(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)

Januarie 2024

6 Februarie 2024

Geagte kollega

Dit is reeds die einde van die eerste maand van ’n nuwe jaar. Na ’n somervakansie en Kersfees het 2024 vinnig spoed opgetel. Goeie reën oor groot dele van die land het dit in ’n lowergroen landskap omskep, maar daar is nog gebiede wat droog is.

Vanjaar sal sekerlik sy eie uitdagings oplewer, maar daar is baie om voor dankbaar te wees. Geniet hierdie eerste nuusbrief van die nuwe jaar. Ek vertrou dit sal julle help om voor te berei vir ʼn jaar van lekker skiet, jag en ander aktiwiteite.

Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

Kontak met Raadslede

Ter wille van goeie kommunikasie met Takke, Streke en Lede het die Raad die verantwoordelikheid vir kontak vir streke aan individuele Raadslede toegeken. Die spesifieke indeling is soos volg:

Basie Bergh (Kalahari Bosveld, KZN, Mpumalanga Noord, Noordkaap)

Danie Momberg (Gauteng Noord, Gauteng Suidoos, Gauteng Suidwes)

Richard Sowry (Limpopo)

Frik Roets (Vrystaat, Mpumalanga Suid, Vaalrivier, Stellaland)

Gerhan Archer (Weskaap, Ooskaap Kus, Drakensberg Ooskaap, Noordkaap)

Raadslede sal poog om minstens by een geleentheid per jaar in die Streek uit te kom en sal ook probeer om minstens een Streekskietgeleentheid per streek by te woon deur die loop van die jaar.

SA Jagters word 75 Jaar Oud

SA Jagters en Wildbewaringsvereniging of dan SA Jagters soos ons algemeen bekend staan is vanjaar 75 jaar jonk. Die Vereniging is gestig op 1 Oktober 1949 in die Koffiehuis in die Pretoriase Dieretuin.

Om hierdie geleentheid te herdenk het die Raad besluit om ‘n spesiale briefhoof te skep wat net in 2024 gebruik sal word. Dan is daar ook ‘n spesiale logo wat gebruik kan word wanneer borduurwerk en ander meer algemene drukwerk gedoen kan word

SA Jagters sal teen die einde van volgende week die 75 jaar Gedenklogo’s vir gebruik op briefhoofde en ook die digitale weergawe vir gebruik met borduurwerk gereed hê vir gebruik. Takke wat van hierdie logo’s wil gebruik maak moet asseblief na die einde van volgende week skakel met Dorothy Els by SA Jagters se kantoor om die nodige toestemming en elektroniese voorbeelde te kry.

Buffeljagkompetisie 2023

Verlede jaar se buffeljagkompetisie wat einde November 2023 plaasgevind het, was ongetwyfeld ’n reuse sukses. Die gelukkige wenner, Henk Becker en sy jagmaat Grant Anderson, het die voorreg gehad om nie net ’n buffel, waterbok en rietbok wat deel was van die prys te jag nie, maar ook ander diere as deel van die konsessie se gemeenskapskwota. Lees gerus die volledige artikel van die jagters se ervaring in die Maart/April-uitgawe van SA JAGTER/HUNTER (Die SA JAGTER November/Desember is steeds op die rakke).

Ons beplan ’n soortgelyke kompetisie vir 2024. Hou die nuusbrief en ons sosialemediaplatform dop vir meer inligting hieroor.

Die Vuurwapenbedryf Verloor ‘n Groet Gees

John Welch, ‘n legende in die vuurwapengemeenskap, is op 9 Januarie oorlede. Hy sal onthou word vir sy kundigheid, vriendelike geaardheid en geesdrif. Hy laat beslis ʼn leemte.

