INYATHIPARK NUUS

about

(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)

Nuusbrief November 2024

2 Desember 2024

Geagte kollega

Hierdie is die laaste nuusbrief wat ek aan u rig. Na 18 jaar se werk, aanvanklik as raadslid, daarna vir die laaste tien jaar as HUB tree ek op 29 November uit diens van SA Jagters. Ek bedank elke lid wat my verdra en verduur het, maar ook vir die geleentheid om myself uit te leef in hierdie taak. Ek het die werk gedoen grootliks omdat dit vir my lekker was. Ek vertrou dat lede van SA Jagters waarde en voordeel getrek het uit dít wat ek vir die Vereniging gedoen het.

Karien en ek verhuis Maandag 2 Desember na Nelspruit en gaan ons besig hou met die dinge waarvoor ons lief is en wat vir ons saak maak. Familie en vriende, die natuur en omgewing, reis deur ons pragtige land en dan ons kleinseun wat baie naby woon.

Ek wil hierdie geleentheid benut om lede te bedank vir hulle ondersteuning van die afgelope 18 jaar. Ek glo dat ons almal net die beste belang van ons Vereniging op die hart dra en tot voordeel van ons lede werk. Baie dankie aan die Raad van SA Jagters vir hulle samewerking om lede se belange te dien.

Laastens bedank ek die personeel van SA Jagters wat elkeen ʼn unieke rol vervul om as ʼn span die beste moontlike diens aan lede lewer.

U is welkom om my te bel en wanneer u Nelspruit besoek, kom maak gerus ʼn draai

Groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

Nasionale kantoor sluit op 13 Desember

SA Jagters is ʼn werkgewer net soos alle ander werkgewers en is verplig om verlof toe te staan aan ons personeel. Omdat Desember ʼn stil tyd is by die Vereniging omdat min besigheid gedoen word, neem personeel hulle verlof in dié tyd. SA Jagters se nasionale kantoor sluit op 13 Desember 2024 en heropen op 8 Januarie 2025. Die SA Jagters-winkel sluit 20 Desember 2024 en heropen op 8 Januarie 2025.

Die SA Jagters-winkel sluit eers later sodat lede laat kersfeesaankope kan doen.

Gelukkige Trekking Buffeljag 2025

Kliek om te vergroot

SA Jagters se Buffeljagkompetisie vir 2025 is by die Kongres op 2 November 2024 bekendgestel. Hierdie buffeljag sal van 9 tot 18 April 2025 langs die Kavangorivier plaasvind.

  • Retoervlugte van OR Tambo tot Kasane in Botswa
  • Padvervoer van Kasane na die jaggebied
  • Jag van buffelbul, blouwildebeesbul en Chapman se Sebra in Bolerwa gemeenskapsbewarea aangebied deur Ndumo Safari’s
  • Alle verblyf, etes en verversings vir 7 jagdae
  • Twee nagte verblyf in Caprivi River Lodge (etes en drinkgoed uitgesluit)
  • Een dag voëlkyk of visvang op die Kavangorivier
  • Dip en verpak van trofeë en vervoer na Windhoek deur Erongo Taksidermie
  • Versending van trofeë na RSA deur Yellow Shark Logistics
  • Skouermontering van buffel deur Custos Taksidermie
  • Sluitingsdatum: 28 Maart 2025
  • Trekkingdatum: 1 April 2025
  • Jag vind plaas: 8 tot 17 April 2025

Koop kaartjies hier op Quicket

of

Betaal veelvoude van R100 in SA Jagters se bankrekening by:

  • Absa (632005) Rekeningnr: 01443990077 of 1443990077 (sommige banke gebruik nie die ‘0’ nie)
  • Verwysing: Buffel en selfoonnommer
  1. Die beoordelaars se beslissing is finaal, en geen briefwisseling sal gevoer word nie.
  2. Die prys of enige deel daarvan mag nie vir kontant omgeruil word nie.
  3. Die prys of enige deel daarvan is nie oordraagbaar na ‘n ander persoon nie.
  4. Die pryswenner en sy/haar metgesel moet voldoen aan alle toepaslike gesondheidsprotokolle vir die bestemming.
  5. Indien gesondheidsregulasies of enige ander rede die wennerse reis na die land van bestemming verhoed, mag die beoordelaars besluit om dit na die volgende jaar oor te dra.
  6. Die pryswenner en sy/haar metgesel moet kwalifiseer vir en in staat wees om visums te bekom om na die land waar die jagbestemming is te reis.
  7. Die pryswenner en sy/haar metgesel is verplig om vrywaringsvorms te onderteken voordat hulle die prys opeis.
  8. ʼn Beroepsjagter of jagoperateur sal die diere wat gejag mag word identifiseer en uitwys. Geen ander diere mag gejag word nie. Jagbare diere van die betrokke spesies sal hoofsaaklik ouer diere wees wat nie meer reproduseer nie. Daar is geen waarborg van die grootte van trofeediere wat gejag word nie.
  9. Deelnemers moet geldige paspoorte hê met voldoende oop bladsye teen die datum wanneer die trekking vir die prys plaasvind. Die paspoort moet minstens nog ses maande geldig wees ná die laaste datum van die jag. Paspoorte moet geldig wees tot einde Oktober 2025.
  10. Slegs persone 16 jaar en ouer mag aan die kompetisie deelneem.
  11. Deelnemers aan hierdie kompetisie gee outomaties toestemming om in die toekoms bemarkingsmateriaal van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, SA Jagter/Hunter-tydskrif via SMS en/of e-pos en/of WhatsApp te ontvang.
  12. Indien daar teen die sluitingsdatum nie genoeg kaartjies verkoop word nie, mag die organiseerders die prys vervang.
  13. Die wenner en sy/haar metgesel verleen toestemming dat SA Jagter/Hunter-tydskrif en die SAJWV-nuusbrief hul name publiseer en dat die organiseerders foto’s, video’s en inligting oor die jag na hul diskresie mag gebruik.
  14. Die wenner en sy/haar metgesel moet bereid wees om hulle jagervaring te deel vir ʼn artikel wat SA Jagters na goeddunke mag publiseer, versprei of verkoop.
  15. Die wenner en metgesel is verantwoordelik om die korrekte reisdokumente gereed te hê, en toe te sien dat mediese sertifikate, paspoorte, visums en volledige geboortesertifikate geldig is en voldoen aan die vereistes van die land waarheen hulle reis.
  16. Weens gereelde veranderinge in die vereistes by grensposte word reisigers aangeraai om die toepaslike ambassade kontak vir die jongste akkurate inligting.
  17. Deelnemers en hul metgeselle moet voorsiening maak vir omvattende reisversekering om enige onvoorsiene omstandighede te dek.
  18. Sodra vlugte bespreek is, word geen naamsveranderinge toegelaat nie.
  19. Ingeboekte bagasie op ALLE roetes is beperk tot 21 kg.
  20. Vlugte moet bevestig word.
  21. Verblyf: Sobbe Community Conservancy. Besoek https://huntingsafaris.net/sobbe-conservancy/ vir meer inligting.

Hierdie lotery is by die Nasionale Loterykommissie geregistreer: NLC NO: 00303/11

Presidente-reeks messe

Kliek om te vergroot

Die tweede en derde reeks messe is uitverkoop.

Die vierde reeks messe sal in Januarie 2025 bekend gestel word.

SA Jagters 75-jaar Gedenkitems

Die winkel het verskeie 75 jaar gedenk items beskikbaar wat lede kan bestel:

Porselein koffiebeker R80, gholf/skietbaan handdoekie swart R90, geborduurde pet in grys, ligblou en lig khaki R110, gedrukte pet vloot blou R60, yskasmagneet R35, aluminium waterbottel R240.

Bestel hier in die aanlyn winkel.

Toegewyde Status Verslae 2025

Kliek om te vergroot

Vir hulp of meer inligting, skakel Petrus, Hilona of Angelique by 012-808-9300 of stuur ‘n e-pos na dedicated@sahunt.co.za of firearmsupport@sahunt.co.za of na die personeel Petrus Swart, Hilona, Angelique.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af
  • bywoning van amptelike aktiwiteite van SA Jagters
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister teken
  • voltooide jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan HuntEx-skou
  • amptelike skietgeleentheid van SA Jagters
  • skietgeleentheid by ‘n ander geakkrediteerde sportskietvereniging
  • georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan teken
  • private skietoefening of sosiale skietgeleentheid waar skuts ʼn bywoningsregister by die skietbaan voltooi
  • diensbeurt as baanoffisier
  • herlaai-aktiwiteit vir lede wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek aan die HuntEx-skou

Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.

Vuurwapenlisensie-hulplyn

Die wettige besit van vuurwapens is een van SA Jagters se hoof fokus areas. Die Vereniging bied ‘n omvattende ondersteuningsdiens aan sy lede om te verseker dat hulle altyd binne die beperkinge van die vuurwapenwet optree, het sy hulle jagters of sportskuts is. SA Jagters het ‘n toegewyde vuurwapenhulplyn om lede se vrae te beantwoord en te help met opleidingsvereistes; aansoeke vir bevoegdheidsertifikate, vuurwapenlisensies, hernuwings en endossemente; bergingspermitte; en tydelike invoer-/uitvoerpermitte.

Besoek die Aansoekproses vir Vuurwapenlisensies vir al die inligting wat jy mag nodig kry oor wettige vuurwapeneienaarskap.

Vir hulp of meer inligting, skakel met Petrus Swart of die personeel by die Vuurwapenhulplyn Hilona, Angelique.

Vir navrae oor opleiding, sportskiet en bevoegdheid kontak Liesel.

Gewysigde skietreёls en die streek- en nasionale skietprogram

Die nasionale skietkomitee het tydens die skietberaad op 20 en 21 September 2024 wysigings aan die skietreёls goedgekeur wat op 1 Januarie 2025 in werking sal tree. Die gewysigde skietreёls en die streek- en nasionale skietprogram vir 2025 sal binnekort per e-pos aan die betrokkenes gestuur word.

Noord-Kaap Jaglisensies

Die Noord-Kaap het die proses om aansoek te doen vir ʼn jag- en hengellisensie effens verander. Die aansoeke word slegs elektronies gedoen. Kliek hier om elektronies aansoek te doen. Stuur bewys van betaling aan DAERLlicences@daerl.co.za met die jag-/hengellisensie se reeksnommer as verwysing.

Jagregulasies vir Mpumalanga

Mpumalanga se hersiene jagregulasies vir 2025 is publiseer en is hier beskikbaar. Ons vestig lede se aandag op die datums vir die “oop” jagseisoen vir sekere spesies en lede kan hulle jaggeleenthede dienooreenkomstig beplan. Kliek hier.

SA se mees bedreigde landelike voëlspesie

Die Vaalrivierlewerik is ’n klein bruin voëltjie wat waarskynlik in die kategorie val van vaalbontjies (LBJ) maar hierdie spesie, wat endemies is aan Suid-Afrika, staan op die rand van uitwissing. Met slegs sowat 340 van hierdie voëltjies oor in die grasvelde van Mpumalanga se platorand, het dié spesie al die hulp nodig wat hulle kan kry. SA Jagters se voëlliefhebbers het nou die kans om ’n kunsprojek – Small Art for Botha’s Lark – te ondersteun wat fokus op die bewaring van hierdie voëltjie.

Lees hier hoe jy kan help!

Fotokrediet: William Stephens - Wikipedia

SA Jagters-winkel

Ons strewe daarna om deurgaans uitstekende diens te lewer. Ons gereelde klante weet dat die SA Jagters-winkel ʼn groot verskeidenheid produkte in voorraad het, maar ons probeer ons bes om aan spesiale versoeke vir ander items te voldoen.

Lede kan ook wapenaankope oor 6 maande afbetaal sonder rente met gratis berging terwyl hulle vir vuurwapenlisensies aansoek doen.

Maak gerus ʼn draai by die SA Jagters-winkel by Inyathipark in Derdepoort, Pretoria. Ons winkel is weekdae oop tussen 08:00 en 16:30.

SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL

Tel: 012-808-9300/9340/9399

Sel/Cell: 066-032-5533

E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za

Onthou ons geskenkbewyse is die perfekte verrassing hierdie Kersfees!

Swart November spesiale aanbiedinge vir die hele Desember

Die Swart Vrydag spesiale aanbiedinge is tot einde Desember beskikbaar solank as wat ons voorraad het.

Soek jy nog na idees vir kersgeskenke? Besoek gerus die SA Jagters-winkel se webblad vir spesiale aanbiedinge.

Die SA Jagters-winkel sluit om 12:00 op Vrydag 20 Desember 2024. Ons kan geskenkbewyse met e-pos stuur.

Kliek hier vir die aanlyn winkel of besoek ons by Inyathipark, Derdepoort, Pretoria.

Baie dankie vir elke klant se ondersteuning gedurende 2024. Ons sien daarna uit om in 2025 weer net die beste en vriendelikste diens aan ons lede te lewer.

Ons wens vir elkeen ʼn veilige en geseënde feestyd toe.

Wildsvleisresepte

Beproefde wildsvleis en kampvuurdisse

Bederf jouself of ʼn vriend met Leoné de Lange se bygewerkte resepteboek, Wildsvleis en Kampvuurdisse 2, en verfyn jou kookvernuf vir watertandwildsvleisgeregte. ʼn Spesiale prys van tot 40% afslag net vir lede is van toepassing tot 31 Desember.

Bestellings kan hier geplaas word.

Amateur Fotografiekompetisie

Foto: ©Jan de Man - kliek om te vergroot

Die 2024 Fotografiekompetisie sluit 31 Desember 2024. Stuur U inskrywings betyds in. Marette sal beskikbaar wees indien U hulp nodig het.

Kontak Marette vir enige navrae.

Kyk gerus na die foto’s in verskillende kategorieë wat reeds in 2024 toekennings ontvang het.

Fotografieklub op Facebook

Foto: ©Dirk Swanepoel - kliek om te vergroot
Die nuwe foto-uitdaging is: My beste nuwe foto #nuut. Deel net julle beste en mees besondere nuwe natuur- en buitelewe foto’s wat jy nog nie voorheen in enige van die foto-uitdagings gedeel het nie.
 
Die foto-uitdaging duur van vandag tot 31 Januarie 2025 wat lede genoeg tyd gee om deur hul vakansiefoto’s te snuffel vir ’n geskikte foto vir hierdie uitdaging.

Nooi gerus die lede in jou tak, vriende en familie uit om by die groep aan te sluit. Dit is ’n gesellige interaktiewe groep waar lede voorstelle en kommentaar kan instuur.

Kontak Marette vir enige navrae.

Jonsson Workwear-aanbod

Kliek om te vergroot

Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.

Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.

  • Hierdie aanbod is slegs van toepassing vir persoonlike gebruik. ʼn Onderneming se besonderhede mag nie op die faktuur verskyn nie, slegs dié van SA Jagters. Die rekeningnommer vir hierdie aanbod is: SAHU004
  • Lede mag nie hulle ledekaart vir vriende of familie leen om van hierdie aanbod gebruik te maak nie. Bewys van lidmaatskap en ID moet met elk aankoop getoon word.
  • Lede kan hulle ledekaartjies op die SA Jagter App kry.

Vind ‘n winkel naby jou hier.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Magnum Safes bied 5% aflag vir lede

Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters

Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.

Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

ASI bied 10% afslag aan lede

Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag

Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Kommersiële aanbiedings vir lede

Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks ​​in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.

Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.

Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.

Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.

Kontak Marette Bennett

sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Craftbraai bied lede 10%-afslag

The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

StediLens bied lede 10%-afslag

A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Peter’s Guide Books bied lede 10%-afslag

  • Detailed maps and GPS co-ordinates of all points of interest.
  • English, Afrikaans, German and Latin names of trees, animals and birds.
  • Meaning of place names.
  • Instant identification of trees, geological formations and historical connections.
  • Interesting facts and photos of animals and common birds.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

A Line Tours Pty Ltd bied lede 10%-afslag

A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.

Kontak:

Francois Annandale by 071 932 6125

vir ‘n kwotasie

(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Tyremart Hatfield bied lede 'n ekstra 3%-afslag

Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield

Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets

Om ‘n afspraak te maak, kontak:

Johan by 082 564 8222

of Lourens by 072 591 0926

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

error: Content is protected !!