(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)

Oktober/November 2023

22 November 2023

Hierdie is die laaste gewone nuusbrief van 2023.  SA Jagters se president, Basie Bergh, se Kersboodskap sal in Desember uitgestuur word.

SA Jagters het verskeie toekennings oorhandig tydens die Kongres op 4 November. Nuwe raadslede is tydens die algemene jaarvergadering verkies.

Henk Becker van Tembo-tak het die 2023 Buffeljagkompetisie gewen. Baie geluk, Henk! Die Kalahari-jagkompetisie is pas bekend gestel met groot pryse op die spel.

SA Jagters se nasionale kantoor by Inyathipark sluit op 13 Desember 2023 om 12:00 en open weer op 8 Januarie 2024 om 07:30.

Die SA Jagters-winkel sluit op 20 Desember 2023 en heropen op 8 Januarie 2024.

Neem asseblief kennis dat die SA Jagters-winkel vanaf Saterdag 18 November 2023 tot 20 Desember 2023 elke Saterdag van 09:00 tot 13:00 oop sal wees vir kersinkopies.

Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

Fred Camphor in gesprek met Willie Spies oor vuurwapenlisensies

SA Jagters se uitvoerende hoof, Fred Camphor, is die gas in Willie Spies se aanlyn geselsprogram, Amicus, waarin regskwessies bespreek word. In die program, beantwoord Fred vuurwapeneienaars se vrae oor die hernuwing van vuurwapenlisensies wat verval het. Hy klaar ook enige onduidelikheid op oor die geldigheid van die ou groen lisensies.

Lees meer hier oor vuurwapenwetgewing.

Toegewyde statusverslae 2023

SA Jagters het 14 622 lede met toegewyde jagterstatus waarvan net 11 410 teen 31 Oktober 2023 die vereiste twee aktiwiteite geregistreer het om hulle status te behou. Dus is daar 3 212 lede wat nie genoegsame aktiwiteite geregistreer het nie.

SA Jagters het 12 417 lede met toegewyde sportskutstatus waarvan 9 386 teen 31 Oktober 2023 die vereiste drie aktiwiteite geregistreer het om hulle status te behou. Daar is 3 031 lede wat nie genoegsame aktiwiteite geregistreer het nie.

Die aktiwiteitsjaar loop vanaf 1 November tot 31 Oktober van die volgende jaar. Lede word aangemoedig om hulle aktiwiteitsverslae op datum te hou.

Lede met toegewyde status wat vir watter rede ook al nie vanjaar kon jag of skiet nie, moet SA Jagters per e-pos laat weet sodat die vereniging ʼn geen-aktiwiteitsverslag aan hulle kan uitreik.

Lede wie se toegewyde status verval omdat hulle nie die vereiste aktiwiteite voltooi en gerapporteer het nie, loop die risiko om van hulle vuurwapens te verloor.

SA Jagters aanvaar enige twee van die volgende aktiwiteite vir die behoud van toegewyde jagterstatus:

  • Enige jaggeleentheid
  • Bywoon van enige amptelike aktiwiteite van SA Jagters
  • Enige ander georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister teken
  • Enige private skietoefening (informele skietbyeenkoms)
  • Voltooide jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • Een herlaai-aktiwiteit
  • Besoek aan HuntEx

SA Jagters aanvaar enige twee van die volgende aktiwiteite vir die behoud van toegewyde jagterstatus:

  • Enige jaggeleentheid
  • Bywoon van enige amptelike aktiwiteite van SA Jagters
  • Enige ander georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister teken
  • Enige private skietoefening (informele skietbyeenkoms)
  • Voltooide jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • Een herlaai-aktiwiteit
  • Besoek aan HuntEx

Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.

SA Jagters Kongres 2023

SA Jagters se jaarlikse Kongres en Algemene Jaarvergadering is op 4 November 2023 by die WNNR se Internasionale Konferensiesentrum gehou.

Talle toekennings is oorhandig tydens hierdie geleentheid en ʼn aantal nuwe raadslede is ook verkies.

Lees die artikel en sien die foto’s van die toekennings   hier.

Die Nasionale Takvoorsittersforum (NTVF) het op Vrydag, 3 November 2023 by Inyathipark plaasgevind.
 
Die sake van die dag wat bespreek was sluit in finansies, webwerf, besluite oor die grondwet, interne reëls, skietsake en vele meer.
 
Gaan kyk gerus na die foto’s op die Facebookblad hier

Kalahari-Jagkompetisie

Wen ’n jag ter waarde van R100 000 vir jou en drie jagmaats in die Kalahari se rooiduine van 22-26 Mei 2024! Die wenner en sy/haar drie metgeselle kan elkeen een gemsbokbul en vier springbokramme jag. Jagters kan al die vleis huis toe neem. Die prys sluit verblyf, brandstof, kos en drank, asook die dag-, bakkie- en slagtariewe in. Elke jagter kry ook ʼn geskenkpak.

Dit is verspot maklik om in te skryf. Koop ʼn kaartjie teen R100 vir een kans om die gelukkige trekking te wen. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings nie. Hoe meer kaartjies jy koop, hoe groter is jou kans om te wen.

  • Koop jou kaartjie aanlyn op Quicket hier
  • Óf betaal veelvoude van R100 in SA Jagters se bankrekening by: Absa (632005), Rekeningnr. 1443990077 (of 01443990077)

Gebruik KAL en jou selfoonnommer as verwysing.

Sluitingsdatum: 3 Mei 2024

Trekkingdatum: 8 Mei 2024

Jagdatum: 22-26 Mei 2024

Koop soveel kaartjies as wat jy wil! Jy hoef nie by die trekking te wees nie. Ons bel jou as jy wen!

2023/24 KOLSKOOT-tydskrif

Die 2023/2024 uitgawe van KOLSKOOT fokus op een van die kroonjuwele van ons jagveld – die Bosveld, en beslaan 100 bladsye leesgenot met artikels oor gewilde spesies van die bosveld. Jy kan ook lees watter kalibers en koeëls ervare jagters vir jag in die bosveld aanbeveel.

Beskikbaar in die aanlynwinkel hier.

Dooierus feestyd kombo aanbod

SA Jagters-lede kry ʼn spesiale 10%-afslag wanneer hulle die Dooierus I en Dooierus II-kombo vóór Kersfees by ons aanlyn winkel bestel. Die gewone prys vir die kombo is R550, maar met ons spesiale aanbod slegs dié Kersfees, betaal SA Jagters-lede net R495 vir hierdie twee boeke van Herman Jonker wat die hele gesin kan lees.

Waarvoor wag? Koop nou in die aanlynwinkel terwyl voorraad hou!

DOOIERUS II, deur Herman Jonker, volg op die gewilde DOOIERUS, wat in 2015 vrygestel is en vinnig uitverkoop het. 

Die DOOIERUS II  bundel bevat weereens 77 uitgesoekte rubrieke wat tot ’n breë gehoor spreek. Die skrywer stel sy visier om die beurt op groenes, owerhede, wildboere en eie geledere. Heilige koeie spring nie die slagmes vry nie, jagters se eienaardighede en ego’s ook nie. Daar word egter eerder gekorswil tussen die staaltjies en kwinkslae deur, as swaar debat gevoer.

Vuurwapenhulplyn

Vir die vuurwapenhulplyn, opleiding en sertifiseringadministrasie, kontak Hilona, Angelique of Petrus. Vir navrae oor opleiding, sportskiet en bevoegdheid kontak Liesel.

  • SA Jagters ondersteun sy lede om aan die wettige vereistes te voldoen om ‘n vuurwapen te besit en te gebruik.
  • Die vereniging verteenwoordig lede se belange op relevante nasionale forums en in regsprosesse met betrekking tot wettige vuurwapenbesit.
  • SA Jagters se vuurwapenhulplyn het toegewyde personeel wat lede se navrae beantwoord oor vuurwapenverwante sake soos lisensie-aansoeke, bevoegdheidsertifikate, en endossemente wat hulle saam met hul lisensie-aansoeke moet indien.
  • ‘n Geïntegreerde aanlyn ledeadministrasiestelsel bied lede maklike toegang om hul inligting aangaande vuurwapens, ammunisie, jag, en sportskiettellings onder hul persoonlike profiel op die stelsel te stoor.

Nasionale LBA-kampioenskap 2023

Die nasionale Limited Bolt Action-kampioenskap het op 14 Oktober 2023 by die Riemland-skietbaan op Bethlehem plaasgevind. Dit was ‘n heerlike warm dag met matige wind. Die deelnemers het baie goeie tellings behaal. Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het en diegene wat streek- en nasionale kleure verwerf het. Sien die uitslae vir meer inligting. Baie dankie aan Riemland-tak vir hul gasvryheid en die puik reёlings van die dag. ‘n Spesiale woord van dank aan die Baanoffisiere vir hulle professionele diens!