Lees die artikel hier

HuntEx 2024 is om die draai

HuntEx vind vanjaar van 26 – 28 April by die Gallagher Uitstalsentrum in Midrand plaas. Dit is steeds
die grootste vertoonvenster en bymekaarkomplek vir jagters, wapenliefhebbers en
buitelugentoesiaste in die suidelike halfrond. Dricus du Plessis het gedink HuntEx2023 was die beste
ooit. Kyk wat sê Dricus oor HuntEx .

Soos gewoonlik, sal SA Jagters ‘n sterk teenwoordigheid by die skou hê waar lede hulle lidmaatskap
kan hernu, aktiwiteite kan aanteken of sommer net kom kennis maak met die personeel. Teken
hierdie datums aan en koop jou kaartjies aanlyn. Moenie dit misloop nie!

Koop kaartjies

Borgskap vir die SA Jagters Presidentskietkompetisie

SA Jagters het geslaag daarin om vroeg in die jaar reeds ‘n borgskap te bekom vir die Presidentskietkompetisie.

Baie dankie aan Eksekuteurs vir Boedels en Testamente vir die borgskap vir die SA Jagters Presidentskietkompetisie, bestaande uit kleiner borgskappe vir ‘n geselekteerde reeks van 7 Streeksietbyeenkomste, sowel as ‘n volle borgskap vir die Nasionale Presidentskietkompetisie op 17 Augustus 2024.

Verhouding met die Jaggeweerskietvereniging

Die verhouding tussen SA Jagters en die Jaggeweerskietvereniging keer terug na normaal. Heelparty van ons lede neem deel aan hul gewilde skietkompetisies. Die twee verenigings het tydens gesprekke onderneem om mekaar se skietgeleenthede aan hulle lede bekend te stel.

Kyk gerus na die Jaggeweerskietvereniging se skietkalender hier, neem deel en geniet die geleentheid.

Kleredrag

Na afloop van SA Jagters se Kongres in November 2023, het die Raad besin oor gepaste kleredrag vir die kongresafgevaardigdes. Daar is besluit dat verteenwoordigers van die lede van SA Jagters deurgaans ’n goeie indruk behoort te skep ten opsigte van hulle optrede en hulle kleredrag.

Dit is so dat mense tydens die warm somermaande gemakliker en koeler wil aantrek, maar om die kongres in ’n kortbroek, T-hemp en plakkies by te woon waar ons in die openbaar beweeg, is onvanpas. Derhalwe versoek die Raad ons lede om by geleenthede waar hulle SA Jagters verteenwoordig, die volgende standaard te hou ten opsigte van kleredrag.

Drag vir afgevaardigdes en ontvangers van toekennings, netjies informeel

  • Mans – Langbroek, netjiese skoene, oopknoophemp (takhemde word aanvaar)
  • Vroue – Knielengte of langer romp of rok, langbroek en bloes met netjiese sandale of skoene.

Drag vir raadslede en bestuurders

  • Mans – Langbroek, wit boordjiehemp, SA Jagters-das en groen baadjie.
  • Vroue – Knielengte of langer rok of romp, langbroek en bloes met netjiese sandale of skoene.

Kalahari-Jagkompetisie

Wen ’n jag ter waarde van R100 000 vir jou en drie jagmaats in die Kalahari se rooiduine van 22-26 Mei 2024! Die wenner en sy/haar drie metgeselle kan elkeen een gemsbokbul en vier springbokramme jag. Jagters kan al die vleis huis toe neem. Die prys sluit verblyf, brandstof, kos en drank, asook die dag-, bakkie- en slagtariewe in. Elke jagter kry ook ʼn geskenkpak.

Dit is verspot maklik om in te skryf. Koop ʼn kaartjie teen R100 vir een kans om die gelukkige trekking te wen. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings nie. Hoe meer kaartjies jy koop, hoe groter is jou kans om te wen.

  • Koop jou kaartjie aanlyn op Quicket hier
  • Óf betaal veelvoude van R100 in SA Jagters se bankrekening by: Absa (632005), Rekeningnr. 1443990077 (of 01443990077)

Gebruik KAL en jou selfoonnommer as verwysing.

Sluitingsdatum: 3 Mei 2024

Trekkingdatum: 8 Mei 2024

Jagdatum: 22-26 Mei 2024

Koop soveel kaartjies as wat jy wil! Jy hoef nie by die trekking te wees nie. Ons bel jou as jy wen!

Vuurwapenlisensie-hulplyn

Vir die vuurwapenlisensie-hulplyn, opleiding en sertifiseringadministrasie, kontak Hilona, Angelique of Petrus. Vir navrae oor opleiding, sportskiet en bevoegdheid kontak Liesel.

  • SA Jagters ondersteun sy lede om aan die wettige vereistes te voldoen om ‘n vuurwapen te besit en te gebruik.
  • Die vereniging verteenwoordig lede se belange op relevante nasionale forums en in regsprosesse met betrekking tot wettige vuurwapenbesit.
  • SA Jagters se vuurwapenhulplyn het toegewyde personeel wat lede se navrae beantwoord oor vuurwapenverwante sake soos lisensie-aansoeke, bevoegdheidsertifikate, en endossemente wat hulle saam met hul lisensie-aansoeke moet indien.
  • ‘n Geïntegreerde aanlyn ledeadministrasiestelsel bied lede maklike toegang om hul inligting aangaande vuurwapens, ammunisie, jag, en sportskiettellings onder hul persoonlike profiel op die stelsel te stoor.

Toegewyde Status 2024

Die aktiwiteitsjaar loop vanaf 1 November tot 31 Oktober van die volgende jaar. Lede word aangemoedig om hulle aktiwiteitsverslae op datum te hou.

  • bywoning van amptelike aktiwiteite van SA Jagters
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister teken
  • voltooide jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan HuntEx-skou
  • amptelike skietgeleentheid van SA Jagters
  • skietgeleentheid by ‘n ander geakkrediteerde sportskietvereniging
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan teken
  • private skietoefening of sosiale skietgeleentheid waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan voltooi
  • diensbeurt as baanoffisier
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan die HuntEx-skou

Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.

President en Intertak Spanskiet

SA Jagters se skietseisoen het pas afgeskop met die eerste van meer as 170 streekskietkompetisies wat vir 2024 geskeduleer is. Baie dankie aan die gasheertakke wat hierdie skietkompetisies aanbied. Sterkte aan die skuts! Ons wens julle ʼn voorspoedige skietseisoen toe.

Vir die President- en Intertak Spanskietkompetisies is die Rooiribbok-teiken reeds in 2022 en 2023 bekendgestel as alternatief vir die Springbok-teiken by streekskietkompetisies. Vanjaar brei ons die gebruik daarvan op streekvlak uit na die nasionale President- en Intertak Spanskietkompetisies wat in Augustus plaasvind – kliek hier vir skietreëls daarvoor hier ingesluit. Die gebruik om die Blouwildebees- en Sebra-teikens vir die bosveld skietoefening by die nasionale skietkompetisies af te wissel, is nou ook van toepassing by die Springbok- en Rooiribbok-teikens vir die vlakte skietoefening. Ons sal later bekend in die jaar aankondig watter een waar gebruik word.

Haelgeweerskiet

SA Jagters het die kategorieë vir deelname aan haelgeweerskiet uitgebrei sodat meer vroue, juniors en ouer skuts in afsonderlike klasse op ’n gelyke voet kan deelneem. Die nuwe kategorieë sluit in junior dames, veterane dames, superveterane dames, meester mans en meester dames. Lees die Volledige reëls vir haelgeweerskiet hier.

SA Jagters het ook die formaat van die haelgeweer streekskietgeleenthede vir kompetisies gestandaardiseer. Lees meer hieroor in die Streek en Nasionale skietkompetisies hier. Takke wat geleenthede vir haelgeweerskiet op streekvlak aanbied moet asb. kennis neem van die veranderinge in die formaat.

