Die Sightings App is ʼn handige toepassing waarmee lede hulle waarnemings van skaars en skugter spesies kan aanteken. Die data word gebruik in gesprekke oor bewaring en help ook om internasionale inligting soos die Rooidatalys by te werk. Lees die volledige artikel hier oor data wat oor die afgelope jaar op die Sightings App aangeteken is.
Gaan na die Wildlife Sightings bladsy.
Lede van SA Jagters is sedert 2021 aktief betrokke by die redding van nagenoeg 6000 diere wat in strikke gevang is. Die skade wat veroorsaak word deur wildstropery met strikke is aansienlik meer as die waarneembare geldwaarde van die vleis. Die ekonomiese waarde van hierdie diere word op R100 miljoen geskat. Gereguleerde jagpraktyke in ‘n inklusiewe wildlewe-ekonomie sal grootliks bydra tot die landelike ekonomie en voedselsekuriteit. Lees die artikel hier.
Gaan na die Snare Busters bladsy.
Die voortbestaan van majestueuse kremetartbome in die nasionale parke in die noordelike dele van die land word bedreig deur oorbenutting deur olifante wat die bas van hierdie bome stroop vir kos, veral tydens droogtes. Die groeiende olifantbevolkings in Suider-Afrika vererger die situasie. Kundiges van verskeie universiteite het ‘n plan beraam om die impak op hierdie ikoniese bome te verminder deur staalversperrings rondom geselekteerde kremetartbome in nasionale parke op te rig om te voorkom dat olifante die bas stroop. Bewaringspogings kos geld. Lede wat die kremetartbome koester en graag wil sien dat hul kleinkinders in die toekoms hierdie bosreuse kan geniet, kan bydra tot SA Jagters se Tinyarhi Trust om te help om van die koste te dek.
Read more hier.