HuntEx 2026 was weer eens ’n belangrike mylpaal vir die SA Jagters-winkel. Dit was die derde agtereenvolgende jaar wat ons aan Suid-Afrika se grootste jag- en buitelewe-ekspo deelgeneem het.
Ons beskeie uitstalruimte van drie jaar gelede het vanjaar aansienlik uitgebrei tot bykans 282 m danksy verskaffers en lojale kliënte se volgehoue ondersteuning. Dit het ons in staat gestel om ’n wye reeks produkte van toonaangewende handelsmerke aan besoekers bekend te stel. Ons het geslaag in ons doel om ʼn wye verskeidenheid vuurwapens, ammunisie, skoonmaakprodukte en bykomstighede te verskaf wat aan klante se behoeftes voldoen om hulle passie vir jag- en sportskiet uit te leef.
Die volgehoue ondersteuning van besoekers en klante by HuntEx dra by tot ons strewe om ’n ware eenstopwinkel vir jagters en sportskuts in Suid-Afrika te wees.
SA Jagters-winkel is daartoe verbind om die beste moontlike diens, gehalteprodukte en kundige advies aan die jag- en skietgemeenskap te lewer. HuntEx het ʼn geleentheid gebied om met meer mense in die bedryf kennis te maak, verhoudings te versterk en aan ons winkel bekend te stel.
Moenie wag vir HuntEx 2027 om te sien wat ons bied nie. Besoek ons permanente winkel by Inyathipark in Derdepoort, tuiste van die bekende Nico van Rooyen trofeeversamelingsaal. Ons winkel huisves ’n unieke versameling van byna 200 wildtrofeë van regoor die wêreld wat ons jagerfenis en wild van verskillende kontinente vier.
Terwyl ons aanhou groei, bly ons fokus dieselfde: om Suid-Afrika se jag- en sportskietgemeenskap te dien. Dankie aan elke besoeker, klant, verskaffer en ondersteuner wat gehelp het om HuntEx 2026 nóg ’n onvergeetlike sukses vir SA Jagters-winkel te maak.
Namens SA Jagters spreek ek ons opregte medelye en ondersteuning uit aan al ons lede wat skade gely het na die onlangse swaar reën, sterk winde en oorstromings in dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap, Noordwes ʼn Limpopo.
Hoewel ons dankbaar is vir die broodnodige reën en vol damme ná moeilike droë tye, besef ons dat hierdie weersomstandighede vir baie gesinne groot skade, ontwrigting en verlies veroorsaak het. Ons dink aan elke lid, familie en gemeenskap wat tans die gevolge van die storms moet hanteer, hetsy skade aan wonings, infrastruktuur, plase of persoonlike besittings.
In hierdie uitdagende tyd verseker ons julle van ons ondersteuning en meegevoel. Die SA Jagters-familie staan saam, en ons vertrou dat ons gemeenskappe mekaar sal bystaan.
Ons wens almal veiligheid, sterkte en voorspoed toe met die herstelproses wat voorlê. Mag die dae vorentoe rustiger wees en herstel bring vir almal wat geraak is.
Ons hou julle in ons harte en gebede.
Ons is baie opgewonde om die nuus te deel oor die nuwe skietaktiwiteit wat ons by die Nico van der Merwe kleinkaliber-skietbaan by Inyathipark aanbied. Vir die afgelope paar weke het skuts met groot opgewondenheid deelgeneem aan ons pretskiete met .22 LR-randslaggewere en luggewere
Wat aanvanklik begin het as ʼn vriendskaplike rondomtalie-pretskiet tussen Inyathipark se personeel en die Baviaanspoort-, Pretoria-Oos- en Centurion-takke, het ontwikkel tot ʼn gereelde weeklikse byeenkoms.
Te oordeel aan die entoesiasme en kompetisiegees onder die skuts was dit gou duidelik dat hierdie skietgeleentheid beslis nie ʼn eenmalige aktiwiteit sou bly nie. Dit het uiteindelik uitgeloop op ʼn finale byeenkoms waaraan skuts van drie takke hul heel beste op die skietpunt gelewer het. Net ʼn klein aanpassing is aangebring aan die skietoefening (net een rus voor) wat die skuts se vermoëns beproef het. Die dag was uiteindelik ʼn groot sukses en almal het dit terdeë geniet.
Die bedoeling was nie dat dit ʼn amptelike kompetisie moes wees nie, maar eerder ʼn gesellige samesyn op die baan. Ons bied meestal informele skietgeleenthede aan waaraan die hele gesin kan deelneem.
Ons nooi skuts wat binne bereik is en hulle weg oop sien om aan hierdie skietaktiwiteit deel te neem, en ons moedig veral gesinne aan om betrokke te raak. Ons wil veral vroue en kinders betrek en aan hierdie skietsport blootstel. Opleiding vir juniors het reeds begin en daar is ruimte vir uitbreiding.
Doen gerus navraag by Andries Fourie by 012-808-9300.
SA Jagters het ‘n beperkte voorraad van die Presidente-reeks-messe wat volgens die voorkeur van voormalige presidente van die vereniging gemaak is. Die hewwe is vervaardig uit ivoor of kameeldoringhout. Die messe in hierdie reeks is besondere versamelaars-en gebruiksitems wat getuig van die beste vakmanskap. Voorraad sluit in messe gemaak volgens die voorskrifte van André van Dyk, Kassie Kasselman, dr. Gerhard Verdoorn, prof. Pottie Potgieter en Peet van Zyl. Doen navraag oor prys en beskikbaarheid by Dorothy Els.
Die aflewering van die gedrukte weergawe van ons tydskrifte, SA Jagter/Hunter en Man Magnum, via die Poskantoor het heeltemal in duie gestort.
SA Jagters het in Julie 2025 ’n meningspeiling in die tydskrifte gedoen om te bepaal of lesers bereid sal wees om die tydskrif digitaal te lees. Dit was verblydend dat meer lede as wat verwag is aan die meningspeiling deelgeneem het waarvan 75% aangedui het dat hulle te vinde is vir die tydskrif in digitale formaat.
Vir alternatiewe opsies wat in werking gestel kan word, kontak vir Michel by ons kantore.
Dis winter en amptelik jagtyd! Let asb. daarop dat die Noord-Kaap se aanlyn jaglisensiestelsel weer funksioneer. Kyk gerus na die video met belangrike inligting.
Die jagseisoen is egter nie sonder uitdagings nie. Van ons lede het reeds vanjaar met kriminele elemente te make gekry wat jagters bedrieg en besteel. Party slenters is met die aanlyn bespreking van jagplek via sosiale media terwyl doodgewone diefstal ook nou kop uitsteek. Alhoewel laasgenoemde nie ʼn nuwe tendens is nie, gebruik die skelms ander metodes. Hulle teiken koelkamers om vleis te steel en jagkampe waar jagters se jaggewere en ander waardevolle items is. Maak seker dat gewere altyd veilig in die kluise toegesluit is wanneer dit nie in gebruik is nie. Dit is ook ‘n goeie idee om ʼn handwapen byderhand te hê wanneer jagters saans om die kampvuur kuier.
Die Minister van Landbou John Steenhuisen het by ʼn perskonferensie op 5 Mei (Lees meer hier) aangedui dat hy die siektebeheergebied in KwaZulu-Natal gaan opskort. Die opskorting is in die staatskoerant aangekondig (Lees meer hier). Jagters moet steeds die nodige protokol volg wanneer hulle ‘n jagbestemming besoek wat onder kwarantyn geplaas is. Die staatsveearts sal grondeienaars deeglik ingelig oor die vereiste protokol indien hul eiendom onder kwarantyn is.
Noordwes
Nuwe stelsel vir aanlyn lisensie/permit en regulasies
DEDECT of te wel die Noordwes departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake, bewaring en toerisme het onlangs hul aanlyn stelsel vir die uitreik van permit en lisensies verander. Die Nipas-stelsel is onlangs vervang met die CivicPal-stelsel https://www.civicpalnw.co.za/ Die oorskakeling is egter nie sonder komplikasies nie. Lede wat probleme met die nuwe stelsel ondervind moet dit asseblief aanmeld by Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za
Lees die nuwe Noordwes-jagregulasies hier.
Noord-Kaap
Die aanlyn stelsel vir jaglisensies in die Noord-Kaap was tydelik buite werking maar werk nou weer. Lede wat reeds die voorgestelde prosedure tydens die diensonderbreking gevolg het, kan hul aansoeke herregistreer maar hoef nie weer daarvoor te betaal nie. Lede sal egter bewys van betaling moet lewer.
Die stelsel werk maklik:
Gauteng
Klik hier vir die nuutste Gauteng jagproklomasie.
Ons herinner lede dat daar slegs vyf maande oor is tot 31 Oktober 2026 om aktiwiteite te registreer om toegewyde jagter- en/of sportskutstatus vir 2026 te handhaaf.
SA Jagters het 11 895 lede met toegewyde jagterstatus, waarvan 5 653 se aktiwiteite reeds op datum is vir 2026. Dit beteken 6 242 toegewyde jagters se aktiwiteite is uitstaande.
Daar is 10 781 lede met toegewyde sportskutstatus waarvan 3 651 se aktiwiteite reeds op datum is vir 2026, met 7 651 toegewyde sportskuts wat nog nie voldoende aktiwiteite het om hulle status te behou nie.
ʼn Toegewyde jagter kan deur die jaar enige twee van die volgende aktiwiteite bywoon en rapporteer om toegewyde jagterstatus te behou:
ʼn Toegewyde sportskut kan gedurende die jaar enige drie van die volgende skietaktiwiteite bywoon en rapporteer om sy toegewyde sportskutstatus op datum te hou:
Lede is verantwoordelik om aktiwiteite op die stelsel op te laai om hulle status op datum te hou. Ons benodig slegs die datum en die plek waar jy deelgeneem het. Dis nie nodig om teikens of ander bewyse te lewer nie.
