SA Jagters het kommentaar ingedien op die Konsep Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteitswet 2024, wat Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO) op 24 Mei 2024 in die Staatskoerant gepubliseer het. Die Vereniging is veral bekommerd dat die DBVO die meeste van die kernaspekte uitgelaat het om dit eers later in regulasies, lyste, kennisgewings en norme en standaarde te hanteer. Die inherente beperkings in die DBVO se openbare deelnameprosesse is kommerwekkend.
Lees SA Jagters se kommentaar hier
Die bewaringsbestuurder, Lizanne Nel, het deelgeneem aan ‘n werksessie oor die Konsep Wit- en Swartrenoster Biodiversiteitsbestuursplan. Sy het die belangrike rol beklemtoon wat die private sektor speel in die bewaring van renosters in Suid-Afrika. Sy het ook haar kommer uitgespreek dat die bestuursplan nie hierdie aspek voldoende uitlig en op sy suksesse bou terwyl dit die uitdagings aanspreek nie. Daar is meganismes nodig om renostereienaars te motiveer wat vrylopende bevolkings in hul natuurlike habitat bewaar en die meeste bydra tot die spesie se langtermyn oorlewing en bewaringstatus. Private renostereienaars put geen waarde uit die aanhou van renosters nie, insluitend hul kommersiële waarde. Dit belemmer hul vermoë om sake- en bewaringsbedrywighede te finansier. Verwysings na jag in die besonder is uitgelaat.
Lees die konsep vir Wit- en Swartrenoster Biodiversiteitsbestuursplan hier
Slange speel ‘n belangrike rol in die ekologie. Hulle beheer knaagdierpopulasies en is ‘n waardevolle voedselbron vir roofdiere. Slange kan vir maande sonder kos oorleef, maar kan hul voedselinname tot 20 keer verhoog tydens ʼn oorbevolking van knaagdiere. ‘n Groot slang kan maklik ‘n hele knaagdierfamilie in hul nes in een voedingsessie verslind. Lees meer hier.
The oceans around South Africa’s coast are home to 98 shark species. Most of them are harmless and rarely seen. Only a few species have been implicated in bites on humans. Sharks are apex or top predators that play a vital role in maintaining marine biodiversity. By catching or incidental capture in fishing nets poses the biggest threat to sharks, dolphins, and turtles. Read more here.