VERBETER GROEPERINGS EN HERLAAI
Modules 1 tot 3 is noodsaaklik omdat dit alle aspekte hanteer wat nodig is om goeie groeperings te skiet. Hierdie 3 modules oorvleuel en ondersteun mekaar. Ons beveel sterk aan dat lede al drie modules doen.
Die vierde module is meer gevorderd en geskik vir diegene met meer ervaring van herlaai en ladingontwikkeling.
Module 1: Diensbaarheid van ʼn geweer om goeie werkverrigting en akkuraatheid te verseker.
Module 2: Die volledige herlaaiproses word bespreek.
Module 3: Ladingontwikkeling met Gordons Reloading Tool (GRT), ʼn gratis rekenaarprogram.
Module 4: Gevorderde ladingontwikkeling met GRT.
Aanbiedingsformaat: Fisiese bywoning OF Aanlyn
Sien die aangehegte skakels vir vraelys, en volledige kursus beskrywing.
Klik hier vir die vraelys
Klik hier om na die video te kyk.
Klik hier vir die omvattende kursus beskrywing
Ek kondig graag ʼn aantal veranderings in die bestuurstruktuur van SA Jagters aan..
André van der Merwe se aftrede in November 2025, het die pos van Bestuurder: Tak-, Lede- en Streeksake vakant gelaat. Die Raad het na deeglike oorweging besluit om die verantwoordelikhede van hierdie pos by Boetie Kirchner in te deel. Boetie bestuur dus Jagsake sowel as Tak-, Lede- en Streeksake. Rig gerus alle navrae in die verband aan Boetie by 082-770-9378 of boetiek@sahunt.co.za
André van der Merwe het ook sekere skietdissiplines bestuur. Andries Fourie is intussen aangestel as Assistent: Skietsake en sal al SA Jagters se skietdissiplines en verwante aangeleenthede onder leiding van Nic Roets hanteer. Rig navrae aan Andries by 071-604-1825 of andries@sahunt.co.za
Nic Roets is direk verantwoordelik vir die internasionale en informele skietaangeleenthede en oorhoofs verantwoordelik vir die skietportefeulje. Nic se kontakbesonderhede is 082-809-9018 en nic@sahunt.co.za
Oorsig oor bek-en-klouseer
Deur Boetie Kirchner
Wat is bek-en-klouseer?
Bek-en-klouseer is ʼn hoogs aansteeklike en soms noodlottige virussiekte wat by spleethoewige diere voorkom. Die siekte kom wêreldwyd voor en hou ʼn ernstige bedreiging in vir diereproduksie. Al is baie lande reeds vir etlike jare bek-en-klouseer-vry is, bly dit steeds ʼn groot bron van kommer. Streng biosekuriteitsmaatreëls is noodsaaklik om uitbrekings te voorkom.
Mense is normaalweg nie vatbaar vir die bek-en-klouseer-virus nie en dit moet nie verwar word met “hand- voet- en mondsiekte” wat wel by mense voorkom nie.
Simptome
Tipiese simptome van bek-en-klouseer sluit in ʼn hoë koors, asook sere en of blasies in die bek wat oormatige slymerige speekselafskeiding veroorsaak. Sere en blase kan ook tussen die kloue voorkom; dit bars dikwels oop en lei tot kruppelheid.
Diere verloor hulle eetlus as gevolg van die pynlike sere in die bek en kondisie neem vinnig af. By melkbeeste is daar ook ʼn skerp afname in melkproduksie. Alhoewel sekere spesies – veral wildspesies – meer weerstandig is en nie altyd simptome toon nie, kan die virus steeds in die dier voortleef en ander diere besmet.
Hoewel die meeste diere uiteindelik van bek-en-klouseer herstel, kan dit inflammasie van die hartspier veroorsaak en in ernstige gevalle tot vrektes lei, veral by jong en verswakte diere. Sommige besmette diere toon geen sigbare simptome nie maar kan steeds die siekte oordra.
