kontaklyste gevoeg word.
  9. Indien onvoldoende aantal kaartjies teen die sluitingdatum verkoop is, mag die organiseerders die prys vervang.
  10. Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee die wenner die organiseerder toestemming om sy/haar naam, foto’s, videomateriaal en inligting na goeddunke te gebruik.
  11. SA Jagters aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van die gewere wat as pryse in hierdie kompetisie aangebied word nie.

Hierdie lotery is by die Nasionale Loterykommissie (NLC-nommer) geregistreer: Skema No: 00303/12

Wen 'n Tiervis hengelekspedisie op die Chobe-rivier - sluitingsdatum 31 Augustus

Kliek om te vergroot

Wen die ervaring van ‘n leeftyd! Koop ʼn kaartjie vir R100 en staan ʼn kans om ‘n tiervis hengelekspedisie ter waarde van R135 000 vir vier persone op die Chobe-rivier in noordelike Namibië te wen waar Namibië, Zambië, Zimbabwe en Botswana bymekaarkom. Die ligging is idillies met boottoegang tot meer as 100 km se vaarwater en kanale op die Chobe- en Zambezi-riviere.

Kyk na foto’s van die lodge en rivier hier.

Kaartjies kos R100 elk en daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie.

  • Retoervlugte vanaf OR Tambo-lughawe in Johannesburg
  • Vervoer na lodges per boot en voertuig
  • 3 dae van begeleide tiervis-hengel
  • Eksklusiewe verblyf in lugversorgde safari-tente by die afgeleë Ichingo Chobe River Lodge op Impalila-eiland aan die Namibiese kant van die Chobe-rivier
  • Maaltye, plaaslike bier en wyn, koeldrank en water by Ichingo Chobe River Lodge
  • Die gebruik van hengeltoerusting vir die ekspedisie
  • Begeleide ekskursies per boot om wild en voëls te besigtig
  • Begeleide (nie-professionele) fotografie-safari op die water.
  • Begeleide kultuurtoere na ‘n plaaslike dorp
  • Sluitingsdatum: 31 Augustus 2024.
  • Trekkingdatum: 2 September 2024.
  • Ekspedisiedatums: 26 tot 30 September 2024
  • Gaan na Quicket hier
  • of betaal veelvoude van R100 in die SAJWV se bankrekening by:
    • Absa (632005) Rekeningnr: 01443990077 of 1443990077 (sommige banke gebruik nie die ‘0’ nie)
    • Verwysing: TIG en jou selfoonnommer.

Hierdie lotery is by die Nasionale Loterykommissie (NLC-nommer 00303/10) geregistreer.

Jy hoef nie teenwoordig te wees met die trekking om te wen nie. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word. Maak net seker jou paspoort is geldig.

Lees die bepalings en voorwaardes by www.manmagnum.com

SA Jagters 75-jaar Gedenkitems

Die winkel het verskeie 75 jaar gedenk items beskikbaar wat lede kan bestel:

Kwaliteit blikbeker R90, porselein koffiebeker R80, gholf/skietbaan handdoekie swart R90, geborduurde pet in grys, ligblou en ligkaki R110, gedrukte pet vloot blou R60, yskasmagneet R35, aluminium waterbottel R240.

Bestel hier in die aanlyn winkel.

SA Jagters 75-jaar Herdenking Sporthemp

Om die Vereniging se 75ste bestaansjaar te vier het ons ‘n poliëster sporthemp ontwerp wat elke tak, elke lid verteenwoordig.

Die hemde is soortgelyk aan die hemde wat die personeel by HuntEx gedra het, en is net op bestelling beskikbaar. Die hemde kos R400 elk.

Kliek hier om na die opsies en grootes te kyk en bestellings te plaas.

Jonsson Workwear-aanbod

Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.

Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.

  • Hierdie aanbod is slegs van toepassing vir persoonlike gebruik. ʼn Onderneming se besonderhede mag nie op die faktuur verskyn nie, slegs dié van SA Jagters. Die rekeningnommer vir hierdie aanbod is: SAHU004
  • Lede mag nie hulle ledekaart vir vriende of familie leen om van hierdie aanbod gebruik te maak nie. Bewys van lidmaatskap en ID moet met elk aankoop getoon word.
  • Lede kan hulle ledekaartjies op die SA Jagter App kry.

