Bewaringsnuus

conservation bewaring

Julie 2025

CITES-aanbevelings vir 2025

Lees meer oor die Suid-Afrikaanse regering se aanbevelings aan die CITES konferensie wat in November plaasvind. Daar is tans geen aanduiding van voorstelle vir die handel in renosterhoring nie. Verantwoordelike jag het egter bygedra tot die gesonde bevolkings van kameelperde en bontebokke in Suid-Afrika. Die regering sal voorstelle indien dat beide spesies in SA van CITES se lys verwyder word. 

Lees meer hier.

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Lede help om ietermagog te red: oortreders gevonnis

Drie lede van SA Jagters het ’n belangrike rol gespeel om ʼn ietermagog van onwettige handel te red. Die oortreders is tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Dit was egter die vennootskappe tussen verskeie rolspelers wat tot die sukses gelei het!

Lees meer hier

BEE KIND inisiatief bewaar ons bye

Baie geluk aan die Centurion-tak met hul nuwe logo vir die BEE KIND byeprojek wat geloods is om bewaring van bye te bevorder. Met hierdie projek word onwelkome swerms verwyder en in korwe in die natuur hervestig waar hul ‘n noodsaaklike ekologiese bestuiwingsrol vervul. Die belangrike rol van bye in die natuur word ook onder die publiek se aandag gebring.

Dit was die 11-jarige James Song se voorstel vir die nuwe naam, BEE KIND, wat die beoordelaars so beïndruk het dat hy as die wenner van die kompetisie aangewys is. James het die advertensie van die kompetisie op Facebook gesien en besluit om deel te neem.

Die naam BEE KIND is gekies omdat die op’n besonderse wyse na bye verwys. Dit sinspeel op die goedheid van mense wat omsien na die belange van bye en wat ook ongewensde swerms red. Dit sinspeel verder daarop dat bye se bestuiwingsrol goed is vir die ekosisteem en dat hulle heuning voorsien wat die mens kan benut. Centurion-tak se inisiatief bewys die goedheid en guns wat hulle teenoor bye openbaar

Kameelperdopname

Baie dankie aan ons lede wat bygedra het tot die nasionale kameelperdopname. Die resultate is in die African Journal of Wildlife Research gepubliseer. Deur deel te neem, het lede bygedra tot die mees onlangse opname van die suidelike kameelperd, wat gebruik is in Suid-Afrika se motivering om die kameelperd van CITES se lys te verwyder. Dit is ook die eerste keer dat die private sektor se bydrae tot kameelperdbewaring spesifiek uitgelig is. Kameelperde kom voor op 913 private eiendomme , 49.4% van die totale bevolking van 29,536 kameelperde in Suid-Afrika. Die grootste bevolkings kom in Limpopo en die Oos-Kaap voor.

Lees die volledige artikel hier.

Tierboskat-data

Lede word versoek om waarnemings van tierboskatte by SA Jagters se Sightings App aan te meld as deel van ‘n landwye opname om dié katsoort se status te bepaal. Daar is veral beperkte data vir die Wes-Kaap. SA Jagters sal op sy beur tlede se data aan die projek se navorsers stuur. Elkeen wat al ‘n tierboskat gesien het, kan so bydra tot bewaring. SA Jagters-lede kan die Sightings App op hulle selfone installeer.

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

error: Content is protected !!