The old green firearm licences issued under the previous firearms act are still valid, provided that the owners never applied for new licences for those particular firearms. However, if the holder of a green firearm licence had applied for a renewal in terms of the Firearms Control Act (Act 60 of 2000) and received the new white licence card, the green licence is invalid. If the application for a new licence had not been approved, the old green licence would still be valid.
There is a logical assumption that the old green licences would be declared invalid at some point. Meanwhile, SA Hunters advises members with old valid green licences, to apply for their firearm licences in terms of the new Act, and to comply with the requirement of submitting a valid competency certificate with their application.
Discussion between SA Hunters and SAPS started in 2020 to establish a meaningful process to switch all green licences to white licences. That followed on an attempt by the state to revoke an interdict granted in favour of SA Hunters by the Gauteng North High Court in 2009, that the green licences would remain valid until the main issue in that case had been heard and finalised. However, SAPS never responded, and the case was never concluded.
SA Hunters and its legal team strongly disagreed with the State’s approach and submitted a plan to SAPS for a process to migrate green firearm licences to white firearm licences in a seamless manner.
Because the discussions between SA Hunters and SAPS petered out, no further information is available on the status of this process.
Die ou groen vuurwapenlisensies uitgereik onder die vorige vuurwapenwet bly vir die oomblik geldig indien daar nooit aansoek gedoen is vir nuwe lisensies vir daardie vuurwapens nie. Indien die vuurwapeneienaar egter reeds ʼn hernuwingsaansoek (vir die wit lisensiekaartjie) ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) ingedien het, en die nuwe lisensie ontvang het, is die groen lisensie ongeldig. Indien die aansoek vir ʼn nuwe lisensie nie goedgekeur is nie kan die ou groen lisensie ook steeds geldig wees.
Daar is ʼn logiese aanname dat die ou groen lisensies een of ander tyd ongeldig verklaar sal word. Intussen raai SA Jagters sy lede met geldige groen lisensies aan om aansoek te doen vir vuurwapenlisensies (wit lisensies) ingevolge die nuwe wet. Dit vereis dat aansoekers geldige bevoegdheidsertifikate saam met die aansoek moet indien.
SA Jagters en die SAPD het in 2020 begin praat oor ʼn sinvolle proses om alle groen lisensies na wit lisensies om te skakel. Dit volg ná ʼn poging van die Staat om die hofbevel van die Gauteng Noord Hooggeregshof in 2009 ten gunste van SA Jagters, te laat herroep. In 2009 het die Hof beslis dat die ou groen lisensies geag word geldig te bly totdat die hoofaansoek van SA Jagters aangehoor en beslis is. Die hoofaansoek is egter nog nooit aangehoor nie omdat die SAPD nooit daarop gereageer het nie.
SA Jagters en sy regspan het die Staat se poging betwis en daarna ʼn plan by die SAPD ingedien vir ʼn proses om die ou groen lisensies na wit lisensies om te skakel.
Hierdie gesprek met die SAPD het doodgeloop en daar is ongelukkig geen verdere inligting oor die status van hierdie proses nie.
Complete your competency application form and submit to the designated firearms officer (DFO)
Voltooi jou bevoegdheidsaansoekvorm en dien dit in by die aangewese vuurwapenbeampte (DFO)