SA Jagters ondersteun die Giraffe Conservation Foundation se nasionale kameelperd-opname oor kameelperdbevolkings in die land. Ons vra lede om die vraelyste te voltooi. Meer inligting is hier beskikbaar.
Die departement bosbou, vissery en die omgewing het die NEMBA wysigingswetsontwerp vir kommentaar gepubliseer. Ons vestig lede se aandag op die definisies vir animal wellbeing en humane practices wat in hierdie konsepwesontwerp ingesluit is. Lees hier meer oor die wysigings en hoe u kommentaar op die konsepwet te lewer.
Bye is belangrik vir die planeet en elke persoon kan ’n bydrae maak tot hul oorlewing. Lees meer hier oor hul voordele en hoe jy kan help.
Die Tuinroete-tak van SA Jagters het met die hulp van die George Seunverkenners ‘n mini SASS-opname van die Malgasrivier gedoen om die gesondheid van die rivier te beoordeel. Ander takke kan betrokke raak by soortgelyke aktiwiteite in hul streke.
Lees meer hier oor die Water vir Lewe Initiatief.