(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)

September 2023

10 Oktober 2023

Geagte kollega

Die jaar staan einde se kant toe. Hier by SA Jagters se kantoor is ons bedrywig met voorbereidings vir die kongres op 4 November 2023. Vir die eerste keer sedert 2019 hou ons weer kongres met afgevaardigdes teenwoordig, nie net virtueel nie. Ons sien uit daarna om u weer hier te ontvang en te sien.

By die Kongres het ons ook weer verkiesing van Raadslede en vanjaar is daar ’n ongekende vyf uit ses vakante poste in die Raad. Gelukkig is van die huidige Raadslede weer beskikbaar wat kontinuïteit sal behou.

Ons herinner lede met toegewyde status om hulle aktiwiteitsverslae voor 31 Oktober te voltooi. Sien die skakel na ʼn kort video wat die proses verduidelik. Hierdie status is belangrik vir lede wat lisensies vir meer as vier vuurwapens wil behou.

Ander aktiwiteite gedurende Oktober sluit in drie nasionale skietkampioenskappe. Die haelgeweer– en junior kampioenskappe is afgehandel en die uitslae is in hierdie nuusbrief ingesluit.

Bestel die 2023/24 KOLSKOOT-tydskif vooruit. Eksemplare sal ook by die kongres beskikbaar wees.

Nuwe Takvoorsitters het ʼn suksesvolle werksessie by Inyathipark bygewoon as voorbereiding vir hulle take by die takke. Lees gerus die Facebook artikel hier.

September was Erfenis-maand en ons het gefokus op die Vereniging se jag- en bewaringserfenis. Ons moes ook afskeid neem van oud-president, Oom Peet van Zyl. Ons dra ons simpatie en goeie wense oor aan sy geliefdes en vriende. Lees verder hier.

Onder bewaringskwessies, kan lede kommentaar lewer op ʼn beleidsdokument oor die intensiewe teel van leeus. Lees ook oor die biodiversiteitsbestuursplan vir bromvoëls wat pas gepubliseer is.

Wat jagsake betref, vestig ons lede se aandag op SA Jagters se kommentaar op die voorgestelde jagproklamasies vir die Wes-Kaap vir 2024.

Die fotografiekompetisie se sluitingsdatum het geskuif na einde November en sal so bly vir die toekoms. Dit gee fotograwe wat die nasionale skietkampioenskappe bywoon die geleentheid om hulle hul foto’s in te skryf in Die Skietbaan kategorie. Die fotografieklub het pragtige foto’s ter viering van Wêreldrenosterdag op 22 September gedeel. Gaan kyk gerus.

Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

Behoud van toegewyde status se sperdatum 31 Oktober 2023

Play Video

Lede wat toegewyde jagter- of sportskutstatus het, mag volgens die vuurwapenwet meer as vier vuurwapens besit. Om hierdie status te behou, moet toegewyde jagters minstens twee jagverwante aktiwiteite en toegewyde sportskuts drie sportskietaktiwiteite per jaar registreer.

SA Jagters het hierdie proses vir lede maklik gemaak. By enige amptelike aktiwiteit wat SA Jagters aanbied, hoef lede slegs hul lidnommers op hulle Tak se tablet in te sleutel om dit te registreer. Met SA Jagters se App kan lede ook ander jag- of sportskietaktiwiteite registreer.

Die sperdatum om aktiwiteite te registreer ten einde jou status te behou, is 31 Oktober elke jaar.

Daar is 5 487 geregistreerde toegewyde sportskuts en 5 037 toegewyde jagters wat nog nie die vereiste aktiwiteite in 2023 geregistreer het om hul toegewyde status te behou nie.

Lede het net tot 31 Oktober geleentheid om aktiwiteite te registreer. Kyk onder Vuurwapens in hierdie Nuusbrief hoe om die App te gebruik.