Beheermaatreëls
Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het ʼn NASIONALE NOODPLAN aangekondig om die uitbreek van bek-en-klouseer in die BEK-vrye sone te beheer – klik hier.
Hierdie noodplan beoog om strategieë te voorsien vir die inperking, beheer en uitwissing van ’n uitbreking van bek-en-klouseer (BEK) in die gebied wat ingevolge Tabel 1 van die Dieresiekteregulasies R2026 van 1986 as die BEK-vrye sone sonder inenting wetlik afgebaken is. Dit verskaf riglyne oor beste praktyk met betrekking tot die implementering van voorgeskrewe siektebeheermaatreëls. Indien daar ’n behoefte is om van die voorgeskrewe beheermaatreëls af te wyk, moet sodanige afwykings deur die toepaslike owerheid goedgekeur word.
In die stadium is ons ook bewus van ’n protokol in Limpopo wat die beweging van lewende hawe en wild na, vanaf en deur die provinsie reguleer klik hier. Die Noordwesprovinsie het op 14 Januarie ’n soortgelyke protokol uitgereik maar dit later weer teruggetrek.
Vir die nuutste opdatering van bek-en-klouseer (BEK ) siektegevalle in die Vrystaat klik hier.
Sover ons kennis strek, is daar tans geen beperking op die vervoer van wildsvleis nie, mits dit nie uit ʼn besmette gebied afkomstig is nie.
Voorkoming
Daar is verskeie eenvoudige metodes om die verspreiding van die virus te beperk. Lees gerus meer oor hoe jy as jagter en/of eienaar van ʼn jagbestemming die risiko kan verminder, klik hier.
Biosekuriteit
Die verantwoordelike en korrekte toepassing van biosekuriteitsmaatreëls speel ‘n sleutelrol in die voorkoming en verspreiding van die virus. Raadpleeg jou plaaslike veearts of staatveearts vir volledige riglyne oor maatreëls wat die beste in jou omgewing sal werk.
Takke van SA Jagters wat skietbane op veeplase bedryf, moet vooraf met die grondeienaar bevestig watter biosekuriteitsmaatreëls op die eiendom van toepassing is – klik hier.
Wees versigtig
SA Jagters doen ʼn dringende beroep op lede om nie die situasie onnodig te kompliseer deur ongeverifieerde inligting of gerugte oor bek-en-klouseer as feite te aanvaar en op sosiale media of mondelings te versprei nie. Doen vooraf deeglike navorsing oor die gebied waarin jy wil beplan om te jag en maak seker van die geldige feite en regulasies.
Geniet jul voorbereiding en die jag!
Onthou ons geskenkbewyse is die perfekte verrassing!
Ons strewe daarna om deurgaans uitstekende diens te lewer. Ons gereelde klante weet dat die SA Jagters-winkel ʼn groot verskeidenheid produkte in voorraad het, maar ons probeer ons bes om aan spesiale versoeke vir ander items te voldoen.
Lede kan ook wapenaankope oor 6 maande afbetaal sonder rente met gratis berging terwyl hulle vir vuurwapenlisensies aansoek doen.
Die SA Jagters-winkel wens al ons lede en klante ’n baie voorspoedige 2026 toe!
Ons het heelwat spesiale Valentyn-aanbiedinge vanaf 8 tot 14 Februarie 2026. Vir meer inligting oor hierdie en ander spesiale pryse hou gerus ons advertensies en aankondigings op die SA Jagters-winkel se sosialemediaplatforms dop!
Het jy geweet die SA Jagters-winkel:
Verantwoordelike jag is ’n noodsaaklike komponent van Suid-Afrika se biodiversiteitsekonomie. Dit genereer volhoubare finansiering vir bewaring, ondersteun die landelike ekonomie en dra by tot voedselsekerheid. Wetenskaplike bewyse toon dat jag wildbevolkings en habitatte help beskerm terwyl dit miljoene hektaar private grond help onderhou wat ’n sleutelrol speel in die beskerming van spesies en ekosisteme. Verantwoordelike jag ondersteun bewaringsdoelwitte, versterk die bio-ekonomie en hou beduidende sosio-ekonomiese voordele in.
Suid Afrika se voorstelle oor plant- en dierspesies aan CITES COP20 het gemengde resultate gelewer. Die goeie nuus is dat die bontebok verwyder is van Bylaag II en twee vetplantspesies is van Bylae II na Bylae I geskuif, terwyl die kameelperd se posisie egter onveranderd gebly het. Die suksesvolle bewaring van bontebok is die gevolg van samewerking binne die groter wild- en jagbedryf en die regering wat die beleidsraamwerk vir bewaring verskaf.
SA Jagters se bestuurders is deel van die nasionale loodtaakspan wat met ander bewaringsorganisasies, die regering en mediese kundiges saamwerk om ’n openbare webwerf te ontwikkel wat wetenskaplike feite oor die impak van lood op mense en die natuur verskaf. Tydens ’n besprekingsessie in die Laeveld onder jagters, boere, gidse en wildbestuurders is verantwoordelike karkasbestuur by die gebruik van loodgebaseerde ammunisie bespreek, asook die voordele om na loodvrye koeëls oor te skakel.
SA Jagters het tydens ’n multisektorale konsultasieproses in Noordwes die belangrikste uitdagings en prioriteite van die wildsektor met president Ramaphosa gedeel. Die fokus was op beleid, ekonomiese bydraes, handel en goeie regering, asook die belangrikheid van sinvolle openbare deelname in die formulering van wetgewing wat bewaring en volhoubare benutting raak.
Die bewaringstatus van die brulpadda (Pyxicephalus adspersus) is Least Concern wat beteken dat hul nie bedreig is nie. Vleilande en die spesies wat daarin voorkom is egter een van die mees bedreigde habitattipes. Dit is dus belangrik dat ons hierdie sensitiewe sisteme en hul spesies bewaar. Met die baie reën het brulpaddas weer hulle verskyning in die Heidelberg-omgewing gemaak. In die verlede is die paddas wat broei baie versteur. Lede van die Heidelberg-tak was in Desember 2025 baie bedrywig om te verseker dat die volgende generasie brulpaddas nie versteur of deur versamelaars weggedra word nie.
Verskeie takke was betrokke by die verskuiwing van swerms bye wat hulle in gebou se dakke tuisgemaak en mense ongemaklik laat voel het. Die swerms is met omgewingsvriendelike metodes na nuwe byekorwe oorgedra en na veilige habitatte verskuif. Die korwe word deurlopend gemoniteer.
SA Jagters het aan die Oos-Kaapse Volhoubaarheidsforum deelgeneem waar ons ‘n aanbieding gegee het oor die belangrike rol wat die wildbedryf speel in die bekamping van biodiversiteitsverlies en aanpassing vir klimaatsverandering. Lizanne, die bewaringsbestuurder, het verduidelik hoe die inkomste afkomstig uit die verantwoordelike benutting van wild direk teruggeploeg word in bewaring en rehabilitasie. Hierdie benadering verseker volhoubare finansiering vir inisiatiewe wat bydra tot ’n veerkragtiger toekoms vir mense en wildlewe.
Die positiewe terugvoer wat ons ontvang het, is ’n goeie aanduiding van die sterk steun vir die rol wat die private sektor, wildboere en jagters in bewaring speel. Dit was ook duidelik dat meer gedoen moet word om hierdie bydrae doeltreffender te kommunikeer en beter bekend te stel.