Vind ‘n winkel naby jou hier hier.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Presidente-reeks messe

Kliek om te vergroot

Ons herinner lede aan die Raad se besluit om ʼn beperkte reeks messe te laat maak om die lewende oud-presidente van SA Jagters te gedenk.

Oom Nic van der Merwe se 25 messe is reeds uitverkoop. Baie dankie aan al die lede vir julle ondersteuning.

In die tweede reeks messe van Oom Peet van Zyl is daar slegs vyf messe met ‘n ivoorhef oor. Enigeen wat nog een van hierdie messe soek, moet so gou moontlik bestel om teleurstelling te voorkom.

Plaas ʼn bestelling deur middel van ʼn elektroniese bankoorplasing van R2 500 in SA Jagters se bankrekening by Absa. Die rekeningnommer is 01443990077. Gebruik jou lidnommer en Peetmes as verwysing.

Die volgende mes in die reeks is die keuse van Remy Mulder waarvan produksie binnekort begin.

Volg dieselfde bestelprosedure as hierbo. Gebruik Remymes en jou lidnommer as die verwysing wanneer die bedrag van R2 500 oorgeplaas word in SA Jagters se bankrekening by Absa.

Foto’s van die messe kan hier gesien word.

Vrouedag 9 Augustus 2024

Nasionale Vrouedag (9 Augustus) is om die draai en soos in die verlede vier SA Jagters en die takke die maand Augustus met groot geesdrif. Gaan kyk gerus hier vir spesiale skietdae vir die vroue wat van ons takke gedurende daardie naweek aanbied.

Takke kan inligting oor hulle Vrouedagaktiwiteite stuur na marette@sahunt.co.za

Die nasionale kantoor het ‘n paar SA Jagters geskenkpakkies om weg te gee. Vir ʼn kans om een van hierdie geskenkpakkies te wen, stuur ’n foto van jouself (of ʼn selfie) waar jy in die natuur, in die jagveld, by die skietbaan (of agter die kamera) is. Ons wil ’n collage maak van al hierdie spesiale foto’s.

Stuur jou foto na dorothy@sahunt.co.za of na marette@sahunt.co.za en plaas dit op jou tak se Facebook-bladsy met die hashmerk #SAJagtersvrouedag. Merk ook vir Dorothy of vir Marette.

Vrouemaand aanbieding

Gedurende Augustus vier die SA Jagters-winkel Vrouemaand en Vrouedag (9 Augustus) met ʼn kompetisie waarin vrouelede ʼn leervoorskoot ter waarde van R999 met enige aankoop van meer as R2000 kan wen. Daar is egter altyd spesiale aanbiedinge vir al ons lede.

Vuurwapenlisensie-hulplyn

Die wettige besit van vuurwapens is een van SA Jagters se hoof fokusareas. Die Vereniging bied ‘n omvattende ondersteuningsdiens aan sy lede om te verseker dat hulle altyd binne die beperkinge van die vuurwapenwet optree, hetsy hulle jagters of sportskuts is. SA Jagters het ‘n toegewyde vuurwapenhulplyn om lede se vrae te beantwoord en te help met opleidingsvereistes; aansoeke vir bevoegdheidsertifikate, vuurwapenlisensies, hernuwings en endossemente; bergingspermitte; en tydelike invoer-/uitvoerpermitte.

Besoek die Aansoekproses vir Vuurwapenlisensies vir al die inligting wat jy mag nodig kry oor wettige vuurwapeneienaarskap.

Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.

Vir navrae oor opleiding, sportskiet en bevoegdheid kontak Liesel.

Toegewyde Status 2024

Kliek om te vergroot

SA Jagters het tans 13 335 toegewyde jagters waarvan slegs 7 650 reeds die twee aktiwiteite in 2024 geregistreer het om toegewyde status vir die jaar te behou.

Verder is daar 11 620 toegewyde sportskuts waarvan slegs 5 211 reeds die drie aktiwiteite geregistreer het om hul toegewyde status te behou.

Ons herinner lede om die nodige aktiwiteite te registreer om toegewyde status te behou. Die SA Jagters App maak hierdie proses baie maklik en gerieflik.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.