Die uitslae en foto’s is hier.

Nasionale MDS-kampioenskap 2023

Die nasionale MDS-kampioenskap het op 20 en 21 Oktober 2023 by die Pretoria Military Practical Shooting Club (PMPSC) plaasgevind. Baie dankie aan die Centurion-en Pretoria-Oos-takke en wat hierdie byeenkoms aangebied het. Die reëlings het glad verloop. Dankie ook aan die baanoffisiere wat oor twee baie warm dae verseker het dat skuts net hulle beste kon lewer.

Die uitslae en foto’s hier.

Nasionale Sportskietkampioenskap 2023

Die nasionale sportskietkampioenskap is op 27 en 28 Oktober 2023 by die Excalibur-skietbaan op Welkom gehou. Sandrivier-58 tak was die gasheer en het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. Ons het groot waardering vir die baanoffisiere wat met hul harde werk en professionele optrede oor twee dae in die hitte die geleentheid vir die skuts moontlik gemaak het.

Uitslae en foto’s hier.

Wildsvleisstrategie

Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het op Woensdag 8 November 2023 die Wildsvleisstrategie vir Suid-Afrika in die staatskoerant gepubliseer. Klik hier vir die dokument. Let asb. daarop dat die dokument slegs ʼn strategie is en ten doel het om die benutting van wildsvleis te bevorder deur die ontwikkeling van die bedryf. Geen wysigings aan die wildsvleisregulasies is al gepubliseer nie .

Aanlyn permitte vir mariene hengel

Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het in Oktober ʼn stelsel bekend gestel waar mariene hengelaars nou ook aanlyn hul maandelikse en jaarlikse hengelpermitte kan bekom. Die stelsel is ontwikkel na die verval in dienslewering asook as gevolg van die groot aantal poskantore wat gesluit het. Die permitte is nog steeds by sekere poskantore beskikbaar. Vir toegang na die elektroniese stelsel klik hier. Vir meer inligting oor hoe om die elektroniese aansoek te voltooi, klik hier vir die verbruikersgids.

SA Jagters het kommentaar gelewer op die DBVO se nuwe konsepbeleid

SA Jagters het kommentaar gelewer op die Departement Bosbou, Vissery en die Omgewing (DBVO) se nuwe konsepbeleid oor die bewaring en ekologiese volhoubare benutting van olifante, leeus, luiperds en renosters wat op 19 September 2023 gepubliseer is. Afgesien van ons algemene kommentaar, het SA Jagters in besonder ons kommer uitgespreek oor die tekortkominge in DBVO se benadering tot openbare deelname. Dit was oorhaastig en het nie voldoen aan die regering se riglyne vir betekenisvolle openbare konsultasie nie.

Die departement het nie terugvoering gegee oor die kommentaar wat tydens die konsultasieproses verskaf is nie en daarom is dit onmoontlik om vas te stel of voorleggings van die openbare deelnameproses enigsins oorweeg is. Dieselfde oorhaastige en gebrekkige proses het gelei tot die goedkeuring van die definisie van diere se ‘welsyn’ wat ingesluit is in die konsepbeleid, wat vereis dat ʼn dier se “geestesgesondheid” oorweeg moet word in alle interaksies met mense. Die wildbedryf is nooit geraadpleeg oor hierdie definisie nie. SA Jagters sal voortgaan om met die Departement in gesprek te tree oor hierdie en ander kwessies wat die belange van ons lede en die wildbedryf raak.

Lees SA Jagters kommentaar hier.

Alles oor slange op jou vingerpunte

Samewerking tussen die African Snakebite Institute (ASI) en SA Jagters gee lede gratis toegang tot die ASI se app om slange te identifiseer. Hiermee dra lede indirek by tot hulle eie en hulle takke se bewaringsaktiwiteite.

SA Jagters se lede het ‘n eksklusiewe aanmeldkode (login) waarmee hulle slangwaarnemings op die app kan invoer. Al dié inligting word ook in SA Jagters se databasis opgeneem – soortgelyk aan SA Jagters se eie Sightings app waarmee lede wildwaarnemings byvoeg. Die aanmeldkode wat lede toegang tot die app gee, is beskikbaar by takke se bewaringskoördineerders.

Die app gee lede ook toegang tot gratis plakkate met inligting oor die slange wat in hul omgewing voorkom, noodhulp by slangbyte, noodnommers en vele meer. Lees gerus in die volgende uitgawe van SA JAGTER/HUNTER wat hierdie app alles bied.

Laai die ASI app af by Google Play Store.

Kontak die bewarings bestuurder Lizanne Nel vir bystand.

The third edition of snake expert Johan Marais’ book, Complete Guide to Snakes of Southern Africa is now available in both Afrikaans and English.

The regular price is R450, but Johan is offering a signed copy to members at R405 per copy, delivery included.

Order directly from Fernanda at info@asiorg.co.za or phone 060 957 2713

More information here

 

AWCF 2023 – Samewerking in Suider-Afrika om verantwoordelike jag te bevorder

SA Jagters het weer saam met ander operateurs en beroepsjagterverenigings van Afrika deelgeneem aan die jaarlikse African Wildlife Consultative Forum (AWCF) wat in Windhoek, Namibië gehou is. Lees die artikel en 2023 terugvoer hier.

Help ons groei

Hoe meer lede SA Jagters het, hoe sterker is die Vereniging se bedingingsmag om die toekoms van jag-, vuurwapeneienaarskap en die bewaring van ons natuurerfenis te verseker. Ons is die enigste vereniging wat ‘n voltydse span kundiges het om lede se belange op alle vlakke en op alle terreine te verdedig. Ons belê in jou toekoms. Nooi jou vriende en kennisse om by die Vereniging aan te sluit. Dis die regte ding om te doen.

Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is beskikbaar hier.

Takke wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort is, oortuig om te betaal, ontvang ook die bostaande kommissie. Meer inligting hieroor is reeds aan Takvoorsitters gestuur.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan ʼn verskeidenheid handelaars verskaf. Aansoekvorms is hier of by Dorothy Els by dorothy@sahunt.co.za

Ons kleurryke geskiedenis

Vind meer uit oor die merkwaardige pioniers van Suid-Afrika se jaggeskiedenis en die totstandkoming van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging in die SA Jagters Gedenkboek. Dit werp ʼn waardevolle blik op die geskiedenis van jag in Suid-Afrika en hoe die vereniging ontwikkel het tot wat dit vandag is.

Dit is nou baie makliker om hierdie boek te bestel. Beperkte kopieë van hierdie stuk erfenis is steeds beskikbaar teen in die aanlynwinkel hier.

Wildsvleisresepte

Watertandlekker Springbokboud

Hugo is die eienaar en skipper van Lucky Strike Fishing Charters wat met sy boot, Bom Dia, elke jaar vir sowat ses maande hengelaars in Mosambiek se waters uitneem om die grotes te gaan vang. Dit is ʼn suiwer vang en vrylaat onderneming wat Hugo al vir tien jaar beoefen. ʼn Man kan egter net sóveel vis eet, en daarom kan Hugo nie wag om sy gunsteling rooivleisgeregte te maak wanneer hy die see vir land verruil by sy huis in Pretoria nie. Hugo Meyer deel met ons sy resep vir ʼn watertandlekker Springbokboud.

Gaan na die nuwe wildsvleisrespte bladsy

Indien jy jag of die gesinslid is van iemand wat jag, het jy verseker ‘n gunstelingresep waarvoor jy bekend kan word. Jy kan die eerste SA Jagters wildsvleis-sjef wees. Hierdie is ‘n langtermyn projek met die doel om ons lede as ‘n gemeenskap betrokke te kry.

Ons beplan ‘n toegewyde afdeling op die webwerf en op Facebook om lede se talent in die bos of kombuis te deel. Stuur jou resep saam met ‘n kort agtergrondstorie (bv. was dit jou ouma se resep), foto van jou en jou gereg, die bestanddele en voorbereidingsmetode in. Enige resep is welkom, solank dit wildsvleis bevat. Stuur dit na boetiek@sahunt.co.za of marette@sahunt.co.za

Freddy Hirsch-produkte

Hugo Meyer wen die tweede geskenkpak van Freddy Hirsch, die Premium Spice Box. Baie geluk Hugo, jou geskenk is op pad!

Die Freddy Hirsch-groep borg ‘n paar geskenkpakke om weg te gee in ons wildvleisresep-uitdaging. Hoe gouer jy jou wildvleisresep inskryf, hoe beter is jou kans om een ​​van hierdie geskenkpakke te wen.

Freddy Hirsch stel ʼn spesiale speserymengsel bekend, The Hunters Collection Box wat al die geurmiddels sal insluit wat jy vir wildsvleis en biltong mag nodig kry. Dit sal betyds beskikbaar wees vir feestyd-aankope teen ʼn afslagprys vir lede. Hou die kommersiële aanbiedinge en sosiale media bladsye dop!

Amateur Fotografiekompetisie

Foto: Jimmy Kruger - Goud

Daar is nog tyd om in te skryf vir die 2023 Fotografiekompetisie wat op 30 November sluit. Lede kan ook nog inskryf vir die kategorieë en die kwota vir die jaar bly onveranderd: 60 foto’s oor Fauna en Flora en 60 foto’s altesaam vir Takaktiwiteite en Bewaring, Die Skietbaan, Die Jagveld en Mentorskap.

Gaan kyk gerus na al die inskrywings in die 2023-album hier wat reeds toekennings vir dié jaar ontvang het. Ons maak die top 50 en kategorie-wenners in Januarie 2024 bekend.

Die kategorie vir Fauna en Flora DSLR/spieëlloos lok altyd die meeste inskrywings en sorg vir strawwe kompetisie. Die ander kategorieë is minder gewild, maar bied volop geleenthede aan lede om mee te ding vir die kategoriewenner van die jaar. Lees die fotokompetisie se volledige reëls hier.

Lede wat reeds goue, silwer of brons toekennings ontvang het, kan nou hul balkies (soortgelyk aan die skietbalkies) en sertifikate deur hul takke bestel.

Kontak Marette vir enige navrae.

Fotografieklub op Facebook

Foto: Anne-Marie Ungerer #benut

Nooi gerus vriende, familie en kollegas uit wat dieselfde waardes deel as SA Jagters, om ook by die Fotografieklub aan te sluit. Lede kry die geleentheid om hulle foto’s op ʼn vriendelike platform te deel.

Die September/Oktober foto-uitdaging #benut, het weereens ʼn wye interpretasie vir fotokeuses gebied. Lede het pragtige foto’s met die groep gedeel. Anne-Marie Ungerer het die uitdaging gewen en die hele #benut-album is hier op die webwerf te sien.

Die November/Desember/Januarie foto-uitdaging se tema is kontras, kleur en tekstuur in die natuur en die handvatsel is #kontras. Die tema bied weer ʼn breë interpretasie. Dit sluit onder andere die volgende in: berge, koppies en klippe; diere se hare; voëls se vere; reptiele se skubbe en patrone; bome se bas; en plante se dorings. Omdat die uitdaging oor drie maande strek, sal hierdie verskeidenheid verseker dat ons nie verveeld raak nie. Dit gee lede ook heelwat tyd om tydens die somervakansie foto’s te neem wat by hierdie tema pas. Elkeen het ʼn kans om die wenfoto te neem, hetsy dit met DSLR/ML kameras óf slimfone geneem is. Lees die volledige reëls hier.

Kontak Marette vir enige navrae.

SA Jagters-winkel

Koop 'n geskenkbewys hier

Dankie vir die ondersteuning van ons SA Jagters-winkel. Dit is nou ʼn jaar sedert ons vuurwapens, ammunisie en slagdoppies begin verkoop het. Ons werk hard daaraan om ʼn verskeidenheid produkte in voorraad te hou om aan al ons klante se behoeftes te voldoen. Laat ons gerus weet wat julle nóg op ons rakke wil sien.

Vir lede se gerief, sluit betalingsopsies EFT en kredietkaarte in. Wapens en ammunisie kan per koerier afgelewer word. Kontak ons vir ‘n kwotasie.

Feestyd datums:

Om lede die geleentheid te bied om laaste Kersfees inkopies te doen, sal die SA Jagters-winkel op 20 Desember 2023 eers sluit en heropen op 8 Januarie 2024.

Neem asseblief kennis dat die SA Jagters-winkel, tot 20 Desember 2023 elke Saterdag sal oop wees van 09h00 tot 13h00. Dit sal insluit 15 en 16 Desember wat vakansiedae is.

Kontak ons vir meer inligting by +27 12-808-9399 of 066-231-8185 of shop@sahunt.co.za

Produk van die maand

Ons produk van die maand is die LIQUI MOLY GUNTEC-reeks wat die lewensduur van jou toerusting verleng en uitstekende werkverrigting vir nog baie jare sal verseker, kostes verminder en groter genot verskaf. SA Jagters se lede kry 10%-afslag op aankope in die aanlyn winkel.

Shop here

Strongly adherent synthetic special grease with ceramic solid lubricants. Ensures the safe functioning of all types of weapons due to its excellent lubricating effect. The solid lubricants contained ensure the lowest friction coefficients and best possible wear protection even in critical lubrication situations. Offers the necessary corrosion protection for all metallic components even under extreme operating conditions.

For the lubrication of guns, weapon components and precision mechanical components of all kinds. Also, for the lubrication of components in the low temperature range as well as components which are subject to a wide operating temperature range.

Shop here

Highly adherent, medium-viscous special oil for preserving and lubricating guns and metal parts. Ensures optimum corrosion and wear protection for moving parts and at all lubrication points. Thanks to good penetration properties and high protection against resignification, it is also ideal for lubricating precision mechanical components. Versatile gun oil with good plastic compatibility and the option of oiling wood.

For guns, machines, tools, metallic components, instruments and much more. Excellent protection against environmental influences during intermediate storage of metal parts and semi-finished products.

Shop here

Highly adhesive, medium-viscous special oil spray for preserving and lubricating guns and metal parts. Ensures optimum corrosion protection and forms an even, stable and particularly water-repellent oil film on the surface. Ensures optimum wear protection of moving parts or at lubrication points due to its outstanding lubrication properties. Penetrates even hard-to-reach lubrication points due to extremely good penetration properties and remains stable even after long periods of use thanks to high protection against resignification. The PTFE solid lubricants contained guarantee emergency running properties and the lowest friction coefficients. A versatile gun care spray with good plastic compatibility and the option of oiling wood.

Shake can vigorously before use. Carefully clean parts before oiling. Old oil residues can be easily removed with LIQUI MOLY Rapid Cleaner (part no. 3318). Apply a small amount of oil to the lubrication points after drying, let it air off and wipe off any excess oil. Clean oil from the barrel and the chamber before shooting.

Shop here

Aqueous special surfactant solution to quickly and thoroughly dissolve and neutralize tenacious combustion residues in silencers. Thanks to its independent effect, it enables even silencers that cannot be disassembled and high-performance carbon silencers to be cleaned easily and completely.

For cleaning silencers in the event of smoke deposits. Also suitable for ultrasonic baths.

Shop here

Cleaning foam for intensive yet gentle cleaning of handguns and rifles, including the barrels. Compatible with practically all materials (wood, blued metals, stainless steel, plastic). Particularly suitable for removing copper or tombac residues from barrels, thereby resolving the problems with precision that this cause.

Spray the cleaner on the surfaces to be treated. The foam adheres there and its cleaning effect sets in. As soon as it has collapsed again after some time, wipe it off together with the dissolved residues. When cleaning barrels, spray the foam into the barrel from the chamber side. Seal off the filled barrel at the front and position the weapon with the barrel side facing down. After allowing to take effect for 30 – 60 min, the cleaner also removes deposits of copper, tombac and smoke. Then remove the cleaning foam together with the dissolved contaminants from the barrel, e.g., using tow (oakum) or felt cleaners. After cleaning, preserve the barrel with GUNTEC Gun Oil or GUNTEC Gun Care Spray. Note: Test material compatibility in an inconspicuous place before applying.

Besigtig al die winskope en nuwe produkte op ons Facebook-blad

Kommersiële aanbiedings vir lede

Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks ​​in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.

Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.

Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.

Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.

Kontak Marette Bennett

sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Craftbraai bied lede 10%-afslag

The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

StediLens bied lede 10%-afslag

A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Peter’s Guide Books bied lede 10%-afslag

  • Detailed maps and GPS co-ordinates of all points of interest.
  • English, Afrikaans, German and Latin names of trees, animals and birds.
  • Meaning of place names.
  • Instant identification of trees, geological formations and historical connections.
  • Interesting facts and photos of animals and common birds.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

A Line Tours Pty Ltd bied lede 10%-afslag

A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.

Kontak:

Francois Annadale by 071 932 6125

vir ‘n kwotasie

(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Tyremart Hatfield bied lede 'n ekstra 3%-afslag

Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield

Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets

Om ‘n afspraak te maak, kontak:

Johan by 082 564 8222

of Lourens by 072 591 0926

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Stuur vir ons jou kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

Foto: Koos Marias - Goud
error: Content is protected !!