Andries Fourie was die suksesvolle kandidaat vir die posisie van Assistent: Skietsake by die SA Jagters se nasionale kantoor in Pretoria. Andries is van Kroonstad. Baie geluk Andries! Ons sien daarna uit om jou by Inyathipark te verwelkom!
SA Jagters se nasionale Intertakspan- en Presidentskietkompetisies vind op 15 en 16 Augustus 2025 by CMH Sportshooters Retreat, Midvaal, Gauteng plaas.
Die bekende F-klas wêreldkampioen, Erik Cortina, het ʼn unieke formaat vir die staalplaatskiet-kompetisie ontwikkel
SA Jagters herinner lede met toegewyde status dat hulle net tot 31 Oktober tyd het om aktiwiteite by te woon en te rapporteer ten einde hul toegewyde status te behou.
In hierdie stadium is daar 5273 lede met toegewyde jagterstatus en 6308 lede met toegewyde sportskutstatus wat nog nie voldoende aktiwiteite geregistreer het nie.
Lede met toegewyde jagter- en/of toegewyde sportskutstatus moet elke jaar teen 31 Oktober voldoende hulle aktiwiteite rapporteer om toegewyde status te behou. Lede het dus nog drie maande oor om aktiwiteite by te woon en te rapporteer. Diegene met toegewyde jagterstatus moet aan twee jagverwante aktiwiteite deelneem terwyl lede met toegewyde sportskutstatus aan drie skietaktiwiteite moet deelneem wat kwalifiseer om hulle status vir 2025 te behou.
SA Jagters het dit vir lede baie maklik en gerieflik gemaak om aan hierdie vereistes te voldoen en hul aktiwiteite te rapporteer.
Kliek hier om by die lede-administrasiestelsel in te skakel (log) Meld aan (log) op jou persoonlike profiel met jou lidnommer en wagwoord.
Lede kan ook SA Jagters se App op hulle selfoon aflaai waarmee hulle hul aktiwiteite kan oplaai en rapporteer.
Lees meer hier oor die voorwaardes en die bepalings waaraan toegewyde jagters en toegewyde sportskuts moet voldoen om hulle status te behou.
Toegewyde jagters moet tussen 1 November en 31 Oktober van die volgende jaar aan minstens twee aktiwiteite deelneem en dit rapporteer.
SA Jagters aanvaar enige twee van die volgende aktiwiteite om toegewyde jagterstatus te behou:
Toegewyde sportskuts moet ten minste drie aktiwiteite tussen 1 November van die vorige jaar en voor 31 Oktober van die huidige jaar rapporteer.
SA Jagters aanvaar enige drie van die volgende georganiseerde skietgeleenthede om sportskutstatus op datum te hou.
Dit is skuts se verantwoordelikheid om hul aktiwiteite op hul profiel te laai en hul status op datum te hou.
Skuts wat vir watter rede ook al, nie aktiwiteite vir die jaar kan rapporteer nie, kan die kantoor skakel vir help.
Augustus is vrouemaand. Om die vroue in ons lewens te vier, gee ons ’n stel Victorinox-steakmesse (6) weg aan een gelukkige vrou wat in Augustus meer as R1 500 in die winkel bestee. Sien gerus ons reeks Victorinox-messe hier, nou nuut in die winkel.
SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL
Tel: 012-808-9300/9340/9399
Sel/Cell: 066-032-5533
E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za
Sedert 1828 help ELEY se alombekende 22LR-ammunisie menige klub-, wêreld- en Olimpiese skuts om net hul beste te bereik.
ELEY is ʼn topverskaffers van .22LR-randslag-, grootkaliber- en kompetisie luggeweerammunisie vir geweer- en pistoolskuts.
Gedurende Augustus bied ons 15%-afslag aan SA Jagters-lede en 5%-afslag aan nie lede vir aankope van R1500 en meer. Hierdie aanbod is geldig terwyl voorraad hou.
Lede kan op verskillende manier ʼn bydrae lewer tot die bewaring van ons wildlewe-erfenis. Juliemaand se nuus fokus op die CITES-aanbevelings vir 2025, die BEE KIND inisiatief, die kameelperdopname, tierboskat-data en die redding van ’n ietermagog. Daar is iets vir elkeen.
Lees die jongste bewaringshoogtepunte.