  • bywoning van amptelike aktiwiteite van SA Jagters
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister teken
  • voltooide jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan HuntEx-skou
  • amptelike skietgeleentheid van SA Jagters
  • skietgeleentheid by ‘n ander geakkrediteerde sportskietvereniging
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan teken
  • private skietoefening of sosiale skietgeleentheid waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan voltooi
  • diensbeurt as baanoffisier
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan die HuntEx-skou

Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.

Nasionale skietkompetisies

SA Jagters se 2024 streekskietkompetisies vir die verskillende skietdissiplines in die President- en Spanskietkompetisies het einde Junie geëindig. Die haelgeweer-skietkompetisies is teen einde Julie afgehandel terwyl die res van die sportskietdissiplines in Augustus eindig.

Vanaf Augustus tot Oktober 2024 vind die volgende nasionale kampioenskappe plaas vir skuts wat gekwalifiseer het:

Kliek om meer te lees

  • by die CMH Sport Shooters Retreat skietbaan, Midvaal Gauteng, aangebied deur Suikerbosrand-tak. Hierdie kampioenskap word geborg deur Safari & Outdoor.
  • by die CMH Sport Shooters Retreat skietbaan, Midvaal, Gauteng, aangebied deur Suikerbosrand-tak, en geborg deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente. Hulle bied ʼn unieke diens aan lede van SA Jagters bo en behalwe die borgskap van die Nasionale Presidentskietkampioenskap. Kyk gerus hier na hulle aanbod.
  • by die Wattlespring Sports Club aangebied deur die Pretoria-Oos-tak.
  • by die Excalibur-skietbaan, Welkom, aangebied deur Sandrivier-58-tak.
  • by die Riemland-skietbaan, Bethlehem, aangebied deur die Riemland-tak.
  • by die Sure Focus skietbaan, Midvaal, aangebied deur die Suikerbosrand-, Marico Bosveld- en Frontier takke.
  • by die Excalibur-skietbaan, Welkom, aangebied deur Sandrivier-58-tak.

by die Excalibur-skietbaan, Welkom, aangebied deur Sandrivier-58-tak.

Borge ondersteun Nasionale Intertak-spanskiet- en Presidentskietkampioenskap

SA Jagters het daarin geslaag om vroeg in 2024 reeds borge te bevestig vir twee van die grootste nasionale skietkompetisies nl. die nasionale Intertak Spanskiet- en die Presidentskietbyeenkomste. Suikerbosrand-tak bied vanjaar beide kompetisies aan.

Safari & Outdoor borg die Intertak Spanskiet en Eksekuteurs vir Boedels en Testamente borg die Presidentskiet.

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente bied ‘n unieke diens aan lede van SA Jagters bo en behalwe die borgskap van die Nasionale Presidentskiet. Kyk gerus hier na hulle aanbod.

IGRF-bekendstellingskietdag

SA Jagters se Impala-tak het op 27 Julie en op 3 Augustus 2024 IGRF-bekendstellingskietdae by die Bluegum Valley-skietbaan aangebied.

Die International Gallery Rifle Federation word tradisioneel met semi-outomatiese .22 randslag- en hefboomaksiegewere en pistoolkaliber karabyne geskiet. Vir meer inligting oor die IGRF-skietdissiplines, bel André van Heerden by 082 319 3534 of William Chandler by 083 302 4758

Geakkrediteerde Jagpakkette 2024

Met die jagseisoen nog in volle swang, kan jagters gerus die volgende jagpakkette oorweeg wat nog beskikbaar is:

  • Voëljagpakkette #7 in die Vrystaat en #8 in die Noordwes (teen afslagpryse)
  • Jagpakkette #13 wat trofeediere insluit en #14 in Rust De Winter
  • Jagpakket #16, die Macnab-uitdaging in die Oos-Kaap.

Biodiversiteitswet 2024

SA Jagters het kommentaar ingedien op die Konsep Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteitswet 2024, wat Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO) op 24 Mei 2024 in die Staatskoerant gepubliseer het. Die Vereniging is veral bekommerd dat die DBVO die meeste van die kernaspekte uitgelaat het om dit eers later in regulasies, lyste, kennisgewings en norme en standaarde te hanteer. Die inherente beperkings in die DBVO se openbare deelnameprosesse is kommerwekkend. 

Lees SA Jagters se kommentaar hier

Bestuursplan vir Renosters

Die bewaringsbestuurder, Lizanne Nel, het deelgeneem aan ‘n werksessie oor die Konsep Wit- en Swartrenoster Biodiversiteitsbestuursplan. Sy het die belangrike rol beklemtoon wat die private sektor speel in die bewaring van renosters in Suid-Afrika. Sy het ook haar kommer uitgespreek dat die bestuursplan nie hierdie aspek voldoende uitlig en op sy suksesse bou terwyl dit die uitdagings aanspreek nie. Daar is meganismes nodig om renostereienaars te motiveer wat vrylopende bevolkings in hul natuurlike habitat bewaar en die meeste bydra tot die spesie se langtermyn oorlewing en bewaringstatus. Private renostereienaars put geen waarde uit die aanhou van renosters nie, insluitend hul kommersiële waarde. Dit belemmer hul vermoë om sake- en bewaringsbedrywighede te finansier. Verwysings na jag in die besonder is uitgelaat.

Lees die konsep vir Wit- en Swartrenoster Biodiversiteitsbestuursplan hier

SA Jagters-winkel

Ons strewe daarna om deurgaans uitstekende diens te lewer. Ons gereelde klante weet dat die SA Jagters-winkel ʼn groot verskeidenheid produkte in voorraad het, maar ons probeer ons bes om aan spesiale versoeke vir ander items te voldoen.

Lede kan ook wapenaankope oor 6 maande afbetaal sonder rente met gratis berging terwyl hulle vir vuurwapenlisensies aansoek doen.

Die WhatsApp-kanaal is beskikbaar hier.

Tweedehandse Jaggewere

Die SA Jagters-winkel het tweedehandse jaggewere ontvang wat baie goed opgepas is en teen baie billike pryse te koop is. Kyk gerus hier wat beskikbaar is.

Kliek om te vergroot

SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL

Tel: 012-808-9300/9340/9399

Sel/Cell: 066-032-5533

E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za

Augustus se Spesiale Aanbiedinge

Gedurende Augustus vier die SA Jagters-winkel Vrouemaand en Vrouedag (9 Augustus) met ʼn kompetisie waarin vrouelede ʼn leervoorskoot ter waarde van R999 met enige aankoop van meer as R2000 kan wen. Daar is egter altyd spesiale aanbiedinge vir al ons lede.

Maak gerus ʼn draai by die SA Jagters-winkel by Inyathipark in Derdepoort, Pretoria. Ons winkel is weekdae oop tussen 08:00 en 16:00.

Wildsvleisresepte

Teen hierdie tyd is jagters se vrieskaste seker al vol heerlike wildsvleis. Indien jou idees vir wildsvleisgeregte uitgeput is, probeer gerus Dorothy Ras se staatmaker koedoekerrie propvol voedsame groente wat jy in ‘n ‘n japtrap in ‘n stoompot of kuier-kuier in jou gietysterpotjie kan voorberei terwyl jy jagstories uitruil.

Gaan na die wildsvleisreseptebladsy vir hierdie resep en meer.

Indien jy jag of die gesinslid is van iemand wat jag, het jy verseker ‘n gunstelingresep waarvoor jy bekend kan word. Jy kan die eerste SA Jagters wildsvleis-sjef wees. Hierdie is ‘n langtermyn projek met die doel om ons lede as ‘n gemeenskap betrokke te kry.

Ons beplan ‘n toegewyde afdeling op die webwerf en op Facebook om lede se talent in die bos of kombuis te deel. Stuur jou resep saam met ‘n kort agtergrondstorie (bv. was dit jou ouma se resep), foto van jou en jou gereg, die bestanddele en voorbereidingsmetode in. Enige resep is welkom, solank dit wildsvleis bevat. Stuur dit na boetiek@sahunt.co.za of marette@sahunt.co.za

Freddy Hirsch

Freddy Hirsch se produkte wat speserye vir biltong, boerewors, droëwors en burgers insluit, kan nou direk aanlyn van die SA Jagters-winkel bestel word. Lede kwalifiseer vir afslag op al die Freddy Hirsch-produkte. Bestel hier.

Die Freddy Hirsch Group het vir ons ‘n paar geskenkpakke/hampers geborg om uit te deel aan ons lede. As jy eerder gouer as later jou resep inskryf, staan jy ‘n kans om een van hierdie pakke te wen.

Amateur Fotografiekompetisie

Foto©Dirk Swanepoel - Kliek om te vergroot

Die 2024 Fotografiekompetisie is goed op dreef. Lede vind die nuwe inskrywingsmetode baie gerieflik. Al die wysigings tot die 2024 Fotografie-kompetisie is vervat in die inligting en reëls.

Kyk gerus na die foto’s in verskillende kategorieë wat reeds in 2024 toekennings ontvang het.

Kontak Marette vir enige navrae.

Fotografieklub op Facebook

Foto©Koos Marais - Kliek om te vergroot
Die tema van ons volgende opwindende uitdaging is aksie en beweging. Dit sluit in mense, diere, voëls, reptiele en insekte in die natuur in Suider-Afrika. Die aksie/beweging kan gevries wees, of vervaag (blurred) wees, solank die kyker die gevoel van beweging kry. Hierdie uitdaging sal lede uitdaag om tegniek toe te pas.

Nooi gerus die lede in jou tak, vriende en familie uit om by die groep aan te sluit. Dit is ’n gesellige interaktiewe groep waar lede voorstelle en kommentaar kan instuur.

Kontak Marette vir enige navrae.

Dorper VSOP Kaapse Brandewyn lede-aanbod

Dorper VSOP, is ’n Kaapse brandewyn, ontwikkel en vervaardig as ’n spogproduk deur Dorper Gin, saam met een van Suid-Afrika se meesterstokers gelee in Grabouw.

Hierdie besonderse brandewyn is ’n samestelling van Chenin Blanc en Colombard-druiwe uit die Wes-Kaap, twee keer gedistilleer in koperketels en vir vyf jaar in klein Franse of Amerikaanse eikehoutvate verouder. Die resultaat is ʼn komplekse brandewyn met blom- en neutgeure, gedroogde perskes en appelkose en ʼn sweempie tropiese vrugtegeure. Dit is kompleks maar gebalanseerd met ʼn talmende vrugtegeur.

Lede van SA Jagters kan nou die Dorper VSOP potgedistilleerde brandewyn koop teen slegs R400, aflewering ingesluit.

Bestel per e-pos by Divan Lamprecht met ‘’SA Jagters’’ in die onderwerplyn, of bel Divan by 081-543-7964. Divan is die eienaar van Dorper Gin en ‘n lid van SA Jagters. Ondersteun hom gerus.

Lees meer op Instagram hier

Jonsson Workwear-aanbod

Kliek om te vergroot

Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.

Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.

  • Hierdie aanbod is slegs van toepassing vir persoonlike gebruik. ʼn Onderneming se besonderhede mag nie op die faktuur verskyn nie, slegs dié van SA Jagters. Die rekeningnommer vir hierdie aanbod is: SAHU004
  • Lede mag nie hulle ledekaart vir vriende of familie leen om van hierdie aanbod gebruik te maak nie. Bewys van lidmaatskap en ID moet met elk aankoop getoon word.
  • Lede kan hulle ledekaartjies op die SA Jagter App kry.

Vind ‘n winkel naby jou hier hier.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Magnum Safes bied 5% aflag vir lede

Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters

Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.

Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

ASI bied 10% afslag aan lede

Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag

Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Kommersiële aanbiedings vir lede

Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks ​​in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.

Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.

Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.

Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.

Kontak Marette Bennett

sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Craftbraai bied lede 10%-afslag

The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

StediLens bied lede 10%-afslag

A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Peter’s Guide Books bied lede 10%-afslag

  • Detailed maps and GPS co-ordinates of all points of interest.
  • English, Afrikaans, German and Latin names of trees, animals and birds.
  • Meaning of place names.
  • Instant identification of trees, geological formations and historical connections.
  • Interesting facts and photos of animals and common birds.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

A Line Tours Pty Ltd bied lede 10%-afslag

A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.

Kontak:

Francois Annandale by 071 932 6125

vir ‘n kwotasie

(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Tyremart Hatfield bied lede 'n ekstra 3%-afslag

Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield

Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets

Om ‘n afspraak te maak, kontak:

Johan by 082 564 8222

of Lourens by 072 591 0926

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

Foto©Rachelle van Niekerk - Kliek om te vergroot
error: Content is protected !!