(Kliek op die onderwerp van jou keuse in die maklike navigasie menu)
SA Jagters se Vaaldriehoek-tak bied op 19 September weer hul gewild Girls with Guns-skietdag vir vroue by die Ballistic Beast-skietbaan op Parys aan. Dit is meer as net ’n skietdag: opwinding, uitdagings, kuier en nuwe vriendskappe is aan die orde van die dag!
Hierdie geleentheid bring vroue van alle ouderdomme en ervaringsvlakke byeen om die skietsport in ‘n veilige, ondersteunende en prettige omgewing te ervaar. Deelnemers kan hulle vaardighede toets op verskillende bane en in verskeie dissiplines, waaronder pistool, haelgeweer, .22, AR en langgeweer.
Daar is beslis iets vir almal: hetsy jy ‘n ervare skut is of vir die eerste keer ‘n vuurwapen hanteer. Benewens die skietaktiwiteite kan deelnemers uitsien na fantastiese pryse, verrassings, gesellige kuiergeleenthede en die kans om ander inspirerende vroue te ontmoet wat dieselfde passie deel.
Verskeie borge ondersteun die Girls with Guns-dag waaronder Wildman (Vanderbijlpark), Safari Outdoor (Krugersdorp), Bosrus (Pretoria), Zarco (Sasolburg), Veldt (Vanderbijlpark) en Ketty.co.za
Besoek gerus die borge se stalletjies gedurende die dag en kom meer te wete van hul produkte en aanbiedinge.
Moenie hierdie besonderse dag misloop nie. Bring jou vriendinne saam en kom geniet ‘n dag van skiet, lag, leer en kuier!
Dit is tyd om met die voorbereidings vir die 2026-Kongres te begin. Hierdie is die eerste van ’n reeks kennisgewings oor kongresaangeleenthede volgens die vereistes in SA Jagters se grondwet uiteengesit.
Die SA Jagters se 2026-Kongres word virtueel aangebied.
Datum van Kongres
Saterdag 7 November 2026 om 08:00.
Die sakelys en gepaardgaande dokumentasie sal 30 dae voor die Kongres gestuur word.
Die aantal afgevaardigdes per tak sal vroeg in September aan takvoorsitters gestuur word, wat sy/haar tak se afgevaardigdes teen 14 September by Dorothy Els moet registreer: dorothy@sahunt.co.za.
Maak kennis met Chere-Lee Vos, wat SA Jagters se nuus en bemarking op ons digitale mediaplatforms behartig. Chere-Lee het haar eie maatskappy en werk op ’n kontrakbasis vir SA Jagters. Haar fokus is om die handelsmerk se aanlyn teenwoordigheid vars, interessant en relevant te hou, en om die SA Jagters-gemeenskap verder te versterk. Het jy ’n idee, vraag of voorstel rakende digitale platforms? Bel Chere-Lee by 063-052-7253 of e-pos aan chereleevos1@gmail.com Sy hoor graag van jou!
Overberg-tak het op Woensdag 26 Augustus hul 20ste bestaansjaar by die Erinville Gholfklub in Somerset-Wes gevier.
Na ʼn hartlike ontvangs deur Justus Harms, streekkoördineerder van die Wes-Kaap, het lede ʼn nostalgiese reis meegemaak sedert die tak se bestaan vanaf ʼn sateliettak tot die stigting van die volwaardige Overberg-tak. Foto’s wat op twee groot skerms vertoon is, het die gaste herinner aan die harde werk, passie en ʼn volgehou ondersteuning wat die tak ook aan die omliggende gemeenskap gebied het. Gerhan Archer, SA Jagters se president, het die sowat 100 gaste toegespreek oor die vereniging se doen en late. Hy het almal bedank wat bygedra het tot die stigting en groei van die tak en vir hul toewyding tot die tak en die gemeenskap oor die afgelope 20 jaar.
Die Overberg-tak is veral bekend vir die enorme bydrae wat hulle ʼn klompie jare gelede aan die droogtegeteisterde gemeenskap van Sutherland gelewer het. Die tak het die mense in sy streek gemobiliseer om veevoer en ook kos vir die mense in nood in te samel wat met konvooie vragmotors na die boeregemeenskap van die Overberg aangery is.
ʼn Groot hoogtepunt van die geleentheid was die toekennings wat gemaak is aan Emile Visagie en Edwin Anderssen wat onderskeidelik al vir 52 en 45 jaar lede van die vereniging is. Dit is voorwaar ʼn mylpaal om op trots te wees.
Die verjaarsdagviering het deel uitgemaak van die tak se algemene jaarvergadering. Die afgelope jaar se hoogtepunte en toekomsplanne is met lede gedeel. Die huidige bestuur onder leiding van Jacques Supra is eenparig herverkies wat lede se vertroue in die leierskap bevestig. Boetie Kirchner, bestuurder jag-, tak- en ledesake het die toekennings gemaak aan lede vir hul prestasies op die skietbaan, en ook baanoffisiere wat pligsgetrou hul diensbeurte vir die jaar verrig het. Een van die vele hoogtepunte van die prysuitdeling was die toekenning van die wisseltrofee aan die toppresteerder onder die juniors wat vanjaar gesamentlik aan sibbe Evan en Annabel Mose oorhandig is.
Ons opregte dank aan Jacques Supra en die hele Overberg-tak vir sy onbaatsugtige toewyding oor die afgelope 20 jaar en die voorbeeld wat hulle aan almal stel, veral met hul uitreik-aksies na naburige gemeenskappe ten tye van nood.
The African Gamebird Research Education and Development Trust het na sy ontbinding in 2015, van sy waardevolle bates aan SA Jagters geskenk, waaronder ʼn aantal kartondose wat elke 48 voëlsketse bevat. (Sien meegaande foto’s). Slegs ʼn beperkte oplaag van hierdie sketse is destyds gedruk. SA Jagters stel nou hierdie besondere en unieke versameling beskikbaar teen R1 000 per houer van 48 sketse.
Belangstellendes kan navrae rig aan admin@sahunt.co.za
BUSHmag.com is SA Jagter– en Man Magnum-tydskrifte se splinternuwe webtuiste wat vanaf 1 September 2026 lewendig word. Hierdie webblad verenig twee van Suid-Afrika se invloedrykste jag- en vuurwapenpublikasies op ’n enkele digitale platform met groot ambisies: om die wêreld se voorste mediabestemming vir jag en vuurwapens te word.
Daar sal elke weeksdag nuwe stories wees om te lees. Hierdie stories sal alles wat vir jagters en skuts saak maak dek – van gevaarlike wild- en vlakwildjag, tot gewere en sportskiet, handwapens, ammunisie, voëljag, toerustingresensies, versamelaarstukke, bewaring, jagetiek, selfverdediging, internasionale jagstories en leefstyl.
SA Jagter en Man Magnum se tydskrifte sal ook digitaal op die platform beskikbaar wees.
Ons joernalistiek is gegrond in ware kundigheid deur ervare jagters, ballistiese kundiges, professionele jagters en natuurbewaarders. Dit is dieselfde geloofwaardige inhoud waarop SA Jagter en Man Magnum se lesers al dekades lank staatmaak.
Aan die begin is die teikenmark Suid-Afrika en Afrika, maar ons langtermyndoelwit is om lesers regoor die wêreld te bereik.
BUSHmag.com gaan aanklank vind by ’n boer in die Vrystaat, ’n professionele jagter in Tanzanië, ’n sportskuts in Texas en ’n natuurbewaarder in Londen. Teen 2030 sal ons Afrika se mees vertroude, data-gedrewe, multi-platform, jag-en-vuurwapenmedia-ekosisteem wees – ’n erkende gesag in die bedryf danksy gesindikeerde inhoud, ’n wêreldwye-gemeenskap en die beste buitelewejoernalistiek.
Suid-Afrikaanse jagters sal in 2027 meer geleenthede kry om in Botswana te jag, ná die onlangse ondertekening van ’n verstandhoudingsooreenkoms tussen SA Jagters en die Botswana Wildlife Producers Association.
Hierdie inisiatief spruit uit gesprekke wat SA Jagters se VP vir jagsake, Dave Hayter, met die Botswana-afvaardiging by die 2025 AWCGF in Zambië gevoer het. Die doel was om meer jaggeleenthede in Botswana beskikbaar te stel en sodoende by te dra tot die doeltreffende bestuur van wildpopulasies. Hoewel Botswana reeds ʼn gewilde jagbestemming vir beide trofee- en benuttingsjagters is, is dit volgens die Botswana-afvaardiging onvoldoende om wildgetalle doeltreffend te bestuur.
In Maart 2026, het SA Jagters se uitvoerende hoof, Basie Bergh, en Dave Hayter na Gaborone gereis om hierdie voorstel verder te ondersoek. Uit die gesprekke wat tydens die besoek gevoer is, het dit duidelik geblyk dat daar waardevolle geleenthede vir beide partye uit hierdie samewerking kan voortvloei.
Na verdere gesprekke en korrespondensie is ʼn verstandhoudingsooreenkoms (MOU) tussen die partye onderteken. Die ooreenkoms sal na verwagting vanaf 2027 nuwe jaggeleenthede in Botswana vir SA Jagters se lede beskikbaar stel.
Meer inligting oor hoe lede hierdie geleentheid kan benut, sal vroeg in 2027 beskikbaar wees.
Skryf in vir die gelukkige trekking in ons maandelikse WEN ʼn CANiK-kompetisie. Oor die afgelope twee jaar het altesaam 20 gelukkige deelnemers in die maandelikse kompetisie ʼn CANiK-vuurwapen gewen. Die wenner word om 09:00 op elke eerste Vrydag van die maand regstreeks op Facebook aangekondig.
Bosrus is SA Jagters se hoofborg vir die Nasionale MDS Kampioenskappe 2026. Klik hier.






Die Noordelike en Suidelike Intertak-spanskiet- en Presidentskietkampioenskappe is oor twee naweke in Augustus afgehandel. Riemland-tak het die noordelike kampioenskap op 14 en 15 Augustus op Danielsrus-skietbaan naby Bethlehem aangebied waar 35 spanne in die Intertak-spanskietkompetisie en 132 individuele skuts vir die Presidentskietkompetisie meegeding het.
Grysbok-tak was die gasheer vir die Suidelike Intertak-spanskiet- en Presidentskietkampioenskap, op 21 en 22 Augustus 2026 by die Bilson-skietbaan naby Humansdorp. Dertien spanne het in die Intertak-spanskietkompetisie en 52 individuele skuts in die Presidentskietbyeenkoms deelgeneem.






Lees die nuutse bewaringsnuus hier.
Ons herinner lede dat daar slegs twee maande oor is tot 31 Oktober 2026 om aktiwiteite te registreer om toegewyde jagter- en/of sportskutstatus vir 2026 te handhaaf.
SA Jagters het 12 625 lede met toegewyde jagterstatus, waarvan 7 902 lede se aktiwiteite reeds op datum is vir 2026. Dit beteken 4 723 toegewyde jagters se aktiwiteite is uitstaande.
Daar is 11 581 lede met toegewyde sportskutstatus waarvan 5 934 se aktiwiteite reeds op datum is vir 2026, met 5 647 toegewyde sportskuts wat nog nie voldoende aktiwiteite het om hulle status te behou nie.
Teken jou aktiwiteite op jou persoonlike profiel in die lede-administrasiestelsel op ons webwerf aan.
OF laai SA Jagters se App op jou selfoon af om jou aktiwiteite op jou foon aan te teken.
Lede is verantwoordelik om aktiwiteite op die stelsel op te laai om hulle status op datum te hou. Ons benodig slegs die datum en die plek waar jy deelgeneem het. Dis nie nodig om teikens of ander bewyse te lewer nie.
Lede wat vir enige rede nie genoegsame aktiwiteite vir die jaar kan rapporteer nie, kan ons by die kantoor bel vir hulp.
Lees die volgende inligting op die nuwe webwerf:
Die SA Jagters-winkel het gedurende Augustus weer Vrouemaand gevier deur aan elke vroueklant ʼn pienk pet saam met hulle aankope gegee. Dié pienk pet was egter só gewild dat dit nou te koop is teen R80 per pet.
Die SA Jagters-winkel is ook op Saterdae oop van 09:00 tot 13:00. Bring gerus die gesin saam. Daar is baie plek vir kinders om te speel, fietse te ry of net in die rustige omgewing van Inyathipark te ontspan. Dit raak lekker bedrywig en daar heers ʼn gesellige atmosfeer.
Sluit by ons WhatsAapp-kanaal vir die jongste nuus oor spesiale aanbiedinge en nuwe produkte.
Die SA Jagters-winkel bedank ons lede en klante vir hulle ondersteuning. Kom maak ʼn draai en geniet ʼn heerlike koppie koffie saam met ons.
Hierdie maand se spesiale aanbod is die Sabatti 470 Nitro Express teen R180 000.00 (BTW ingesluit). Rig navrae aan shop@sahunt.co.za
Nuwe aanbiedinge en voorraad word daagliks op ons aanlyn winkel aangebring. Besoek ons gereeld vir die jongste toevoegings. Die webwerf bied die keuse om net beskikbare voorraad te sien, maar maak gerus kontak vir navrae oor produkte wat tydelik uit voorraad is. Ons probeer ons bes om dit in die hande te kry.
Met die onlangse padblokkades wat op die N1 net Noord van Pretoria plaasgevind het, het verskeie jagters hul onkunde rondom die vereiste vervoerpermitte beklemtoon en is verskeie vlakvarkkarkasse gekonfiskeer en vernietig.
SA Jagters is ingevolge die Wet op Dieresiektes (Wet No 35 van 1984) deur die Direkteur van Dieregesondheid gemagtig om permitte vir die vervoer van vlakvark- en bosvarkkarkasse vir eie gebruik uit te reik. Só ʼn permit is ʼn vereiste by die vervoer van wildevarkvleis of karkasse vervoer deur of vanaf Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Noordwes, of gedeeltes van KwaZulu/Natal.
Hierdie fasiliteit is gratis beskikbaar aan enige opbetaalde lid van SA Jagters wat ʼn grondeienaar is wat wildevarke op sy/haar eiendom het. Dit verg net twee eenvoudige stappe om ʼn plaas te registreer voordat die grondeienaar permitte mag uitreik. Al wat nodig is om magtiging in hierdie aanlynproses te kry, is internettoegang, ʼn rekenaar en ʼn drukker.
Klik hier vir die stappe om u plaas te registreer.
Jag- en hengellisensies in die Noord-Kaap is sedert 1 Augustus 2026 digitaal beskikbaar wat dit baie vinniger en makliker maak om jou lisensie te bekom. Die proses is ook selfoonvriendelik.
Vir tegniese ondersteuning, bel 082 335 7713 of e-pos paulsedavid@gmail.com
Die jag- en wildbedryf se jarelange bydrae tot bewaring en volgehoue pogings om wild en natuurlike hulpbronne te beskerm het ‘n stewige grondslag geskep vir die Minister van Bosbou, Vissery en die Omgewing om op 31 Augustus die kwota vir die jag van CITES-gelyste spesies te publiseer.
Hierdie benadering plaas bewaring eerste en help om natuurlike habitatte doeltreffend te beskerm en die voortbestaan van spesies te verseker. Omdat hierdie bewaringsmodel reeds suksesvol gevestig is, kan verantwoordelike en volhoubare benutting binne ’n goedbestuurde raamwerk plaasvind.
Die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) ondersteun hierdie benadering te volle, aangesien die inkomste uit die kwotas uiteindelik ook die landelike ekonomie stimuleer, veral in gemeenskappe waar hierdie spesies floreer danksy bewaring. Vir ʼn afskrif van die Staatskoerant (Klik Hier)
Wildsvleisgeregte vir smulpape
Wildsvleis wat reg verwerk en voorberei word, is van die smaaklikste geregte wat ’n mens kan geniet. Wie kan immers ’n sappige snit Karoowild weerstaan? In hierdie boek neem Annatjie, ’n huishoudkundige getoë in die Karoo, en Lynne jou op ’n ware wildsreis met praktiese wenke en beproefde metodes vir die verwerking, gaarmaak en vries van wildsvleis.
Die hoofstukke is volgens vleissnitte ingedeel, met watertand-resepte wat jou wys hoe om die beste uit elke snit te haal – van geroosterde steakblokkies met knoffelsous en biltonghappies tot ’n ontbeende wildsbladrol, gerookte wors, Karookerrie, bobotie en lewerkoekies. Natuurlik kan ons nie almal se gunsteling vergeet nie, wildspastei! Die boek bring al die klassieke treffers bymekaar, elkeen met ’n geurige kinkel.
Hierdie boek verdien ’n staanplek in elke kombuis. Knoop jou voorskoot vas en beïndruk jou gesin en gaste met wildsgeregte uit die boonste rakke.
Kontak Lynne Minnaar om die boek te bestel en ‘n goeie afslag te ontvang.
“Anderkant die Afrika Horison” is ‘n boek wat handel oor die memoires van ‘n Afrika professionele jagter. Dit is ‘n samestelling van verhale gebaseer op ware gebeurtenisse – geen fiksie! Die boek is nie ‘n “skoot-vir-skoot” kommentaar van moedige of onverskrokke heldedade nie, maar eerder ‘n beskeie weergawe van dit wat die ware jagter onderskei van die menigte. Die verhale onthul die ware gees wat in ‘n jagter teenwoordig is. Dit ontbloot wat in sy hart aangaan – dit waaroor hy baie selde sal praat, of sou erken. SA Jagterslede kry ‘n spesiale aanbieding vir die boek.
Kontak vir Kobus Prinsloo by buffalo.safaris.sa@gmail.com
SA Jagters het ‘n beperkte voorraad van die Presidente-reeks-messe wat volgens die voorkeur van voormalige presidente van die vereniging gemaak is. Die hewwe is vervaardig uit ivoor of kameeldoringhout. Die messe in hierdie reeks is besondere versamelaars-en gebruiksitems wat getuig van die beste vakmanskap. Voorraad sluit in messe gemaak volgens die voorskrifte van André van Dyk, Kassie Kasselman, dr. Gerhard Verdoorn, prof. Pottie Potgieter en Peet van Zyl. Doen navraag oor prys en beskikbaarheid by Dorothy Els.
Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.
Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.
Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.
Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.
Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.
Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.
Kontak Dorothy Els
sel: 072 266 0890 of e-pos: dorothy@sahunt.co.za
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag
Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters
Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.
Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.
Kontak:
Francois Annandale by 071 932 6125
vir ‘n kwotasie
(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield
Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets
Om ‘n afspraak te maak, kontak:
Johan by 082 564 8222
of Lourens by 072 591 0926
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Die 2026-fotografiekompetisie is tans aan die gang en verloop glad. Rig enige navrae aan info@sahunt.co.za om foto’s te registreer vir 2026.
Fotograaf van die Jaar vir 2025 is Pierre van der Berg van ons Pretoria-Oos tak.
SA Jagters het ʼn amateurfotografieklub op Facebook wat oop is vir enigeen wat ons bedrywighede en aktiwiteite ondersteun. Die doel van die klub is om natuur- en wildlewefotografie te bevorder en ʼn ruimte te bied om foto’s te deel. Let wel, hierdie is nie die plek om jagfoto’s te deel nie. Alle foto’s is onderhewig aan goedkeuring deur die administrateur van die blad.
Elke twee maande kondig ons ’n nuwe fotografie-uitdaging met ’n spesifieke tema aan wat lede die geleentheid gee om hul kreatiwiteit en fotografievaardighede ten toon te stel. Deelnemers mag ’n slimfoon, DSLR- of spieëllose kamera gebruik. Die beste foto’s word na die sluitingstyd gekies en die wenner ontvang ʼn boekprys.