INYATHIPARK NUUS

about

Anderkant die Afrika Horison

“Anderkant die Afrika Horison” is ‘n boek wat handel oor die memoires van ‘n Afrika professionele jagter. Dit is ‘n samestelling van verhale gebaseer op ware gebeurtenisse – geen fiksie! Die boek is nie ‘n “skoot-vir-skoot” kommentaar van moedige of onverskrokke heldedade nie, maar eerder ‘n beskeie weergawe van dit wat die ware jagter onderskei van die menigte. Die verhale onthul die ware gees wat in ‘n jagter teenwoordig is. Dit ontbloot wat in sy hart aangaan – dit waaroor hy baie selde sal praat, of sou erken. SA Jagterslede kry ‘n spesiale aanbieding vir die boek.

Kontak vir Kobus Prinsloo by buffalo.safaris.sa@gmail.com 

Wen 'n Canik!

Skryf in vir die gelukkige trekking in ons maandelikse WEN ʼn CANiK-kompetisie.  Oor die afgelope twee jaar het altesaam 20 gelukkige deelnemers in die maandelikse kompetisie ʼn CANiK-vuurwapen gewen. Die wenner word om 09:00 op elke eerste Vrydag van die maand regstreeks op Facebook aangekondig.

Bosrus is SA Jagters se hoofborg vir die Nasionale MDS Kampioenskappe 2026. Klik hier.

Kalahari-jag 2026

Die Kalahari Roep

Die wenner van die Kalahari-jagkompetisie, Nico van der Westhuizen, en sy drie mede-jagters, Barney, Kalaharie en Leon, het op Maandag 22 Junie in Upington aangekom waar Boetie Kirchner (bestuurder, jag-, tak- en ledesake) en Bertus Burger (takvoorsitter van die Kgalagadi-tak) hulle ontmoet en na die plaas Soetwater van Kobus en Essie Maritz vergesel het.

Die Kalahari was vanjaar geseën met besonderse goeie reën en baie van die rooiduine is met gras bedek. Die eerste middag het die jagters hul gelukspakkies ontvang, hul gewere op die skietbaan getoets en finale verstellings aan teleskope aangebring. Vroegoggend op Dinsdag 23 Junie het die groep die jagkamp verlaat en voor middagete het elke jagter reeds sy gemsbokke gejag.

Woensdagoggend is hulle weer jagveld toe en het vyf springbokke gejag. Na ʼn heerlike braai op die duine waar die jagters gesmul het aan vars springboklewer en Tannie Essie se beroemde roomysbakke met eierbroodjies, het die middag se jag nog sewe springbokke opgelewer.

Vroeg op Donderdagoggend is die jagters weer uit duine toe om die laaste van die kwota springbokke te jag. Hulle het selfs drie addisionele springbokke en een blesbok vir hul eie rekening gejag en ’n paar vetsterpersies laat slag vir die droëwors.

Die jag was gekenmerk deur ʼn besonderse kameraderie en heerlike etes saans om die kampvuur. Die jagters is weer veilig terug na hulle onderskeie huis toe – definitief meer gewigtig as voor dié jagtog!

Jagters kan daarna uitsien om in aanmerking te kom vir Kalahari-jag 2027. Wees op die uitkyk vir die aankondiging vir kaartjieverkope wat in November 2026 sal begin. Dalk is die geluk aan jou kant!

Jeugskietdag 13 Junie 2026

Pretoria se jong skuts wys hul staal!
SA Jagters het op 13 Junie 2026 sy vierde suksesvolle jeugskietdag by die Eeufees-skietbaan in Pretoria aangebied. Hierdie jaarlikse byeenkoms bring verskeie organisasies saam met een doel: om die liefde vir skietsport onder die jeug te bevorder en jongmense bloot te stel aan nuwe vaardighede en uitdagings.

Met die ondersteuning van SA Jagters, SANSSU, SATRA en vanjaar ook SAGRF, het deelnemers die kans gekry om aan ’n wye verskeidenheid skietdissiplines deel te neem. Die dag het nie net belangstelling in skietsport aangewakker nie, maar ook belangrike waardes soos dissipline, veiligheid, verantwoordelikheid en sportsmanskap gevestig.

Voor sonop was die opwinding tasbaar. Die koffiekaravaan het gesorg vir ’n warm begin, terwyl die inskrywings vanaf 07:00 vinnig gevorder het. Elke skut het ’n kaartjie ontvang om deur die dag by die verskillende verenigings te voltooi. Die uitdaging was om soveel moontlik oefeninge te voltooi en die hoogste gesamentlike telling te behaal om as top-skut van die dag gekroon te word!

Die skietbaan was lewendig en vol energie.

  • SATRA en SAGRF het die groot baan gedeel met oefeninge op 25 m en 50 m.
  • SANSSU het die 10 m staande posisie- en lugpistooloefeninge aangebied.
  • SAJWV het die 15 m knielposisie aangebied met luggewere en .22LR-randslaggewere.

’n Spesiale woord van dank gaan aan Kobus Schoeman, Carel Viljoen en Schalk du Plessis, wat as baanoffisiere, tellinghouers, mentors en selfs skoonmakers van die terrein opgetree het. Julle toewyding het die dag se sukses moontlik gemaak. Ons is trots op lede wat hul tyd en energie met soveel passie aanbied.

Die resultate van die SAJWV-oefeninge het gewys dat die jeug nie net talentvol is nie, maar ook vasberade is om te leer en te groei.

Dankie aan elke deelnemer vir julle ondersteuning. Ons sien uit na die volgende jeugskietdag waar ons nog meer jong skuts wil verwelkom. Wie weet, dalk is jy die volgende top-skut wat met trots die kroon dra.

Lees die afgelope maand se bewaringsnuus hier.

SA Jagters President-mesreeks

SA Jagters het ‘n beperkte voorraad van die Presidente-reeks-messe wat volgens die voorkeur van voormalige presidente van die vereniging gemaak is. Die hewwe is vervaardig uit ivoor of kameeldoringhout. Die messe in hierdie reeks is besondere versamelaars-en gebruiksitems wat getuig van die beste vakmanskap. Voorraad sluit in messe gemaak volgens die voorskrifte van  André van Dyk, Kassie Kasselman, dr. Gerhard Verdoorn, prof. Pottie Potgieter en Peet van Zyl. Doen navraag oor prys en beskikbaarheid by Dorothy Els.

Jonsson Workwear-aanbod

Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.

Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.

  • Hierdie aanbod is slegs van toepassing vir persoonlike gebruik. ʼn Onderneming se besonderhede mag nie op die faktuur verskyn nie, slegs dié van SA Jagters. Die rekeningnommer vir hierdie aanbod is: SAHU004
  • Lede mag nie hulle ledekaart vir vriende of familie leen om van hierdie aanbod gebruik te maak nie. Bewys van lidmaatskap en ID moet met elk aankoop getoon word.
  • Lede kan hulle ledekaartjies op die SA Jagter App kry.

Kommersiële aanbiedings vir lede

Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks ​​in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.

Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.

Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.

Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.

Kontak Dorothy Els

sel: 072 266 0890 of e-pos: dorothy@sahunt.co.za

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

ASI bied 10% afslag aan lede

Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag

Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Magnum Safes bied 5% aflag vir lede

Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters

Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.

Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Craftbraai bied lede 10%-afslag

The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

StediLens bied lede 10%-afslag

A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Peter’s Guide Books bied lede 10%-afslag

  • Detailed maps and GPS co-ordinates of all points of interest.
  • English, Afrikaans, German and Latin names of trees, animals and birds.
  • Meaning of place names.
  • Instant identification of trees, geological formations and historical connections.
  • Interesting facts and photos of animals and common birds.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

A Line Tours Pty Ltd bied lede 10%-afslag

A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.

Kontak:

Francois Annandale by 071 932 6125

vir ‘n kwotasie

(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Tyremart Hatfield bied lede 'n ekstra 3%-afslag

Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield

Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets

Om ‘n afspraak te maak, kontak:

Johan by 082 564 8222

of Lourens by 072 591 0926

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

error: Content is protected !!