INYATHIPARK NUUS

about

Sako-100 vir net R100

Koop jou kaartjie hier

Kragtig. Presies. Onstuitbaar.

Hierdie eksklusiewe kombinasie, ter waarde van meer as R150 000, kan joune wees.

’n Sako-100 vir slegs R100, afgerond met ’n Swarovski Z6i!

Koop jou kaartjies by HuntEx 2026 of klik op die skakel hieronder.

Kaartjieverkope open op 1 April 2026 en die kompetisie sluit op 30 April 2026.

Lees meer oor die Sako 100.

Kalahari-jag Kompetisie 2026

Die Kalahari-jagkompetisie weer vol aan die gang. Kaartjie verkope vorder besonder flink.

SA Jagters se raad het dit goed gedink om weer takke die geleentheid te gee om kaartjies vir hierdie gesogte kompetisie te verkoop en daaruit voordeel te trek.

Vir elke kaartjie wat ʼn tak verkoop, sal R25.00 (Vyf en Twintig Rand) in die tak se rekening betaal word. Dit is dus ʼn moeitevrye geleentheid vir takke om geld in te samel.

Elke tak het ʼn unieke QR-kode, ons versoek lede om met u tak in verbinding te tree vir die spesifieke QR-kode.

HuntEx 2026

HuntEx2026 is om die draai! Die skou vind vanjaar van 24 tot 27 April 2026 by die Gallagher-uitstalsentrum in Midrand plaas. Die SA Jagters-winkel is weer in Saal 5 waar ons vanjaar ʼn beter en groter uitstalling beplan.

Ons bied spesiale aanbiedinge op vuurwapens, ammunisie, kruit en jag- en skiettoebehore. Vanjaar sal ons ook ʼn verskeidenheid tweedehandse vuurwapens te koop aanbied. Moet dit nie misloop nie – Saal 5, stalletjie 511.

Behalwe vir winskope kan besoekers deelneem aan ʼn gelukkige trekking om een van vier SA Jagters-winkelgeskenkbewyse ter waarde van R2500 te wen met aankope van R2000 of meer.

Kom maak ʼn draai! Lede kry 10% afslag (bepalings en voorwaardes geld).

Inligtingsdag oor gedeelde belange tussen boere en jagters

Boere en jagters se gedeelde belange ten opsigte van vuurwapeneienaarskap, skietvaardighede, bewaring en jag, was onlangs onder die loep by ʼn gesamentlike inligtingsdag naby Grootvlei. Drie takke van SA Jagters (Duiker-, Heidelberg- en Suikerbosrand) en drie boereverenigings (Bloekomspruit-, Suikerbos- en Grootvlei) het die inligtingsdag op 18 Maart aangebied. SA Jagters se uitvoerende hoof, Basie Bergh, het gaste ingelig oor die nuutste verwikkelinge in vuurwapenwetgewing. Die adjunkpresident van die vereniging, Glen Matthews, het gesels oor skietsake en die dienste wat die vuurwapenlisensiehulplyn lewer. Lizanne Nel, bewaringsbestuurder, het ʼn aanbieding gedoen oor jagverwante sake en bewaring. Lewendige gesprekke het om die braaivleisvure gevolg en almal was dit eens dat daar beslis voortgebou moet word op groter skakeling tussen boerevereniging en SA Jagters se takke om gedeelde belange te bevorder.

SA Jagters President-mesreeks

SA Jagters het ‘n beperkte voorraad van die Presidente-reeks-messe wat volgens die voorkeur van voormalige presidente van die vereniging gemaak is. Die hewwe is vervaardig uit ivoor of kameeldoringhout. Die messe in hierdie reeks is besondere versamelaars-en gebruiksitems wat getuig van die beste vakmanskap. Voorraad sluit in messe gemaak volgens die voorskrifte van  André van Dyk, Kassie Kasselman, dr. Gerhard Verdoorn, prof. Pottie Potgieter en Peet van Zyl. Doen navraag oor prys en beskikbaarheid by Dorothy Els.

Tydskrifte digitaal

Die aflewering van die gedrukte weergawe van ons tydskrifte, SA Jagter/Hunter en Man Magnum, via die Poskantoor het heeltemal in duie gestort.

SA Jagters het in Julie 2025 ’n meningspeiling in die tydskrifte gedoen om te bepaal of lesers bereid sal wees om die tydskrif digitaal te lees. Dit was verblydend dat meer lede as wat verwag is aan die meningspeiling deelgeneem het waarvan 75% aangedui het dat hulle te vinde is vir die tydskrif in digitale formaat.

Vir alternatiewe opsies wat in werking gestel kan word, kontak vir Michel by ons kantore.