Lede wat hulp nodig het, kan Petrus Swart, Hilona Loots of Angelique Botha bel by (012) 808 9300.

SA Jagters Kongres 2023

SA Jagters se 2023-kongres vind plaas op 4 November 2023 om 07:00 by die WNNR-konferensiesentrum in Pretoria. Daar heers groot opgewondenheid onder afgevaardigdes om mekaar weer van aangesig-tot-aangesig te sien en gedagtes uit te ruil oor sake van gemeenskaplike belang. Die wenners van verskeie toekennings sal ook by die geleentheid aangekondig en oorhandig word.

Die Nasionale Takvoorsittersforum (NTVF) vind Vrydag, 3 November 2023 by Inyathipark plaas. 

SA Jagters se kantoor sluit vir feestyd

SA Jagters se nasionale kantoor by Inyathipark sluit op 13 Desember 2023 om 12:00 en open weer op 8 Januarie 2024 om 07:30.

Die SA Jagters-winkel sluit ’n week later op 20 Desember 2023 en heropen op 8 Januarie 2024.

2023/24 KOLSKOOT-tydskrif

Kliek om te vergroot

Die 2023/2024 uitgawe van KOLSKOOT sal op 4 November 2023 by die Kongres van SA Jagters beskikbaar wees. Hierdie uitgawe fokus op een van die kroonjuwele van ons jagveld – die Bosveld, en beslaan 100 bladsye leesgenot met artikels oor gewilde spesies van die bosveld. Jy kan ook lees watter kalibers en koeëls ervare jagters vir jag in die bosveld aanbeveel.

Bestel jou kopie vooruit teen die spesiale prys van R75. KOLSKOOT sal saam met die SA JAGTER/HUNTER en/of Man Magnum se November/Desember-uitgawe verpak en versend word.

Ons stuur binnekort die bestelvorm saam met die tydskrif se e-pos-nuusbrief uit. Bestel jou eksemplaar sommer dieselfde dag wat jy die e-pos ontvang! Lede wat hierdie opsie verkies, betaal slegs R75 in plaas van die rakprys van R95 per eksemplaar. ’n Beperkte aantal kopieë van hierdie KOLSKOOT sal ook by jou tak beskikbaar wees teen die rakprys van R95.

Takke wat KOLSKOOT vir lede wil aankoop kan eksemplare vooruitbestel en dit by die Kongres optel om saam te neem huis toe.

Buffeljagkompetisie

Die tyd raak nou min om in te skryf.

Benut die kans om hierdie fenomenale jaggeleentheid met ‘n waarde van meer as R600 000 te wen deur R100-kaartjies te koop in ons gelukkige trekking. Jy mag soveel kaartjies koop as wat jy wil.

Die grootste jagprys ooit in die geskiedenis van SA Jagters (5 diere is onlangs by die jaglys gevoeg)

Betaal R100 of veelvoude daarvan in SA Jagters se bankrekening met EFT. Die rekening is

Bank: Absa
Rekeningnommer: 01443990077
Takkode: 632005
Verwysiging: Selfoonnommer en Buffel

Stuur die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Behoud van toegewyde status

Bring jou toegewyde status op datum in ‘n oogwink op die SA Jagters App. Laai jou aktiwiteite vinnig – geen oplaai van teikens. Ons vertrou jou! (Laai die App hier af).

14 636 lede met Toegewyde Jagterstatus – slegs 9505 voldoen reeds aan die vereistes.

12 325 lede met Toegewyde Sportskutstatus – slegs 6724 voldoen reeds aan die vereistes.

Alle aktiwiteite moet voor 31 Oktober 2023 ingelees wees as jy jou toegewyde status wil behou.

Hoe registreer jy jou aktiwiteite:

  • aanlyn op jou profiel op die lede-administrasie stelsel op die webwerf
  • gebruik die SA Jagters selfoon App

Handhaaf jou status:

  • Toegewyde jagter – enige 2 van die onderstaande aktiwiteite word erken
  • bywoning van amptelike aktiwiteite van SA Jagters
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister teken
  • voltooide jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan HuntEx-skou
  • amptelike skietgeleentheid van SA Jagters
  • skietgeleentheid by ‘n ander geakkrediteerde sportskietvereniging
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan teken
  • private skietoefening of sosiale skietgeleentheid waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan voltooi
  • diensbeurt as baanoffisier
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan die HuntEx-skou

Vir meer inliging kliek hier

Stappe om aktiwiteite op die SA Jagters App te registreer

Kliek op die pyltjie links of regs van die voorbeeld om vorentoe of terug te blaai

2023 Nasionale Haelgeweerkampioenskap

SA Jagters se top 58 haelgeweerskuts het op 16 September aan die SA Jagters Browning se Nasionale Haelgeweerkampioenskap by die Hippo Creek-skietsentrum deelgeneem. Wynand Coetzee van die Vaaldriehoek-tak het met die louere as Kampioen Haelgeweerskut weggestap. Lees die volledige artikel met uitslae hier.

2023 Nasionale Junior Kampioenskap

SA Jagters se Sandrivier-58-tak het op 6 en 7 Oktober die Vereniging se jaarlikse Nasionale Junior Skietkampioenskappe by die Excalibur-skietbaan op Welkom in die Vrystaat aangebied. Dit was twee baie warm dae maar ten spyte daarvan het die jong deelnemers goeie tellings geskiet en dit baie geniet. Lees die artikel hier.

Multidissipline Sportskiet (MDS)

Inligting oor ʼn stelsel om MDS-tellings te prosesseer, opleiding van MDS-baanoffisiere en die MDS-handleiding is nou beskikbaar. Waar nodig, verskaf asb. inligting oor baanoffisieropleiers sodat ons ons inligting kan bywerk. Gaan na die MDS bladsy vir meer inligting.

Nasionale skietkampioenskappe om na uit te sien vir die res van 2023:

  • Limited Bolt Action kampioenskap op 14 Oktober 2023 op die Riemland-skietbaan, Bethlehem aangebied deur die Riemland-tak
  • Multidissipline Sportskietkampioenskap op 20 en 21 Oktober 2023 op die Pretoria Military Practical shooting range, Eeufeesweg, Pretoria aangebied deur die Centurion en Pretoria-Oos-takke
  • Sportskietkampioenskappe op 27 en 28 Oktober 2023 op die Excalibur-skietbaan, Welkom aangebied deur Sandrivier-58-tak.

BASA Skietdag

Die SA Big Bore Association het ook ‘n uitnodiging gerig aan SA Jagters om spanne in te skryf vir hulle korporatiewe grootkaliber skietdag op 11 November 2023. Kyk gerus vir meer inligting hier.

SA Jagters lewer kommentaar op die voorgestelde jagproklamasie van die Wes-Kaap 2024

Cape Nature het belangstellendes genooi om kommentaar te lewer op die beplande jagproklamasie vir die 2024-jagseisoen. Klik hier vir SA Jagters se kommentaar hierop.

Ons neem kennis van die groot bevolkingsaanwas onder kolganse in die Wes-Kaap wat gepaardgaan met groot skade aan gesaaides. Ons versoek ons lede in die Wes Kaap om voorkoms en getalle van kolganse op SA Jagters se Sightings App aan te teken. Hierdie inligting help ons om inligting in te samel wat die aanwas onder kolganse bevestig sodat ons ʼn verhoging in die daaglikse limiet kan regverdig.

Snare Busters Initiative

Lede verlos diere uit strikke

SA Jagters se Snare Buster projek om strikke te verwyder, lewer ʼn groot bydrae tot bewaring en skep bewustheid van die probleem. Die diere word weer vrygelaat en beseerde diere kry mediese versorging.

Die Mopani-tak, onder leiding van Eugene Trosky, in vennootskap met die Phalaborwa Natural Heritage Foundation, en ʼn span vrywilligers fynkam reservate in die Phalaborwa-omgewing om strikke te verwyder wat stropers stel. Lees meer oor die onbaatsugtige werk van hierdie vennootskap in die Patrol Nuusbrief wat inligting gee oor die teenstropingswerk van verskeie organisasies in Afrika.

Bewaring en volhoubare benutting van olifante, leeus, luiperds en renosters

Aangeheg is die hersiene konsepbeleidsdokument oor die bewaring en volhoubare benutting van olifante, leeus, luiperds en renosters, wat vir openbare kommentaar in Staatskoerant No. 49322 van 19 September 2023 gepubliseer is. SA Jagters het reeds kommentaar op die eerste weergawe hiervan gelewer hier

Ons het ook kommentaar gelewer op die definisies in die Witskrif op Biodiversiteit waarin sekere dele uiters problematies geformuleer is. Sien hier ons skrywe aan die Departement van Bosbou, Visserye  en die Omgewing (DFFE), spesifiek ten opsigte van die definisie van “Wellbeing” waaroor nie met die publiek geraadpleeg is nie.

Die hersiene konsepbeleidsdokument is ʼn verkorte weergawe van die vorige dokument en is hier beskikbaar. Lede kan hul kommentaar direk aan Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing stuur, of aan die bestuurder bewaring, Lizanne Nel by lizanne@sahunt.co.za teen 13 Oktober 2023. Soos in die verlede, sal SA Jagters ook in hierdie proses lede se belange verteenwoordig in reaksie op ʼn beleidsdokument wat die verantwoordelike benutting van natuurlewe, en die bydrae wat dit tot bewaring kan maak, wesenlik kan beïnvloed.

Biodiversiteitsbestuursplan vir bromvoëls

SA Jagters was betrokke by die ontwikkeling van die Biodiversiteitsbestuursplan vir die Bromvoël (Bucorvus leadbeateri) en is ook lid nasionale werkgroep vir die spesie. Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, het die publikasie van die Biodiversiteitsbestuursplan vir implementering in die Staatskoerant No. 49379, ingevolge artikel 43(1)(b) en 43(3)(a) en (b) van die Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteitswet, 2004 (Wet No. 10 van 2004) aangekondig.

‘n Kopie van die Staatskoerant is beskikbaar hier.

Lewer kommentaar op konsepbeleid oor intensiewe teel van leeus

Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing het einde September in ʼn kennisgewing in die Staatskoerant die publiek versoek om kommentaar te lewer op die voorgestelde beleid wat ʼn beperking sal plaas op die registrasie van nuwe fasiliteite vir die aanhou en teel van leeus. Die konsepbeleid is hier beskikbaar. Stuur kommentaar na die bestuurder bewaring, Lizanne Nel by lizanne@sahunt.co.za teen 20 Oktober 2023 of direk aan lionprohibition@dffe.gov.za teen 29 Oktober 2023.

Neem veral kennis dat die Minister in haar persverklaring hier, steun op die definisie van dierewelstand (animal well-being) wat nou skielik van kardinale belang is. Hierdie definisie vereis dat enige bestuursbesluite oor wildlewe onder andere die holistiese omstandighede van ’n dier in ag moet neem. Dit sluit in aspekte wat bevorderlik is vir fisiese, fisiologiese en geestelike gesondheid en lewenskwaliteit, insluitend die vermoë van die dier om die omgewing te hanteer. Die publiek is geensins geraadpleeg oor die definisie wat die Departement gebruik om na diere se geestelike gesondheid te verwys nie. SA Jagters het in ons kommentaar op verskeie beleidsprosesse, asook deur die Wildlife Forum, sy misnoeë uitgespreek oor die gebruik van hierdie definisie van dierewelstand, asook oor die gebrek aan openbare konsultasie in die verband. SA Jagters se vertoë is hier beskikbaar. 

SA Jagters se standpunt oor intensiewe teel van predatore is hier beskikbaar

Help ons groei

Hoe meer lede SA Jagters het, hoe sterker is die Vereniging se bedingingsmag om die toekoms van jag-, vuurwapeneienaarskap en die bewaring van ons natuurerfenis te verseker. Ons is die enigste vereniging wat ‘n voltydse span kundiges het om lede se belange op alle vlakke en op alle terreine te verdedig. Ons belê in jou toekoms. Nooi jou vriende en kennisse om by die Vereniging aan te sluit. Dis die regte ding om te doen.

Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is beskikbaar hier.

Takke wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort is, oortuig om te betaal, ontvang ook die bostaande kommissie. Meer inligting hieroor is reeds aan Takvoorsitters gestuur.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan ʼn verskeidenheid handelaars verskaf. Aansoekvorms is hier of by Dorothy Els by dorothy@sahunt.co.za

Dooierus II - bestel betyds

Bestel nou Dooierus II en Dooierus boeke voor 31 Oktober

DOOIERUS II, deur Herman Jonker, volg op die gewilde DOOIERUS, wat in 2015 vrygestel is en vinnig uitverkoop het. 

Die DOOIERUS II  bundel bevat weereens 77 uitgesoekte rubrieke wat tot ’n breë gehoor spreek. Die skrywer stel sy visier om die beurt op groenes, owerhede, wildboere en eie geledere. Heilige koeie spring nie die slagmes vry nie, jagters se eienaardighede en ego’s ook nie. Daar word egter eerder gekorswil tussen die staaltjies en kwinkslae deur, as swaar debat gevoer.

Lede het die geleentheid om ’n kopie van DOOIERUS II vooruit te bestel, asook DOOIERUS wat herdruk word. Dit sal die perfekte Kersgeskenk maak vir enige jagter!

Geen betaling is nou nodig nie, vul slegs jou details nou in. Ons sal jou kontak met betaling- en afleweringbesonderhede.

Bestellings sluit op 31 Oktober 2023! As jy teen hierdie datum bestel en betaal teen 7 November 2023 sal jy jou boeke voor die einde van November 2023 ontvang.

Plaas bestellings voor 31 Oktober 2023 hier

Presidente-reeks messe

Die eerste reeks van slegs 25 genommerde messe in hierdie reeks na die keuse van Oom Nic van der Merwe is reeds gemaak en is beskikbaar vir bestelling. Lede wat die mes bestel kan kies tussen ʼn hef uit kameeldoringhout of ivoor.

Oom Nic van der Merwe is ʼn Karoo-kind uit Britstown, en ʼn legende in die jag- en skietgeledere wat diep spore getrap het in die georganiseerde jagsektor sedert die vroeë tagtigs. By SA Jagters, het hy ʼn besondere bydrae gelewer tot o.a. sportskietontwikkeling en vuurwapenopleiding, ontwikkeling van opleiding vir toegewyde jagters, opstel van handleidings en reëls vir trofeemeet, en onderhandelinge rondom vuurwapenwetgewing. Hy is o.a. twee keer deur SA Jagters vereer met die hoogste toekennings, die Pour le Merite. Oom Nic se impak op die jagbedryf in Suid-Afrika is onmeetbaar groot.

Lees meer oor Oom Nic in die gedenkboek.

Betaal R2500 in SA Jagters se bankrekening met EFT.

Die rekening is

Bank: Absa
Rekeningnommer: 01443990077
Takkode: 632005
Verwysiging: Lidnommer en Nicmes

Stuur die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Ons kleurryke geskiedenis

Kliek om meer te lees oor George Hoppert

Vind meer uit oor die merkwaardige pioniers van Suid-Afrika se jaggeskiedenis en die totstandkoming van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging in die SA Jagters Gedenkboek. Dit werp ʼn waardevolle blik op die geskiedenis van jag in Suid-Afrika en hoe die vereniging ontwikkel het tot wat dit vandag is.

Beperkte kopieë van hierdie stuk erfenis is steeds beskikbaar teen R300 (plus koerierkoste).

Betaal R300 in SA Jagters se bankrekening met EFT.

Die rekening is

Bank: Absa
Rekeningnommer: 01443990077
Takkode: 632005
Verwysiging: Lidnommer en Boek

Stuur die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Wildsvleisresepte

Wie sê nee vir ‘n watertand-wildvleisgereg?

Beslis nie SA Jagters se lede nie. Hulle weet wat is goeie vleis, veral as jy dit self gejag het.

Johann Ungerer van die Pretoria-Oos-tak is ‘n man wat sy plek in die kombuis ken – voor die stoof! Hy is natuurlike ewe tuis en uiters bekwaam in die jagveld agter sy roer om die beste vleis in die wêreld huis toe te neem en vir sy gesin voor te sit. Johann deel drie van sy gunsteling wildvleisresepte: Lewerkoekies, Roerbraai en Carpaccio. As jy kan lees, kan jy kosmaak. Jou mond sal só water net om dit te lees!

Lees Johann se resepte hier op nuwe Wildsvleis Resepte bladsy

Freddy Hirsch-produkte

Johann Ungerer wen die eerste geskenkpak van Freddy Hirsch, die Oom Freddy’s Legacy Box. Baie geluk Johann, dit is spoedig op pad na jou toe.

Die Freddy Hirsch Group het vir ons ‘n paar geskenkpakke/hampers geborg om uit te deel gedurende die tydperk van die wêreldbeker rugby. As jy eerder gouer as later jou resep inskryf, staan jy ‘n kans om een van hierdie Oom Freddy’s Legacy Box-se te wen. Die Freddy Hirsch Group ondersteun SA Jagters en die Springbokke. Besoek gerus hulle webwerf.

Freddy Hirsch stel ʼn spesiale speserymengsel bekend, The Hunters Collection Box wat al die geurmiddels sal insluit wat jy vir wildsvleis en biltong mag nodig kry. Dit sal betyds beskikbaar wees vir feestyd-aankope teen ʼn afslagprys vir lede. Hou die kommersiële aanbiedinge en sosiale media bladsye dop!

Amateur Fotografiekompetisie

Die sluitingsdatum vir die 2023 Fotografiekompetisie is uitgestel tot 30 November 2023. Die nasionale skietkompetisies vind plaas gedurende Oktober en ons hoop dat lede wat dit bywoon, die kans benut om hulle foto’s van die geleentheid vir Die Skietbaan kategorie (DSLR/ML/Smart) in te skryf. Lede kan ook nog inskryf vir die ander kategorieë. Die kwota vir die jaar bly onveranderd: 60 foto’s oor Fauna en Flora en 60 foto’s altesaam vir Takaktiwiteite en Bewaring, Die Skietbaan, Die Jagveld en Mentorskap.

Gaan kyk gerus na al die inskrywings in die 2023-album hier wat ons reeds vir dié jaar ontvang het.

Die kategorie vir Fauna en Flora DSLR/spieëlloos lok altyd die meeste inskrywings en sorg vir strawwe kompetisie. Die ander kategorieë is minder gewild, maar bied volop geleenthede aan lede om mee te ding vir die kategoriewenner van die jaar. Lees die fotokompetisie se volledige reëls hier.

Die fotografie-balkies wat wenners kan bestel as erkenning vir die foto’s wat toekennings ontvang het, word hersien, en sal eers in November beskikbaar wees. Nuwe sertifikate is reeds op lede se profiel op die stelsel. Laai dit af of bestel dit van die nasionale kantoor.

Kontak Marette by sahuntphoto@gmail.com vir enige navrae.

Fotografieklub

Die fotografieklub se ledetal neem toe. Lede kry die geleentheid om hulle foto’s op ʼn vriendelike platform te deel. Nooi gerus vriende, familie en kollegas uit wat dieselfde waardes deel as SA Jagters, om ook by die groep aan te sluit.

Die September/Oktober foto-uitdaging #benut, bied weereens ʼn wye interpretasie vir fotokeuses. Lede het reeds pragtige foto’s met die groep gedeel. Lees die reëls hier.

Van tyd tot tyd bied die fotografieklub ’n mini-foto-uitdaging net vir die genot om ʼn foto te deel. Tydens erfenismaand en renosterdag in Oktober, was #renosters die onderwerp van ons mini-foto-uitdaging. Kyk gerus hier na al die renoster foto’s wat lede gedeel het.

Kontak Marette by sahuntphoto@gmail.com vir enige navrae.

SA Jagters-winkel

Koop 'n geskenkbewys hier

SA Jagters se aanlyn winkel is vir drie maande operasioneel met groot sukses. Betalingsopsies sluit EFT en kredietkaarte in. Wapens en ammunisie kan per koerier afgelewer word. Kontak ons vir ‘n kwotasie.

Die SA Jagters-winkel bied ‘n groot verskeidenheid produkte van vooraanstaande vervaardigers in die jag- en skietbedryf. Die aanlyn winkel bied klante ‘n een-stop koopervaring en winskope op gewilde produkte.

Besoek ons aanlynwinkel vir vuurwapens, ammunisie, herlaaitoerusting, optika en bykomstighede. Lede kwalifiseer vir ‘n 10% afslag. Klik hier om te koop.

Al hierdie aanbiedinge is ook beskikbaar by die SA Jagters-winkel by Inyathipark, Derdepoort, Pretoria. Ons sien daarna uit om lede in ons winkel te verwelkom.

Feestyd datums: Die SA Jagters-winkel sluit op 20 Desember om 16:00 om klante kans te gee om tot kort voor Kersfees nog inkopies te doen.

Die aanlyn winkel sal slegs tot 17 Desember bestellings aanvaar

Beide die SA Jagters-winkel en die aanlyn winkel open weer op 8 Januarie 2024 saam met die nasionale kantoor.

Kontak ons vir meer inligting by +27 12-808-9399 of 066-231-8185 of shop@sahunt.co.za

Produk van die maand

Spesiale aanbod vir 'n beperkte tydperk

Sabatti se taktiese slotaksiegeweer is ongeëwenaard in kwaliteit en werkverrigting. Met ‘n lang tradisie van 400 jaar in vuurwapenvervaardiging, verseker Sabatti vakmanskap, presisie en duursaamheid in een uitsonderlike pakket om jou skietervaring te verbeter.

Kommersiële aanbiedings vir lede

Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks ​​in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.

Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.

Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.

Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.

Kontak Marette Bennett

sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Kyk rugby saam met Hennie le Roux

Hierdie opwindende en eksklusiewe aanbod aan SA Jagters-lede word moontlik gemaak deur oud-Springbok Hennie Le Roux, 1995 Rugby Wêreldbeker-speler en Crown River Safari.

Promosiekode: SAH/10

Meer inligting hier beskikbaar op die kommersiële sake bladsy

‘n Ekstra vlakvark is by hierdie pakket gevoeg!

Craftbraai bied lede 10% afslag

The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

StediLens bied lede 10% afslag

A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

A Line Tours Pty Ltd bied lede 10% afslag

A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.

Kontak:

Francois Annadale by 071 932 6125

vir ‘n kwotasie

(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Tyremart Hatfield bied lede 'n extra 3% afslag

Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield

Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets

Om ‘n afspraak te maak, kontak:

Johan by 082 564 8222

of Lourens by 072 591 0926

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Hoe verkies jy om die maandelikse nuusbrief te ontvang: E-pos of WhatsApp?

error: Content is protected !!