Geakkrediteerde Jagpakkette 2024

SA Jagters se geakkrediteerde jagpakkette wat lede vir lede aanbied, is nou al redelik bekend. Bedrog met jagbesprekings kom algemeen voor. Talle voornemende jagters het verlede jaar onder slenters deurgeloop soos wat berigte op sosialemediaplatforms kan getuig.

Daarom het SA Jagters besluit om die geakkrediteerde jagbestemmingsprojek te loods om beide die belange van die jagter en die eienaars van jagbestemmings te beskerm.

Opbetaalde lede wat eienaars is van jagbestemmings met beskikbare en jagbare wild, kan met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za in verbinding tree vir meer inligting oor ons jagbestemmingsprojek. SA Jagters bemark hierdie jaggeleenthede aan ons lede met groot sukses.

SA Jagters se Benadering tot Bewaring

Vir bewaringspogings om werklik volhoubaar te wees, moet dit omgewings-/ekologies volhoubaar, ekonomies doeltreffend en sosiaal verantwoordelik wees. Kyk gerus na hierdie kort dokumentêre video oor die benadering van SA Jagters tot bewaring.

Amateur Fotografiekompetisie

Die 2023 Fotografie-kompetisie het besondere goeie foto’s gelewer. Dankie aan elke lid wat die moeite gedoen het om deel te neem. Ons het net meer as 650 inskrywings ontvang waarvan 450 foto’s sertifikate in platinum, goud, silwer en brons verdien het.

Baie geluk aan Pierre van der Berg (Pretoria-Oos-tak) wat aangewys is as SA Jagters se Fotograaf van die Jaar. Pierre het gedurende die jaar 10 silwer, 55 goud en 5 platinum toekennings verwerf. Inderdaad ‘n merkwaardige prestasie.

Die wenfoto van die jaar was geneem deur Koos Marais (Pretoria-Oos-tak). Baie geluk met hierdie prestasie.

Baie geluk aan die kategorie-wenners as volg:

  • Fauna en flora DSLR/ML Koos van der Merwe (Pretoria-Oos-tak)
  • Fauna en flora Slimfoon/tablet: Boetie Kirchner (Griekwaland Wes-tak)
  • Die Skietbaan: Tyronne Cass (Mopani-tak)
  • Die Jagveld: Boetie Kirchner (Griekwaland Wes-tak)

 

Pretoria-Oos-tak se lede het die meeste inskrywings in 2023 ingestuur, baie dankie vir julle entoesiasme en deelname.

Vir 2024 is ʼn nuwe kategorie bygevoeg, nl. Buffels. Die nasionale kantoor is ons altyd op soek na buffelfoto’s, veral van die Dagga-boys en buffeltroppe.

Vir 2024, het ons die proses vir die instuur van foto’s vir die kompetisies vereenvoudig. Lede stuur eenmalig vir Marette een foto met al die nodige besonderhede per e-pos. Sy stuur dan instruksies en ʼn skakel na ’n persoonlike One Drive (cloud) lêer waarin deelnemers die foto’s kan oplaai. Foto’s moet groter as 2 MB wees, maar daar is geen beperking op die maksimum grootte van die foto nie.

Die reëls, bepalings en voorwaardes is aangepas, maak seker om dit te gaan lees.

Kontak Marette vir enige navrae.

Fotografieklub op Facebook

Die tema vir die November tot Januarie foto-uitdaging was #kontras en wat ’n wye interpretasie van foto’s gebied het. Soos gebruiklik, stem die groep se lede vir die wenfoto en die wenner was Rachelle van Niekerk. Rachelle wen ‘n boekrpys gebrog deur SA Jagters.

Die groep se lede kon ook deel in twee mini-fotouitdagings #blommedag en #sebradag wat net vir die pret gehou is.

Die volgende tema vir die Februarie/Maart foto-uitdaging is #water. Kry al die besonderhede hier.

