Bewaringsnuus

conservation bewaring

Sightings nou ook op jou iPhone

Lede met iPhones kan nou ook bydra tot die Sightings inisiatief wat deel is van die SA Hunters Member App om hulle waarnemings van diere te lys wat ʼn wesenlike verskil kan maak aan die bewaring van skaars en skugter spesies en die bestuur van spesifieke spesies. iPhone-gebruikers kan die App van die iStore aflaai, terwyl gebruikers van Android-toestelle dit van die Play Store kan aflaai of opdateer. Die App verleen toegang tot omvattende funksies, insluitend die Sightings-afdeling. Lede kan ook sien hoe hul vaar in vergelyking met ander lede in die ranglys. PJ Potgieter van Mpungini is met sy 522 waarnemings van Oktober 2024 tot September 2025, bo-aan die ranglys. Daar is ook besonderse waarnemings van die bedreigde oewerkonyn wat nou by die App gevoeg is.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Aasvoëlbewaring

Aasvoëls speel ’n onmisbare rol om organiese afval doeltreffend uit die omgewing te verwyder. Hierdie proses is noodsaaklik vir menslike gesondheid en die behoud van omgewingsintegriteit. Die voortbestaan van hierdie voëls word egter bedreig deur menslike faktore waaronder lood en oorhoofse kraginstallasies.

Lees hier hoe jy kan help om aasvoëls te beskerm.

Takke gesels bewaring

Elke bewaringsaktiwiteit wat SA Jagters se lede op tak of nasionale vlak aanpak, maak ʼn verskil in die groter prentjie van bewaring van ons natuurerfenis hetsy die uitwissing van indringerplante, uilbewaringsprojekte, verwydering van strikke, kennis inwin oor slange of lede se bydrae tot die nasionale jagluiperdopname.

Lees meer hier

Jagters gee om vir diere

SA Jagters benut elke geleentheid tot openbare deelname om insette te lewer oor wetgewing wat ons omgewing raak of om standpunt in te neem wanneer ons nie saamstem nie. Die Vereniging is verbind tot bewaring en die welstand van ons natuurerfenis en skroom nie om regsaksie te neem indien nodig nie.

Lees meer hier.

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

error: Content is protected !!