Hier is ’n geleentheid vir ’n dinamiese, kreatiewe en gedrewe inhoudskepper en sosialemediabestuurder om by die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging in Pretoria aan te sluit. Die rol fokus op die bestuur van sosialemediaplatforms, die skep van boeiende inhoud en die bevordering van die SA Jagters-handelsmerk met behulp van strategiese, data-gedrewe digitale bemarking.

Tenders toegeken vir 2026 nasionale skietkampioenskappe

Die name van die takke wat die nasionale skietkampioenskappe in 2026 sal aanbied, is pas bekendgemaak. Daar is nege byeenkomste wat op 14 August begin en op 24 Oktober afsluit. Die skietkomitee het groot waardering uitgespreek vir takke en ander belanghebbendes se geesdrif om as gashere vir hierdie byeenkomste op te tree.

Bek-en-Klouseer

Die voortgesette teenwoordigheid van bek-en-klouseer in Suid-Afrika raak ook die jagbedryf met spesifieke maatreëls wat jagters moet nakom om verspreiding te voorkom. Hierdie artikel gee ʼn kort uiteensetting van die nodige permitte in provinsies wat deur BKS geraak word, vervoerbeperkings van vleis, velle en horings en die standaard vervoerpermitte wat van toepassing is op wildevarkvleisprodukte. Die artikel sluit ook skakels in na amptelike dokumente vir meer inligting.

Jagpakkette 2026

SA Jagters stel bekend geakkrediteerde jagpakkette deur lede en vir lede onder toesig van die Vereniging. Bedrog kom algemeen voor, selfs met die aanbied van jagpakkette. Talle voornemende jagters het reeds hierdie jagseisoen onder slenters deurgeloop. Juis daarom het SA Jagters die SA Jagters Geakkrediteerde Jagbestemmingsprojek geloods om beide die belange van die jagter en eienaars van jagbestemmings te beskerm.

SAJWV steun CITES se kwotas vir die uitvoer van jagtrofeë

SA Jagters het kommentaar gelewer op CITES se aankondiging in Februarie 2026 op die uitvoerkwotas vir 300 olifanttande van 150 olifante, 12 swartrenoster jen 11 luiperd jagtrofeë vir 2026 en 2027. Die openbare kennisgewing het nie besonderhede verskaf oor hoe die kwotas bepaal is nie. Derhalwe het SA Jagters beskikbare data, wetenskaplike publikasies en inligting van die CITES-prosesse oor die drie spesies bestudeer, en tot die gevolgtrekking gekom dat ons dit kan ondersteun. Die volledige verslag is beskikbaar hier.

Regulasies oor welstand van diere voortydig

SA Jagters beskou die proses vir die opstel van regulasies oor dierewelsyn as deel van NEMBA as voortydig en sinneloos, aangesien die Grondwethof steeds nie ʼn finale uitspraak oor die meriete van die regsaksie gelewer het nie.  SA Jagters het nietemin die geleentheid benut om insette hieroor aan die owerhede te stuur. Lees meer hier.

Norme en Standaarde word ontwikkel vir private grond wat bydra tot bewaring

Grondeienaars wat hul grond bestuur sodat dit ‘n  bydra tot langtermyn-bewaring maak, kan dit registreer as Ander Effektiewe Areagebaseerde Bewaringsmaatreëls (OECM’s). Hierdie geografies afgebakende gebiede hoef nie formeel as beskermde reservate verklaar te word nie. SA Jagters het in dié verband insette aan DFFE gelewer. Die doel van hierdie norme en standaarde is om die bewaringspogings van gemeenskappe en private grondeienaars te erken. Verskeie grondtipes, waaronder weivelde en wildplase, kan kwalifiseer. Lees meer.

Takke en Bewaring

Lees meer oor Bosbok- en Tafelberg-tak en Bewaring.

Amateur Photography Competition

Photo of the year : Pierre van der Berg

Die 2026-fotografiekompetisie is tans aan die gang en verloop glad. Rig enige navrae aan  info@sahunt.co.za 

Fotograaf van die Jaar vir 2025 is Pierre van der Berg van ons Pretoria-Oos tak.

Fotografieklub op Facebook

SA Jagters het ʼn amateurfotografieklub op Facebook wat oop is vir enigeen wat ons bedrywighede en aktiwiteite ondersteun. Die doel van die klub is om natuur- en wildlewefotografie te bevorder en ʼn ruimte te bied om foto’s te deel. Let wel, hierdie is nie die plek om jagfoto’s te deel nie. Alle foto’s is onderhewig aan goedkeuring deur die administrateur van die blad.

Elke twee maande kondig ons ’n nuwe fotografie-uitdaging met ’n spesifieke tema aan wat lede die geleentheid gee om hul kreatiwiteit en fotografievaardighede ten toon te stel. Deelnemers mag ’n slimfoon, DSLR- of spieëllose kamera gebruik.  Die beste foto’s word na die sluitingstyd gekies en die wenner ontvang ʼn boekprys.

Jonsson Workwear-aanbod

Jonsson Workwear bied 10%-afslag op alle produkte aan lede van SA Jagters.

Lede kan ook versoek dat SA Jagters se 75-jaar logo op enige klerasie aangebring word. Dit kos dieselfde as borduurwerk, m.a.w. R40 per logo per item. Hierdie aanbod is slegs van toepassing in Jonsson-winkels.

  • Hierdie aanbod is slegs van toepassing vir persoonlike gebruik. ʼn Onderneming se besonderhede mag nie op die faktuur verskyn nie, slegs dié van SA Jagters. Die rekeningnommer vir hierdie aanbod is: SAHU004
  • Lede mag nie hulle ledekaart vir vriende of familie leen om van hierdie aanbod gebruik te maak nie. Bewys van lidmaatskap en ID moet met elk aankoop getoon word.
  • Lede kan hulle ledekaartjies op die SA Jagter App kry.

Foton SA

In die wild is oorlewing instink.
Presisie tel. Krag tel.
Joe weet dit.
Joe het nie toerusting nodig nie.
Hy het nie toestemming nodig nie.
Slegs die wildernis…
en sy Foton Tunland G7; ontwerp vir die onvoorspelbare, gebou vir die onverbiddelike.
Gebou vir dié wat nie die pad volg nie… hulle maak die pad. #Fotonsa #Tunland #TunlandG7t.
www.fotonsa.co.za 
#FotonSA #Tunland #TunlandG7

Laai die SA Jagters App af
Laai die SA Jagters App af

Magnum Safes bied 5% aflag vir lede

Magnum Safes bied 5%-afslag op kluisaankope aan lede van SA Jagters

Magnum Safes is die voorkeurverskaffer van kluise aan SA Jagters gedurende HuntEx en Nampo.

Bel Antoinette Rudolph van Magnum Safes by 012-391-7380.

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

ASI bied 10% afslag aan lede

Snakes & Snakebite in Southern Africa (2024-uitgawe) is nou beskikbaar @ R240, SA Jagterslede kry 10% afslag

Gebruik die koeponkode by die betaalpunt: SAHuntersSASB2024

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Kommersiële aanbiedings vir lede

Hierdie spesiale aanbiedinge word jaarliks ​​in Julie hersien om te verseker dat ons kwaliteit produkte en dienste aan ons lede bied. Ons nuwe webwerf maak voorsiening vir beter blootstelling, wat groot geleenthede bied vir bykomende bemarking. Die kommersiële voordele sal vanaf September 2023 weekliks op ons sosiale media-bladsye geplaas word.

Individue wat belangstel om hul produkte aan lede aan te bied, kan ons kontak met ‘n voorstel.

Ons verwelkom ook verwysings na besighede wat SA Jagters ondersteun.

Ons verwelkom ook lede om vir ons terugvoer/resensies te gee oor die produkte wat aangebied word.

Kontak Marette Bennett

sel: 082 553 4719 of e-pos: marette@sahunt.co.za

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Craftbraai bied lede 10%-afslag

The Craft Braai Bag™ or Craft Braai Sakkie™ is about to change the way you braai.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: SAJV2023

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

StediLens bied lede 10%-afslag

A super simple and effective way to stabilize
your heavy telephoto lens or camera. Track any action with gimbal-like movement.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Peter’s Guide Books bied lede 10%-afslag

  • Detailed maps and GPS co-ordinates of all points of interest.
  • English, Afrikaans, German and Latin names of trees, animals and birds.
  • Meaning of place names.
  • Instant identification of trees, geological formations and historical connections.
  • Interesting facts and photos of animals and common birds.

Gebruik die afslagkode by die betaalpunt: sahunt

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

A Line Tours Pty Ltd bied lede 10%-afslag

A Line Tours word deur die eienaar bestuur en ‘n gekwalifiseerde toergids en natuurgids.

Kontak:

Francois Annandale by 071 932 6125

vir ‘n kwotasie

(Francois is lid van die Pretoria-Oos-tak)

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Tyremart Hatfield bied lede 'n ekstra 3%-afslag

Addisionele 3% korting na gewone afslag, alleenlik by Hatfield

Gratis stikstof in bande en gratis wielsporingtoets

Om ‘n afspraak te maak, kontak:

Johan by 082 564 8222

of Lourens by 072 591 0926

Gaan na die volledige lys van kommersiële sake hier

Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle vir die maandelikse nuusbrief

error: Content is protected !!