(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)
4 Junie 2024
Geagte kollega
Die jagseisoen is nou behoorlik op dreef te midde van ʼn laat winter. Hoewel nagtemperature daal is die dagtemperature oor groot dele van die land baie gemaklik rondom 22°C tot 24° C. Ons vestig graag lede se aandag op verskeie sake.
HUB tree uit
Ons het lede verlede maand ingelig oor die uittrede van die HUB. Ons het baie min aansoeke ontvang in reaksie hierop en die Raad het besluit dat ons die kennisgewing weer na lede moet uitstuur. Die advertensie vir die pos is hier beskikbaar en die sluitingsdatum is 30 Junie 2024.
Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB
Beroepsjagters en jagondernemers moet kennis neem dat die SAQA-eenheidstandaard vir beroepsjagters op 30 Junie 2024 verval. Tegnies beteken dit dat die kwalifikasie wat beroepsjagters en jagondernemers verwerf het op daardie datum verval. Daar is ’n proses vir die behoud van hierdie kwalifikasie deur middel van erkenning van vorige leerervaring. Lees meer hier en hoe die proses werk.
Die Mei-uitgawe van die SA JAGTER/SA HUNTER is tydelik onder my verantwoordelikheid gepubliseer. Ek het onderneem om lede ingelig te hou oor veranderinge. Vroeg in 2024 het ’n meningsverskil tussen Francois van Emmenes, die voormalige redakteur van SA JAGTER, en die Raad van SA Jagters ontstaan. Hierdie geskil is onlangs in der minne geskik en die resultaat hiervan is dat Francois nie verder die redakteur van die SA JAGTER is nie. Ek bedank Francois vir die werk wat hy as redakteur gedoen het en wens hom sterkte toe op sy pad vorentoe.
SA Hunt Publishing (Edms) Bpk is die eienaar en uitgewer van SA JAGTER/SA HUNTER en die direksie het Johan van Wyk weer as redakteur op ʼn kontrakbasis aangestel. Baie welkom terug aan Johan. Ons sien uit na nog vele uitgawes van die SA JAGTER/SA HUNTER.
SA Jagters het by HuntEx ’n hele klompie pryse aan lede en ook lede van die publiek aangebied. Die trekkings is gedoen en die pryse gaan aan die volgende persone:
Die winkel se personeel is terug op kantoor en in die winkel na die ontwrigting van deelname aan HuntEx en NAMPO.
Die SA Jagters-winkel bied verskeie items teen spesiale pryse aan lede. Lees meer hier.
Die winkel het verskeie 75 jaar gedenk items beskikbaar wat lede kan bestel:
Kwaliteit blikbeker R90, porselein koffiebeker R80, gholf/skietbaan handdoekie swart R90, geborduurde pet in grys, ligblou en ligkaki R110, gedrukte pet vloot blou R60, yskasmagneet R35, aluminium waterbottel R240.
Bestel hier in die aanlyn winkel.
Om die Vereniging se 75ste bestaansjaar te vier het ons ‘n poliëster sporthemp ontwerp wat elke tak, elke lid verteenwoordig.
Die hemde is soortgelyk aan die hemde wat die personeel by HuntEx gedra het, en is net op bestelling beskikbaar. Die hemde kos R400 elk.
Kliek hier om na die opsies en grootes te kyk en bestellings te plaas.
Arrie Labuschagne was die wenner van die Kalahari-jagkompetisie wat onlangs saam met sy pa, jonger broer en buurman in die Kalahari gaan jag het. Dit het baie goed verloop en die jagters, grondeienaar en SA Jagters is gelukkig met die afloop daarvan. Ons maak volgende jaar weer so. Kyk maar uit vir die volgende kompetisie. ’n Volledige artikel oor hierdie jag sal in ’n volgende uitgawe van die SA JAGTER/HUNTER verskyn.
Wen die ervaring van ‘n leeftyd! Koop ʼn kaartjie vir R100 en staan ʼn kans om ‘n tiervis hengelekspedisie ter waarde van R135 000 vir vier persone op die Chobe-rivier in noordelike Namibië te wen waar Namibië, Zambië, Zimbabwe en Botswana bymekaarkom. Die ligging is idillies met boottoegang tot meer as 100 km se vaarwater en kanale op die Chobe- en Zambezi-riviere.
Kyk na foto’s van die lodge en rivier hier.
Kaartjies kos R100 elk en daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie.
Hierdie lotery is by die Nasionale Loterykommissie (NLC-nommer 00303/10) geregistreer.
Jy hoef nie teenwoordig te wees met die trekking om te wen nie. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word. Maak net seker jou paspoort is geldig.
