(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)
2 Mei 2024
Geagte kollega
Hier is ons nou by die begin van die 2024-jagseisoen. Alhoewel ons nie baie vars nuus in nuusbriewe uitgestuur het nie, het daar tog heelwat gebeur en hou ons lede ingelig oor onlangse gebeure en aangeleenthede.
3 Mei is die laaste dag waarop u ’n kaartjie vir die Kalahari Jagkompetisie kan koop. Koop asseblief nou u kaartjie want dit is die laaste kans wat u gaan kry om dalk hierdie geleentheid te wen. Kyk na die nuwe tiervishengelkompetisie hieronder wat by HuntEx2024 bekendgestel is.
Ek het reeds in ’n spesiale nuusbrief lede meegedeel dat ek beplan om teen die einde van 2024 uit te tree. Die Raad het reeds die proses begin om ’n opvolger as Uitvoerende Hoof vir SA Jagters te vind. Die advertensie vir die pos is hier beskikbaar.
Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB
HuntEx2024 het van 26 tot 28 April by Gallagher-uitstalsentrum plaasgevind met ’n katspoegie kort van 31 000 besoekers oor die drie dae. SA Jagters se stalletjie was omtrent besig. 450 lede het ʼn draai kom maak en hulle persoonlike data opgedateer. Meer inligting oor die pryswenners word elders bekendgemaak. Ons moet net eers weer die kantoor in orde kry en al die voorraad terugpak sodat ons werk en diens aan lede kan voortgaan, voordat ons by die lekker dinge uitkom.
Om die Vereniging se 75ste bestaansjaar te vier het ons ‘n polyester sporthemp ontwerp wat elke tak, maw elke lid verteenwoordig.
Die hemde is soortgelyk aan die hemde wat die personeel by HuntEx gedra het, en is net op bestelling beskikbaar. Die hemde kos R400 elk.
Kliek hier om na die opsies en grotes te kyk en bestellings te plaas.
Die winkel het verskeie 75 jaar gedenk items beskikbaar wat lede kan bestel:
Kwaliteit blikbeker R90, porselein koffiebeker R80, gholf/skietbaan handdoekie swart R90, geborduurde keps in grys, ligblou en lig khaki R110, gedrukte keps navy blou R60, yskasmagneet R35, alluminium waterbottel R240.
Bestel by shop@sahunt.co.za
Die produkte sal binnekort in die aanlynwinkel ook beskikbaar wees.
Wildman, ʼn bekende franchise met takke landwyd, open ʼn splinternuwe winkel in Pretoria. SA Jagters en Wildman werk reeds goed saam op verskeie terreine. Hierdie winkel sal onder andere ʼn 100 m skietbaan en twee handwapenskietbane huisves. Hou gerus die nuus dop vir die amptelike opening van hierdie winkel.
Alhoewel SA Jagters nie politieke standpunte inneem nie ag ons dit wel nodig om lede te versoek om op 29 Mei te gaan stem. Ons weet die dag sal heelwaarskynlik ’n vakansiedag raak en dit is in die jagseisoen. Dit is egter belangrik dat ons as verantwoordelike landsburgers ook ons rol speel in die kies van ’n regering wat die wette maak en toepas waarmee ons moet saamleef. Kiesers wat nie op verkiesingsdag by hul geregistreerde stemlokaal kan stem nie, kan aansoek doen vir ’n spesiale stem by registertovote.elections.org.za/voter/specialvotes/applications
Ons nooi besoekers aan Nampo uit om van 14 tot 17 Mei ’n draai by die SA Jagters-winkel se stalletjie in die Midas-saal (nommer 7 en 8) te maak. Kyk gerus uit vir ons spesiale aanbiedinge op ammunisie, vuurwapens en ander produkte en bykomstighede. Lede kwalifiseer vir 10%-afslag op uitgesoekte produkte.
Klante staan ʼn kans om met enige aankoop ’n Beretta APX 9mm pistool te wen (geborg deur National Cartridge).
Die Kalahari is geseën met goeie reën. Die boere het laat weet die veld is groen en die bokke vreet vir ʼn vale! Jagters het net twee maande oor om in te skryf vir die SA Jagters-Kalahari-jagkompetisie ter waarde van R100 000 wat aan vier jagters ʼn gulde geleentheid bied om van 22 – 26 Mei elkeen ʼn gemsbokbul en vier springbokramme te gaan jag.
Dink net aan die watertand vleissnitte en stewige biltong wat hierdie diere sal oplewer!
Dit is verspot maklik om in te skryf. Koop ʼn kaartjie teen R100 vir een kans om die gelukkige trekking te wen. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings nie. Hoe meer kaartjies jy koop, hoe groter is jou kans om te wen.
Die prys sluit verblyf, brandstof, kos en drank, asook die dag-, bakkie- en slagtariewe in. Elke jagter kry ook ʼn geskenkpak.
Sluitingsdatum: 3 Mei 2024
Trekkingdatum: 8 Mei 2024
Jagdatum: 22-26 Mei 2024
Koop soveel kaartjies as wat jy wil! Jy hoef nie by die trekking te wees nie. Ons bel jou as jy wen!
Wen die ervaring van ‘n leeftyd! Koop ʼn kaartjie vir R100 en staan ʼn kans om ‘n tiervis hengelekspedisie ter waarde van R135 000 vir vier persone op die Chobe-rivier in noordelike Namibië te wen waar Namibië, Zambië, Zimbabwe en Botswana bymekaarkom. Die ligging is idillies met boottoegang tot meer as 100 km se vaarwater en kanale op die Chobe- en Zambezi-riviere.
Kyk na foto’s van die lodge en rivier hier.
Kaartjies kos R100 elk en daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie.
Hierdie lotery is by die Nasionale Loterykommissie (NLC-nommer 00303/10) geregistreer.
Jy hoef nie teenwoordig te wees met die trekking om te wen nie. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word. Maak net seker jou paspoort is geldig.
Lees die bepalings en voorwaardes by www.manmagnum.com
Die wettige besit van vuurwapens is een van SA Jagters se hoof fokusareas. Die Vereniging bied ‘n omvattende ondersteuningsdiens aan sy lede om te verseker dat hulle altyd binne die beperkinge van die vuurwapenwet optree, hetsy hulle jagters of sportskuts is. SA Jagters het ‘n toegewyde vuurwapenhulplyn om lede se vrae te beantwoord en te help met opleidingsvereistes; aansoeke vir bevoegdheidsertifikate,
Besoek die Application Process for Firearm Licences vir al die inligting wat jy mag nodig kry oor wettige vuurwapeneienaarskap. Die bladsy sal binnekort ook in Afrikaans beskikbaar wees.
Die aktiwiteitsjaar loop vanaf 1 November tot 31 Oktober van die volgende jaar. Lede word aangemoedig om hulle aktiwiteitsverslae op datum te hou.
Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.
Die 2024 reëls vir streek- en nasionale skietkompetisies is beskikbaar op die SA Jagters webwerf. Daar is ’n afsonderlike afdeling met die spesifieke reëls vir elke skietdissipline. Vir maklike verwysing is die wysiging van reëls van 2023 na 2024 in geel gemerk. Lekker skiet.
SA Jagters se geakkrediteerde jagpakkette wat lede vir lede aanbied, is nou al redelik bekend. Bedrog met jagbesprekings kom algemeen voor. Talle voornemende jagters het verlede jaar onder slenters deurgeloop soos wat berigte op sosialemediaplatforms kan getuig.
Daarom het SA Jagters besluit om die geakkrediteerde jagbestemmingsprojek te loods om beide die belange van die jagter en die eienaars van jagbestemmings te beskerm.
Opbetaalde lede wat eienaars is van jagbestemmings met beskikbare en jagbare wild, kan met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za in verbinding tree vir meer inligting oor ons jagbestemmingsprojek. SA Jagters bemark hierdie jaggeleenthede aan ons lede met groot sukses.
Sommige pakette is uitverkoop en nuwe pakette is bygevoeg. Hou hierdie bladsy dop vir voortdurende opdaterings.
Lede word aangeraai om hulle te vergewis van die permitvereistes vir die vervoer van rou vleis en biltong vanaf Namibië na Suid-Afrika. Daar is ook ‘n totale verbod op die vervoer van wildevarkvleis.
Lees meer hier oor die huidige beperkings en vereistes en by wie om aan te klop vir hulp.
SA Jagters se lede is versoek om die opname oor die voorkoms van blou-ape en bobbejane te voltooi. CITES het beide spesies geïdentifiseer vir ’n Non-detriment Finding (NDF). ’n NDF is wetenskaplik-gebaseerde risikobepalings wat die nadelige impak van uitvoere op die voortbestaan van die spesie in die natuur assesseer. Dankie aan al die lede wat die meer as 400 vraelyste voltooi het. Dit verskaf goeie inligting oor die hoeveelheid ape en bobbejane wat op plase gesien word, die omvang van skade en bestuursmaatreëls wat in die NDF’s en beleidsposisies gebruik sal word.
Lede se waarnemings van wilde diere op SA Jagters se Wildlife Sightings App is ’n belangrike bron van inligting wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut gebruik om die bewaringstatus van soogdierspesies op die Rooidatalys te hersien. Installeer die App op jou selfoon en neem deel aan hierdie projek. Lees verder hier onder die Bewaring in Aksie opskrif.
SA Jagters se lede ondersteun die insamel van data vir die nasionale jagluiperdopname deur waarnemings van hierdie diere op verskillende platforms aan te teken. Vir die afgelope twee jaar help hierdie inligting wetenskaplikes om die verspreiding en loopgebiede van jagluiperds en hulle impak op vee en die omgewing te bepaal. Lees die volledige artikel hier.
SA Jagters het kommentaar gelewer op die konsepdokument vir ʼn nasionale biodiversiteitsekonomiestrategie wat die departement bosbou, visserye en die omgewing op 8 Maart 2024 gepubliseer is. Hoewel die vereniging die oogmerke van die strategie in beginsel ondersteun, het SA Jagters heelwat tekortkominge uitgewys ten opsigte van die proses wat gevolg is en die implikasies van sekere aspekte van die strategie wat nie behoorlik deurdink is nie. Lees hier vir ʼn beknopte samevatting van die vereniging se kommentaar.
Die bewaring, benutting en handel in vyf wildspesies is vervat in ʼn beleidsdokument van die departement bosbou, visserye en die omgewing waarop SA Jagters onlangs kommentaar gelewer het. Hierdie beleid is van toepassing op olifante, wit en swart renosters, luiperds en leeus. Dit fokus veral op sekere praktyke wat as onvolhoubaar beskou word en wat die welstand van veral leeus in aanhouding bevraagteken. Lees meer hier oor SA Jagters se reaksie en skriftelike kommentaar op hierdie beleid.
Die SA Jagters-winkel bedank elke besoeker (lede en nie-lede) wat tussen 26 en 28 April ʼn draai by ons stalletjie in Saal 2 by HuntEx2024 gemaak het. Julle ondersteuning het bydrae gelewer tot ʼn suksesvolle skou.
Dit blyk dat baie besoekers nie bewus was van SA Jagters se winkel in Derdepoort, Pretoria wat ʼn groot verskeidenheid ammunisie, vuurwapens, punte, doppe en ander jag- en skiettoebehore in voorraad het nie. Kom maak gerus ’n draai by die SA Jagters-winkel.
Besoek ons webblad vir inligting oor spesiale aanbiedinge. Die WhatsApp-kanaal is beskikbaar hier
Onthou ons fantastiese aanbod op die TikkaT1X as deel van SA Jagters se 75-jaar herdenking is nou beskikbaar.
SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL
Tel: 012-808-9300/9340/9399
Sel/Cell: 066-032-5533
E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za
Ons nooi besoekers aan Nampo uit om van 14 tot 17 Mei ’n draai by die SA Jagters-winkel se stalletjie in die Midas-saal (nommer 7 en 8) te maak. Kyk gerus uit vir ons spesiale aanbiedinge op ammunisie, vuurwapens en ander produkte en bykomstighede. Lede kwalifiseer vir 10%-afslag op uitgesoekte produkte.
Klante staan ʼn kans om met enige aankoop ’n Beretta APX 9mm pistool te wen (geborg deur National Cartridge).
Die winkel het verskeie 75 jaar gedenk items beskikbaar wat lede kan bestel:
Kwaliteit blikbeker R90, porselein koffiebeker R80, gholf/skietbaan handdoekie swart R90, geborduurde keps in grys, ligblou en lig khaki R110, gedrukte keps navy blou R60, yskasmagneet R35, alluminium waterbottel R240.
Bestel by shop@sahunt.co.za
Die produkte sal binnekort in die aanlynwinkel ook beskikbaar wees.
Wat is op die spyskaart? Lewerkoekies, skilpadjies (lewer in netvet) en gestopte eland steak (carpetbagger) is drie van Jan de Man se gunsteling-wildsvleisresepte wat die mond laat water. Met alledaagse bestanddele uit jou spens en maklike metodes kan byna enigeen hierdie smullekker geregte aandurf. Probeer dit gerus.
Gaan na die wildsvleisresepte vir hierdie resep en meer
Indien jy jag of die gesinslid is van iemand wat jag, het jy verseker ‘n gunstelingresep waarvoor jy bekend kan word. Jy kan die eerste SA Jagters wildsvleis-sjef wees. Hierdie is ‘n langtermyn projek met die doel om ons lede as ‘n gemeenskap betrokke te kry.
Ons beplan ‘n toegewyde afdeling op die webwerf en op Facebook om lede se talent in die bos of kombuis te deel. Stuur jou resep saam met ‘n kort agtergrondstorie (bv. was dit jou ouma se resep), foto van jou en jou gereg, die bestanddele en voorbereidingsmetode in. Enige resep is welkom, solank dit wildsvleis bevat. Stuur dit na boetiek@sahunt.co.za of marette@sahunt.co.za
Die Freddy Hirsch Group het vir ons ‘n paar geskenkpakke/hampers geborg om uit te deel aan ons lede. As jy eerder gouer as later jou resep inskryf, staan jy ‘n kans om een van hierdie pakke te wen.
Die Freddy Hirsch-produkte (kliek hier vir produkte lys) is nou beskikbaar by die SA Hunters-winkel. Stuur ‘n e-pos na shop@sahunt.co.ca om te bestel. Die produkte sal binnekort beskikbaar wees in die aanlynwinkel.
Die 2024 Fotografiekompetisie is goed op dreef. Ons het ’n hele paar buffelfoto’s vir dié nuwe kategorie ontvang. Lede vind die nuwe inskrywingsmetode baie gerieflik. Al die wysigings tot die 2024 Fotografie-kompetisie is vervat in die inligting en reëls.
Kyk gerus na die foto’s in verskillende kategorieë wat reeds in 2024 toekennings ontvang het.
Kontak Marette vir enige navrae.
Die Februarie/Maart/April foto-uitdagingstema was #warm #water #warm, wat ‘n wye interpretasie van die inskrywings gebied het. Lede kan op die Fotografieklub Facebook-bladsy stem tot Sondag 12 Mei vir hul gunsteling fotos.
Al die foto’s kan in die onderstaande album besigtig word.
Nooi gerus die lede in jou tak, vriende en familie uit om by die groep aan te sluit. Dit is ’n gesellige interaktiewe groep waar lede voorstelle en kommentaar kan instuur.
Kontak Marette vir enige navrae.
Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters
Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.
Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag
Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.
Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.
Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.
Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.
Kontak Marette Bennett
sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.
Kontak:
Francois Annandale by 071 932 6125
vir ‘n kwotasie
(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield
Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets
Om ‘n afspraak te maak, kontak:
Johan by 082 564 8222
of Lourens by 072 591 0926
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier