13 Desember 2024
Geagte kollega
Ons staan aan die einde van nog ʼn jaar. In dié stadium skuif ons die jaar se swoeg en sweet eenkant toe om ʼn paar laaste werksopdragte te finaliseer. Intussen berei ons geestelik voor vir die Kersfeesvieringe soos om die kersboom te versier, geskenke toe te draai en om saam met familie en vriende te kuier.
In hierdie bedrywige tyd is dit belangrik om te onthou dat Kersfees die tyd is om te glo en te gee. Dit is ook die tyd vir liefde en lag; vrede en vreugde; samesyn met familie en vriende; en ʼn geleentheid om ons dankbaarheid te betoon.
Dankie aan elke lid van SA Jagters vir ʼn jaar vol goeie herinneringe waar ons met blymoedigheid die goeie tye kon vier en mekaar kon onderskraag deur die moeilike tye. Julle onwrikbare ondersteuning en kameraderie bepaal wie ons is. In goeie en slegte tye het die opbouende en blymoedige kultuur van lede ons onderskraag.
My wens aan elkeen is dat hierdie feestyd vir jou perfekte goue oomblikke sal inhou. Mag jou hart en siel glimlag. Mag jou dae gevul word met verwonderinge en dankbaarheid, maar bo alles… mag die STER van Kersfees jou lewe vul met genade, liefde en hoop. Mag die waarheid van Kersfees deur jou are bruis en jou hart verbly en jy nooit vergeet nie dat daar ’n Koning vir ons gebore is met die naam JESUS.
Geseënde Kersfees en mag 2025 vir jou en jou geliefdes net voorspoed, vreugde en vrede bring.
Groete
Basie Bergh
President en waarnemende HUB
SA Jagters se nasionale kantoor sluit op 13 Desember 2024 en heropen op 8 Januarie 2025. Die SA Jagters-winkel sluit 20 Desember 2024 en heropen op 8 Januarie 2025.
Die SA Jagters-winkel sluit eers later sodat lede laat kersfeesaankope kan doen.
SA Jagters se Buffeljagkompetisie vir 2025 is by die Kongres op 2 November 2024 bekendgestel. Hierdie buffeljag sal van 9 tot 18 April 2025 langs die Kavangorivier plaasvind.
Koop kaartjies hier op Quicket
of
Betaal veelvoude van R100 in SA Jagters se bankrekening by:
Hierdie lotery is by die Nasionale Loterykommissie geregistreer: NLC NO: 00303/11
Ons strewe daarna om deurgaans uitstekende diens te lewer. Ons gereelde klante weet dat die SA Jagters-winkel ʼn groot verskeidenheid produkte in voorraad het, maar ons probeer ons bes om aan spesiale versoeke vir ander items te voldoen.
Lede kan ook wapenaankope oor 6 maande afbetaal sonder rente met gratis berging terwyl hulle vir vuurwapenlisensies aansoek doen.
Maak gerus ʼn draai by die SA Jagters-winkel by Inyathipark in Derdepoort, Pretoria. Ons winkel is weekdae oop tussen 08:00 en 16:30.
SA HUNTERS SHOP | SA JAGTERS WINKEL
Tel: 012-808-9300/9340/9399
Sel/Cell: 066-032-5533
E-pos/E-mail: shop@sahunt.co.za
Onthou ons geskenkbewyse is die perfekte verrassing hierdie Kersfees!
Die Swart Vrydag spesiale aanbiedinge is tot einde Desember beskikbaar solank as wat ons voorraad het.







Soek jy nog na idees vir kersgeskenke? Besoek gerus die SA Jagters-winkel se webblad vir spesiale aanbiedinge.
Die SA Jagters-winkel sluit om 12:00 op Vrydag 20 Desember 2024. Ons kan geskenkbewyse met e-pos stuur.
Kliek hier vir die aanlyn winkel of besoek ons by Inyathipark, Derdepoort, Pretoria.
Baie dankie vir elke klant se ondersteuning gedurende 2024. Ons sien daarna uit om in 2025 weer net die beste en vriendelikste diens aan ons lede te lewer.
Ons wens vir elkeen ʼn veilige en geseënde feestyd toe.
Bederf jouself of ʼn vriend met Leoné de Lange se bygewerkte resepteboek, Wildsvleis en Kampvuurdisse 2, en verfyn jou kookvernuf vir watertandwildsvleisgeregte. ʼn Spesiale prys van tot 40% afslag net vir lede is van toepassing tot 31 Desember.
Bestellings kan hier geplaas word.