INYATHIPARK NUUS

about

Nuusbrief Mei 2025

HuntEx 2025

Die SA Jagters-winkel bedank elkeen wat ons stalletjie by HuntEx2025 besoek het. Julle ondersteuning word hoog op prys gestel. Ons het baie positiewe terugvoering van lede en nie-lede ontvang en verwelkom enige verdere kommentaar of bydraes ten opsigte van ons diens en die produkte wat SA Jagters vanjaar by HuntEx uitgestal het. Dit kan ons help met ons voorbereiding vir volgende jaar om nog beter aan lede se behoeftes te voldoen.

Stuur gerus kommentaar aan Nicky Uys, winkelbestuurder, by nicky@sahunt.co.za

Besoek ons aanlyn winkel vir spesiale aanbiedinge en maak gebruik van die 10% afslag aan lede op aankope (vuurwapens uitgesluit).

Aankope van R1000 of meer het in aanmerking gekom om die Beretta 1301 Haelgeweerkompetisie te wen.

Die gelukkige wenner is Oloff Bousema van die Marico Bosveld-tak.

Charlene Reynolds van die Brits-tak het die rooibokjag gewen, terwyl Wynand du Plooy van die Transvaal-tak met ʼn nuwe verkyker huis toe is.

Baie geluk aan ons drie lede!

Webinaar 27 Mei 2025 Junior Ontwikkeling

SA Jagters hou op Dinsdag, 27 Mei 2025 om 18:00 ’n webinaar oor die junior ontwikkeling by SA Jagters se takke. Op bladsy 46 in die Mei uitgawe van SA JAGTER/HUNTER is daar ’n artikel oor Springbok-tak se suksesvolle projek om juniors by skietaktiwiteite by skole te betrek, assok die bekende uilbewaringsprojek, Projek Grootoog. Tydens die webinaar sal Deon Neu, projekkoördineerder ook inligting gee oor die uileprojek. Lede van takbesture – veral diegene betrokke by juniors en skietsake – en ander belangstellende lede kan aan die webinaar deelneem.

Net 1 000 registrasies kan aanvaar word. Registreer dus betyds om teleurstelling te voorkom. Kry die skakel om vir hierdie webinaar te registreer by jou takvoorsitter of vra dit aan by dorothy@sahunt.co.za

Gelukkige Trekking Kalahari-jag 2025

Daar is slegs 9 dae oor om in te skryf vir die gelukkige trekking in SA Jagters se opwindende Kalahari-jagkompetisie!

Die datums is:

  • Sluitingsdatum: 31 Mei 2025
  • Trekkingdatum: 3 Junie 2025
  • Die jag vind plaas: 16-21 Junie 2025

Hoe om in te skryf:

  1. Koop kaartjie op Quicket of
  2. Betaal veelvoude van R100 in SA Jagters se bankrekening by:
    • Absa (632005) Rekeningnr: 01443990077 of 1443990077 (sommige banke gebruik nie die ‘0’ nie)
    • Verwysing: Kal en selfoonnommer

Bepalings en voorwaardes hier.

Jeugdag 2025

Indien jy met Jeugdag 14 Junie 2025 in die Pretoria-omgewing is en iets opwindend wil doen, bring gerus die hele gesin saam na die Eeufees-skietbaan in Pretoria. Oud en jonk sal dit geniet.

ʼn Vriendskaplike kompetisie aangebied deur SA Jagters, SANSSU en SATRA dien as ʼn oorbruggingskietbyeenkoms tussen hierdie drie organisasies om skuts bloot te stel aan ander skietorganisasies of -verenigings. Dit verbreed skuts se blootstelling aan sportskiet en dien as aansporing om deelname aan hierdie sport voort te sit en te geniet wanneer hulle skooljare verby is.

Vir die volledige reëls klik hier  en om vooraf in te skryf klik hier

Vakante Posisie : Skietsake

Soos u reeds weet, tree André van der Merwe (Bestuurder: Lede-, Tak- en Skietsake) einde November 2025 af. Die Raad van SAJWV het tydens die Raadsvergadering van 8 Mei 2025 besluit om sekere interne posvereistes te verander en ʼn pos te skep vir ʼn Assistent Skietsake. Vanweë die geweldige groei in skietaktiwiteite in die vereniging het ’n behoefte vir so ʼn pos ontstaan om skietsake doeltreffend te bestuur.

Klik hier vir die advertensie met die posbeskrywing. Belangstellendes kan gerus met Basie Bergh skakel vir meer inligting.

Presidente-reeks messe

Gedenkmes – Pottie Potgieter

In die vierde reeks messe van Prof. Pottie is daar ’n keuse tussen ʼn hef van ivoor of olienhout. Lees meer hier.

Plaas ʼn bestelling deur middel van ʼn elektroniese bankoorplasing van R2 500 plus koerier in SA Jagters se bankrekening by Absa. Die rekeningnommer is 01443990077. Gebruik jou lidnommer en Pietermes as verwysing.

Toegewyde Status Verslae 2025

Lede met toegewyde jagter- en/of toegewyde sportskutstatus moet elke jaar teen 31 Oktober voldoende hulle aktiwiteite rapporteer om toegewyde status te behou. Lede het dus nog ses maande oor om aktiwiteite by te woon en te rapporteer. Diegene met toegewyde jagterstatus moet aan twee jagverwante aktiwiteite deelneem terwyl lede met toegewyde sportskutstatus aan drie skietaktiwiteite moet deelneem wat kwalifiseer om hulle status vir 2025 te behou.

SA Jagters het dit vir lede baie maklik en gerieflik gemaak om aan hierdie vereistes te voldoen en hul aktiwiteite te rapporteer.

Kliek hier om by die lede-administrasiestelsel in te skakel (log) Meld aan (log) op jou persoonlike profiel met jou lidnommer en wagwoord.

Lede kan ook SA Jagters se App op hulle selfoon aflaai waarmee hulle hul aktiwiteite kan oplaai en rapporteer.

Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.

Toegewyde jagters moet tussen 1 November en 31 Oktober van die volgende jaar aan minstens twee aktiwiteite deelneem en dit rapporteer.

SA Jagters aanvaar enige twee van die volgende aktiwiteite om toegewyde jagterstatus te behou:

  • enige jagtog
  • bywoning van enige amptelike aktiwiteite van SA Jagters bv. takvergaderings, tak-skietdae of enige ander amptelike skietaktiwiteit wat SA Jagters aanbied (Takke meld lede se bywoning van amptelike aktiwiteite met hul tablette aan. Lede hoef net hulle lidnommer in te tik.)
  • enige ander georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn baanregister teken bv. enige private skietoefening of sosiale skietgeleentheid by enige nie-geakkrediteerde vereniging, skietklub, skietbaan of enige ander skietgeleentheid waar skuts ʼn skietbaanregister voltooi (“shooting event, range register completed”)
  • enige ander private of nie-amptelike skietoefening op ’n skietbaan waar daar nie ’n baanregister is nie bv. ’n vriend se plaas. Kies “shooting event, informal”
  • voltooiing van ’n jagverslag op die aanlyn lede-administrasiestelsel
  • een herlaai-aktiwiteit vir skuts wat self ammunisie herlaai
  • ʼn Besoek die jaarlikse Huntex-skou

Toegewyde sportskuts moet ten minste drie aktiwiteite tussen 1 November van die vorige jaar en voor 31 Oktober van die huidige jaar rapporteer.

SA Jagters aanvaar enige drie van die volgende georganiseerde skietgeleenthede om sportskutstatus op datum te hou.

  • enige amptelike skietgeleentheid van SA Jagters by enige tak (lid se eie tak of as besoeker by ʼn ander tak), streek of nasionale skietbyeenkoms. (Takke meld lede se deelname aan deur middel van die takke se tablet)
  • enige skietgeleentheid by enige ander geakkrediteerde sportskietvereniging bv. SAPSA, Clay Target, SAPRF, Bisley
  • enige ander georganiseerde skietaktiwiteit waar skuts ʼn baanregister teken bv. ʼn private skietoefening of sosiale skietgeleentheid by enige nie-geakkrediteerde vereniging, skietklub, skietbaan of enige ander skietgeleentheid waar skuts ʼn skietbaanregister voltooi (“shooting event, range register completed”)
  • enige ander private of nie-amptelike skietoefening op ’n skietbaan waar daar nie ’n bywoningsregister is nie bv. op ’n vriend se plaas (kies “shooting event, informal”)
  • een diensbeurt as baanoffisier
  • een herlaai-aktiwiteit vir skuts wat self ammunisie herlaai
  • ʼn besoek die jaarlikse Huntex-skou

Dit is skuts se verantwoordelikheid om hul aktiwiteite op hul profiel te laai en hul status op datum te hou.

Skuts wat vir watter rede ook al, nie aktiwiteite vir die jaar kan rapporteer nie, kan die kantoor skakel vir help.

Kliek om te vergroot
Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Versoek toegewyde status aansoekvorm hier

Weet jy wanneer jou vuurwapenlisensie verval?

SA Jagters herinner jou voortydig wanneer jou vuurwapenlisensie verval sodat jy betyds vir hernuwing kan aansoek doen. Om ʼn kennisgewing te ontvang, laai al jou vuurwapenlisensies se besonderhede op jou persoonlike profiel op die lede-administrasiestelsel.

Kliek hier om te registreer. Ons moedig lede aan om hierdie fasiliteit te gebruik omdat dit jou baie ergernis en frustrasies kan bespaar.

Bek-en-klouseer Kwazulu-Natal

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het op 17 Maart 2025 beheermaatreëls vir bek-en-klouseer in die Staatskoerant gepubliseer wat sekere dele van KwaZulu-Natal onder die Dieregesondheidswet, Wet35 van 1984 insluit.

Vir algemene riglyne oor hoe om die verspreiding te voorkom klik hier

Lees die Staatskoerant en protokol hier.

SA Jagters Geakkrediteerde Jagpakkette

SA Jagters bied vanjaar weer verskeie geakkrediteerde jagpakkette aan ons lede wat aan die Vereniging se Jagterskode voldoen. Besigtig die pakkette hier 

Bespreek só vir ʼn SA Jagters geakkrediteerde jagpakket en -avontuur

  1. Kies die pakket waarin jy belangstel.
  2. Kontak Vanessa by vanessa@sahunt.co.za
  3. Kies die datum wat jou pas.
  4. Vanessa sal die datums nagaan en die besonderhede met die jagter bevestig.
  5. Die jagbestemmings se normale pryslys en jagreëls sal aan jagter gestuur word.
  6. Die jagter betaal die volle prys vir die jagpakket aan SA Jagters om bespreking te bevestig.
  7. Direk na afloop van die jag, verwag ons van die jagter om per e-pos terugvoer oor die jag te stuur by vanessa@sahunt.co.za

Jonsson Workwear-aanbod

Kliek om vergroot

Sniper-aanbod

Kliek om te vergroot

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

error: Content is protected !!