Nooi gerus die lede in jou tak, vriende en familie uit om by die groep aan te sluit. Dit is ’n gesellige interaktiewe groep waar lede voorstelle en kommentaar kan instuur.

Kontak Marette vir enige navrae.

Wildsvleisresepte

ʼn Mens is sekerlik nooit te jonk om te leer hoe om jou eie kos voor te berei nie. As jy boonop jou eie bestanddele kan vind, is dit voorwaar die eerlikste maaltyd wat ʼn mens kan voorsit. Vra maar vir Killian Kirchner. Hy deel sy gunsteling wildsvleisresep met ons: hamburgers.

Gaan na die nuwe wildsvleisrespte bladsy

Indien jy jag of die gesinslid is van iemand wat jag, het jy verseker ‘n gunstelingresep waarvoor jy bekend kan word. Jy kan die eerste SA Jagters wildsvleis-sjef wees. Hierdie is ‘n langtermyn projek met die doel om ons lede as ‘n gemeenskap betrokke te kry.

Ons beplan ‘n toegewyde afdeling op die webwerf en op Facebook om lede se talent in die bos of kombuis te deel. Stuur jou resep saam met ‘n kort agtergrondstorie (bv. was dit jou ouma se resep), foto van jou en jou gereg, die bestanddele en voorbereidingsmetode in. Enige resep is welkom, solank dit wildsvleis bevat. Stuur dit na boetiek@sahunt.co.za of marette@sahunt.co.za

Freddy Hirsch

Die Freddy Hirsch Group het vir ons ‘n paar geskenkpakke/hampers geborg om uit te deel aan ons lede. As jy eerder gouer as later jou resep inskryf, staan jy ‘n kans om een van hierdie pakke te wen.

Die Freddy Hirsch Group is trotse ondersteuner van SA Jagters. Besoek gerus hulle webwerf.

SA Jagters-winkel

Die SA Jagters-winkel het ‘n groot verskeidenheid produkte van vooraanstaande vervaardigers in die jag- en skietbedryf.

Die aanlyn winkel bied een-stop-inkope aan lede en klante. Kyk gerus rond vir wonderlike aanbiedinge op gewilde items. Besoek die aanlyn winkel vir vuurwapens, ammunisie, herlaaitoerusting, teleskope en bykomstighede. Lede kwalifiseer vir 10%-afslag. Kliek hier en laai jou trollie.

Al ons spesiale aanbiedinge is beskikbaar in die SA Jagters-winkel by Inyathipark, Derdepoort, Pretoria. Ons sien uit daarna om lede in ons winkel te verwelkom.

Kontak ons vir meer inligting by +27 12-808-9399 of 066-231-8185 of shop@sahunt.co.za

Koop geskenkbewyse hier

Die SA Jagters-winkel sal die geskenkbewys met e-pos stuur of in ‘n geskenkpakkie by die ontvanger laat aflewer.

Aflewerings is gratis vir geskenkbewyse ter waarde van R500 of meer!

Kommersiële aanbiedings vir lede

Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks ​​in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.

Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.

Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.

Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.

Kontak Marette Bennett

sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Craftbraai bied lede 10%-afslag

The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

StediLens bied lede 10%-afslag

A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Peter’s Guide Books bied lede 10%-afslag

  • Detailed maps and GPS co-ordinates of all points of interest.
  • English, Afrikaans, German and Latin names of trees, animals and birds.
  • Meaning of place names.
  • Instant identification of trees, geological formations and historical connections.
  • Interesting facts and photos of animals and common birds.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

A Line Tours Pty Ltd bied lede 10%-afslag

A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Kontak:

Francois Annandale by 071 932 6125

vir ‘n kwotasie

(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)

Tyremart Hatfield bied lede 'n ekstra 3%-afslag

Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield

Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets

Om ‘n afspraak te maak, kontak:

Johan by 082 564 8222

of Lourens by 072 591 0926

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Stuur vir ons jou kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

Foto: Koos Marias - Goud
error: Content is protected !!