INYATHIPARK NUUS

about

KONGRES 2025

Die Raad het besluit dat beide die NTVF en Kongres 2025 virtueel aangebied sal word.
Die NTVF vind plaas op 7 November 2025 en die Kongres op Saterdag, 8 November 2025.

Presidente-reeks messe

Gedenkmes – Andre van Dyk

In die vyfde reeks messe van Andre van Dyk is daar ’n keuse tussen ʼn hef van ivoor of kameeldoring hout. Lees meer hier.

Plaas ʼn bestelling deur middel van ʼn elektroniese bankoorplasing van R2 500 plus koerier in SA Jagters se bankrekening by Absa. Die rekeningnommer is 01443990077. Gebruik jou lidnommer en Andremes as verwysing.

SA Jagters-winkel

Skenking van Jaggewere

As medejagter verstaan ons die emosionele waarde wat ’n jaggeweer kan hê. Dit is nie sommer net ʼn stuk gereedskap nie. Dit is deel van ’n leeftyd se herinneringe, lesse en tradisie wat van een geslag na die volgende oorgedra word. ʼn Geweer vertel ʼn storie – JOU storie!

Dit is so dat daar in ʼn jagter se lewe ʼn tyd mag aanbreek wanneer hy/sy die volgende vraag moet beantwoord: Wat moet ek met my gewere doen wanneer ek geen familie of erfgename het wat daarin belangstel nie?

Om hierdie moeilike vraag te beantwoord, nooi ons jou uit om die volgende moontlikhede te oorweeg om daardie geliefde vuurwapen op ʼn betekenisvolle en blywende wyse te laat voortbestaan en vir die volgende gebruiker ʼn verskil kan maak.

Verkoop aan die SA Jagters-winkel

Verkoop jou vuurwapen aan die SA Jagters-winkel teen ʼn billike, markverwante prys sodat dit ʼn tweede lewe vind in die hande van ander verantwoordelike jagter wat dit sal koester.

Skenk u gewere aan ons winkel

Skenk jou geweer aan ons winkel as deel van ons spesiale program wat aan jong jagters wat nie ʼn geweer kan bekostig nie, die geleentheid bied om aansoek te doen vir ʼn geskenkte geweer. Jou bydrae kan ʼn jong jagter se droom verwesenlik.

Ondersteun opleiding en bewaring

SA Jagters kan geskenkte wapens verkoop en die opbrengs gebruik om jong skuts op te lei, jeugskietprogramme te ondersteun of bewaring te bevorder sodat ons ons passie vir die jagveld lewendig te hou.

Waarom skenk?

Bou voort aan ons tradisie

Die geweer wat jy skenk, word dalk ’n jong jagter se eerste stap na ʼn reis van verantwoordelike en etiese jag.

Help die minderbevoorregte jong jagter

Nie elke jong jagter kan dit bekostig om ’n goeie geweer te koop nie. Jou skenking kan ʼn groot verskil maak vir ʼn jong persoon om die jagtradisie te betree.

Bevorder veiligheid en verantwoordelikheid

Alle geskenkte gewere sal wettig en verantwoordelik hanteer en oorgedra word om te verseker dit bly in veilige hande.

Laat ’n blywende nalatenskap

Ongeag watter een van bogenoemde keuses vir jou aanvaarbaar is om jou jaggeweer ʼn tweede lewe te gee – hetsy ondersteuning van ons jeugprogram, opleiding of bewaring – sal dit ʼn groot bydrae lewer om te verseker dat ons jagtradisie behoue bly.

Indien jy ʼn geweer het wat jy nie meer gebruik nie of aan iemand wil bemaak nie, bespreek gerus die alternatiewe opsies met ons. Ons respekteer jou keuse en hanteer elke situasie met diskresie.

Rig enige navrae oor die skenkingsproses, verwante regsaspekte, en hoe jou bydrae aangewend sal word. Jou geweer kan steeds ’n waardevolle rol speel in die toekoms van jag in Suid-Afrika.

Baie dankie dat u hierdie moontlikheid oorweeg om die jagtradisie voort te sit en jag toeganklik te hou.

SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL

Tel: 012-808-9300/9340/9399

Sel/Cell: 066-032-5533

E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za

Toegewyde Status Verslae 2025

TOEGEWYDE JAGTER OF SPORTSKUT STATUS VIR 2025

Ons herinner lede met toegewyde status om teen 31 Oktober hul aktiwiteite te registreer om toegewyde status te behou. Daar is tans 13 004 toegewyde jagters waaronder 3 893 se aktiwiteite vir 2025 nie op datum is nie terwyl 4 861 van 11 797 toegewyde sportskuts nog nie voldoende aktiwiteite vir 2025 aangemeld het nie.

Om toegewyde jagter status te handhaaf, kan jagters enige twee van die volgende jagverwante aktiwiteite per jaar bywoon en aanmeld:

  • enige jagtog
  • bywoning van enige amptelike aktiwiteite van SA Jagters bv. takvergaderings, tak-skietdae of enige ander amptelike skietaktiwiteit wat SA Jagters aanbied (bywoning van amptelike SA Jagters aktiwiteite word deur middel van die takke se tablet vir jou op rekord geplaas. Jy moet net jou lidnommer intik.)
  • Enige ander georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn baanregister teken. Dit sluit enige private skietoefening of sosiale skietgeleentheid by enige nie-geakkrediteerde vereniging, skietklub, skietbaan of enige ander skietgeleentheid waar skuts ʼn skietbaanregister voltooi “shooting event, range register completed”
  • Enige ander private of nie-amptelike skietoefening op ʼn skietbaan wat nie ʼn baanregister byhou nie bv. ʼn vriend se plaas (shooting event, informal)
  • Voltooiing van ʼn jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • Een herlaai aktiwiteit vir skuts wat self ammunisie herlaai
  • ʼn Besoek aan die jaarlikse Huntex-skou


Toegewyde sportskuts kan enige drie van die volgende aktiwiteite vir die jaar bywoon en rapporteer om toegewyde sportskutstatus op datum te hou: 

  • Enige amptelike skietgeleentheid van SA Jagters by enige tak (lid se eie tak of as besoeker by ʼn ander tak), streek of nasionale skietgeleentheid (bywoning word deur middel van die takke se tablet op rekord geplaas word)
  • Enige skietgeleentheid by enige ander geakkrediteerde sportskietvereniging bv. SAPSA, Clay Target, SAPRF, Bisley.
  • Enige ander georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn baanregister teken. Dit sluit enige private skietoefening of sosiale skietgeleentheid by enige nie-geakkrediteerde vereniging, skietklub, skietbaan of enige ander skietgeleentheid waar skuts ʼn skietbaanregister voltooi (shooting event, range register completed)
  • Enige ander private of nie-amptelike skietoefening op ʼn skietbaan waar daar nie ʼn register is nie bv. ʼn vriend se plaas (shooting event, informal)
  • Een diensbeurt as baanoffisier
  • Een herlaai aktiwiteit vir skuts wat self ammunisie herlaai
  • ʼn Besoek aan die jaarlikse Huntex-skou


Lede kan hul aktiwiteite op hul persoonlike profiel in die lede-administrasiestelsel op die webwerf registreer of dit met SA Jagters se selfoon App invoer. Dit bly lede se verantwoordelikheid om hul aktiwiteite op datum te hou.

Lede wat vir enige rede nie aktiwiteite vir die jaar kan rapporteer nie, kan SA Jagters se nasionale kantoor skakel vir hulp.

Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.

Kliek om te vergroot
Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Versoek toegewyde status aansoekvorm hier

Weet jy wanneer jou vuurwapenlisensie verval?

SA Jagters herinner jou voortydig wanneer jou vuurwapenlisensie verval sodat jy betyds vir hernuwing kan aansoek doen. Om ʼn kennisgewing te ontvang, laai al jou vuurwapenlisensies se besonderhede op jou persoonlike profiel op die lede-administrasiestelsel.

Kliek hier om te registreer. Ons moedig lede aan om hierdie fasiliteit te gebruik omdat dit jou baie ergernis en frustrasies kan bespaar.

Amateur Fotografiekompetisie

Foto: Amii Smit

Die 2025 Fotografiekompetisie sluit 31 Desember 2025.

Kontak Dorothy vir enige navrae.

Kyk gerus na die foto’s in verskillende kategorieë wat reeds in 2024 toekennings ontvang het.

Fotografieklub op Facebook

Foto: Christa Heymans
Die nuwe foto uitdaging is: My beste, nuwe foto #new. Deel jou beste en mees spesiaalste nuwe natuur en buitelug foto’s wat nog nie in vorige foto uitdagings gedeel is nie.

Nooi gerus die lede in jou tak, vriende en familie uit om by die groep aan te sluit.  Dit is ‘n gesellige interaktiewe groep waar lede voorstelle en kommentaar kan instuur.

Kontak vir Dorothy vir enige navrae.

Bewaringshoogtepunte

SA Jagters werk saam aan oplossings vir olifantbewaring en -bestuur deur aan die Nasionale Olifant-erfenisstrategie en Nasionale Olifant-Indaba deel te neem. Ons steun ʼn ekostelselbenadering wat habitat, klimaat, biodiversiteit en gemeenskappe insluit en nie net fokus op olifantgetalle nie. Sleutelaanbevelings sluit in groter outonomie vir grondeienaars, hersiening van beperkende norme en standaarde, en meer seggenskap van die gemeenskap. Die aanvanklike verslag sluit ons aanbevelings in en maak onder andere voorsiening vir aanpasbare bestuursmeganismes en beheermaatreëls wat uitdunning en jag insluit.

Jonsson Workwear-aanbod

Kliek om vergroot

Sniper-aanbod

Kliek om te vergroot

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

error: Content is protected !!