West Rand
Chairman / Voorsitter:
André Botha (083 463 3620)
e-mail / e-pos
Website / Webwerf
Bestuur
Ondervoorsitter en Tesourier | Ben Abeln | 083-231-1409 | sahgcwestrand@gmail.com |
Sekretaris | Riaan Oberholzer | 082 419 1909 | sahgcwestrand@gmail.com |
Sekretaris | Chris Fourie | 082 881 5544 | sahgcwestrand@gmail.com |
Jagsake en Bewaring | Cassie Carstens | 083-453-3312 | sahgcwestrand@gmail.com |
Opleidingskoördineerder | Henco J van Rensburg | 083 255 5603 | sahgcwestrand@gmail.com |
Skietkoördineerder | Johan Geldenhuys | 82-377-8729 | sahgcwestrand@gmail.com |
Haelgeweergroep | Sampie Swiegers | 083-302-7123 | sahgcwestrand@gmail.com |
Logistiek en Trofeekoördinering | Theuns Botha | 082-491-1686 | sahgcwestrand@gmail.com |
Kommunikasiebeampte | Leon Jansen | 083 634 8224 | leonjansen101@gmail.com |
Algemene nuus/General news
Ons aktiwiteite is nou weer wel op dreef na die COVID-19 pandemie.
Ons is dankbaar vir die geleidelike toename van ons lede terug na ons aktiwiteite.
Na die pandemie is dit vir ons as bestuur ‘n groot voorreg om weer ons lede van aangesig tot aangesig te sien.
Our activities are in full swing since the COVID-19 pandemic has been lifted.
The SAHGCA – Wesrand committee is thankful to again have the ability to interact with our members face to face.
Opleiding
Daar is nou ‘n opsie om die Toegewyde Sportskutkursus aanlyn te voltooi deur gebruik te maak van die lede administrasiestelsel op die webwerf.
Wesrand- en Tembo-tak het op 3 September gesamentlik die toegewyde jagterskursus aangebied. Alhoewel belangstelling in die kursus in die afgelope twee jaar afgeneem het, het ons hierdie keer 10 kursusgangers gehad. Die lede het lekker gesels en ons het soos gewoonlik almal saam iets nuuts geleer en ons kennis verbreed. Die praktiese skiettoetse is ook afgehandel en 7 skuts het die toegewyde jagter 3-skoot toets geslaag; en 3 skuts slaag die 9-skoot bekwame jagterstoets. Na ‘n week se selfstudie kon die lede toe hand op papier sit en almal slaag ook die eksamen. Welkom aan die 10 lede met toegewyde jagterstatus.
Vir ons sport skuts en toegewyde jagters sê ons dankie. Vir eers kan ons rus en begin met die bewyse van toegewydheid vanaf Januarie 2023.
Aktiwiteite
Ons maandelikse ledevergaderings vind weer plaas op die laaste Dinsdag van elke maand.
Bemarking
Ons werk steeds aan die tak se identiteit en doen ‘n beroep op lede om hul takhemde na ons aktiwiteite te dra.
Ons neem deurgaans bestellings vir die nuwe takhemde wat slegs na betaling bestel word aangesien elke hemp
volgens jou spesifieke naam en grote bestel word.
Die hemde kos R350 elk en sluit die borduurwerk van beide jou naam en Wesrand se wapen in.
Program 2022
3 Des: Skietdag by Danielsrus