• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Shooting range activities

Inleiding

Die skep van geleenthede vir lede om hul skietvaardighede te ontwikkel en te verbeter, is waarskynlik dié belangrikste praktiese aktiwiteit wat die SA Jagters aan sy lede bied om hulle toe te rus om hul vuurwapens met die nodige kundigheid en vertroue, veilig te kan gebruik op die skietbaan en wanneer hulle jag.

Die doel van die SAJWV skietoefeninge 

Die doel met die skietoefeninge van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) vir jagters is die skiet van ’n “een skoot, doodskoot” in die jagveld! ’n Verantwoordelike jagter moet sy beperkinge ken in terme van sy skietvaardighede in die jagveld en hierdie kennis en ervaring word net opgedoen deur gereeld te oefen en verantwoordelike optrede (toepassing van gesonde oordeel) in die jagveld.

Die skietoefeninge van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging is ontwikkel om verskillende jagomstandighede op verskillende spesies met verskillende jagwapens so prakties moontlik op ’n skietbaan na te boots. Die skietoefeninge poog om die volgende kennis en vaardighede aan jagters oor te dra:

  • Veilige wapenhantering – pas dit wat jy gedurende die skietoefeninge leer in
  • terme van veilige wapenhantering ook toe in die jagveld om ’n veilige jagter te wees;
  • korrekte skootplasing – die reeks van teikens ontwikkel vir die skietoefeninge stel die vitale organe vir korrekte skootplasing op die verskillende spesies so realisties moontlik voor en die skut kan dit oefen;
  • gebruik van hulpmiddels soos bv. skietstokke vir ’n meer akkuarate skoot;
  • Die vermoë om uit ’n verskeidenheid van posisies soos bv. lê, en staan, met vertroue te kan skiet;
  • minimum kalibers op sekere spesies en vir sekere skietoefeninge soos bv. die gebruik van 6.5 mm kaliber as minimum op die Bosveldskietoefening (Blouwildebees/ Sebra) onder bosveldomstandighede en die 9,3 x 62 mm Mauser as minimum op die Grootkaliber skietoefening (Buffel);
  • met deurlopende skietoefening en die gebruik van die verskillende posisies op die skietbaan, ontwikkel die jagter sy skietvernuf tot op die punt waar die besluit om te skiet of nie te skiet nie, op ’n prooi in die jagveld – maklik word. Hy/sy ontwikkel ’n uiters belangrike gevoel vir sy/haar beperkinge in terme van skietvernuf.

Skietaktiwiteite op takvlak

Die skietdae op takvlak is die basis van die SAJWV se skietaktiwiteite. Hier neem lede deel aan standaard skietoefeninge van die Vereniging en kan lede, gebaseer op hul resultate, kwalifiseer vir skietbalkies (goud, silwer en brons) vir elke skietoefening. Lede neem op takvlak deel om as jagters hul jagskietvaardighede te verbeter. Hierdie is ook die geleentheid vir belangstellende lede om hul skietvaardigheid en toerusting vir verdere kompetisiedeelname op streek- en nasionale vlak voor te berei. Baie lede neem ook bloot op takvlak deel omdat hulle dit geniet om te skiet en met vriende ’n gemeenskaplike belangstelling deel. Daar neem ongeveer 3 500 skuts maandeliks landwyd deel aan takskietdae by die 73 takke in 15 streke – ongeveer 600 skietdae per jaar in totaal. Ongeveer R9 miljoen se ammunisie word jaarliks by die geleenthede verbruik – dit sluit nie die jagammunisie in wat jaarliks deur jagters verbruik word nie.

Gaan na Skietoefeninge vir meer detail van die skietoefeninge en na Takke vir individuele takke se program van skietdae en ander aktiwiteite.
 
Skietaktiwiteite op streekvlak

Op streekvlak word daar jaarliks vanaf Januarie tot einde Junie in elke streek Presidentskietkompetisies vir individue en Intertak spankompetisies (vyf man/dame spanne wat hul tak verteenwoordig) aangebied, waaraan enige lid van die SAJWV kan deelneem. Die Vlakte- en Bosveldskietoefeninge word vir die twee skietkompetisies gebruik. Te oordeel aan die geweldige groei in deelname neem die gewildheid van die skietkompetisies jaarliks met rasse skrede toe. Streek Intertak Spanskietkompetisies – gedurende 2013 het 281 spanne (1405 skuts) deelgeneem aan die kompetisies in vergelyking met die 211 spanne (1055 skuts) van 2012. Dit verteenwoordig ‘n toename in deelname van 33%! Streek Presidentskietkompetisies – gedurende 2013 het 1598 skuts deelgeneem aan die kompetisies in vergelyking met die 1287 skuts van 2012. Dit verteenwoordig ‘n toename in deelname van 24%!

Streekskietkompetisies is vanaf 2012 verder uitgebrei met die nuwe Intertak UITDAAG spanskietkompetisie. Die UITDAAG spanskietkompetisie met vyf skuts per span bestaan uit die Vlakvark en Rooibok skietoefeninge, en word net op streekvlak aangebied. Uitdaag skietkompetisies is nie bedoel vir topskuts nie, en hulle word daarvan uitgesluit. Die doel met die nuwe UITDAAG-reeks is om deelname te bevorder, deur skietkompetisies oor korter afstande te skep vir skuts wie se toerusting of vermoë hulle weerhou om op nasionale vlak mee te ding, en wie dit tog geniet om in spanverband op streekvlak deel te neem. Gedurende 2013 het 52 spanne (260 skuts) deelgeneem aan die kompetisies in vergelyking met die 17 spanne (85 skuts) van 2012. Dit verteenwoordig ‘n toename in deelname van 206%!

Skietaktiwiteite op nasionale vlak

Op nasionale vlak is daar tans drie groot kompetisies waarvan die eerste die Mees Veelsydige Skut skietkompetisie is, wat jaarliks in Februarie plaasvind en oop is vir deelname deur enige SAJWV lid. Hierdie kompetisie word oor sewe verskillende skietoefeninge beslis wat haelgeweer, jaggeweer, grootkaliber, 22 Randslag geweer en jaghandwapen insluit, en is gemik op skuts wat met ‘n verskeidenheid van vuurwapens kan deelneem. Hierdie kompetisie se reëls word elke jaar hersien en gepubliseer voor die kompetisie.

Tweedens word die nasionale Presidentskietkompetisie vir individue in September aangebied, met die doel om die Kampioenskut van die Vereniging te bepaal. Gebasseer op streekresultate word die Top 20 skuts van die vorige jaar se nasionale kompetisie, die Top 100 skuts, die Top 10 damesskuts en Top 10 seniorskuts (vyf en sestig jaar en ouer) en die Top 10 onder 18 jaar juniors van die huidige jaar, uitgenooi na hierdie prestige kompetisie.

Derdens word die nasionale Intertak spanskietkompetisie jaarliks in Augustus aangebied en word die Top 30 spanne, gebaseer op die huidige jaar se streekresultate, uitgenooi om deel te neem, met die doel om die Kampioenspan van die Vereniging te bepaal.

Sedert 2011 is daar ook ’n reeks skietkompetisies vir juniors geskep met uitdunne op streekvlak en uitnodiging om deelname aan die nasionale skietkompetisies. Die top vyftien juniors onder dertien jaar, wat kompeteer in die Luggeweer (veertipe luggewere) skietkompetisie en die top vyftien juniors onder agtien jaar, wat kompeteer in die 22 Randslag skietkompetisie (druklug luggewere {PCP} kan as ’n alternatiewe wapen vir die 22 Randslag gebruik word), word uitgenooi om jaarliks in September nasionaal te kompeteer.

Vir die detail inligting i.v.m. reëls van die streek en nasionale skietkompetisies hierbo gaan na Reëls vir die streek en nasionale skietkompetisies.

Skietaktiwiteite vir gestremde skuts

SA Jagters is besig met die ontwikkeling van ‘n kategorie vir gestremde skuts waar hulle kan deelneem aan skietoefeninge. Die eerste Mees Veelsydige Skut skietkompetisie is gedurende Junie 2014 te Welkom aangebied deur die Sandrivier-
58 tak waaraan 19 gestremde skuts deelgeneeem het. Gestremdes wat belangstel om betrokke te raak by die ontwikkeling kan die kantore van SA Jagters skakel of gaan na gestremde skuts op die webwerf.

Ter afsluiting

Werklik skietaktiwiteite wat in elkeen se belangstellings voldoen! SAJWV lede wat belangstel in die skietaktiwiteite van die Vereniging, maar nog nie deelneem nie, kan hul naaste tak skakel vir meer inligting.

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!