SA Jagters het onlangs deelgeneem aan ʼn kongres oor die wildlewe-ekonomie in Maputo, Mosambiek. Die kongres het gefokus op begrip vir die uitdagings en geleenthede in die sektor, en die beoordeling van bewaringsbestuursmodelle wat volhoubare groei en gemeenskapsvoordele te bevorder.
Lees die volledige artikel hier.
Verskeie takke van SA Jagters het onlangs in Mahikeng byeengekom om die bewaring van aasvoëls as deel van die vereniging se Aasvoël-erfenisprogram te bespreek. Hierdie inisiatief wil die vereniging se netwerk van lede gebruik om die kwynende aasvoëlgetalle, habitatverlies, voedseltekort en vergifting te bekamp.
Lees die volledige artikel hier.
SA Jagters het die jongste uitvoerende komiteevergadering van die Predasiebestuursforum van Suid-Afrika (PMSA) in Gqeberha bygewoon. Die PMSA verteenwoordig die Nasionale Woltelersvereniging van Suid-Afrika, Sybokhaarkwekersvereniging van Suid-Afrika, die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie en die georganiseerde wildtelers (Wildlife Ranching South Africa). Die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging is nog een van die lede-organisasies met direkte belange.
Die volgende sleutelaspekte is bespreek: kontraktering van opleiers in predasiebestuur en planne om ʼn nasionale navorsingsprogram van stapel te stuur oor predasie-insidente, gedrag en die ekonomiese impak daarvan op vee- en wildproduksiestelsels. Belangstellendes kan die PMSA-sekretariaat bel by 041-365-5030; of navraag doen by nwga@nwga.co.za
Meer inligting is ook beskikbaar op die PMSA se webwerf by https://pmfsa.co.za
Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO) opdateer tans Suid-Afrika se Nasionale Biodiversiteitstrategie en Aksieplan (NBSAP). Hierdie dokument bepaal die rigting vir bewaring, grondgebruik en wildbestuur vir die volgende dekade.
SA Jagters het saam met gemeenskappe, NRO’s, staatsagentskappe en die regering bygedra tot die beplanning van toekomstige ingrypings om biodiversiteit te beskerm.
Lees die volledige artikel hier.