Lede wat vir enige rede nie genoegsame aktiwiteite vir die jaar kan rapporteer nie, kan ons by die kantoor bel vir hulp.
Teken jou aktiwiteite op jou persoonlike profiel in die lede-administrasiestelsel op ons webwerf aan, klik hier of laai die SA Jagters se App op jou selfoon af om jou aktiwiteite op jou foon aan te teken.
Hou jy van sportskietaktiwiteite en wil jy nouer betrokke raak by jou tak se skietprogram? Dan is dit dalk tyd om ʼn baanoffisier te word! As baanoffisier kan jy ʼn waardevolle bydrae lewer, ander lede ondersteun en help om skietdae veilig en professioneel aan te bied.
Lede ouer as 18 jaar kwalifiseer om as baanoffisiere opgelei te word. Hulle mag egter slegs diens doen as baanbeamptes onder toesig van ʼn ervare en gekwalifiseerde baanoffisier. Vanaf 21-jarige ouderdom mag ’n lid as onafhanklike baanoffisier optree.
Die opleiding is gratis en bestaan uit ’n teoretiese en praktiese komponent. SA Jagters se baanoffisiersopleiding bied dissipline-spesifieke opleiding aan, onder andere vir jaggebaseerde skiet, juniors, haelgeweer- en sportskietoefeninge, sodat baanoffisiere opleiding kan ontvang volgens hul belangstellings en voorkeure.
Kandidate moet die teoretiese eksamen slaag voordat hulle met die praktiese opleiding kan begin. Opleiers bied deurlopend ondersteuning om te verseker dat nuwe baanoffisiere met die nodige kennis, vaardighede en selfvertroue hul diens by takke kan verrig.
Gekwalifiseerde baanoffisiere speel ʼn sleutelrol om toe te sien dat vuurwapenveiligheid en skietbaandissipline altyd gehandhaaf word. By SA Jagters is die veiligheid van skuts, personeel en alle besoekers op die skietbaanperseel ononderhandelbaar. Veiligheid kom altyd eerste!
Hoewel daar geen finansiële vergoeding vir baanoffisiere is nie, ervaar baie baanoffisiere groot tevredenheid om ʼn veilige en positiewe skietomgewing vir ander te help skep en bevorder.
Belangstellendes kan by hul takvoorsitter of hoofbaanoffisier navraag doen vir meer inligting. Lede kan ook op hul persoonlike profiel op die lede-administrasiestelsel inteken en vir die kursus registreer.
Lees die afgelope maand se bewaringsnuus hier.
Die 2026-fotografiekompetisie is tans aan die gang en verloop glad. Rig enige navrae aan info@sahunt.co.za om foto’s te registreer vir 2026.
Fotograaf van die Jaar vir 2025 is Pierre van der Berg van ons Pretoria-Oos tak.
Ons wenner vir hierdie uitdaging was Esme van Eeden Frylinck!
‘n Garshalm wat afge-ets is teen die sonsondergang is pragtig, en iets wat ons almal soms miskyk.
SA Jagters het ʼn amateurfotografieklub op Facebook wat oop is vir enigeen wat ons bedrywighede en aktiwiteite ondersteun. Die doel van die klub is om natuur- en wildlewefotografie te bevorder en ʼn ruimte te bied om foto’s te deel. Let wel, hierdie is nie die plek om jagfoto’s te deel nie. Alle foto’s is onderhewig aan goedkeuring deur die administrateur van die blad.
Elke twee maande kondig ons ’n nuwe fotografie-uitdaging met ’n spesifieke tema aan wat lede die geleentheid gee om hul kreatiwiteit en fotografievaardighede ten toon te stel. Deelnemers mag ’n slimfoon, DSLR- of spieëllose kamera gebruik. Die beste foto’s word na die sluitingstyd gekies en die wenner ontvang ʼn boekprys.
Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.
Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.
Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.
Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.
Kontak Dorothy Els
sel: 072 266 0890 of e-pos: dorothy@sahunt.co.za
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.
Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.
SA Jagters het ‘n beperkte voorraad van die Presidente-reeks-messe wat volgens die voorkeur van voormalige presidente van die vereniging gemaak is. Die hewwe is vervaardig uit ivoor of kameeldoringhout. Die messe in hierdie reeks is besondere versamelaars-en gebruiksitems wat getuig van die beste vakmanskap. Voorraad sluit in messe gemaak volgens die voorskrifte van André van Dyk, Kassie Kasselman, dr. Gerhard Verdoorn, prof. Pottie Potgieter en Peet van Zyl. Doen navraag oor prys en beskikbaarheid by Dorothy Els.
Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag
Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters
Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.
Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.
Kontak:
Francois Annandale by 071 932 6125
vir ‘n kwotasie
(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier
Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield
Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets
Om ‘n afspraak te maak, kontak:
Johan by 082 564 8222
of Lourens by 072 591 0926
Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier