• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Jagterskode

‘n Verantwoordelikheidsverklaring gefundeer op respek vir lewe en vir die natuur

As SAJWV-lede verklaar ons;
Dat alle diere voelende wesens is, en dat ons daarom in die hoogste vorm van menslikheid in die neem van lewe, en uit respek vir die wild wat ons jag,  te alle tye ’n eenskoot-doodskoot nastreef, terwyl ons die verantwoordbare benutting van gejagde wild verseker.

Nadat wild positief en as wettig jagbaar geïdentifiseer is, neem SAJWV-lede ’n skoot as hulle seker is dat:

  • dit veilig is om dit te doen;
  • die wild wat gejag word binne die jagter se persoonlike skootafstandsvermoë is;
  • die vuurwapen en patroonkombinasie geskik is vir die spesie en grootte van die wild;
  • die vuurwapen en patroonkombinasie geskik is om oor die gegewe afstand
  • eenskoot-doodskoot te waarborg, en;
  • gejagde wild gespoor en herwin kan word.

As SAJWV-lede verklaar ons verder dat:

  • ons respek het vir lewe;
  • ons met selfbeheersing jag;
  • ons doodmaak terwille van doodmaak in die sterkste moontlike terme veroordeel;
  • ons die nie-benutting van gejagde wild in die sterkste moontlike terme veroordeel;
  • ons gewonde wild spoor en daarna streef om sodanige te herwin;
  • ons openbare vertoon van gejagde wild vermy;
  • ons die toeken van enige kompetisieprys vir die doodmaak van wilde diere veroordeel;
  • ons foto’s van jagte vir ons privaatversamelings hou, en daardie publiseer wat respek teenoor die gejagde wild openbaar, en;
  • ons foto’s van bloedbesmeerde wild, of van hope gejagde wild en of jagvoëls veroordeel.

Tydens die jag tree SAJWV-lede binne  die volgende beginselriglyne op

Veiligheid bo alles
Geen gejagde wild kan ooit vergoed vir ’n vriend wat beseer, vermink, of gedood is nie.

  • Ons skiet nie na wild wat ons nie duidelik kan sien en positief kan identifiseer nie.
  • Ons gebruik geen alkohol of narkotiese gewoontevormende middel voor of gedurende ‘n jag nie.
  • Ons beskou dit as ons plig om dadelik, op vriendelik-positiewe wyse enige oortreding van vuurwapen-veiligheid deur enige persoon in ons jaggeselskap te korrigeer.
  • Ons oefen konstant ons skiettegnieke en ontwikkel ons skietkuns om sodoende ons jagwapens so te ken dat ons uitvoering kan gee aan ons standpunt oor respek vir lewe en ’n eenskoot-doodskoot.

Kennis van jagspesies en die Wet
As SAJWV-lede streef ons daarna om soveel as moontlik, en nog meer, te leer oor die spesies wat ons jag;

  • ons identifiseer die wild wat ons jag positief vir spesie en vir geslag voor ons ’n skoot neem, en;
  • ons tree in alle opsigte binne die voorskrifte van die Wet en van jagproklamasies en jagregulasies op.

Respek vir grondeienaars se regte
SAJWV-lede respekteer die grond en eiendom van die grondeienaar waar ons jag;

  • Ons maak seker watter spesies en geslagte mag en / of mag nie gejag word nie, voor die aanvang van die jag;
  • Ons maak hekke toe en voorkom veldbrande;
  • Ons glo in die eienaar se reg tot ’n regverdige prys vir sy jagbare spesies en in welwillend-heid teenoor die gasheer en gids se deel in die gejagde wild indien hulle dit so sou wou hê;
  • Ons veroordeel die omkoop van gidse in gevalle van misskote of waar gejagde wild nie opgespoor kan word nie.

Wreedheid teenoor diere
SAJWV-lede veroordeel enige vorm van wreedheid wat teenoor diere gepleeg word, hetsy wild of gedomestiseer.

Verantwoordelikheid ten opsigte van rommelstrooi
Weens jagters se respek vir die natuur veroordeel ons enige vorm van rommelstrooi – ons verwyder altyd ons eie rommel en ook die van andere.
 
Bewaringsetiek
Omdat jag nie geskei kan word van die natuur nie, is alle ware jagters ook ware bewaarders. SAJWV onderskryf volhoubare benutting as die hoeksteen van effektiewe en verantwoordbare bewaring;

  • SAJWV onderskryf die beginsels soos vervat in die IUCN se “Wêreld Bewaringstrategie” (1980) en alle opvolgende aanpassings aan daardie kode;
  • SAJWV ondersteun die ontwikkeling van landelike gemeenskappe in die beginsel van volhoubare benutting van hernubare natuurlike hulpbronne in die algemeen en van wildspesies in die besonder.

Ons sit altyd iets terug
SAJWV-lede sit altyd iets in die Jag terug en gaan uit hulle pad om toetreejagters van hulp te wees.

  • Ons ondersteun die gesamentlike poging van die internasionale jagtersbroederskap om die Jag as drywer vir die bewaring van alle wildspesies te bevorder.
As SAJWV-lede koester ons die gees van welwillendheid wat onder alle jagters bestaan en aanvaar daarom, soos miljoene mede jagters reg deur die wêreld, alle verantwoordelikhede wat deur die Jag geïmpliseer word.

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!