Die pas-vrygestelde boek iziNdlovu, deur die natuurbewaarder dr. Div de Villiers en joernalis Adrienne Carlisle, vertel die epiese ware verhaal van die berugte Ndlovu-renosterstropers en die span wat hulle uiteindelik tot ’n val gebring het. Dit is ’n niefiksiewerk wat die wreedheid van renosterstropery ontbloot en wys hoe stropers verskeie metodes gebruik, waaronder vuurwapens en die verdowingsmiddel M99. Dikwels kap hulle die horings van renosters af terwyl die diere nog leef. Die suksesvolle ondersoek, inhegtenisnemings, vervolging en die uitspraak teen die sogenaamde “Ndlovu-bende” word volledig bespreek.
Ons bewaringbestuurder, Lizanne Nel, het die boekbekendstelling bygewoon, en dr. De Villiers het ingestem om die boek teen ’n spesiale prys van R200 plus posgeld aan lede beskikbaar te stel (R60 met PEP en R110 met PostNet). Lede kan dr. De Villiers direk kontak by div.devilliers1@outlook.com of 082-417-0155, en hul SA Jagters-lidnommer verskaf om vir die afslag te kwalifiseer.
Normark Afrika en die SAJWV bied ʼn bankrus-tipe groeperingskietkompetisie aan vir randslag- en senterslaggewere. Hierdie kompetisie is oop vir SAJWV-lede en nie-lede.
Reëls
Elke kompetisie maak voorsiening vir vier kategorieë:
Inskrywings
Deelnemers mag in meer as een kategorie en kompetisie deelneem waarvan die beste telling in ag geneem word vir erkenning.
Medaljes
Medaljes in goud, silwer en brons vir die eerste drie posisies onderskeidelik.
Kompetisies
SAJWV is die gasheer vir hierdie kompetisies wat op takvlak aangebied word. Die wenners van goue medaljes in elke kategorie word genooi om aan die finale jaarlikse kompetisie deel te neem waar hulle teen die wenners van ander kompetisies onder dieselfde omstandighede in elke kategorie kan meeding.
Rig enige navrae aan Nic Roets by 012-808-9300 of nic@sahunt.co.za.
Huidige kompetisies
Daar is tans 30 kompetisies bespreek vir 2026, alhoewel nog 10 kompetisies beskikbaar is. Takke wat nog nie ‘n kompetisie bespreek het nie sal voorkeur geniet, waarna tweede kompetisies aan aansoeke toegeken sal word. Besprekings sluit 28/ Februarie 2026
Klik hier vir die Lapua inskrywing skakel op die webwerf onder LAPUA.
Google inskrywingsvorm skakel hier:
Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.
Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.
Vind ‘n winkel naby jou hier.
Die pas-vrygestelde boek iziNdlovu, deur die natuurbewaarder dr. Div de Villiers en joernalis Adrienne Carlisle, vertel die epiese ware verhaal van die berugte Ndlovu-renosterstropers en die span wat hulle uiteindelik tot ’n val gebring het. Dit is ’n niefiksiewerk wat die wreedheid van renosterstropery ontbloot en wys hoe stropers verskeie metodes gebruik, waaronder vuurwapens en die verdowingsmiddel M99. Dikwels kap hulle die horings van renosters af terwyl die diere nog leef. Die suksesvolle ondersoek, inhegtenisnemings, vervolging en die uitspraak teen die sogenaamde “Ndlovu-bende” word volledig bespreek.
Dr. De Villiers het ingestem om die boek teen ’n spesiale prys van R200 plus posgeld aan lede beskikbaar te stel (R60 met PEP en R110 met PostNet). Lede kan dr. De Villiers direk kontak by div.devilliers1@outlook.com of 082-417-0155, en hul SA Jagters-lidnommer verskaf om vir die afslag te kwalifiseer.
Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters
Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.
Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag
Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.
Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.
Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.
Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.
Kontak Marette Bennett
sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.
Kontak:
Francois Annandale by 071 932 6125
vir ‘n kwotasie
(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield
Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets
Om ‘n afspraak te maak, kontak:
Johan by 082 564 8222
of Lourens by 072 591 0926
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier