INYATHIPARK NUUS

about

Kommentaar op konsepregulasie vir die Sekuriteitsektor

Die sekuriteitsektor is vir SAJWV van kardinale belang. Nie alleen dra hulle by tot die veiligheid van ons lede in landelike en stedelike gebiede nie, maar hulle maak ook ’n groot bydrae tot die ekonomie van SA deur die groot getalle werksgeleenthede wat hulle ondersteun. 

Hulle is gewaardeerde vennote van ons in die vuurwapenindustrie, die veiligheid en beskerming van die sekuriteitspersoneel wat aan ons hierdie diens lewer, is vir ons ’n kernprioriteit. SAJWV is in die proses om saam met ander rol spelers in die industrie na die nuwe voorgestelde konsepregulasies vir die sekuriteitsektor te kyk en sal binnekort ons standpunt daaroor stel.

HuntEx2025 - 25 tot 28 April 2025

Kliek om te vergroot

Bepalings en voorwaardes hier.

Kliek om te vergroot

Gelukkige Trekking Kalahari-jag 2025

Die datums is:

  • Sluitingsdatum: 31 Mei 2025
  • Trekkingdatum: 3 Junie 2025
  • Die jag vind plaas: 16-21 Junie 2025

Hoe om in te skryf:

  1. Koop kaartjie op Quicket of
  2. Betaal veelvoude van R100 in SA Jagters se bankrekening by:
    • Absa (632005) Rekeningnr: 01443990077 of 1443990077 (sommige banke gebruik nie die ‘0’ nie)
    • Verwysing: Kal en selfoonnommer

Bepalings en voorwaardes hier.

Presidente-reeks messe

Gedenkmes – Pottie Potgieter

In die vierde reeks messe van Prof. Pottie is daar ’n keuse tussen ʼn hef van ivoor of olienhout. Lees meer hier.

Plaas ʼn bestelling deur middel van ʼn elektroniese bankoorplasing van R2 500 plus koerier in SA Jagters se bankrekening by Absa. Die rekeningnommer is 01443990077. Gebruik jou lidnommer en Pietermes as verwysing.

Toegewyde Status Verslae 2025

Lede met toegewyde jagter- en/of toegewyde sportskutstatus moet elke jaar teen 31 Oktober voldoende hulle aktiwiteite rapporteer om toegewyde status te behou. Lede het dus nog ses maande oor om aktiwiteite by te woon en te rapporteer. Diegene met toegewyde jagterstatus moet aan twee jagverwante aktiwiteite deelneem terwyl lede met toegewyde sportskutstatus aan drie skietaktiwiteite moet deelneem wat kwalifiseer om hulle status vir 2025 te behou.

SA Jagters het dit vir lede baie maklik en gerieflik gemaak om aan hierdie vereistes te voldoen en hul aktiwiteite te rapporteer.

Kliek hier om by die lede-administrasiestelsel in te skakel (log) Meld aan (log) op jou persoonlike profiel met jou lidnommer en wagwoord.

Lede kan ook SA Jagters se App op hulle selfoon aflaai waarmee hulle hul aktiwiteite kan oplaai en rapporteer.

Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.

Toegewyde jagters moet tussen 1 November en 31 Oktober van die volgende jaar aan minstens twee aktiwiteite deelneem en dit rapporteer.

SA Jagters aanvaar enige twee van die volgende aktiwiteite om toegewyde jagterstatus te behou:

  • enige jagtog
  • bywoning van enige amptelike aktiwiteite van SA Jagters bv. takvergaderings, tak-skietdae of enige ander amptelike skietaktiwiteit wat SA Jagters aanbied (Takke meld lede se bywoning van amptelike aktiwiteite met hul tablette aan. Lede hoef net hulle lidnommer in te tik.)
  • enige ander georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn baanregister teken bv. enige private skietoefening of sosiale skietgeleentheid by enige nie-geakkrediteerde vereniging, skietklub, skietbaan of enige ander skietgeleentheid waar skuts ʼn skietbaanregister voltooi (“shooting event, range register completed”)
  • enige ander private of nie-amptelike skietoefening op ’n skietbaan waar daar nie ’n baanregister is nie bv. ’n vriend se plaas. Kies “shooting event, informal”
  • voltooiing van ’n jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • een herlaai-aktiwiteit vir skuts wat self ammunisie herlaai
  • ʼn Besoek die jaarlikse Huntex-skou

Toegewyde sportskuts moet ten minste drie aktiwiteite tussen 1 November van die vorige jaar en voor 31 Oktober van die huidige jaar rapporteer.

SA Jagters aanvaar enige drie van die volgende georganiseerde skietgeleenthede om sportskutstatus op datum te hou.

  • enige amptelike skietgeleentheid van SA Jagters by enige tak (lid se eie tak of as besoeker by ʼn ander tak), streek of nasionale skietbyeenkoms. (Takke meld lede se deelname aan deur middel van die takke se tablet)
  • enige skietgeleentheid by enige ander geakkrediteerde sportskietvereniging bv. SAPSA, Clay Target, SAPRF, Bisley
  • enige ander georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn baanregister teken bv. ʼn private skietoefening of sosiale skietgeleentheid by enige nie-geakkrediteerde vereniging, skietklub, skietbaan of enige ander skietgeleentheid waar skuts ʼn skietbaanregister voltooi (“shooting event, range register completed”)
  • enige ander private of nie-amptelike skietoefening op ’n skietbaan waar daar nie ’n bywoningsregister is nie bv. op ’n vriend se plaas (kies “shooting event, informal”)
  • een diensbeurt as baanoffisier
  • een herlaai-aktiwiteit vir skuts wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek die jaarlikse Huntex-skou

Dit is skuts se verantwoordelikheid om hul aktiwiteite op hul profiel te laai en hul status op datum te hou.

Skuts wat vir watter rede ook al, nie aktiwiteite vir die jaar kan rapporteer nie, kan die kantoor skakel vir help.

Kliek om te vergroot
Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Versoek toegewyde status aansoekvorm hier

Weet jy wanneer jou vuurwapenlisensie verval?

SA Jagters herinner jou voortydig wanneer jou vuurwapenlisensie verval sodat jy betyds vir hernuwing kan aansoek doen. Om ʼn kennisgewing te ontvang, laai al jou vuurwapenlisensies se besonderhede op jou persoonlike profiel op die lede-administrasiestelsel.

Kliek hier om te registreer. Ons moedig lede aan om hierdie fasiliteit te gebruik omdat dit jou baie ergernis en frustrasies kan bespaar.

Bek-en-klouseer Kwazulu-Natal

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het op 17 Maart 2025 beheermaatreëls vir bek-en-klouseer in die Staatskoerant gepubliseer wat sekere dele van KwaZulu-Natal onder die Dieregesondheidswet, Wet35 van 1984 insluit.

Lees die Staatskoerant en protokol hier.

Jagtrofeë

Safari Club International is in kennis gestel dat persoonlike jagtrofeë wat na die Verenigde State gestuur word, vrygestel is van die nuwe tariewe op ingevoerde goedere.

Meer inligting kan hier verkry word.

Bewaringshoogtepunte

Lede kan op verskillende manier ʼn bydrae lewer tot die bewaring van ons wilderfenis, hetsy aktief in die veld om diere uit strikke te red; jou waarnemings van luiperds aan te meld; jou kennis oor slange en uile op te knap; hulp te verleen aan beseerde of vergiftigde aasvoëls, of om loodammunisie te vervang met monolitiese koeëls. Daar is iets vir elkeen.

Lees alles die nuutste bewaringshoogtepunte.

SA Jagters-winkel

Die SA Jagters-winkel sluit tydelik op 22 April 2025 ter voorbereiding vir HuntEx2025 by die Gallagher Konferensiesentrum, Midrand van 25 tot 28 April 2025. Ons deure open weer op Maandag, 5 Mei 2025 vir besigheid soos gewoonlik.

Besoek ons gerus by Stand 514 in Saal 5 tydens HuntEx2025 indien jy in die omgewing is!

SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL

Tel: 012-808-9300/9340/9399

Sel/Cell: 066-032-5533

E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za

Spesiale korting by HuntEx2025

Lede kwalifiseer vir 15% korting (gewoonlik 10%) op alle produkte en 10% korting (gewoonlik geen) op vuurwapens. Nie-lede ontvang  5% korting op alle produkte (vuurwapens uitgesluit).

Bestee R1,000 of meer by die SA Jagters-winkel tydens HuntEx en staan ‘n kans om ‘n BS71 Beretta 1301 COMP-haelgeweer ter waarde van R37,000 te wen!

Moenie hierdie ongelooflike aanbiedinge misloop nie! Ons sien uit daarna om jou by HuntEx2025 te verwelkom en jou weer vanaf 5 Mei in ons winkel by Inyathipark te bedien.

Kliek om te vergroot

Jonsson Workwear-aanbod

Kliek om vergroot

Sniper-aanbod

Kliek om te vergroot

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

error: Content is protected !!