(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)
4 September 2024
Geagte kollega
Net wanneer ons dink die winter en jagseisoen is verby teen einde Augustus kry ons ʼn onverwagse koue front. Gelukkig is die lente op pad.
Augustus was Vrouemaand. Takke en die personeel het dit ook gevier met ʼn paar interessante inisiatiewe en mooi foto’s en stories wat op ons webwerf en sosialemediabladsye geplaas is. Baie dankie vir u bydraes hiermee.
Lede met toegewyde jagter en toegewyde sportskutstatus het kans tot die einde van Oktober om aktiwiteite op die App en lede-administrasiestelsel en van SA Jagters te registreer om hul toegewyde status te behou.
Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB
In Oktober 2024 sal SA Jagters 75 jaar oud wees. Die vereniging is op 1 Oktober 1949 in die koffiehuis van die Nasionale Dieretuin in Pretoria gestig. Om hierdie geleentheid te herdenk het die Raad van SA Jagters besluit om die volgende te doen:
Die program vir SA Jagters se kongres 2024 by die WNNR se konferensiesentrum sal voorsiening maak vir:
Takke sal vanjaar gaste kan nooi om die dinee by te woon. Die koste vir gaste wat Takke na die dinee wil nooi, is R1 500 per persoon. Hierdie beloof om ‘n besondere geleentheid te wees.
SA Jagters sal die koste dra van afgevaardigdes wat vooraf bespreek om die kongres by te woon. Beplan asseblief vroegtydig vir hierdie geleentheid.
Die eerste kennisgewing vir die kongres wat ook die uitnodiging na nominasies vir toekennings en nominasies vir die pos van VP Jagsake insluit, is reeds na Takvoorsitters gestuur.
Daar is min dinge wat jagters en skuts se harte vinniger laat klop as ʼn mooi geweer. Om SA Jagters se 75ste bestaansjaar te vier, laat die Vereniging twee gewere vervaardig in die klassieke Rigby-styl in kalibers .275 en .416 met kolwe van Turkse okkerneuthout
Twee lede staan ʼn kans om hierdie gewere in ʼn gelukkige trekking te wen. Gooi jou kaartjie in die hoed vir slegs R50 ʼn kaartjie.
Die gewere word gebou in die klassieke Rigby-styl en kalibers – ’n .275 Rigby (7X57) met ʼn minimum waarde van sowat R80 000, en ʼn .416 Rigby wat minimum sowat R180 000 werd is.
Jy hoef nie teenwoordig te wees met die trekking om te wen nie. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.
Lees meer hier oor die gewere.
Betaal veelvoude van R50 in SA Jagters se bankrekening by:
Hierdie lotery is by die Nasionale Loterykommissie (NLC-nommer) geregistreer: Skema No: 00303/12
Ons herinner lede aan die Raad se besluit om ʼn beperkte reeks messe te laat maak om die lewende oud-presidente van SA Jagters te gedenk.
Oom Nic van der Merwe se 25 messe is reeds uitverkoop. Baie dankie aan al die lede vir julle ondersteuning.
In die tweede reeks messe van Oom Peet van Zyl is daar slegs vyf messe met ‘n ivoorhef oor. Enigeen wat nog een van hierdie messe soek, kan vir Genelle kontak.
Plaas ʼn bestelling deur middel van ʼn elektroniese bankoorplasing van R2 500 in SA Jagters se bankrekening by Absa. Die rekeningnommer is 01443990077. Gebruik jou lidnommer en Peetmes as verwysing.
Die volgende mes in die reeks is die keuse van Remy Mulder waarvan produksie binnekort begin.
Volg dieselfde bestelprosedure as hierbo. Gebruik Remymes en jou lidnommer as die verwysing wanneer die bedrag van R2 500 oorgeplaas word in SA Jagters se bankrekening by Absa.
Foto’s van die messe kan hier gesien word.
Die winkel het verskeie 75 jaar gedenk items beskikbaar wat lede kan bestel:
Porselein koffiebeker R80, gholf/skietbaan handdoekie swart R90, geborduurde pet in grys, ligblou en lig khaki R110, gedrukte pet vloot blou R60, yskasmagneet R35, aluminium waterbottel R240.
Bestel hier in die aanlyn winkel.
Om die Vereniging se 75ste bestaansjaar te vier het ons ‘n poliëster sporthemp ontwerp wat elke tak, elke lid verteenwoordig.
Die hemde is soortgelyk aan die hemde wat die personeel by HuntEx gedra het, en is net op bestelling beskikbaar. Die hemde kos R400 elk.
Kliek hier om na die opsies en grootes te kyk en bestellings te plaas.
SA Jagters se Tiervishengelekspedisie is afgehandel. Die trekking is gedoen op 2 September 2024 en die wenner en sy drie gaste sal van 26 tot 30 September 2024 in die Choberivier gaan visvang. Baie geluk aan Willie Fourie wat as wenner van hierdie kompetisie aangewys is.
Kyk die gelukkige trekking video hier
Augustus was Vrouemaand, ons personeel en takke het dit ook gevier met ʼn paar interessante inisiatiewe en mooi foto’s en stories wat op ons webwerf en sosialemediabladsye geplaas is. Baie dankie vir u bydraes hiermee.
Die gelukkige dames wie se name getrek is om ‘n SA Jagters geskenkpakkie te ontvang is: Sunell Liebenberg, Carike Janse van Rensburg, Mia Nortje en Mia Vasti Botha. Baie geluk dames! Kontak asseblief vir Dorothy om reëlings te tref om jou geskenkpakkie te ontvang.
Ons het nou 13 009 toegewyde jagters van wie slegs 8 366 reeds genoegsame aktiwiteite registreer het om hul status te behou.
Dan is daar 11 487 toegewyde sportskuts van wie slegs 5 988 genoegsame aktiwiteite registreer het om hul status te behou.
Ons herinner lede om die nodige aktiwiteite te registreer om toegewyde status te behou. Die SA Jagters App maak hierdie proses baie maklik en gerieflik.
Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.
Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.
Die wettige besit van vuurwapens is een van SA Jagters se hoof fokus areas. Die Vereniging bied ‘n omvattende ondersteuningsdiens aan sy lede om te verseker dat hulle altyd binne die beperkinge van die vuurwapenwet optree, het sy hulle jagters of sportskuts is. SA Jagters het ‘n toegewyde vuurwapenhulplyn om lede se vrae te beantwoord en te help met opleidingsvereistes; aansoeke vir bevoegdheidsertifikate,
Besoek die Aansoekproses vir Vuurwapenlisensies vir al die inligting wat jy mag nodig kry oor wettige vuurwapeneienaarskap.
Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.
Vir navrae oor opleiding, sportskiet en bevoegdheid kontak Liesel.
SA Jagters se 2024 streekskietkompetisies vir die verskillende skietdissiplines in die President- en Spanskietkompetisies het einde Junie geëindig. Die haelgeweer-skietkompetisies is teen einde Julie afgehandel terwyl die res van die sportskietdissiplines in Augustus eindig.
Vanaf Augustus tot Oktober 2024 vind die volgende nasionale kampioenskappe plaas vir skuts wat gekwalifiseer het:
by die Excalibur-skietbaan, Welkom, aangebied deur Sandrivier-58-tak.
Twee van SA Jagters se grootste jaarlikse nasionale skietkampioenskappe is in Augustus gehou. Vir nuus oor die top skuts en hulle tellings, lees meer oor die pas afgelope nasionale Intertak-spanskietkampioenskap en die President Skietkampioenskap wat die Suikerbosrand-tak aangebied het.
Lede van die publiek kan insette gee in die nasionale bewaringstrategie en biodiversiteitsplanne vir luiperds, jagluiperds en leeus tydens konsultasiesessies in November.
Lees meer hier.
Ons strewe daarna om deurgaans uitstekende diens te lewer. Ons gereelde klante weet dat die SA Jagters-winkel ʼn groot verskeidenheid produkte in voorraad het, maar ons probeer ons bes om aan spesiale versoeke vir ander items te voldoen.
Lede kan ook wapenaankope oor 6 maande afbetaal sonder rente met gratis berging terwyl hulle vir vuurwapenlisensies aansoek doen.
Die WhatsApp-kanaal is beskikbaar hier.
Maak gerus ʼn draai by die SA Jagters-winkel by Inyathipark in Derdepoort, Pretoria. Ons winkel is weekdae oop tussen 08:00 en 16:00.
SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL
Tel: 012-808-9300/9340/9399
Sel/Cell: 066-032-5533
E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za
Ons vier die Lente met ʼn koelsak vir elke aankoop van R500 en meer. Die aanbod geld vir aankope in die winkel en aanlyn.
Ons Vector-teleskoopreeks het uitgebrei en die Sentinel X Pro 10-40×50 is nou te koop teen die spesiale prys van R5 500. Die Remington 260 REM MODEL 700 SPS 24 is nou beskikbaar teen spesiale prys van R14 000.
Kom loer na ons spesiale aanbiedinge in September.
Die SA Jagters-winkel het tweedehandse jaggewere ontvang wat baie goed opgepas is en teen baie billike pryse te koop is. Kyk gerus hier wat beskikbaar is.
Hierdie maand se nuwe resep is Fred en Karien se wildsvleispatties. Hierdie is ʼn eenvoudige resep vir wildsvleispatties waarvoor niemand moeg sal raak nie. Probeer dit gerus.
Indien jy jag of die gesinslid is van iemand wat jag, het jy verseker ‘n gunstelingresep waarvoor jy bekend kan word. Jy kan die eerste SA Jagters wildsvleis-sjef wees. Hierdie is ‘n langtermyn projek met die doel om ons lede as ‘n gemeenskap betrokke te kry.
Ons beplan ‘n toegewyde afdeling op die webwerf en op Facebook om lede se talent in die bos of kombuis te deel. Stuur jou resep saam met ‘n kort agtergrondstorie (bv. was dit jou ouma se resep), foto van jou en jou gereg, die bestanddele en voorbereidingsmetode in. Enige resep is welkom, solank dit wildsvleis bevat. Stuur dit na Marette.
Freddy Hirsch se produkte wat speserye vir biltong, boerewors, droëwors en burgers insluit, kan nou direk aanlyn van die SA Jagters-winkel bestel word. Lede kwalifiseer vir afslag op al die Freddy Hirsch-produkte. Bestel hier.
Die Freddy Hirsch Group het vir ons ‘n paar geskenkpakke/hampers geborg om uit te deel aan ons lede. As jy eerder gouer as later jou resep inskryf, staan jy ‘n kans om een van hierdie pakke te wen.
Die 2024 Fotografiekompetisie is goed op dreef. Lede vind die nuwe inskrywingsmetode baie gerieflik. Al die wysigings tot die 2024 Fotografie-kompetisie is vervat in die inligting en reëls.
Kyk gerus na die foto’s in verskillende kategorieë wat reeds in 2024 toekennings ontvang het.
Kontak Marette vir enige navrae.
Nooi gerus die lede in jou tak, vriende en familie uit om by die groep aan te sluit. Dit is ’n gesellige interaktiewe groep waar lede voorstelle en kommentaar kan instuur.
Kontak Marette vir enige navrae.
Dorper VSOP, is ’n Kaapse brandewyn, ontwikkel en vervaardig as ’n spogproduk deur Dorper Gin, saam met een van Suid-Afrika se meesterstokers gelee in Grabouw.
Hierdie besonderse brandewyn is ’n samestelling van Chenin Blanc en Colombard-druiwe uit die Wes-Kaap, twee keer gedistilleer in koperketels en vir vyf jaar in klein Franse of Amerikaanse eikehoutvate verouder. Die resultaat is ʼn komplekse brandewyn met blom- en neutgeure, gedroogde perskes en appelkose en ʼn sweempie tropiese vrugtegeure. Dit is kompleks maar gebalanseerd met ʼn talmende vrugtegeur.
Lede van SA Jagters kan nou die Dorper VSOP potgedistilleerde brandewyn koop teen slegs R400, aflewering ingesluit.
Bestel per e-pos by Divan Lamprecht met ‘’SA Jagters’’ in die onderwerplyn, of bel Divan by 081-543-7964. Divan is die eienaar van Dorper Gin en ‘n lid van SA Jagters. Ondersteun hom gerus.
Lees meer op Instagram hier
Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.
Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.
Vind ‘n winkel naby jou hier.
Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters
Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.
Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag
Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.
Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.
Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.
Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.
Kontak Marette Bennett
sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.
Kontak:
Francois Annandale by 071 932 6125
vir ‘n kwotasie
(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield
Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets
Om ‘n afspraak te maak, kontak:
Johan by 082 564 8222
of Lourens by 072 591 0926
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier