• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Jagtersgilde

Na gesprekvoering het die UK op 21 Junie 2012 goedgekeur dat die voormalige toekenning van Meesterjagter op die volgende wyse gewysig sal word en dat daar reeds vanjaar uitvoering gegee sal word aan ’n proses om verdienstelike lede van die Vereniging vir die status van lid van die SAJWV se Jagtersgilde te nomineer (sien notule van NTVF-vergadering van 25 Februarie 2012 aangaande Meesterjagterstatus).



Die aard van die status asook die wyse waarop nominasie en die keuringsproses sal funksioneer volg hieronder.

Takvoorsitters word vriendelik versoek om asseblief met die proses behulpsaam te wees indien dit so is dat van hulle taklede persone tot hierdie status sou wou nomineer.

Dit is belangrik om aan te dui dat die nominasieproses vertroulik sal geskied en dat dit absoluut verkieslik is dat genomineerdes nie bewus gemaak word van die feit dat hulle genomineer is nie.


DIE SAJWV JAGTERSGILDE

Hierdie is ’n status wat op die hoogste vlak deur die UK in erkenning van ’n lid se uitstaande aansien as ’n uitmuntende jagter en ook as ’n uitsonderlike en onbesproke statusdraer binne die Vereniging en in jagtersgeledere in die algemeen, aan ‘n opbetaalde lid toegeken kan word (dus ’n diepspoortrapper). Sodanige nominasie geskied sonder die genomineerde se medewete.

Enige opbetaalde lid kan deur enige drie (3) opbetaalde lede vir hierdie status genomineer word. Sodanige nominasie moet deur die betrokke lid se takvoorsitter gesekondeer word.

Nominante aan wie die status toegeken word, is tipies persone wat deur hulle gedrag en ervaring as jagters, asook deur hulle jagterskennis en jagkundigheid simbole is van die uitleef van die dieper waardes verbonde aan Die Jag. Nominante is ook tipies persone wat deur andere gesien en ervaar word as uitstaande leiers en onbesproke jagmentors na wie mede jagters opsien sonder enige vrees vir teëspraak of verskil van mening dat die nominant as ’n uitstaande meningsvormer in die jagbedryf gesien en ervaar word.

’n Nominant is verder ook tipies daardie jagter wat ’n dier se lewe kan spaar wanneer die snellervinger alreeds styf om die sneller gekrul is. Wat kan nee sê vir die knal van sy geweer ten einde die jagspesie ’n kans te gun om kwaliteit gene oor te dra. ’n Jagter wat se uitsoektrofeedier tipies die oud en verdienstelike dier is, en wat eerder die hoëwaarde vleiskwaliteit van ’n dier soek as om gewoon die grootste dier te jag omdat dit dalk sy/haar ego mag bevredig (dit sluit egter nie persone wat slegs op trafeejag konsentreer van nominasie uit nie).

Die genomineerde persoon se bewaringsbetrokkenheid sal ook uitstaan as een van sy voorslag kenmerke.

Motiverings vir die nominasies van kandidate om vir hierdie status oorweeg te word is oop vir nomineerders om daarvan te maak soos hulle sou goed dink (Titel, Voorletters, Van, ID-nommer, taknaam, SAJWV-lidnommer van nomieerders en van genomineerde moet asb in aanhef van motivering vermeld word). Alhoewel daar verwag word dat motiverings waarskynlik tipies die meerderheid van die volgende aspekte sal beskryf, sal motiverings waarskynlik nie noodwendig slegs die onderstaande aspekte ten opsigte van die genomineerde beskryf nie:

Aantal jare reeds lid van die Vereniging en betrokkeheid in Vereniging se aktiwiteite op tak, streeks en nasionale vlak (dui op deelname en is nie bepalend nie – nominant hoef ook nie noodwendig op bestuursliggame te dien of gedien het nie);

  • Kennis van, en vaardigheid ten opsigte van die totaliteit van Die Jag (spesialis-terreine in die jag waarin die kandidaat uitblink en met kundigheid kennisoordrag kan onderneem);
  • Omvang van jagervaring in verskillende habitatte, ten opsigte van verskillende spesies en jagmetodes, met verwysing na verantwoordbaarheid in die jagveld;
  • Jagopleidingservaring en onbaatsugtige oordrag en deel van jagterskennis met toetreejagters en met ervare jagters insgelyks;
  • Betrokkenheid by die jagbedryf op verskillende vlakke en terreine;
  • Toepaslike jagtersprestasies en/of jag- of bewaringstoekennings reeds ontvang;
  • Lidmaatskap van ander jagtersgroeperinge en/of –instansies asook lidmaatskap van bewaringsinstansies en toekennings daarvoor ontvang, en;
  • Persoonlike aansien binne jagtersgeledere waarin s/hy daagliks beweeg en die wyse waarop s/hy haarself/homself as waardige jagtersmentor dra.


NOMINASIE

’n Getikte en feite-gefundeerde motivering wat waarskynlik die meerderheid van die voorgemelde voorgestelde eienskappe van die nominant beskryf en dit feitelik met voorbeelde illustreer, en deur die takvoorsitter van die nominant aanbeveel is, moet die Bestuurder Jag & Bewaring nie later as 12:00 op die 1ste dag van September bereik nie (geen ander formaat as elektroniese motiverings sal aanvaar word nie) [ rhino@sahunt.co.za]).

Sodanige motivering sal waarskynlik nie korter as 4, A4 bladsye wees nie.


EVALUERING

Nominasies sal na die Evalueringspaneel vir toelating tot die SAJWV se Jagtersgilde verwys word.

Die Evalueringspaneel sal bestaan uit die President, die Adjunk-President, Die VP-Jagsake, plus 2 Erfenisraadslede wat drie-jaarliks deur die Erfenisraad vir hierdie doel genomineer sal word. Die Bestuurder Takontwikkeling, die Bestuurder Opleiding en die Bestuurder Jag & Bewaring dien ex officio op die paneel.

Die drie (3) nomineerders van elk van die kandidate sal een van hulle geledere afvaardig om die motivering vir hulle nominant voor die Evalueringspaneel voor te dra en hulle standpunte in debat van 20 minute te bevestig.

Paneeldebatte sal gedurende September en die eerste helfte van Oktober jaarliks te Inyathipark plaasvind (onderhoude sal ook gereël word om die situasie te pas). Die name van die kandidate wat vir toekenning van hierdie gesogte status kwalifiseer, sal tydens die Oktobervergadering van die UK dien vir bekragtiging.

Weens die status aan die toekenning verbonde is die besluit van die Vereniging se Evalueringspaneel vir toelating tot die SAJWV se Jagtersgilde finaal en sal geen korrespondensie met nomineerders oor die nie-toeken van die status deur die Evalueringspaneel aan hulle kandidaat, geskied nie. Daar bestaan ook geen roete van appèl om die besluit van die Evalueringspaneel vir toelating tot die SAJWV se Jagtersgilde te betwis nie. Nomineerders mag onsuksevolle kandidate weer die daaropvolgende jaar nomineer vir toelating tot die gilde.


SERTIFISERING

Persone wat tot die uitsoekstatus van lid van die SAJWV se Jagtersgilde toegelaat word, sal ’n paslik-ontwerpte geraamde oorkonde ontvang, sowel as ’n gratis paslik-ontwerpte sakwapen vir hulle groen verenigingsbaadjies en ’n goue aansteekmedalje wat hulle op die lapel van hulle groen verenigingsbaadjies mag vertoon.

Ontvangers sal saam met hulle metgeselle kosteloos na die betrokke jaarlikse toekenningsaand genooi word, waartydens die toekenning van hierdie uitsonderlike status aan die ontvangers daarvan oorhandig sal word.

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!