Lees die bepalings en voorwaardes by www.manmagnum.com
Die wettige besit van vuurwapens is een van SA Jagters se hoof fokusareas. Die Vereniging bied ‘n omvattende ondersteuningsdiens aan sy lede om te verseker dat hulle altyd binne die beperkinge van die vuurwapenwet optree, hetsy hulle jagters of sportskuts is. SA Jagters het ‘n toegewyde vuurwapenhulplyn om lede se vrae te beantwoord en te help met opleidingsvereistes; aansoeke vir bevoegdheidsertifikate,
Besoek die Application Process for Firearm Licences vir al die inligting wat jy mag nodig kry oor wettige vuurwapeneienaarskap. Die bladsy sal binnekort ook in Afrikaans beskikbaar wees.
Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.
Vir navrae oor opleiding, sportskiet en bevoegdheid kontak Liesel.
SA Jagters het tans 12 711 toegewyde jagters waarvan slegs 5 835 reeds die twee aktiwiteite in 2024 geregistreer het om toegewyde status vir 2024 te behou.
Verder is daar 10 942 toegewyde sportskuts waarvan slegs 3 680 reeds die drie aktiwiteite geregistreer het om hul toegewyde status vir 2024 te behou.
Ons herinner lede om die nodige aktiwiteite te registreer om toegewyde status te behou. Die SA Jagters App maak hierdie proses baie maklik en gerieflik.
Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.
Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.
SA Jagters, SANSSU en SATRA bied op 15 Junie 2024 ’n gesamentlike skietdag by die Eufees-skietbaan in Voortrekkerhoogte aan om die verskillende skietdissiplines bekend te stel. SA Jagters en hierdie twee verenigings het besluit om kragte saam te snoer om skietaktiwiteite aan veral juniors bekend te stel.
Kyk gerus hier vir meer detail of rig navrae aan Boetie Kirchner of by 082770-9378.
Die 2024 reëls vir streek- en nasionale skietkompetisies is beskikbaar op die SA Jagters webwerf. Daar is ’n afsonderlike afdeling met die spesifieke reëls vir elke skietdissipline. Vir maklike verwysing is die wysiging van reëls van 2023 na 2024 in geel gemerk. Lekker skiet.
Die Noord-Kaap se jaglisensies is tradisioneel deur die Poskantoor verkoop. Met die sluiting van poskantore het dit bykans onmoontlik geraak om jaglisensies vir dié provinsie te bekom. Die goeie nuus is dat jaglisensies vir die Noord-Kaap nou weer elektronies beskikbaar is. Die aansoekvorm en meer inligting is hier beskikbaar.
Bek-en-klouseer het in die Humansdorp/Jeffreysbaai-omgewing uitgebreek en enkele plase is onder kwarantyn geplaas. Daar is ongelukkig steeds geen inligting beskikbaar oor beperkings op die vervoer van vleis in landdrosdistrikte nie. Ons raai lede aan om baie versigtig te wees en liewer vooraf grondeienaars te bel en navraag te doen oor enige beperkings indien hulle in hierdie omgewing gaan jag. Lees meer hier.
Beide die voëljagpakkette bied lede ‘n verdere afslag van R750-00 per persoon.
SA Jagters se geakkrediteerde jagpakkette wat lede vir lede aanbied, is nou al redelik bekend. Bedrog met jagbesprekings kom algemeen voor. Talle voornemende jagters het verlede jaar onder slenters deurgeloop soos wat berigte op sosialemediaplatforms kan getuig.
Daarom het SA Jagters besluit om die geakkrediteerde jagbestemmingsprojek te loods om beide die belange van die jagter en die eienaars van jagbestemmings te beskerm.
Opbetaalde lede wat eienaars is van jagbestemmings met beskikbare en jagbare wild, kan met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za in verbinding tree vir meer inligting oor ons jagbestemmingsprojek. SA Jagters bemark hierdie jaggeleenthede aan ons lede met groot sukses.
Sommige pakette is uitverkoop en nuwe pakette is bygevoeg. Hou hierdie bladsy dop vir voortdurende opdaterings.
SA Jagters ondersteun die Giraffe Conservation Foundation se nasionale kameelperdopname oor kameelperdbevolkings in die land. Ons vra lede om die vraelyste te voltooi. Meer inligting is hier beskikbaar.
Die departement bosbou, vissery en die omgewing het die NEMBA wysigingswetsontwerp vir kommentaar gepubliseer. Ons vestig lede se aandag op die definisies vir animal wellbeing en humane practices wat in hierdie konsepwesontwerp ingesluit is. Lees hier meer oor die wysigings en hoe u kommentaar op die konsepwet te lewer.
SA Jagters-winkel se personeel is weer terug op hulle pos ná HuntEx en Nampo en gereed om lede te bedien. Ons vertrou dat ons teenwoordigheid by hierdie twee groot skoue tot voordeel is van ons bedryf en die mense aan wie ons dienste verskaf. SA Jagters was vir ʼn paar jaar afwesig by Nampo maar ons terugkeer vanjaar was beslis ʼn positiewe ervaring.
Met Vadersdag om die draai oorweeg gerus ’n geskenkbewys hier van die SA Jagters-winkel sodat die mans in julle lewe self ’n gepaste geskenk kan kies. Vir elke geskenkbewys wat u koop, word ʼn gratis boek ingesluit (verskeidenheid boeke).
Ons strewe daarna om deurgaans uitstekende diens te lewer. Ons gereelde klante weet dat die SA Jagters-winkel ʼn groot verskeidenheid produkte in voorraad het, maar ons probeer ons bes om aan spesiale versoeke vir ander items te voldoen.
Kom kyk gerus na ʼn paar nuwe handelsname soos Woesmooi en Vector Optics op ons rakke.
Lede kan ook wapenaankope oor 6 maande afbetaal sonder rente met gratis berging terwyl hulle vir vuurwapenlisensies aansoek doen.
Die WhatsApp-kanaal is beskikbaar hier
Die winkel het verskeie 75 jaar gedenk items beskikbaar wat lede kan bestel:
Kwaliteit blikbeker R90, porselein koffiebeker R80, gholf/skietbaan handdoekie swart R90, geborduurde pet in grys, ligblou en lig kaki R110, gedrukte pet vlootnavy blou R60, yskasmagneet R35, alluminium waterbottel R240.
Bestel hier in die aanlyn winkel.
Tikka T1X .22 LR op ’n aluminiumraam kolf teen die ongelooflike prys van R22 000 hier.
Fiocchi 9mm 115gr ammunisie teen R299 per pakkie hier (terwyl voorraad hou).
Fiocchi 9mm 124 gr ammunisie teen R320 per pakkie hier (terwyl voorraad hou).
SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL
Tel: 012-808-9300/9340/9399
Sel/Cell: 066-032-5533
E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za
Mathieu en Janie Thienpont woon op die plaas Luiperdskloof vanwaar hul Luiperdskloof Safari’s bedryf. Dié pragplaas is in die Modimolle-omgewing in die Waterberge geleë. Janie is ’n bobaas sjef en maak die heerlikste geregte wat haar binne- en buitelandse besoekers hulle lippe laat aflek. Probeer gerus haar resep vir swartwitpensfilet.
Gaan na die wildsvleisresepte vir hierdie resep en meer.
Indien jy jag of die gesinslid is van iemand wat jag, het jy verseker ‘n gunstelingresep waarvoor jy bekend kan word. Jy kan die eerste SA Jagters wildsvleis-sjef wees. Hierdie is ‘n langtermyn projek met die doel om ons lede as ‘n gemeenskap betrokke te kry.
Ons beplan ‘n toegewyde afdeling op die webwerf en op Facebook om lede se talent in die bos of kombuis te deel. Stuur jou resep saam met ‘n kort agtergrondstorie (bv. was dit jou ouma se resep), foto van jou en jou gereg, die bestanddele en voorbereidingsmetode in. Enige resep is welkom, solank dit wildsvleis bevat. Stuur dit na boetiek@sahunt.co.za of marette@sahunt.co.za
Die Freddy Hirsch Group het vir ons ‘n paar geskenkpakke/hampers geborg om uit te deel aan ons lede. As jy eerder gouer as later jou resep inskryf, staan jy ‘n kans om een van hierdie pakke te wen.
Freddy Hirsch se produkte wat speserye vir biltong, boerewors, droëwors en burgers insluit, kan nou direk aanlyn van die SA Jagters-winkel bestel word hier. Lede kwalifiseer vir afslag op al die Freddy Hirsch-produkte.
Die 2024 Fotografiekompetisie is goed op dreef. Ons het ’n hele paar buffelfoto’s vir dié nuwe kategorie ontvang. Lede vind die nuwe inskrywingsmetode baie gerieflik. Al die wysigings tot die 2024 Fotografie-kompetisie is vervat in die inligting en reëls.
Kyk gerus na die foto’s in verskillende kategorieë wat reeds in 2024 toekennings ontvang het.
Kontak Marette vir enige navrae.
Nooi gerus die lede in jou tak, vriende en familie uit om by die groep aan te sluit. Dit is ’n gesellige interaktiewe groep waar lede voorstelle en kommentaar kan instuur.
Kontak Marette vir enige navrae.
Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters
Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.
Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag
Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.
Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.
Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.
Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.
Kontak Marette Bennett
sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.
Kontak:
Francois Annandale by 071 932 6125
vir ‘n kwotasie
(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield
Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets
Om ‘n afspraak te maak, kontak:
Johan by 082 564 8222
of Lourens by 072 591 0926
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier